sr1207_praatmet_101rz
Ons praat met

Akteur André Jacobs se grootste oomblik

Beste eienskap? “Deursettingsvermoë”

Slegste eienskap? “Ongeduld met stadigheid. Soms het ek te veel energie”

Waarsonder kan jy nie klaarkom nie? “Kreatiewe werk, stimulering”

Grootste oomblik in jou lewe? “Toe ek Laetitia, my vrou, ontmoet het”

Gunsteling-kos? “Lamskerrie, korma”

Gunsteling-trooskos? “Malva-poeding met tuisgemaakte vla”

Gunsteling-drankie? “Whisky.”

Gunsteling-fliek? “Om een rolprent te kies is vrek moeilik. American Beauty, Amelie, Hereafter, As it is in Heaven, Blade Runner. Daar is sommer vyf!”

Gunsteling-boek? “Ek tans besig met Michael Ondaatje se The English Patient en het sy nuutste, The cat’s table onlangs gelees. Albei is onvergeetlik. Marita van der Vyver se Stiltetyd is net so onvergeetlik. Dit spook by my.” [ André het Marita se Stiltetyd in 'n draaiboek omskep. Dis aan die plaaslike vervaardiger Herman Binge en aan ’n vervaardiger in Frankryk voorgelê. "Dis ’n goeie storie, die draaiboek is sterk, volgens dié wat dit gelees het, maar alles is nog hangende. Stappie vir stappie . . ."]

Min mense weet … “dat ek yshokkie gespeel het”

Waarvoor wil jy onthou word? “Passie, kreatiwiteit, visie. Om die groter prentjie te sien”

* Lees die volle onderhoud met André Jacobs in die Julie-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 18 Junie te kry.

  • Laetitia Jacobs

    As vrou van Andre Jacobs probeer ek objektief in kommentaar en kritiek te wees. Maar laat ek nou emosioneel raak.
    Wow, Sarie span en veral Lydia, dankie vir die ongelooflike artikels in die huidige uitgawe Julle het soveel navorsing en ure ingesit en eindresultaat is werklik ‘n Inspirasie.
    Ek het die hele boek amper verorber van voor tot agter.
    Baie dankie weereens en my man lyk lieflik met sy hoed, sigaar en al -wonderlike stilering
    Laetitia (Tish) Jacobs