FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

Ons praat met

Aktrise Erica Wessels verklap of sy nuwe kêrel het

Die aktrise Erica Wessels is vanjaar in twee plaaslike flieks: Treurgrond en Trouvoete. SARIE-joernalis Marguerite van Wyk het hieroor met haar gesels én bietjie oor haar liefdeslewe gaan uitvind.

Hier volg ’n uittreksel van die onderhoud wat in die Junie-uitgawe van SARIE gepubliseer is:

Jy het pas klaar geskiet aan die fliek Trouvoete. Hoe identifiseer jy met die karakter wat jy daarin vertolk?

Ella is ’n 33-jarige kunssinnige oddball wat ’n bietjie moedeloos is oor die liefde. En sy sukkel om oor haar eks
te kom. In teenstelling met Ella is ek nie te kieskeurig nie. Ek het al lang verhoudings gehad. Ná my laaste groot liefdesteleurstelling het ek maande lank selfondersoek gedoen. Gedink, gesmeek en gesoebat teenoor myself. Dit was ’n ontsettende donker tyd. Totdat ek gatvol geraak het vir die gekreun in
my kop en finaal besluit het: laat gaan dit en kies om te lééf. Soms is dit die diepste vorm van liefde om nie te wil beheer nie, en iemand te laat gaan. Om te besef dit gaan nie oor jou nie. Ek dink my paadjie tot nou moes so wees. Daar is nou, ’n paar weke lank, ’n nuwe vriend in my lewe. Hy het al by my kom eet met ’n geplukte blom in die hand. Hy verstaan mense, die lewe, die Goddelike en die vrae wat almal teister. Én hy is avontuurlustig. Ons het pret.

Sou jy op die internet date?

Drie jaar gelede het ek twee maande lank aan ’n afspraak-webtuiste behoort en op drie afsprake met verskillende mans gegaan. Die laaste een was ’n jaar lank my kêrel. Dit is ’n goeie platform om mense te ontmoet. Maar ek is ’n groot romantikus en sou verkies om
my sielsgenoot nie in die kuberruim raak te loop nie.

Hoe lyk jou Mnr. Perfek?

Hy moet lief wees vir mense, diere,
die aarde, ons Skepper, eerlik, emosionele intelligensie hê, spontaan en onbevange wees. As ons saam kan lag en die lewe kan geniet, sal ek hom respekteer en bemin.

Die Junie-uitgawe van SARIE is nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word – klik HIER.

In die JULIE-uitgawe van SARIE:

  • Nadia Beukes: Proe nou sukses & dolverlief!
  • Robbie Kruse se glanstroue – FOTO’S
  • Hartpionier Chris Barnard se kleindogter: Suiker ’n troos, maar toe haar verslawing
  • Menopouse: Raadop? Hier’s wat jy moet wet
  • Eensaam in jou huwelik?
  • Selfoon: 3de party in jou slaapkamer

nadia beukes