Ons praat met

Aktrise Nicole Holm is ‘n tweeling ryker

“Ek was vanjaar die eerste keer nie by die KKNK nie, en het glad nie ’n slegte rede nie,” sê dié gesoute verhoog-aktrise.

Wouter en Rossouw is nie identies nie en hul persoonlikhede verskil ook. Rossouw is die sensitiewe een en Wouter baie easy. Wat voorkoms betref, is Wouter sy pa Dirk (Cilliers) se kind. En Roussouw lyk weer soos haar ma se mense. “Hy het hul wange en pruilmond!”

Sy sukkel ’n bietjie met die aanpassing. Nie net met ma-wees nie, maar haar lewe se ritme is skielik heeltemal uit. “Ek is nie seker wat om by die huis te doen nie. Tog is ek heeltyd besig. Ek doen nooit niks nie, maar ook nie iets nie!

“Wat ’n gift om op amper veertig teruggeruk te word na die klein dingetjies van die lewe. Om twee babas in ’n babawaentjie te stop en te gaan stap.”

Sy en Dirk sou in Januarie getrou het, maar toe raak sy swanger. “En ons hou op daardie dag ’n ooievaarstee!”

Die verhoog sal eers moet wag, maar sy begin in Julie weer klas gee by die Universiteit van Stellenbosch se drama-departement.

  • Celest Humphreys

    Ek ken nie een van die twee akteurs nie, maar baie geluk aan beide!