Ons praat met

All Access, ‘n nuwe M-Net program, kuier by SARIE

All Access vertel van als wat nuut en nóú is. Daarom het hulle besluit om vir die eerste episode by SARIE te kuier waar die pragtige voorbladgesig, Rolanda Marais, SARIE-voorblaaie van die laaste 60 jaar in ‘n modestorie nuwe lewe laat kry. En asof die skynbare chaos op ‘n shoot nie vir genoeg drama gesorg het nie, het All Access ook by die SARIE-kantore in die Kaap by Michélle van Breda, redakteur, kom inloer en gekyk hoe die Julie-uitgawe agter die skerms aanmekaar gesit word.

Onthou om vanaand om 7:30 nm op M-Net in te skakel vir All Access.