stage3
Ons praat met

U2 vanaand: als wat jy moet weet!

Die naam van die toer is 360°, omdat die groep verkies om die gehoor reg rondom die verhoog te hê. Met elke optrede word die verhoog in die middel van die stadion opgerig, en al die gras word uit die stadion verwyder.

“Suid-Afrika het tans die beste stadions in die wêreld en Bono en die res van die band sien baie daarna uit om hier te speel,” sê Paul McGuinness, hul bestuurder.

Hulle webtuiste is ongelooflik vir die toer, en daar is wat hulle noem ‘n “fan cam”. Ná die konsert kan jy jouself in die “crowd” gaan soek.  Daar is selfs ‘n fan walk (van 2.4km) op die stad se lekkerlooproete, soos met die Wêreldbeker-sokkertoernooi! Die fan walk begin so om en by 15:30. Die hekke van die stadion maak 16:30 oop en die konsert begin 19:30

Die Stad Kaapstad raai almal aan om openbare vervoer te gebruik. Besoek capetown.gov.za vir inligting oor paaie wat toegemaak word en ander vervoerbesonderhede.

Arno Carstens, hoofsanger van die Springbok Nude Girls, het ‘n tydjie afgeknyp om vir sarie.com te vertel hoe hy voel om vir U2 te open

Pak dít in jou skouersak . . .

 
Motorsleutels, selfoon (met ’n kamerafunksie) ’n Pasjmina vir die koel aandlug. Sneesdoekies, kougom, lipglans Jou toegangskaartjie! ID/rybewys  
Sonbril, kontant / 1 geldkaart    

  • Hyla

    Hoe graag sou ek nie daar wou wees nie… die wat gaan – geniet dit!!