sr1003oscarflieks_1_
Ons praat met

Altus Theart maak ‘n ‘fliek’, Zetske van Pletzen speel daarin

David James, Milan Murray, Ilse Klink en Altus Theart s’n is in die Maart-uitgawe van SARIE te sien.

Altus Theart se fliek-titel: High Noon

Regisseur: Altus Theart
Genre: Oudtydse Western
Akteurs: Elzette Maarschalk, Zetske van Pletzen en Joseph Clark. (In die regte lewe is Elzette en Joseph getroud en Zetske is Elzette se dogter, en Altus se meisie).

High Noon

Die fliek:

Molly (Elzette) en Nikita (Zetske) is ‘n sigeuner-ma-en-dogter-duo. Hulle beroof ‘n bank en verlei en bedrieg al wat man is terwyl hulle van dorp tot dorp reis op soek na ‘n fortuin. Hulle hoor sheriff John Mahone (Joseph), van die dorpie Black Ridge, het miljoene in oliemyne by sy oorlede pa geërf. John is nie eintlik wetsgehoorsaam nie, en glad nie aangenaam nie.

Ma en dogter gaan na Black Ridge op soek na hul laaste en grootste buit, waarna hulle sal verdwyn om nooit weer gesien te word nie. Hulle vermaak mense in die kroeg met danse en toertjies, en ‘n band ontwikkel tussen die sheriff en Molly. Só kry sy en Nikita waardevolle inligting oor hoe om sy olie-miljoene te steel.

John betrap hulle op heterdaad en hulle word ter dood veroordeel, om ‘n week later teen “high noon” gehang te word. John kom egter op dokumente oor Molly en Nikita af en besef Molly is sy lang verlore suster. Hy het vyf dae om te besluit wat hy gaan doen. Laat hy geregtigheid seëvier en kry die beloning en roem? Of probeer hy sy suster red?

Inspirasie? “Ek is van kleins af mal oor Westerns en in my hart eintlik ‘n cowboy!”sê Altus.”Dis my droom om ‘n vollengte Western te regisseer met al die shootouts, standoffs en jaagtogte op perde. Ek wil nuwe lewe in dié genre blaas.

  • celnha

    Lx2gg2 cfxxlyrukxrm, [url=http://xlqkruitfeze.com/]xlqkruitfeze[/url], [link=http://btcolyhszxge.com/]btcolyhszxge[/link], http://pdkpzkvkxnlv.com/