sr1303_behined_the_seen
Ons praat met

Amalia Uys oor haar besluit

Maar haar pad met 7de Laan sou eers twee jaar later skei, want sy neem nie groot besluite oornag nie. Sy vat haar tyd, weeg die voor- en nadele op.

“Ek is pedanties as dit by groot besluite kom. Ek dink dit was maar vrees dat ek nie weer gaan werk nie [wat my teruggehou het]. ’n Bietjie onsekerheid. Nie dat ek selfvertroue verloor het nie. Maar daai verskriklike positiwiteit wat ek op universiteit gehad het dat alles gaan uitwerk, het begin wankel. As die werklikheid van die bedryf jou eers tref . . . die min geleenthede, die geld wat nie altyd so wonderlik is nie, die vrees dat jy nie vinnig aangestel gaan word nie omdat jy te vars in kykers se geheue is as jy te lank by ’n sepie was . . . Al daardie goed maak jou bang. Maar ek dink ook waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.”

Lees die volledige onderhoud met haar in die Maart 2013-uitgawe van SARIE.