Ons praat met

Amanda Strydom se gunsteling-foto’s

Kunstenaar, skrywer en sanger Amanda Strydom deel van haar gunsteling-foto’s op sarie.com.
Hier’s ‘n paar spesiale oomblikke op die verhoog, agter die verhoog en tussen familie en vriende.

Agter die verhoog saam met my jarelange goeie
vriend, Johannes Kerkorrel. Hy is in November 2002
oorlede.
Ek en Stef Bos – steeds crazy na al die jare!
Juan, David, ek en Janine net voor ons optrede in
die Royal Carré-teater, Amsterdam
(25 September 2008)
My en Tony se enigste troufoto. Dis geneem in my
ma-hulle se sitkamer, 12 November 1999. Ek’t die
heeltyd gehuil, en Tony het al die vrae verkeerd
beantwoord. Dominee Evert was darem geduldig met
die herhaling van die vrae. Dit was ‘n magic aand.
Ek en Anton Nel, my musikale regisseur in die 90’s –
die foto is geneem toe hy in SA kom kuier het in 2008.
Hy’t nou ‘n baie suksesvolle loopbaan in California, en
een ding weet ek verseker: ons is lewenslange vriende.
Ek en my pa op Kersaand, Jeffreysbaai, 2008.
Hierdie foto is my allergunsteling. My pa lees die
storie van die geboorte van Jesus, soos elke jaar,
vir ons op Kersaand voor.
Ek en my peetkind, Elsje Neethling, op haar troudag.
Van kleins af veg sy al ‘n stryd teen kanker en
sy’s ‘n voorbeeld van moed, hoop en deursettings-
vermoë.
Kissing the King. Nelson Mandela, 2001
Ek en SA kunstenaar Michele Nigrini op haar tuisdorp,
Rosendal.
Ek en my ma in die kombuis, Jeffreysbaai, 2008
Ek en Shaleen Surtie-Richards by die
Kanna-toekennings, 2008. Wat ‘n vrou! Wat ‘n dag!
Ek en my suster Heléne in Jeffreysbaai, 2008
Ek en my teater-ma, Trix Pienaar, op haar 70ste
verjaardag in Pringlebaai
Nederland. Ek en Janine Neething, my musikale
regisseur. All dressed up and ready to go …
  • Wow!wat’n eer om op een van my talentvolle peetma se gunsteling fotos te wees!dankie,mama disa,dat jy my hero is.jy bly beautiful!elsje neethling