FOTO lEANA

Ons praat met

Amor: “Dit sal nooit weer wees soos dit was nie”

‘n Uittreksel uit die artikel:

“Kan jy nie sien ek het oud geword nie?” vra sy.

“Dit voel vir my asof ek in die laaste jaar tien jaar ouer geword het. Of dalk het ek volwasse geword. Ek het so baie dinge geleer. Ek moes leer wie om te vertrou. Ek sien die lewe vanuit ’n ander oogpunt. Ek is meer sinies, hoewel ek nie my vertroue en my hoop in die lewe verloor het nie. Hopelik maak dit alles van my ’n beter mens.

“Goed bly woel in my kop. Hoekom juis dáárdie meisie, weet ek nie. Joost sê hy onthou nie eens wat die dag gebeur het nie. Dat hy haar nie sal herken as hy haar in die straat sien nie.”

Nadat Joost erken het dis hy in die video, het Amor daarna gekyk.

“Dis baie dof. Ek het vir hom gesê: ‘Joost, jy lyk dan dood daarin.’ Ek weet nie of sy drankie gedokter was nie.

 

Joost, jy lyk dan
dood in die video” – Amor

 

Ek het nog nie Joost se boek gelees nie, maar ek weet hy vra my en sy familie daarin om vergifnis. Hy moes dit al in Februarie gedoen het, toe die video op die lappe gekom het.

“Hoe herwin jy vertroue in ‘n verhouding? Dit sal nooit weer wees soos dit was nie.

 

* Lees die volledige artikel én 12 lewenslesse wat Amor hierdie jaar geleer het in Desember se SARIE wat van Vrydag 6 November in die Kaap en vanaf Maandag 9 November landwyd op die rakke is.

+ EKSKLUSIEWE FOTO’S: Agter die skerms op Amor se voorblad-fotosessie

&aposn Soen vir almal

Lesley Whitby werk haar &aposmagic'Kleur in

&aposn Bietjie pretTussen uitrustings



  • Marietjie de Villiers

    Ek het nie woorde vir jou nie, maar kan maar net vir jou bid. Ek weet die Here wil hê ons moet vergewe maar ek dink hierdie is ‘n groot BESLUIT. Dink mooi daaroor en die ander kommentaar van jou ondersteuners (soos bv. die moeder wat haar kinders in elk geval moes alleen groot maak nadat haar man op 33jaar oorlede is.)Onthou net jy het alles wat enige vrou begeer en jy is nog jonk.

    Ongelukkig is die ou spreekwoord "n Jakkels verander van haar maar nie van snaar"so waar en wil jy vir die res van jou lewe in die vrees loop van Waar is hy, kan ek hom nou regtig vertrou.

  • Shirley Smith

    Amor, jy is stunning. As jy bid, se net "U Wil geskied o Here" Laat Hy jou lei, God maak nooit foute nie en God is nooit laat nie. Amore sterkte en mag God jou en jou gesin ryklik seen. Mag hulle wat in glashuise woon, die eerste klip gooi. Bly die pragtige LADY wat jy is.

  • Christelle van Staden

    Amor ek kan net se ek bid vir jou en dink elke dag aan jou vandag die bom weer gebars het. Jy het die situasie soos ‘n ware dame hanteer – met krag wat ek nie weet waar jy vandaan kry nie. Moenie dat ander mense jou beinvloed nie – luister na JOU hart en JOU verstand. Jy sal weet wat om te doen en wanneer.

    WOMEN:

    They smile when they want to scream.
    They sing when they want to cry.
    They cry when they are happy and laugh when they are nervous
    They fight for what they believe in.
    They stand up for injustice.
    They don’t take "no" for an answer when they believe there is a better solution.

    STERKTE!!

  • Stefnie Nel

    Amor en Joost. Dit wat Joos gedoen het is verskriklik, maar met die Here in julle lewens kan julle dit maak werk!! Sterkte!!

  • charl

    Sterkte vir jou en Joost, MOENIE na mense luister nie want die wat vinger wys het ‘n hele paar wat na hulle toe terug wys! Neem jou bekommernisse, vrae en vrese na die Here toe en vertou Hom daarmee want Hy beplan vir ons voorspoed, nie teenspoed nie.
    Dis altyd so hartseer om te sien dat wanneer iemand droog maak die mensdom vinnig is om klippe te gooi, laat die wat in glashuise bly, die eerste klip gooi!

  • Stephanie van den Berg

    Amor, Jy kan so trots op jouself wees. Die toonbeeld van sjarme en vroulikheid. Dit neem uiterste wilskrag om elke dag met hierdie teleurstelling te leef. Ek weet jy kan en as ek so na die foto’s kyk besef ek dat hy homself gelukkig kan ag. Sterkte vir die styl pad vorentoe.

  • Amor luister na jou "kleinmensie" in jou diepste hartkamer. My pa het altyd gesê wanneer seer en kwaad verby is en jou "kleinmensie" erken jy het hom nog steeds onvoorwaarlik lief. Moet nie loop nie! Maar indien enige twyfel vat jou goed en gaan aan met jou lewe ongeag wat mense sê.

  • Elizabeth van der Merwe

    Amor, jy is ‘n vrou duisend. Ek sou so situasie heeltemal anders hanteer het. Ek het gister na jou oor die radio geluister en kon hoor jy is baie hartseer, ek wens ek kon jou help dra aan jou pyn maar die besluit is maar nog in jou hande wat jy nou vorentoe gaan doen. Ek voel net so jammer vir Joost want ons mans kan ook in so situasie kom en dit kan dalk ook sleg uitdraai. Al wat ons kan doen is om jou aan die Here op te dra dat Hy jou die krag en leiding sal gee om die regte besluit te neem rakende jou huwelik ens. Sterkte!

  • Elise

    Amor, los hom hy gaan nie verander nie. Hy is skuldig en in die video maar nou skuil hy agter "’n kind van die Here". Hy het ook dringend sielkundige hulp nodig julle kan dit nie self oplos nie

  • Ingrid

    Amor, ek wonder oor Joost en Steve. Sal hulle dalk net so aangegaan het as hulle nie uitgevang of "verraai" was nie? Wa t is dit wat ‘n persoon so laat optree? Is dit ‘n verskil in waardes, van wat reg en verkeerd is? Wat sou enigeen van hulle gedoen het as jy of Natasha dieselfde gedoen het?
    Of doen ons vrouens net nie so iets nie? Ek dink dit is net lynreg teen ons gryn in. Die meeste van ons trou om getroud te bly en ons manne kan ons vertrou. Veral julle wat so in die kollig beweeg. Julle is altwee besondere vroue en ek haal my hoed af vir Natasha wat uiteindelik tot haar volle reg kom. Jy daarinteen het jy nog altyd jou ding gedoen en ook baie goed geslaag met dit. Baie sterkte en moenie jouself verloën nie.

  • Bebe van Zyl

    Sjoe jy sit nou met ‘n turksvy!! Gaan Joost regtig en opreg verander. Hy is seker geregtig op ‘n regverdige kans, maar magtig man, hoekom het hy nie dadelik met die waarheid uigekom nie. Nou is die waarheid nog nie die volle waarheid nie. Hoeveel geraamtes gaan daar nog iewers uitpop, soos met Steve Hofmeyer? Ek, en ek glo duisende vrouens kan hulle nie in hulle wildste drome indink waardeer jy moet gaan nie, want as mens nie self in so ‘n situasie was nie, dan sal jy nooit weet wat dit is nie. Jammer ons het nog nie iets soos ‘CHEATERS" hier in SA nie, dan was meer as een man/vrou seker al bietjie skepties om verhoudings aan te knoop

  • Elize

    Liewe Amor, sterkte vir die pad vorentoe. Jy het 2 pragtige kinders, moet nie na mense luister nie jy is die enigste persoon wat kan besluit wat jy wil doen/hê. Almal maak foute niemand is perfek nie, die mense buite is baie wreed hulle sal vir jou gou-gou wil sê wat om te doen, maar waneer jy stukkend is wie is daar vir jou?

  • Antoinette loots

    Amor,jy en Joost bly n mooi "couple".Moet asb nie dat die media en mense julle besluite beinvloed nie.Dis soos mense ook glo,daar’s groot en klein sonde.O nee,daar is geen verskil voor ons Hemelse Vader nie!!!Amor en Joost,baie sterkte en voorspoed.Mag ons Hemelse Vader julle toevou in Sy wonderlike vrede en genade.
    Mense en medie, genoeg is genoeg!!!

  • Lizette Olivier

    Amor, baie, baie sterkte. Ek bid dat die Liewe Vader jou, Joost en die kinders deur hierdie tyd sal dra. Al voel dit nie nou so nie, kan dinge weer dieselfde wees – selfs beter, maar dan sal dit van albei kante moet kom – vra vir Gretha Wiid. Dit gaan ‘n lang pad wees, moenie moed opgee nie.

  • Carien

    So pragtige mensie,wonderlike mamma en vrou, nou sit ek en wonder hoekom dit met haar gebeur het, my hart raak sommer seer vir jou. Amor, ek glo jy is sterk genoeg om jou gesin hierdeer te kan trek.Sterkte vir jou vriendin, en onthou jy het niks gedoen om dit te verdien nie! Ek bid vir jou! Die antwoorde vir jou vrae sal met tyd beantwoord word. Ek glo jy gaan net sterker word deur hierdie moeilike tyd.

  • E

    Amor, dit is vreeslik waarmee jy nou moet cope en almal sal sê jy moet vergewe. Mskn sal jy kan vergewe, maar gaan jy ooit vergeet? Ek dink nie so nie. Ek probeer al 4 jaar vergeet. Dit bly vreet aan ‘n mens. Sterkte, ek dink regtig baie aan jou en die kinders.

  • marleen

    sjoe Amor, ek soek nou al 2 dae ‘n plekkie waar ek vir jou iets kan skryf en hier het ek dit by een van my favourite boeke se websites! ek is 37, was 10 jaar getroud en ek wil vir jou sê dat ek 100% weet hoe jy voel, ek is ook deur dieselfde, aaklige ding 9 jaar gelede. My eks man is nie ‘n celeb nie en ek en hy is vandag na 9 jaar nog groot vriende. Ons het 2 pragtige tienerseuns wat wonderlik uit die hele ding gekom het en die feit dat ons vandag nog vriende is het als natuurlik net makliker gemaak vir die 2 mannetjies.
    Maar daai seer, vernedering en skok… Ek wens niemand dit toe nie. Ek glo nadat ek jou terugvoer gelees het met 94.2 dat jy by hom sal bly ten spyte van als, but I just could not! Ek ken myself en sou hom NOOIT weer kon vertrou nie, elke oomblik wat hy laat was begin wonder het, ek sou nooit ook weer myself vir hom kon gee nie al het hy hoeveel maal vir vergifnis gevra. Ek sou ‘n moordkuil van my hart maak en vir myself, my kinders en mense om my die lewe moeilik gemaak het agv hierdie vreeslike wantroue wat ek my hart rondra. as jy dit kan doen, girl,amazing! ek het Natasha se boek ook gelees. seker een van die wonderlikste leesstof ooit! As jy nog nie het nie, lees asb. There is life after this, don’t ever forget that! Ek weet nie of jy ooit die briefie gaan kry nie, maar ek voel nou beter want ek wou dit net iewers skryf of met iemand deel. vandag het ek ‘n wonderlike man aan my sy en ek is elke dag dankbaar dat ek destyds die besluit gemaak het om myself nie 2x te laat fool nie!

  • Susan Fogwill

    Neem n besluit as die woede en seer verby is, vergewe eers sodat jy kan aangaan en besluit wat jy wil doen. As jy besluit, laat dit JOU besluit wees en nie iemand anders of ander mense se besluit nie want jy gaan daarmee saam leef. Sterkte en mag Liefde en vergifnis oorwin.

  • Elfrieda Weitsz

    Amor doen jouself ‘n guns en gaan kyk in die spieël. Jou hartseer veroorsaak dat jy nie objektief na jouself kyk nie. Jy is ‘n stunning sexy vrou. Daar wag ‘n toekoms op jou wat jy "voluit" moet leef. Sal jy dit kan doen as jy vasklou aan iemand wat jou verneder het met iemand wat jou minderwaardige is? Om Joost se vrou en die ma van sy kinders te wees, om jou huwelikslewe aan hom toe te wy en jou menswees vir hom op te offer en in ruil daarvoor het jy "tien jaar ouer geword in een jaar". Is jou liefde hierdie verneding werd? Die besluit berus by jou. ‘n Bitter klein deeltjie van my empatie gaan aan Joost, maar dit kompenseer nie vir dit waardeer jy moet gaan nie.

  • Trudy

    Amore , so moeilik as dit nou is , daar sal weer n lig skyn. Ek weet waardeur jy gaan, ek was self daar.Ongelukkig , het ek ook geglo alles sal beter word, maar dit het nie. 1 keer het 2 keer geword en 2 keer het meer en meer geword. Altyd dieselfde ‘storie’
    Ek se nie mense kan nie verander nie, maar dit is moeilik om so iemand ooit weer te vertrou.Jy loop elke dag met die gedagte dat dit weer sal gebeur.Wanneer hy laat huis toe kom, wanneer hy se hy gaan saam met sy vriende ens ens.Dit vreet aan jou. Wanneer jy in die nagte wakker word , gaan dit deur jou kop.Die ergste is dat jy nie werklik daaroor kan praat nie, want dan se hy jy moet dit agter jou sit (so asof dit niks is nie)
    Ek wens jou sterkte toe. Bid en dink met jou kop, nie jou hart nie.

  • Janita

    Amor ek kry jou jammer maar ek wens net die mense wil julle uitlosgenade dat jy en jou man en kinders self oor die dinge kan kom weet jy mense maak die goed nog erger ek kan dit nie meer vat nie.
    Joost was verkeerd en ek weet nie of ek daarmee sou saam leef nie maar dis jy wat moet besluit.
    sterkte ek dink aan jou en voel vir jou

  • Cecile

    Om hierdie mens weer ten volle te vertrou, is nie moontlik nie. Wat was, is verby.

  • ANITA

    EK VOEL NIE VIR EEN VAN JULLE TWEE ENIGE IETS NIE, NET VIR JULLE KINDERS. JOOST HET SY KINDERS OOK VERNEUK. EK VOEL NET JULLE WIL Hê DIE MENSE MOET JULLE UITLOS, MAAR DIT LYK EN KLINK OF JULLE DIE AANDAG EN SENSASIE SOEK. AS JULLE NIE OP RADIO IS NIE HET JULLE ONDERHOUDE IN TYDSRKIFTE EN KOERANTE. ASJY KYK OP WATTER MANIER AMOR POUS VIR DIE "PHOTO SHOOT
    " BAIE UITLOKLIK,JY POUS BESLIS NIE SO AS JY SO GEBROKE IS NIE. EK IS NIE SO IETS DEUR NIE, MAAR EK KAN NIE DINK JY GAAN SO AAN AS JY SO GEBROKE IS NIE. AMOR HET OOK MAAR MET JOOST "GEKUIER" TOE HY NOG GETROUD WAS. NEE REGTIG EK DINK JULLE MOET MAAR JULLE OU LEWETJIE STIL HOU EN AAN GAAN MET JULLE SIEK SPEL. DIT RAAK NOU AFGESAAG, SKEI OF GAAN AAN. HOU OP ALLES AAN DIE PUBLIEK VERKOOP EN VERKLAP.

  • Letitia Roux

    Amor, toe ek en my man op Honeymoon was het ons jou en Shark speeler Joe raakgeloop in Mauritius en ek wil net vir jou se jy is een wonderlike mens. Ek voel hartseer dat dit met jou moes gebeur maar almal maak foute vir verskillende redes en ek is seker hy berou wat hy gedoen het. Jy en Joost is een pragtige paartjie en het twee baie mooi kinders. Dit gaan nie maklik wees om met al die media hom te vergewe vir wat hy gedoen het aan jou nie, maar asb. moet nie moed opgee nie Ek weet jy sal dit regkry en veral in jou hart iewers om hom te vergewe. Dit gaan baie van sy kant af kos, maar soos in die video "Fireproof" is dit bewys. Weereens haal ek my hoed vir jou af vir die goeie vrou en ma wat jy is. Ek hoop Joost besef wat se juweel het hy! Onverskoning mag help en ek hoop ten harte dat hy dit bedoel, wat ek seker is hy doen. Want op 94.7 het dit geklink of hy wil huil en hy het ook gese hy moet nou die nok vat vir wat hy gedoen het. EK WEET JULLE SAL REGKOM. Mense moet net vir jou die tyd gee om dit te kan inneem en tuismaak sodat jy die regte besluit kan neem. Moet nie tou opgee nee. Alles sal regkom jy sal sien. Ek dink die hele wereld is kwaad vir Joost maar dit is nie teen die hele wereld nie dit is tussen die man en die vrou.Baie Sterkte en liefde.

  • Sonette

    Dit raak darem nou ‘n siek storie om elke ietsie wat in die van der Westhuizens se huis gebeur in die media verskyn.
    Hierdie is ‘n saak tussen Joost, Amor en hul Hemelse Vader.
    Verwag Amor die hele wereld se simpatie en moet Joost daaroor gaan selfmoord pleeg?
    Dalk moet hul albei groot word en weet almal in RSA dink nie hul is so spesiaal nie.
    Wonder hoe hul kinders sal voel wanneer hul groot is en eendag al die vuil wasgoed moet verwerk.
    Mens sou sweer dit is die heel eerste keer op die aarde dat ‘n man sy vrou verneuk.

  • Pauline

    My hart gaan uit na jou Amor, as jy vergewe en vergeet is jy ‘n beter mens as ek – ek sal moontlik kan vergewe maar vergeet – nie maklik nie!! Julle is so ‘n pragtige gesin en ek het julle altyd bewonder – jammer Joost het nie van die begin af besef wat hy het nie. Hoe kan mans so wreed wees – is een pragtig vrou dan nie genoeg nie??

  • Was daar!

    Amor, jy verdien SOVEEL beter! Hoe kan jy OOIT weer respek vir Joost he nadat hy jou meer as 1 keer verneuk het? Dink met jou kop, want NIKS gaan verander nie – die leuens word net meer, vra my!

  • Lize

    Amor kry wat haar toekom, sy het Joost op dieselfde manier by Marlene weg, so sy het tog nie verwag om ‘n monument daarvoor te kry nie.
    Is daar werklik niks anders waaroor berig kan word nie. Ek voel die ophef is nou genoeg, sy is nie die 1ste vrou wat swanger was en kinders gebaar het nie, ook nie die 1ste een wat probleme met hul kinders het nie, en seer sekerlik nie die 1ste een wie se man rondloop nie. Vat jou pak soos ‘n man Amore, voel vir 1 keer hoe Marlene gevoel het en jy jou nie vir 1 oomblik aan haar seer gesteur het nie…..

  • Hein

    Een keer n gewoonte misdadiger altyd een. Onthou net een ding in die lewe moenie tot op sy standaard daal nie laat hy liewers probeer na jou standaard toe beweeg maar glo nie dit is moontlik nie. Ek het dieselfde pad geloop en vergewe maar nie vergeet nie en toe gebeur dit weer. Ek staan nou op skei en dit moes al in jaar 2000 plaas gevind het.

  • Neil

    Amor, die rede waarom Joost "dood" gelyk het was omdat hy dwelms gebruik het, welke hy dan ook mos nou halfhartig erken het. Moet nou nie ‘n idee in sy kop plant dat sy drankie gedokter was nie!

  • Andrea

    As Amor vir Joost terugneem, is sy of desperaat of onnosel. Watter vrou sal toe laat dat haar man so met haar mors? Pateties!

  • Lorraine Swart

    Amor, al wat ek vir jou kan sê is sterkte: om te skei is ‘n baie eensame paadtjie en after all is dit jy en Joost wat die deur elke aand in julle huis toemaak, niemand kan julle lewe vir julle lewe nie. Niemand daar buite kan jou voorberei op die eensaamheid wat ‘n egskeiding meebring nie. As daar enigsins ‘n kans staan dat jy en Joost dit kan maak werk "go for it".

  • Martin

    Twee woorde – WHO CARES – Daar is daagliks mense wat meer probleme het as die twee miljoeners. Julle maak net hulle sakke vol geld. O ja, hou ook die Here uit die verhaal. Hy het hulle verstande gegee en hulle moet dit gebruik. Om nou te kom en se die Here moet dit en dat…. Sorry julle moet dit self uitsorteer. Amor, Joos lyk dood in die video – ek kan jou een ding se wat nie dood was nie. Get a life you lot!!!

  • Nerina de Waal

    Ek wil graag se as gelowige persoon dat die Here al meer dit wat in die duister is aan die lig sal bring. Terwille van Joost self is dit ‘n goeie ding wat gebeur het, sodat hy kan stop om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hierdie gesin betaal n duur prys vir sy gedrag. Hoe meer die mens hulle na die Here toe gaan terugdraai hoe meer gaan dit wat in die duisternis is aan die lig gebring word. Terwille van onsself.

    Amor, vra vir Neville Norden wat bevryding is, want dis wat ek dink jou man nodig het. Hy is nie net in leuens vasgevang nie. Wat jy ook al besluit is jou keuse, maar gee jouself kans om te genees van al die pyn.

  • Word Wakker

    Ag tog, hoe pateties. Hier is dieselfde mense wat gedink het hulle is die Posh & David Beck "couple" van Suid Afrika. Dit is alles egte so vals soos silikoon. Joost is ‘n womaniser uit en uit en nou dat die wal gebreek het gaan daar nog ‘n paar stories uit kom. Vra maar vir mense wat hom ken – die man is ‘n jakals. Die "couple" se patetiese soeke na roem is onsmaaklik en ongelukkig het die mense wat die artikels in die Huisgenoot en Rapport lees nie die nodige insig om deur dit te sien nie. Dit is verby – het nie gewerk – jammer – Beweeg aan

  • Bianca

    And these are the Days of our lives! Get a life people… Joost verdien nie die kans nie. Pragtige Amor kan beter kry. Joost moet maar sy vrot ontkleed terte gaan omsingel met sy Cat lyne.

  • Toemaar, Anita wat geskryf het is jaloers

  • carla

    LOL! Ek kan nie oor dit kom nie. Het julle al Amor se musiek video gesien "Ek is jammer" of so iets. Dis k*k snaaks…

  • Alta

    Nee wat, ek het nie te veel simpatie met Amor nie, want sy self het Joost gesteel by ‘n ander vrou, maar, ek kan wel vir haar sê, as hy nou nog nie alles soos in alles kan erken nie, hoeveel keer gaan jy deur hierdie hel gaan? Elke keer gaan iemand anders hulle dinge in die openbaar vertel en elke keer gaan jy seerkry. Ek was daar, is al 17 jaar in so ‘n verhouding. Dankei Liewe Vader vir die laaste ses jaar was daar geen insident nie. Soms gaan dit goed, maar daar is baie baie dae en aande wat jy lê en dink aan die ander vrouens, die seerkry wat jy gehad het, die vernedering, die skielike ongemak ens., en dan wonder jy, wat soek ek nog hier? Ja ek vra myself dit af, en kan nie die antwoord gee nie, ons omstandighede verskil te groot, ek is nie afhanklik van hom nie, hy wel van my, maar ja. Dis nie nou ter sprake nie.

    Dink mooi, wil jy elke keer as hy sy oë toemaak wonder aan watter vrou dink hy, na wie verlang hy, gedurende seks is mens geneig om te wonder of hy so gemaak het saam die ander ook. Sien hy jou of doen hy dit in sy gedagtes met iemand anders. Noem dit paranois, maar dit gebeur.

    Nee wat vrou, bou vir jou ‘n nuwe lewe, dis beter as wat ek doen. Jy kan nog, jy is nog jonk en is finansiëel nie te swak nie, doen jou eie ding.

    As hy werklik vergewe wou word en alles agter die rug wou kry, sou hy Augustus totaly oop kaarte met jou gespeel het, nie nou stuk vir stuk nie. Dis marteling.

  • Louise

    Liewe Amor, ek sit nou in dieselfde bootjie, vir die 3de keer. Ek glo in "for better and for worst" en vat hom elke keer terug met mooi beloftes. Ek is al weer terug. Alles wat hy se klink soos opregte berou en eerlikheid, MAAR ek weet voor my siel, oor ‘n jaar gaan dieselfde gebeur – intussen stap die klok aan, en elke keer wat ek hom ‘n kans gee, raak my kans om my jong-vrou lewe te geniet saam met iemand wat werklik vr MY omgee, al hoe skraler. (ek is 40)

    Ek vermoed ernstig dat 80% van mans verslaaf is aan pornografie en rondloop. Dis hoe dit voel. Die wat al hul vroues verneuk het, raak net elke keer slimmer en meer uitgeslape en steek dit net beter weg.

    Sterkte met jou besluit, maar onthou jy is ‘n besonderse mens, met soveel talent, jy is soveel meer as hy, jy is soveel sterker en "classier" as die situasie, ,moenie dat jou lewe ook verby jou glip nie. Jou kinders sal eendag respek he vir jou vir jou besluit.

    Alles wat mooi is Amor

  • lizette van zyl

    Amore al wat ek vir jou se GOD is in GOD van restorasie as hy iets heelmaak dan is dit heel, vra my ek weet hoe dit voel om veraai te word. Dit is die enigste rede hoekom jy kan skei. wat op sigself net so maklik is nie dit bring weer sy eie probleme. maar onthou wanneer ons swak is is Jesus op sy stekste, hy sal jou nooit verlaat nie hy is elke tree by jou al voel dit nie so nie. Ons moet nooit vergeet Jesus was net so verneder kyk hoe het hyoorwin. Jy sal ook oorwin en weer uit jou maag lag. En Joost wie is ons om jou te oordeel, as jy vergifnes ontvang het van GOD wie kan dit teen jy wee. Jesus het aarde toe gekom vir mense soos ek en jy nie vir die wat dink hulle is reverdig nie. Jou vrou was jou kroon vra vir God om daardie kroon weet op jou hoof te sit. Vergewe jouself wat God kan jou nie vergewe as jy jou self verder kasty. Mag die Here van die Leerskare julle hand neem en lei deur hierdie donkerte,glo daarvoor is lig, en God sal julle die kop maak en nie die stert nie. Ek wil ook net gaag vir Charmaine se jy geniet seker die bietjie publisietyd dat jy so laag moes daal wat het dit vir jou in sak gebring jy het inteendeel geweet dit is in getroude man, daar is name vir vroue soos jy.

  • Maggie

    Ek en van my vriendinne gaan nie die volgende Sarie koop nie. Het genoeg gehad van hierdie publisiteitshonger wannabe’s – soos vorige keer geskryf. Die lewe bestaan uit soveel meer as die onsmaaklike besonderhede van mense sonder enige morele standaarde.

  • PIETER

    Wie sonder sonde is laat hulle die eerste klip gooi STERKTE

  • Petro

    Vir al hierdie mense wat niks goeds te se het nie HOU JULLE BLERRIE MONDE!!!!!!!! Hoekom lees julle dan hierdie artikel?????????? Los Amore en Joost uit!!!! Amore het seer n mens kon dit gister op Jacaranda hoor…en Joost wel ek dink hy moet ook nie te lekker voel nie…maar mense sulke goed gebeur met almal van ons….ek wens net die mense wil ophou klippe gooi…en vir die wat geen respek vir die Here het nie moet dit bitterlik vinnig kry onder andere Martin!!!!! Wat Amore en Joost besluit het niks met ons te doen nie…..

    Sterkte vir julle AMore!

  • Elize

    Amor het dit aan Marlene gedoen, so what goes around comes around!!! En wat Joost betref……as jy dit eenkeer gedoen het, gaan jy dit WEER doen en dis ‘n feit wat al hoeveel keer bewys is!!

  • Louise

    Life is too short to waste it on a loser. Eerlikwaar….wat gaan jy van nou af dink as hy saans laat by die huis kom….

  • Ansie

    Waarom los die mense hulle nie uit nie. Die Here het ons geleer om te vergewe. Wie is julle in elk geval om te oordeel. Amor vra die Here, hy sal jou daardeur dra. Jy en Joost sal dit uitwerk.

  • Gus

    Ja nee Amore en Joost is nou nie die belangrikste mense in my lewe nie. Julle is ook nie so moerse nie en ons wil nie almal hoor wat aangaan in julle verhouding nie, skei mekaar en kry klaar julle raak nou regtig boring. Julle het al 2 foute en julle probeer aandag trek om meer geld te maak, word groot!

  • Charlene Szücs

    Ek verstaan nie mense se standaarde en waardes nie, wat jy aan ander doen kom terug na jou, Amor en Joost het `n verhouding gehad terwyl hy met Marlene getroud was, wat het Amor verwag – dat hy getrou aan haar gaan bly, om jou geluk op iemand anders se ongeluk te bou kan en sal nooit uitwerk nie. Hulle het al "gehoneymoon" voordat hulle getroud was, Amor weet ten minste nou hou moes Marlene gevoel het. Ek kan regtig nie simpatie hê met hulle twee nie, maar wel met die twee kinders. Dit is altyd die onskuldigstes wat die seerste kry. Charmaine word nou uitgekryt vir als wat sleg is, hoekom kry die vrou altyd die skuld en die man word bejammer? Nonsens, Joost vat jou pak en ek sal jou nou net onthou vir jou ontrouheid en leuens en nie vir die wonderlike rugbyspeler wat jy was nie, ek wil nie hê my seun moet jou as rolmodel gebruik nie, besef jy wat jy gedoen en wat jy als verloor het, maar toe verkoop jou boek soos soet koek – wat jy wou gehad het, dat mense betaal om van jou seks-stories te lees verstaan ek ook nie, maar dit is ongelukkig hoe laag ons samelewing gedaal het.

  • CARMIEN

    ………..EK WIL NET SE DIE EEN WAT GEEN SONDE HET NIE TEL DIE EERSTE KLIP OP………EK HET SO GEDINK NIE EEN VAN ONS KAN OF MAG NIE GOD ALLEEN MAG OORDEEL JA JOOST JY HET VERKEERD GEDOEN JY MOET REKENSKEP GEE,ONS IS NIE BEKEND NIE SO ONS HOEF NIE VOOR DIE HELE WERELD TE BIEG NIE MAAR ELKE MENS MOET BESEF EENDAG GAAN ONS ALMAL MOET JAMMER SE.VERGEWE EN VERGEET NIE HALFPAD NIE VERGEET OOK EK WIL NET SE STERKTE JOOST EK IS BLY DAT JY ERKEN HET AL WAS DIT LANK NA DIE TYD JY HET ERKEN STAAN STERK!!!HIERDIE SAL OOK VERBYGAAN!!!!!!!!!

  • My comment is op Antoinette Schoeman gerig. Hoekom op aarde sal Anita jaloers wees??? Sy het die spyker so op die kop geslaan. Regtig, vir watter rede moet enige van ons jaloers wees op daardie "sirkus van ‘n verhouding?" Ek weet nie watter deel is die grootste verleentheid nie; dit wat gebeur het, of die feit dat dit met al wat leef en beef gedeel word. Ons stel nie belang nie, dis julle saak, hou dit asb so. Julle arme kinders, iewers gaan hulle dit voel. Onthou, mense praat, sommige in die teenwoordigheid van hulle kinders. En dis net ‘n kwessie van tyd voordat iets voor hulle kinders gesê word.
    Dis soos van die mense hier sê, Amor het hom weggevat by sy eerste vrou, wat laat haar vir een oomblik dink sy is vrygespreek van daardie selfde behandeling van Joost???

  • In ‘n biografie van ‘n prostituut wat onlangs deur ons uitgegee is, skryf sy: "Koue, liefdelose vrouens is die teelaarde van prostitusie." Die eintlike kroek in hierdie storie is besig om weg te kom met die wêreld se simpatie rondom haar. Gaan kyk in die spieel hoe lyk jy, Amor. Glo my, ek was ook daar waar Joost was.

  • Hanna

    God ken Sy plan vir jou
    Waaroor gaan vergifnis as jy niks het om te vergewe nie.
    Die huwelik gaan dit oor om mekaar te leer ken met swakhede en al of gaan dit oor jy deel my dele uit ?

    Sterkte Amor ons bid vir julle

  • Cornel

    Ek stem saam met Maggie… ek en al my vriendinne weier om die volgende Sarie te koop…. hierdie is nie meer my tipe vriendin-geselskap nie … mense wat hulle vuil wasgoed so aanhoudend op my voorstoep was, beproef my bereidwilligheid om respek te betoon… as hulle enigsins respek vir ons kultuur, geloof, hulself en al ons ander Sarie-vriendinne gehad het sou die dinge met meer privaatheid genader word. ONS WIL NIE WEET NIE – Jammer…. dit is negatief afbrekend en bitter ONSMAAKLIK!!!!

  • Rina

    Ai,tog!!Moet se ek stem saam dat God hier uit gelaat moet word!!Dis so n belaglike storie!Die ergste is dat ryk en beroemde mense kan doen net wat hulle wil en dan geld daaruit maak!!Kyk vir Steve Hofmeyer en sy vrou…gats,hulle skryf nou skielik boeke en maak geld en hulle word betaal vir elke voorblad foto en simpel artikel in elke tydskrif en koerant.Kan net dink die ou wat ou Joosie se boek lees dalk idees soek….Ag nee man,daar moet asb meer Positiewe leesstof wees….Moeg vir bekendes se seks-ekskepades!Die wat dink dis nie sooo erg nie,doen seker dieselfde…Knyp die kat in die donker…!!Sorry!!Geen simpatie van my af nie…

  • ermen

    Joost, Amor.. Ek het vir julle net een versie.. In 1 korintiers 13:7 SE DIE HERE VIR ONS DIE LIEFDE BEDEK ALLES, GLO ALLES, HOOP ALLES EN VERDRA ALLES. JA, WAT JOOST GEDOEN HET IS VERKEERD MAAR DIS NOOIT TE LAAT OM TE VERANDER NIE EN EK HOOP EN BID DAT HY HET. NIEMAND IS PERFEK NIE EN ALMAL MAAK FOUTE EN JOOST S’N IS NIE GROTER AS ENIGE IEMAND ANDERS S’N NIE. DIT IS ‘N SAAK TUSSEN JULLE GESIN EN DIE HERE EN EKS SEKER JULLE HET DIT AL REG GESTEL MET DIE HEMELSE VADER.SO BAIE MENSE STAAN AGTER JULLE EN VERTROU DAT JULLE SAL REG KOM, JULLE MOET NET TOELAAT DAT ALLES BEDEK WORD MET JULLE LIEFDE VIR MEKAAR! AMOR JY IS ‘N STUNNING VROU EN EK KYK SO OP NA JOU, EK SIEN VOORWAAR JESUS UIT JOU STRAAL EN JY IS SO STERK. MOET JULLE NIE STEUR AAN DIE MEDIA EN ALMAL WAT IETS SLEGS TE SE HET NIE..HULLE MAAK OOK FOUTE SO WIE IS HULLE OM TE OORDEEL. EN DIE SAAK MET MARLENE EN JOU EN JOOST SE VERLEDE HET OOK NIKS MET ENIGE IEMAND TE DOEN NIE. DIT IS ALLES JULLE BESIGHEID EN EK VERSTAAN NIE HOE MENSE SO LELIK KAN WEES OM SOVEEL FOUT BY ANDER MENSE TE GAAN SOEK NIE, WIE HET OOIT BESLUIT HULLE IS SO GOED! BAIE STERKTE..MY GEBEDE IS MET ULLE EN JUL KINDERS, JULLE MOET NOU NET STERK STAAN EN KRAG VAN GOD ONTVANG! EK IS MAAR NET 15 EN EK WEET NIE BAIE MAAR EK GLO ALS SAL REG KOM!

  • Waarom dink mense daar word nou met klippe gegooi na die paartjie. Niemand gooi klippe nie, ons stel net nie belang om oor en oor dieselfde storie te lees nie. Veral nie nog in SARIE nie. En dit gaan nie oor vergewe nie, hulle het my mos niks aangedoen nie, waarom moet ek hulle vergewe! Dit is mos n saak tussen hulle twee en hul God en wie ook al in hul binnekring betrokke is. Charlene en Johlene slaan die spyker op die kop.
    Elkeen is mos maar geregtig op sy opinie. Maar soos Maggie gaan ek ook nie die volgende uitgawe van SARIE koop nie.Die verkope sal wel die lug inskiet, sensasie verkoop mos tydkrifte . Ek kan wel glo dat die artikel lekker gekou en geherkou gaan word onder lesers… niks so lekker soos n skinderstorie nie.

  • elaine

    Amor, sal Joost vergewe en natuurlik terug neem, want sien sy het ook geraamtes in die kas (waarvan ons nie weet nie en seker ook nooit sal weet nie) sy het immers ook soos baie ander vir Joost gejag, en nou het sy hom, en sy moet hom maar opgebruik. Joost was nog nooit goeie trou materiaal nie, en sal ook nooit wees nie!

  • Ann

    Ek het dit al hoeveel keer gesien, as jy eers eenkeer ontrou was (man of vrou) sal jy altyd ontrou wees. Maak nie saak wie of wat jy is nie, as dit in jou bloed is, dan is dit nou net een maal so… Soos jy sing Amor – "voluit lewe…", is ek seker jy bedoel nie om die res van jou lewe oor jou skouer te kyk nie… Dink 1000X voor jy wil weer probeer! Sterkte bly ek is nie in jou skoene.

  • d

    O Well, almal het hulle probleme, party word gevang, party nie! Dis maar net erger as almal weet wie jy is!!

  • Sune

    Amor, ek is teleurgesteld in jou:
    Eerstens: omdat jy Joost terug neem, en hom toelaat om jou verder te verneder. Tweedens: moes jy al weer in ‘n tydskrif & op radio verskyn? Vir wat? Lyk my jul soek die aandag & publisiteit!?

  • Hilda

    Amor,

    Ek het vanaand na die uitsending op Kwela gekyk waar Joost gepraat het, ek wil vir jou se my hart gaan uit na jou toe, maar eerstens dankie dat jy nie jou rug gedraai het op Joost nie die man is regtig lief vir jou en is bitter spyt wat hy aan jou gedoen het, ek het hom so jammer gekry. Amor dit kan nie maklik wees nie ek glo maar onthou die Here gee krag en geneesing vertou net op hom. Ek vra jou mooi gee Joost net nog ‘n kaans. Hou jou ore en oe weg van die midia hulle sal aanhou die duiwel is lustig en wag om huwelike en lewens te verwoes. Amor jy is ‘n wonderlike mens en ek glo ‘n baie diep mens en jy is sterk. Ek bid vir jou ,Joost en julle twee kinders dat julle sal krag kry vertrou net op die Here hy genees alles. Ons is baie lief vir julle en bid vir julle. Joost dankie dat jy eerlik met Amor was al het sy so seer gekry en al het jy so lank gevat om dit te herken onthou ons is trots op jou en die Here ook en dat jy ook jou saak met die Here reg gemaak het dit is wonderlik. Onthou julle almalvan ons doensonde niemand is volmaak nie solnk ons dit herken en belei die Here gee geneesing.

  • J.M. Coetzee

    Wat ‘n teleurstelling!! Dat die Beste Vroue tydskrif in die land haar nou ook skuldig maak aan die swak smaak van ‘n hol geryde storie. Ek dink dis uiters onvanpas om nog dekking te gee aan so smeer skandaal. Amor lyk alles behalwe gebroke! En sy het destyds vergeet die wiel draai!!!

  • irene

    Cornel, ek kon dit nie beter gese het nie. En Joost….jy het geen respek vir jou vrou nie. Dit terwyl sy swanger was!!

  • Marissa

    ""maar ek weet hy vra my en sy familie daarin om vergifnis. Hy moes dit al in Februarie gedoen het, toe die video op die lappe gekom het."""

    Amor, ek stem saam met jou woorde, hy moes dit al in Februarie erken het, maar hy het stil gebly omdat hy gedink het hy daarmee sou kon weg kom, het hy dit maar net toe al erken, was daar nie nou weer hartseer, stres en bekommernisse nie, maar soos ons almal weet seevier die waarheid altyd. Ek dink jy het alreeds jou besluit geneem. Sterkte met alles wat vir jou voorlê, jy is ‘n pragtige mens en dit is jammer dat jy so behandel moes word, maar die lewe loop met ons almal ‘n pad al verstaan ons dit nie altyd nie maar op die ou end stap jy as ‘n sterker mens daaruit!!! Sterkte

  • neels bouwer

    Gesels:
    Julle twee moet daaroor praat oor alles alle vrae vergeet wat almal sê dit gaan nou oor julle twee. Die enigste manier hoe julle dit sal reg kry om julle huwelik te red is om die pad saam God te loop. Bely met julle hele hart en opreg God ken julle harte en vergewe sodat Hy julle kan begin heel maak want in sy woord staan "Wat Hy bymekaar gevoeg het sal geen mens uitmekaar haal nie" Ek weet dit voel onmoontlik nou maar begin met die proses so gou moontlik anders bly die duiwel julle aanval en oortuig julle dit kan nie werk nie. !!!!!!!!!!
    Sterke !
    nb

  • Johan

    Amor / Joos wie ok al bly in huise van glas en sondig, die wat dink hulle is onskuldig "gooi die 1ste klip" Jesus en die vrou wat owerspel gepleeg het is so ‘n goeie voorbeeld van regverdigheid en Gods liefde.

  • Hanlie

    God alleen weet. Wat ek vir jou kan se is uit my eie lewe is die vrug van die swaar baie soet. Ons is ongelooflik gelukkig en rustig na 8 jaar van swaarkry. Daar was dank Vader genoeg mense wat my man nie veroordeel het en ek die krag kon kry om by hom te staan en nou is alles so die moeite werd. Byt vas kyk op en soek hulp daar nie om jou nie. Dan sal jy onvoorwaardelik kan vergewe en sal jy rus en vrede in jou gemoed kry en ek glo ook in jou man. As mens nie so iets deur is nie kan jy nie praat nie gee hom ‘n regverdige kans. Vanaand as almal huistoe gaan is jy alleen en hulle by hul gesin. STERKTE!!!!!!!!!!

  • Wally

    Ek is van mening dat hierdie gebeure ‘n saak tussen Joost en Amor is – en deur hulle privaat opgelos moet word. Om geld te maak uit hierdie gebeure sal uiters laakbaar wees. (PS : Ou Joost sal darem ‘n baie swak tandarts uitgemaak het – hy lieg te sleg!!)

  • Anet van Reenen

    Is ek die enigste persoon wat nie ‘n woord glo wat die vrou kwytraak nie?

    Dit is net baie toevallig dat Amor NOU besluit WANNEER DIE BOEK op die rak is, om te huil en te treur. Hoekom nie in Augustus nie?

    Hierdie is ‘n bemarking FOEFIE, ek dink Amor is ook nie opreg nie. Dit gaan alles oor FAME, sy ry op die Natasha treintjie, wanneer gaan jou eie boek die lug sien Amor? As ek so deur die kommentaar lees, kan ek nie glo daar is soveel naiewe vroue wat die nonsens glo nie.

    Amor jy is nie opreg nie, jammer, maar as jou man aand na aand dronk huistoe kom, sou enige vrou begin wonder het… Dit gaan alles net oor JOU, Amor, JOU fame, JOU aanhang jou status. En Joost, wel ek het nie woorde nie. Hy is ‘n grap. Sies vir Sarie! Julle stimuleer ‘n LEUEN, en die keer kom dit van Amor.

  • Miska

    Amor… wat Joost gedoen het was nie reg nie, maar wat sou gebeur het as die prentjie omgedraai was… Ons bly almal in glashuise en mag nie klippe gooi nie. Ter wille van jul pragtige kinders probeer dinge uitwerk, ja almal se skei moenie dit aanvaar nie… ek self is geskei en my kinders het die pad heeltemal duister geword as gevolg van die egskeiding. Vergewe vrou, ons mag nie oordeel nie dis God se werk

  • Andre

    Amor en Joost. Ons gesin se gebede is met julle. Dis n baie moelike tyd waardeur julle nou gaan. Hou vas aan jul geloof.

    God het die volgende gespreek.

    "Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut." En daarna sê Hy: "Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar."

    Ons almal is gebroke mense en niemand van ons kan klippe gooi nie. Juis daarom moet ons dat God alles in ons kom nuut maak. Ons dink aan julle. Seen Groete.

  • freddy

    Genade who cares….I cant’t be bothered!!! Daar is mense besig om dood te gaan van die honger en van AIDS in Afrika. Get a life people!!
    Sarie my Inspirasie…Amor en Joost my Irritasie

  • Yolandi

    Amore, jy spook die laaste dae by my. As ek aan jou dink kan ek nie help dat die trane opdam nie. My eie wonde is nog soms baie rou. Ek is in Februarie hierdie jaar presies deur wat jy tans moet oorleef. My situasie was in trappe van vergelyking en my man het alles aan my erken. Soos jy was ek skoon wild van waansin. Ek het nie geweet waarna toe nie. My eerste reaksie was om te hardloop en dit is wat ek gedoen het. In my kar geklim en gejaag. Die HERE het vir my onmiddelik gese ek moet terug gaan huis toe en my man dadelik VERGEWE. Ek kon nie glo die Here verwag dit van my nie. Ek het wel geleer dat die Here was nog altyd getrou en ek kon op sy beloftes staat maak. Ek het huis toe gegaan en my man onmiddelik vergewe. Glo my die seer het nie dadelik verdwyn nie, ons huwelik was ‘n gemors en daar was geen vetroue nie. Maar ek was bereid om op die Here te vetrou. Ek het twee pragtige seuns en dit was so moeilik om NORMAAl te wees en ‘n goeie ma vir hulle te wees. Ek het soms gevoel ek wil iets onverantwoordelik doen as die woede en seer in my opgespoel het. Daar het baie water in die see geloop die laaste maande. Ek het op ‘n dag gekom waar ek moes besluit wil ek werklik hier wees en aangaan, of gaan ek altyd my man stief hanteer. Ek het ‘n wils besluit geneem om net aantegaan en werklik te vergewe. Ek en my my man is steeds saam, ons verhouding glo dit of nie is rots vas en ek vetrou hom selfs weer. Ek het nie in Februarie gedink ek sal ooit hier kan wees nie. Dit is slegs deur God se genade dat ek vandag my storie vir jou kan vertel. Vir God is niks onmoontlik nie. Ek kan net indink om dit alles nog in die media te he moet so moeilik wees. Onthou dit is ‘n saak tussen jou, Joost en God. Wat jy ookal besluit, jy sal nooit alleen wees nie. Ek weet ons Vader is elke oomblik saam met jou en jou gesin. En mag die Here jou in oorvloed seen. " From this day on the LORD will bless you, Hag 2:19"

  • Natascha

    Amor! VERGEWE hom maar asb moenie weer sy VROU wees nie! Hy kan en sal nie verander nie. Dis n siekte, ongeneeslik! Die tipe mans het 2 lewens – die een is jy en die kinders waarvoor hy julle baie liefhet – dit glo ek,maar die ander lewe? Lieg, bedrieg. bandeloosheid! hoerery? en als daai is sy nader lewe! Hy is nou in n "waarheid" fase, maar hy lieg nog steeds! Dis was nie die EERSTE KEER of die LAASTE KEER nie en ook die ENIGSTE ander vrou nie! daar was BAIE! Gaan aan met jou lewe, vergewe hom, wees lief vir hom in die gewone sin van die woord as jou kinders se Pa, MAAR GEE PAD AS VROU vir hom – hy sal jou vreugde vrede lewe vernietig! Dis wat hulle doen!

  • Amor, jy is ‘n wonderlike mens! Mens moet vergewe al is dit hoe moeilik!
    Wie is ons om teoordeel? Niemand kan vir jou se wat om tedoen maar solank jy net doen wat vir jou reg is kan niemand jou oordeel nie!
    Jy is pragtig, enige man se droom moenie die fout by jouself soek nie.
    mens sal tog nooit die waarheid weet oor waarom dit gebeur het nie.
    Onthou solank as wat jy die Here saam jou het is jy nooit alleen nie.
    AAN ALMAL wat hier lelik kommentaar lewer onthou net julle bly nie in glas huise nie. Dit is maklik om teoordeel maar as dit jou lewe was sou jy nie wou gehad almal moes heeltyd en altyd kommetaar lewer nie.
    Sekere goed is tog so onnodig.

  • Rudolf

    Hierdie is so commin soos om krimpeline rokke te dra. Ek raai elke keer reg oor die outcome van die stories. Amor vergewe vir Joosie, maak ‘n gospel CD en steek weer ‘n paar miljoen in die sak.
    Doen die regte ding – tree af en uit.
    Joosie moet nou nie die "hero" word van plep vroue nie, dalk is jy en Steve klaar. Al dra ‘n aap ‘n goeie ring bly hy/sy maar ‘n aap.
    Wanneer gaan Joosie by Delilla le, en dan om vergifnis vra voor in die kerk. Dalk eers as die verkope van die Gospel CD afneem…

    Joosie – jy was te kuza en nou te … en commin.

  • KH

    WHAHAHAHA! Die klomp is ### snaaks. Ek het nog nooit mense gesien wat so AANMEKAAR hulle eie name so met ‘n plank slaan nie. Word hulle nie moeg nie?

  • Lene

    Amor, 10 uit 10 vir die toneelspel….jy en Joost kompeteer nou seker vir die 1ste plek in die kollig?

  • Christine

    Amor, asb ons weet almal Joost se beroemdheid het van hom ‘n lelike mens gemaak. Daar is NIE met sy drankie gepeuter nie,al wil jy dit so graag glo, hy WAS daar uit eie vrye wil. My hart gaan vir jou en jou kinders uit en vir al die jong kinders wat vir Joost op ‘n troontjie gesit het, hy was hul held,hulle wou nes Joost beroemd en ‘n held wees.Mag die hemelse Vader gee dat ouers hulle kinders tog die waarheid oor Joost vertel, want hulle held het voete van klei.

  • Larette

    Joost en Amor… Ek bid vir julle. Ek dra julle in my gebede elke dag op. Julle kan!!! Met God aan julle sy. Dis n moeilike pad, maar julle is vir almal n voorbeeld en julle kan almal wys, dit kan gebeur, mens kan verander, mens kan weer leer om mekaar te vertrou en mekaar onvoorwaardelik lief te he. Dis moeilik om julle lewe te lewe, geld, aansien, beroemdheid, ens, al die dinge bring maar probleme. Sterkte JULLE KAN!!!!!

  • Petro

    Amor outhou net as daar nie ‘n slegte vrou is nie , dan is daar nie ‘n slegte man nie, ‘n man bly ‘n jagter PUNT. Aan die wat nie Sarie wil koop nie dit is julle besluit, maar Amor en Joost Sage is ‘n Spieel om na te kyk vir baie mense, Jy mag maar vra Here hoekom ek(Amor) , die antwoord, want jy is baie SPESIAAL, die lewe se klappe maak ‘n mens net weer "HUMBLE", bid jou knie deur , glo en vertrou die regte ding sal gebeur.Dan die ander ….ek kan hulle nie ‘n dames noem nie, kry julle lewe in order jy weet nooit wanneer Liewe Jesus julle kom haal wees gereed . Charmaine jy het jou naam met ‘n plank geslaan, geen ordentlike man sal nou na jou kyk nie, want jy is ‘n egbreuker van formaat kry vir jou……….

  • Roenel

    Ek het gisteraand Kwela gekyk en het nuutgevonde respek vir Joost gekry. Joost, nou is jou kans om vir die klomp huigelaars wat julle so met klippe bestook, te wys hoe God se vergifnis lyk, en as jy dit kan regkry, sal Amor jou 100% weer kan vertrou. Nou is dit in jou mag om te wys waarvan die profeet en leier van die van der Westhuizen gesin aanmekaar gesit is. Gaan vat Amor in jou arms en se vir haar jy is lief vir haar met God se liefde. Hy het klaar julle trane agter julle toe kamerdeur gesien en Hy sal vertroosting gee. Vat leiding en staan vas in God. Hou jou kop hoog en skouers breed, God loot waar die duiwel stroop, onthou dit altyd. En daar is vergifnis, altyd. Sterkte.

    Amor, lewe in God se perfeksie, as Hy ons van al ons sondes kan vergewe, al maak ons Hom hoe seer, kan jy dit in jou vind om deur en oor hierdie ding te werk met Joost. Die man het berou, hy het probeer regmaak die afgelope drie jaar en ongelukkig vir hom, het n goedkoop vrou wat geen respek vir haarself het nie, jul lewens kom omkrap. Moenie vir haar enige beheer gee oor julle lewens nie, vat terug wat sy probeer steel en dra dit op aan God en dis in Sy Mag om die lelik weer vir julle te reinig. Ongeag wat nou gaan uitkom met Charmaine Gail of enige ander, vee dit agter jou met die einste vuil besem waarmee hulle julle gooi en staan nederig in die liefde van God en wys vir hulle almal. En moenie wegdraai van jou man af nie, wees nou die vrou vir hom wat God wil he jy moet wees. Sterkte en baie geloof.

  • Carlia Fourie

    Amor, ek moes ook dieselfde paadjie as jy en Joost stap. Al wat ek vra, laat jou vergifnis ten volle wees. Hy kan regtig sy lewe omkeer, mits jy hom gaan toelaat. Vertroue kom nie in een dag nie, maar moenie dit onmoontlik maak deur konstante agterdog, vrae, verwyte, ens. As dit die geval gaan wees, is ek bevrees om vir jou te sê dat ‘n egskeiding draagliker gaan wees. Hy het ‘n GROOT erkenning gemaak en dit voor die hele Suid-Afrika. Jy het baie trane en vernedering moes deurmaak en dit voor die hele Suid-Afrika. Daar is mense wat in hom gaan glo, mense wat in jou gaan glo, mense wat in altwee gaan glo en vertrou, en dan die doemprofeete. Lig julle koppe op, maak vrede met mekaar, en bou aan ‘n nuwe begin met die Here as jul Herder. Die erkenning was vernederend, maar die regte ding om te doen. Nou kan daardie boek toegemaak word vir ‘n nuwe mooier boek. Onthou, die boek is toegemaak. Sterkte en wys ons julle kan hierdie DING oorwin en die media ook.

  • Jaco Swanepoel

    Amor en Joost sterkte met als waar julle moet deur gaan. Dra al julle hartseer en probleme op na die Here. Op die einde van die dag gebeur als met ‘n doel. Sterkte

  • Liewe Amor – jy het al soveel raad gekry. Ek is deur dieselfde -1ste keer – ek het vergewe, in hom bly glo en self dit probeer wegsteek vir my familie en vriende, deur die ander vrou as die slegte verleidster te blameer.HY het na 4jaar – my op ‘n lekker vakansie laat gaan, net om weer een van sy ou"girls" waarmee hy al lank enn skelm ‘n email en sms verhouding gehad, in my bed in my huis te onthaal – ek het weer geskerm, weer vergewe en na 2 jaar gebeur dit weer. Ek was buite myself- het 10kg in 1 maand verloor – hy het gepleit dat ons weer ons huweliks-belofte mos aflê. Ek en my 2 pragtige seuntjies moes sielkundige berading gekry – die raad was: Mevrou pak jou tassie en gaan – jy is ‘n pragtige intelligente goed versorgde vrou! My man het ‘n afspraak met ‘n pastorale sielkundige gemaak – en gepleit ek moet saam hom gaan. Ek het my voet neergesit en die keer was ek oppad uit – ek het besluit ek gaan skei – ek het NIKS, geen gevoel of respek vir hom oorgehad. Hy wou selfmoordpleeg – ons gesin is deur hel- want ek wou nie vergewe. Op die ou end, het hy my oorreed ek sal hom weer liefkry en hy sal ALLES gee en doen. Wel ek het gebly – dit is nou 6 jaar later – glo my dit is nie maklik – dit is nooit weer dieselfde – daar gebeur daagliks dinge wat jou op een of ander manier herinner aan die verlede. Dit is net ons Liefdevolle Vader wat my krag gee. My seuns is groter en self hulle sê soms – ma, hoekom het jy nie geskei nie – want ons kan sien julle is altwee nie baie gelukkig nie. So – dit is jou besluit – ek bid vir jou

  • Hyla

    Amor, jy en jou kinders verdien nie hierdie gemors waarin Joost julle geplaas het nie – ek se, al is dit hoe moeilik: pak sy tassie en gooi dit by die deur uit…. hy het damn goed geweet wat hy doen – ek is seker daar is nog baie ander vrouens met wie hy in die kooi was!! Dit sal hartseer/sleg wees vir jou en die kinders maar julle sal daar oor kom.Laat hom gaan…(ht gisteraaand sy onderhoud gekyk met Coenie, hy se hy is jammer maar soos dit vir my lyk, is hy bloot jammer omdat hy uitgevang was – en as hy eenkeer rondgeloop het sal hy dit weer doen!)

  • Pitkos

    Hi siestog….ek voel amper jammer vir julle – maar hulle sê "wat jy uitdeel sal jy ontvang" Julle het albei vorige huwelike op gebreek – Joost sy eie en JY Amor Joost sin…….Onthou julle.

  • dis eenvoudig

    Dis eenvoudig – as ‘n mens respek het vir ander doen jy nie so iets aan hulle nie. Joost het dit duidelik nie, sy eiewaan en selfsug is bietjie te groot. Hy’t geen respek vir sy vrou, kinders of huwelik nie. Hy’t ook geen respek vir die vroue met wie hy so mildelik rondgeslaap het nie. As hy nie uit sy eie respek het vir ander nie, waar gaan hy dit nou vandaan kry? Kan ‘n mens dit aanleer en dan in stand hou?

  • Mev P S Pretorius

    Amor, wat my die siekste van alles maak is dat julle Christenskap hier in gesleep het. om die Here se naam by so n smerige situasie in te gesleep het is siek. Joost hoe kon jy dit toelaat. Slaap so veel rond as wat jy wil. Los net die Here se naam hier uit.

  • Cobus Pretorius

    Aan elkeen van julle wat vir Amor en of vir Joost sterkte toewens en vir haar/hulle bid, well done. Vir die van julle wat so slim is om vir Amor te vertel Joost gaan nooit verander nie en veral vir die wat Joost oordeel omdat hy nou "die geloofskaart" speel, komaan julle, word wakker. Dit is ons mense wat hierdie mense ophemel. Dit is ons wat van Joost ‘n held gemaak het en wat gejuig het toe hy ‘n baie groot aandeel in die 1995 wereld beker oorwinning gehad het. Dit is ons wat Amor se CD’s koop of die Sarie lees omdat haar storie nou weer daarin is. Hierdie mense is en sal altyd vanwee hulle bekendheid ONGELUKKIG (vir hulle en gelukkig vir ons sensasie soekers) altyd in die limelight wees, maar ons moet besef hulle is ook mense met foute en het ook ‘n kans om te probeer regmaak wat verbrou is. En hier kom my geloofskaart. As jy jouself enigsins as ‘n Christen beskou, hoe kan jy ‘n oordeel vel oor iemand se ware berou al dan nie en hou op om te dink jy kan names God besluit oor vergifnis.

  • Alet

    Amor, ek het gisteraand gekyk na die onderhoud met Joost op Kwela, en my hart het uitgegaan na hom toe. Ek kon nie glo hy het so maer geword nie. Ek het ook nooit van jou gehou nie, totdat ek jou by ‘n funksie van Noorderlig gesien het, Jou persoonlikheid het my betower, en toe het ek jou weer by die druiwefees gesien. Ek onthou nou nog hoe jy die ou omie se hand vasgehou het deur jou hele liedjie. Joost is innig lief vir jou. Ek was ook in jou situasie 9 jaar gelede, en het besluit om te bly. Dit vat lank om te vergewe, glo my, maar ek kan nou met eerlikheid sê, ek is bly ek het gebly. Ons verhouding is baie goed, en selfs nou is ons baie gelukkig. Moet jou nie steur aan al die ander mense se negatiewe kommentaar nie, ek glo almal van hulle bly ook in huise van glas. In die bybel staan: . Sterkte, en ek hoop jy vind berusting.

  • Johan N.

    Ek is ‘n aanhanger van Joost al vir jare. Ek kry hul baie jammer. Daar is ‘n boek met die titel " ‘n Kas is vir klere" , maar jammer om te sê ons almal gebruik kaste vir geraamtes. Laat Amor en Joost daardie kas self regpak en as dit dan moet, dan moet die geraamtes uitkletter!!! Ek weet net nie wat het die hele storie met ons as buitestanders te doen nie. Ek wil voorstel dat die twee dit vir nou dag vir dag moet vat. Dat daar ‘n kraak in die glas is, is waar, maar….daar kan nog uit dit gedrink word. Sterkte jul twee mense!!

  • Alta

    Amor dit wat gebeur het is verskriklik en baie baie seer. Wie van ons kan vir jou besluit wat om te doen. Dit is so maklik om te se vergewe , weet jy ek kyk gister aand na kwela en sien jou man se gebroke gees en hart , ek pleit by jou moenie skei nie dit is nie die OPLOSSING NIE!! Kom ons as kinders van God bid vir hierdie gesin, hierdie familie wat God so nodig het en hou op raad en advies gee, GEBED VERANDER ALLES JULLE GEBROKENHEID KAN WEER HEEL WORD, NET HY KAN GENEES. Dit is sowaar wat Joos gese het die Satan se koninkryk is geskud , Hy is die vader van alle leuns MOET NIE TOEGEE NIE AMOR JY IS STUKKEND EN GEBROKE SO OOK JOU MAN STAAN BY MY MEKAAR AS N GESIN, en gee die Satan n vuis voos GLO MY HOE GROTER JULLE OORWINNING GAAN WEES HOE GROTER DIE KONFLIK. Ons bid vir julle beide en die beskerming van Psalm 91 oor julle uit.

  • Celestie

    Sarie julle het nou wraggies gedaal op dieselfde vlak as die FINESSE TYDSKRIF. Ag nee, ek koop al maande nie meer die Finesse nie agv die beheptheid met false kunsmatige celebs. Wanneer gaan julle vrouetydskrifte wakker skrik en besef dat ons vroue nie so COMMIN is soos julle dink ons is nie. Ek het geweet FINESSE is ‘n undercover HEAT tydskrif, maar ek het regtig meer van Sarie verwag.

  • Koos

    Beste Amor,
    Ek bid vir jou en Joost. Probeer asseblief hard om julle huwelik te red want julle is kinders van die Here – en Satan spits hom dubbeld soveel toe op sulke mense ten einde hulle te laat struikel. Gelukkig moet ons nie eendag deur die wraaksugtige mense geoordeel word nie, maar deur ‘n God van liefde.

  • elsabe

    s a los nou die 2 mense uit moenie julle verlekker in hulle pyn nie.dit is n duur prys om te betaal wanneer jy in die kollig is.amore en joost vergewe eers julle self en dan mekaar.daarna werk julle saam om julle huwelik te bou

  • Georgina

    Amor en Joost, luister gerus na Steve Hofmeyr! Hy is daardeur en het alreeds baie swaar gekry. Niemand kan vir julle besluit wat om te doen nie maar ek is bevrees, ondervinding het gewys, die media gaan julle geen rus gun nie! Daar is duisende manne (en vroue) wat rinkink en owerspel pleeg maar omdat hulle nie "iemand" is nie word dit stilgehou en is dit o k! Wens iemand wil webtuiste skep sodat almal wie eggenote het met iets wat jeuk!! dit daar kan gaan uitblaker en fotos plaas. Dan sal ons sien wie mag met klippe gooi en wie nie!!!

  • Lorencia Pretorius

    Amor neem goeie raad van iemand wat ook daardeur is. Jy kan miskien vergewe maar vergeet NOOIT!! Eenmaal ‘n rondloper altyd ‘n rondloper. Sterkte vir jou maar as jy sy stories gaan glo is jy pateties….Moenie probeer verskonings soek vir sy dade nie, jy probeer namens hom ‘n rede soek vir sy dwalery. Geen drankies was gedokter nie, hy het presies geweet wat hy doen!!!

  • Trys

    Wie is ons om te oordeel en met klippe te gooi? Deur hierdie 2 mense af te kraak en voor te sê, pleeg ons self misdaad (met ons tonge) en dis ‘n onderwerp waaroor elkeen van ons elke dag kla en ander mense wil voorsê hoe om misdaad te bekamp. Begin by jouself deur ander mense uittelos om hul eie probleme uittesorteer. Jy is nie die regter om uitspraak te lewer nie!! Wat Joost gedoen het, is nie reg nie maar dit is tussen hom en sy gesin. Sterkte vir Amor en Joost en hulle families

  • Emsie Jacobs

    MC het gese:
    Amor en Joost ek stem saam wat Koos genoem het. Dit is nie hul keuse om Joost te vergewe nie joune en joune alleen met God aan jou sy. Ons moet elkeen eendag in ons eie skoene voor ons VADER te staan kom.
    Kyk na die positiewe en negatiewe en maak al jou positiewe sterker, met ONS VADER van BO sal jul die krag he om deur te staan. Ek dink aan jul en ons gebede is met jul, dit is al wat ons werklik kan doen om jul OP te DRA.

    Almal wat so lekker gooi met die woorde en vloek woorde en praat van respek en dit self nie toe pas nie is " NOU ja of sal ek se HET GEEN SELFRESPEK of RESPEK van enige aard. Ons natuurlik is altyd geleer as jy nie iets goeds of moois van iemand kan se nie bly stil. Niemand kan jou dan help of pleke ruil nie dit sal jou veantwoording alleen wees. En dan sal al die goedjies wat jy gedink het oulik en mooi en snaaks was, en wat jy aan ander behalwe aan jouself gedoen het, maar einlik ABUSE en mishandeling is en jy was in daardie ry Foei.

  • ryntjie

    Hi Joost en Amore

    Jinne, na Kwela kry almal Joost jammer, want hy het soveel gewig (13kg) verloor. Alle ander mans wat ook sulke vieslike goed aanvang, verloor gewig, want dit is hulle gewete wat hulle ry. Al het hulle die WONDERLIKSTE vroue by die huis. As al die mans wat rondgeloop het se storie geplaas word, sal ons ‘n hele nuwe drukkersfabriek moet oopmaak. Dit het al gebeur toe jy met Marlene getroud was! Sies man!

  • Bonnie

    Hierdie is defnitief Amor en Joost se persoonlike sake. Maar beide van julle het die media gebruik om beroemd te word en noudat dit met julle sleg gaan nou wil julle he die media moet julle uitlos. My raad is, onttrek julle van die media. Hou op kommentaar lewer en onderhoude toestaan dan sal die stof gaan le. As dit julle erns is om jul huwelik, wat ookal daarvan oor is, te red moet julle nou op mekaar konsentreer. Besluit wat julle wil doen en begin daadwerklik daaraan werk. Sonder berading gaan julle dit nie regkry nie, gaan soek proffesionele hulp. Dink net vir een keer aan julle kinders en nie julle ego’s nie – wat is die beste vir hulle? Al ooit daaraan gedink? Al idee wat ek kry is dat julle die media golf ry so ver as julle kan.

  • Kaspaas

    Laat dit vir Amor ‘n les wees. Sy wou mos ‘n ander vrou se man vat. Geen simpatie vir jou hier nie – jy voel nou maar net hoe Joost se vorige vrou gevoel het.

  • Landi

    Mense mense. Pleks ons hulle net uitlos, en eerder vir hulle bid. Dit is nie vir een persoon om klippe te gooi nie. Mense wat in glashuise woon, moenie klippe gooi nie. Los die oordeel aan God oor. Niemand maar niemand is perfek nie. Dit wat Joost gedoen het, was nie reg nie, maar los hulle dat hulle dit self uit sorteer. Laat Amor by God hoor wat om te doen. Wie is ons om raad te gee?? As sy Joost wil vergewe, dan is sy ‘n fantastiese mens, en God sal daai huwelik omdraai dat dit DAN SAL werd wees om ‘n glanspaartjie te wees vir SY Koninkryk. Kyk wat het God vir Gretha Wiid se huwelik gedoen, dit is nie onmoontlik vir Joost hulle se huwelik nie. Maar ons as mense, is besig om hulle stukkie vir stukkie dood te maak en uit mekaar uit te trek, en eintlik het dit NIKS met ons uit te waai nie.

  • Anna

    Die spreekwoord se: "Dink wat jy wil, maar moenie sê wat jy wil nie."
    Los die mense uit, of jy nou ook glo dit is n goedkoop sensasie, en of jy hulle werklik jammer kry, dis jou probleem. Maar genade; genoeg is genoeg
    Die couple kan nie n pennie omgee oor wat ons dink nie, so hoekom bly almal hulle opinie gee????????????????????????????????

  • Joost, sou jy met die waarheid uitgekom het as alles nie op die lappe gekom het nie ? Sou jy uit jou eie na Amor en die media gegaan het en gebieg het oor jou leuens? Sou jy vandag jammer gewees het oor alles as niemand daarvan geweet het nie? Sou jy vandag opgehou het daarmee ??
    So gedink…..

  • Toi

    Julle weet hoekom dit gebeur het. Julle privaat lewe het niks met die publiek of media te doen nie. Besluit hoe julle die toekoms gaan aanpak en begin daaraan werk.

  • Amore vrek nou maar net eenmaal oor die aandag van die media….snaaks dat alles saamval met die bekendstelling van Joost se boek.
    Sy kan in die privaatheid van haar huis getreur het, maar nee: dit moet op radio, TV en tydskrifte!!! Absoluut geen simpatie vir haar nie, sy is’n geldwolf. Seker werk sy reeds aan haar boek wat na die geesteliks CD sal verskyn…… pateties.

  • Lydia

    Amor,
    Dit is nie n maklike ding wat met julle gebeur het nie. Maar ek moet sê ek haal my hoed af vir Joost om op nasionale tevisie vergifnis te vra. Dit verander nog nie wat hy aan jou en julle kinders gedoen het nie, ek weet. Maar die Liewe Vader vergewe ons so baie dinge,dink jy, jy sal dit in jou hart vind om hom te vergewe?

    Vergeet sal jy seker nie maklik nie, gelukkig heel tyd wonde.

    Ek is so vies vir die simpel klomp vroumense wat jou nou net weer meer wil ontstel.

    Dit was dieselfde met Steve. Ek sê net een ding…..as ek gedoen het wat hulle gedoen het sal ek eerder my kop in n toilet druk van skaamte as om koerante toe te hardloop. Hulle is baie braaf om te sê hulle het geweet die ouens is getroud. IS DIT IETS OM OOR TROTS TE VOEL? Ek glo nie.

    Maar baie sterkte Amor, mag jy vrede vind en vertrou op HOM wat jou nooooooit in die steek sal laat nie

  • Lindi

    Al wat ek sê is, laat die wat foutloos is die eerste klip op tel.
    Ons almal het foute en ons almal leef in sonde.
    Amor en Joost bly op jul knieë God vergeef al ons sonde.

  • Karina

    As Joost van dag een af erken het dat dit wel hy was wat in die video was, sou Amor nie deur die hel gegaan het nie. Maar om by hom te bly, is siek. Skei die donner. En gaan aan met jou lewe. Jou kinders sal beter daartoe af wees.Moet net nie in die huwelik bly ter wille van die kinders nie. Hulle gaan die meeste seerkry.

  • Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi,
    Amor, net jy alleen sal weet wat om te doen, moenie na ander se raad luister nie, na n lang lang tyd kan jy dan niemand blameer vir jou keuse nie.

  • Pieter

    Terwyl Joost in kerke en op mannekampe sy getuienis gee oor hoe wonderlik sy huwelik is en hoe ‘n groot kind hy van die Here is, spyker hy Pretoria en die hele omgewing aan die brand. Wie gaan hom nou weer glo as hy gaan getuig oor iets goeds oor homself? Gaan hy sy getuienis uitleef, ek wonder net.

  • hester

    Amor, vandag kan ek net mooi vra moenie te haastig wees met jou besluit om Joost te los nie. 17jaar terug het ek ook die pad van vernedering geloop. My man het ook verhoudings aangehad. Ons het toe wel geskei maar na 1jr het ons weer teruggekom na mekaar toe. Ons het begin werk aan ons verhouding, geloof en vertroue in mekaar. Dit is net die Here wat jou deur hierdie dinge kan dra. Maar soos wat ons en julle verwag die Here moet vergewe moet ons en julle ook vergewe. Die beste raad, vee hierdie deel uit julle gedagtes uit. Moet nooit weer daaroor dink of praat nie, moet hom nie verwyt nie. As God vergewe het wie is ons of jy om dit teen hom te hou. Vertel mekaar hoe lief julle mekaar het, hoe wonderlik julle is, vertel mekaar dat julle mekaar weer moet leer vertrou, en glo. WERK aan JOU HUWELIK, dit is die moeite werd. Ek is 56jr oud en my man 59jr en ons is gelukkiger as ooit. ‘n GROOT geheim, moet nooit maar nooit dink jy was sleg nie, en moet jou nooit probeer vergelyk met die ander vroue nie. Los hulle, hulle is nie meer deel van julle lewe nie. Leef VOLUIT soos wat jou liedjie se, leef vir julle God, Kinders en die belangrikse vir Joost en hy vir jou. Jy is so seker dat jy hom nog baie liefhet. Daarom smeek ek jou moet nie die fout maak om te skei nie. Dit is ‘n eensame pad, en jy kom nie oor die dinge nie, want die verlede jaag jou. Maar as jy weer jou huweliks belofte teenoor mekaar kan afle, en weet voor God onderneem jy om hom te vergewe en dit te vergeet, sal dit goed gaan. Plaas jou gedagte op Jesus as die duiwel kom met negatiewe gedagtes. Jou oorwinning en Joost sin le in hoe julle hierdie groot seer gaan hanteer. Julle sal voormekaar moet gaan staan, en in mekaar se oe kyk en met eerlikheid vir mekaar se ek Amor jou vrou, het jou Joost my man vergewe, en ek glo dat God ons vergewe het. Joost moet homself vergewe nie probeer ne, hy moet dadelik voor die spieel gaan sit en met homself die saak uitmaak. Daarna moet hy hom na God wend en vra Vader vergewe my, en die ander betrokkenis vir hierdie verskriklike daad, en sonde, sodat U ons kan vergewe. Spreek die mense vry, Vryspraak bring genesing. Groot asseblief volg my raad, ek is vandag die gelukkigste en dit alweer 17jr later. Die Here se seen bid ek op julle af. Al die mense in Suid Afrika moet julle kans gee om te herstel, en hulle moet vir Joost vergewe. Groete Hester

  • Sophia

    Nouja tot die naweek het meeste nog saam met arme Amor geglo dit is nie Joost nie, maar in hierdie artikel wat ten minste reeds twee maande terug geskryf is word vrae aan haar gestel en antwoord sy vrae oor Joost en die video. Nou hoe het Sarie toe geweet dat Joost teenoor haar gebieg het? Of het sy hulle gekontak met hierdie soetsappige inligting. Niemand sal weet nie maar mense iemand maak van ons ape.

  • Albie

    Net ietsie betekenisvol vir so baie opinies oor Joost en Amor: Vir die wat aan die voete van die Kruis gebuig het – is ‘n ander ou se sonde geen verassing nie.Mag Psalm 51 na alles,julle 2 in ‘n hegte eenheid saamvoeg!

  • Marotha

    Wie is ons om klippe te gooi? Los die twee mense laat hulle op hulle eie tyd hierdie probleem oplos. Hoekom wil ons so graag weet wat in ander mense se lewe aangaan? KASPAAS dit wat jy se is ‘n baie lae hou! Swak smaak.

  • Cindy

    Ai Amor.

    Ek is deur presies dieselfde as waardeur jy nou gaan. Het ook ‘n man wat vir my gejok het oor ‘n buite egtelike verhouding. Die Bybel sê wel vir ons dat ons moet 7X70 keer vergewe. Hoe doen ‘n mens dit nadat jy deur al hierdie hartseer moet gaan? Ek en my man het gisteraand Kwela gekyk, en ek het met my man gepraat, en gesê "weet jy, hy is maar net ‘n mens" Nie dat ek sê hy het reggemaak nie, maar ons moet miskien verstaan hoe hy gevoel het om daardie oomblik toe die video uitgekom het. Ek dink hy wou maar net homself en sy familie beskerm. Dit is waar wat Joost sê, vertel liewer dadelik die waarheid, dit maak seer, maar nie so seer as om in ‘n leuen te lewe vir solank nie. Glo my dit is baie moeilik, maar ek het voor die Here ‘n belofte afgelê dat ek by my man sal staan, deur die goeie en slegte tye. Ek het my man vergewe en ons het vir berading gegaan. Deesdae gaan dit baie beter met ons huwelik, en daar is nie so baie spanning elke keer as ‘n selfoon lui, of hy net ‘n bietjie laat by die huis kom van die werk af nie. Ek bid vir julle as gesin, en ek weet die Here sal julle deur hierdie moeilike tyd help. Byt vas!!! Onthou die duiwel sal nou eers probeer toeslaan, noudat Joost die waarheid vertel het. Moenie die duiwel sy sin gee nie.

  • Ingrid

    Sondag breek die storie dat dit Joost is in die video, Vrydag gaan Amor haar hele storie met foto’s en al vertel….Is dit net ek of is hier n slang in die gras? Joost se boek kom die week uit, Amor se cd verkoop sleg en eweskielik is daar weer al wat n koerant en tydskrif is wat hulle storie en vuil wasgoed vertel. Van dag een af was dit hulle twee se doel om hulle hele lewe aan die pers te verkoop, hul troue, wittebrood, die kinders se geboorte, verjaarsdag partytjies, noem dit maar op dit was Joost en Amor wat die die pers genooi het, net mooi niks was heilig en privaat vir hulle nie. Ek kan nie anders as om my kop te skud oor hoe oppervlakking en betekenis loos hulle lewens is nie. En die publiek eet dit vir soetkoek op. Ek wens net Joost en Amor wil vir een dag net onthou dat hulle twee kinders in die sirkus in gebring het en dat dit nie regverdig is nie. Die liefde is kosbaar en kom van God af, dit wat hulle gedoen het onder die dekmantel van die liefde is n skande. Hou op julle twee, hou net op.

  • C. von zoille

    Laat die een met geen sonde die eerste klip gooi, ek is so siek vir daai afgeryde woorde – mense skrik wakker of jy `n celeb of `n plain Jane is – sonde is sonde, verkeerd is verkeerd. buite huwelikse seks, dwelms is dit die voorbeeld vir ons kinders, Steve los jou raad, jy is net bly iemand haal jou uit die kollig uit, julle het als verloor, respek, liefde en die meeste van alles – julle kinders, maar skryf net `n boek en dra dit aan jou kinders op – binne 24 uur uitverkoop, wie is die suckers ons of hulle?

  • Loraine

    Ek wil net sê dat my ma 36 jaar gelede deur dieselfde hel was. Sy het by my pa gebly ter wille van die kinders, want sy was toe swanger met my. Daarna het dieselfde ding keer-op-keer sy kop uitgesteek en elke keer het hy dit probeer toevee. 10 jaar terug het ons egter bewyse in die vorm van ‘n stiefsuster van 26 jaar jonger as ek by een van my vriendinne(ex)!!! My ma is ‘n beeldskone vrou maar was nooit goed genoeg nie. Daar is niks van my ma se selfbeeld oor nie en sy verwyt haarself dat sy hom nie 36 jaar terug gelos het nie. Die hele familie is deur hel en het almal emosionele skade. Al was ons volwassenes toe alle geraamtes uit die kas geval het, was dit nie makliker om te verwerk nie. Ek glo dat dit makliker sou wees om as klein kindertjies saam met my ma ‘n nuwe huis en nuwe lewe te begin. Aan alle vroue daarbuite. ‘n Wolf verander NOOIT nie, los hom en gee jouself en jou kinders ‘n kans op geluk. Daai bliksem gaan jou net aftakel en keer-op-keer verneder. Daar is baie mans daarbuite wat nie sulke bliksems is nie en wat ‘n geskeide vrou en haar kinders op sy hande sal dra. Joost, ek hoop jy gaan reguit hel toe saam met al die ander!!!!

  • Helen

    Aan almal wat hier kommentaar gelewer het, en wat skryf dat Joost en Amor hul privaatlewe uit die kollig moet hou, wil ek vra; Hoekom lewer jul kommentaar en gee raad vir mense wat jul nie persoonlik ken nie?

  • freddy

    So twee dusiend jaat terug het die mense ook uitgeroep..
    "Kruisig Hom, Kruisig Hom!"
    Net die keer is die man skuldig….maar vergewe hom…want dis waarvoor die Man aan die Kruis gesterf het. Die Prys is betaal.Punt.
    Repent and be saved. Punt.

  • Simon van der Merwe

    Ek kan dit nie glo wat ek lees oor al die kommentaar van die mense en die media.Amor jy ken my hoegenaamd nie,maar ek wil vir jou iets deur gee.In die eerste plek het iemand ñ strik gestel vir Joost dis hoekom dit op video geplaas is,en dit is daar op gemik om julle huwelik op te breek.Dit is presies wat hulle wil hê.En die ander mense wat so heilig is,wat sou julle gedoen het as een van julle in so ñ situasie sou kom.Hierdie is twee mense se privaat probleem,maar nou speel ons mens en die media,aanklaer en regter.Hou op om ander mense se lewe verder te verwar.Amor op die einde sal jy ñ beter mens ander kant uit kom.moet nie tou op gooi nie.Josef was verkoop deur sy eie broers,en in die put gegooi,hy was onskuldig in die tronk.Maar sy einde was,hy was gekies as goewerneur van Egipte.In die put moes hy leer om op God te vertrou in die tronk moes hy leer om te kan vergewe.Hy was gestroop van alles wat vir hom belangrik was.Hy het geen bitterheid gekoester vir sy broers nie.Die Here het dit so beskik,hy moes daardie spesifieke pad loop,sodat hy kon leer.Die uit einde het die Here vir hom gebruik.Wees sterk Amor & Joost die Here wil julle gebruik in die toekoms juis vir mense wat soort gelyke probleme het.Jy kan nie iemand raad gee as jy nie die ondervinding het nie.Sterkte van Simon

  • Dave

    Ek het aanvanklik jammer gevoel toe ek die radio onderhoud met Amor gehoor het. Nie meer nie. Hoekom het jy vir 3 maande saam gelieg oor Joost se onskuld? Was sy boek toe nog nie klaar nie?

    Nee wat, julle is kommen en soek aandag, waarvoor julle dan geld ook nog wil hê. Almal maak foute en lieg soms. As jy dit aanhoudend doen dan is dit onverskoonbaar. Get a life and get a real job. Was jou vuil wasgoed in jou eie privaatheid. SIES!!

  • Maré

    Amor, sterkte. My man het my ook verneuk maar dit was nie naastenby so erg soos wat Joost tekere gegaan het nie. Ek het hom vergewe. Maar die eerste paar maande was dit loutere hel. As hy laat kom wou ek mal word. Nou gaan dit weer baie goed. Maak soos jou hart sê en moenie na ander luister nie. Baie sterkte.

  • Mariana peens

    Ja ek sal glo dit is nie n lekker "ding" om in te wees nie Maar dit is n saak tussen julle twee en God. Vergeet wat mense se en oordeel God oordeel nie en het ons baie lief al gebeur wat.
    Dink mooi en bid vir vertroue en die regte besluite voor mens te haastig optree.

    Ons bid vir jul hele gesin. Wees net verseker mense wat die meeste klippe gooi het almal geraamtes in die kas

  • Mina

    Ek wonder net: die bespiegelings oor Joost wat sy eerste vrou met Amor verneuk het…is dit nie ‘n kwessie van "what goes around comes around nie"?

  • Marinda Kitching

    Geen probleem is te groot om oorkom te word met God aan julle sy nie. Julle het n belofte voor God afgele om mekaar lief te he en by te staan deur goeie en slegte tye, tot die dood julle skei! God het sy plan met julle twee!! Staan sterk en ons is lief vir julle altwee! (Wanneer een geval het moet die ander een daar wees om hom op te tel en regop te hou – dis liefde!)

  • CHEZ

    GEEN SIMPATIE VIR AMOR NIE. JY VERLOOR JOU MAN SOOS JY HOM GEKRY HET. SY WAS DIE ANDER VROU TOE HY MET MARLENE GETROUD WAS, EN NOU WAS DAAR ‘N ANDER VROU, HET SY REGTIG GEDINK HY SOU VERANDER. PUBLISITEIT, DIT IS AL WAT SY SOEK, HUIL OP RADIO, IN TYDSKRIFTE EN "POSE" ASOF SY ‘N PHOTO SHOOT DOEN. PATETIES

  • tonie

    Wonder die mense wat jul so aanval of hulle glo aan bekering en vergewing. Joost jy en Amor weet of julle jul harte opreg vir die Here gegee het. AS julle Hom waarlik om vergifnis vra vergeet van van die mense. Sterekte ek hoop dat ons liewe Vader julle sal lei en genees

  • Ani

    Waarom het Amor nie in Aug haar hart uitgesort en in trane vertel hoe erg dit vir haar is nie. Goeie tydberekening. Kom voor of dit so beplan is. Op radio word daar gehuil en die media gesmeek om hulle alleen te laat. Maar kyk wat gebeur volgende…hoekom word daar nie nee gese vir al hierdie onderhoude nie. Julle vra dan daarvoor. Hoeveel keer wil Joost "sy mense" onverskoning vra…… laat ‘n mens maar net dink… Hoe meer julle vir die media gaan ja se hoe meer gaan julle in kollig wees. Walla!!!!

  • Erika van der Linde

    Amor, jy is ‘n voorbeeld vir ons as vrouens. My hart gaan uit na jou en jou gesin, ja ons almal het foute. Maar om vir Joost 110% te gee is fantasties ek weet nie of ek dit sal doen nie. Maar ja ek het ook ‘n kindjie en die kinders kry die swaarste en God wil nie he ons moet skei nie. So ek bid vir jul en Vertrou dat God jul hierdeur sal help met krag en dat mense jul nou sal uitlos. Dit kan met enige persoon gebeur en ons kan nie vinger wys na enige iemand nie. Dit het gebeur so Joost as sy jou gaan vergewe moet jy regtig baie terug gee vir jou vrou want sy is regtig ‘n spesiale mens. Haar hart is gebreek maar sy is ‘n sterk vrou en sy is pragtig mooier as die ander vrouens. Ek is baie kwaad vir jou Joost maar nadat ek gelees het hoe jou vrou voel en alles wil gee, dis regtig liefde.

  • Michelle

    Amor, ek weet nie of jy die kommentare lees nie (miskien lees ‘n goeie vriendin dit). Gaan koop asb vir jou die boek "Fascinating Womanhood" geskryf deur Helen Andelin. Al ons vrouens is besig om die pot mis te sit wat mans betref. Die man se rol in die lewe is die Leier, Versorger, Voorsiener, Beskermer van die vrou. Maar nee, ons vrouens verdien mos meer geld as hulle, kan ons self onderhou, is suksesvoller (veral omdat jy pragtig is, mooi kan sing en dierbaar is – ander mense sien dit raak en hy voel afgeskeep), ons kan onsself beskerm (skiet al selfs beter as hulle), kan die rol van Pa en Ma vervul. Ons moet teruggaan na die basics waar die man al hierdie rolle moet vervul. Hy wil hierdie rolle vervul, glo my. Maar ons vrouens wil bewys hoe sterk ons is en dat niemand op ons koppe sal sit nie. Ons wil nie luister na sy opinie nie, want ons weet beter. Natuurlik gaan hy dan na iemand anders wat wel wil luister en aandag gee. Die seks beteken niks vir ‘n man nie (al is dit devestating vir ons vrouens om net daaraan te dink – gaan lees Men from Mars, Woman from Venus). Begin jou man bewonder, laat hom voel soos ‘n ware man, net goeie goed van hom by ander mense te praat, aanvaar hom soos hy is met al sy foute, waardeer hom (daar is tog baie goed in hom), admireer hom en maak hom No. 1. Jy sal die verandering binne 1 dag nie glo nie. Ek was ook daar. My oë het oopgegaan. Alhoewel ek dit nie goedpraat nie, verstaan ek nou hoekom hy dit gedoen het. My lewe is van toe af ‘n fees. Pas die boek op my seun ook toe. Jis, die mannetjie straal van selfvertroue. ‘n Ware man. Dis al wat hulle wil wees. Dis God se plan. Sterkte – en NEE, skei is nie ‘n opsie nie. Lees eers die boek. Nog ‘n goeie boek is "Act like a Lady, Think like a Man" deur Steve Harvey.

  • Millie Venter

    Amor my oorlede Ouma het altyd gesê die KINDERS word ouer en ons word BETER – en as ek na jou kyk dan moet ek dit glo. daar is baie mense wat vir jou bid dat die Here jou sal lei op die regte pad. die finale besluit vir jou en jou familie se toekoms is tog in die Here se hande. Baie sterkte

  • Gerhard

    Ek wonder net: Het Joost nie destyds Marlene verneuk met Amor nie? Meskien is dit payback time vir haar!

  • Ek

    Weet julle – of dit nou Joost is, of dit nou Steve is. Maak nie saak nie, daar is hoeveel mans wat presies dieselfde doen & daarmee weg kom. Party word net "uitgevang"… Ek dink Joost moet ‘n "break" gegee word, dis iets wat net hy & Amor self tussen hulle kan uitsorteer.
    En vir Amor, sy moet net onthou.. ‘n Paar jaar gelede was sy die ander vrou… Sy moenie simpatie in die media & publiek soek nie.

  • Tian

    Volgens die Bybel het Amor elke reg om vir Joost te los. As sy kies om by hom the bly, sy is belydende Christen. Alles is moontlik vir die wat glo. Selfs om te vergewe en te vergeet.

  • SUZETTE ANN BRICKHILL

    Wie is ons om te oordeel???
    AMOR, ek het jou nog altyd bewonder vir wie en wat jy is.
    Hou jou kop omhoog en dis nie nodig om tweede beste te wees nie! JY VERDIEN NET DIE BESTE!!!

  • agter die deur staan

    Amor. Ek het simpatie vir julle en kry julle en veral die kinders baie jammer. Dis ‘n moeilike tyd wat voorlê vir julle. Jy moet jou man vergewe, want jy het geweet dat hy ‘n vrou kan verneuk – hy het sy vorige vrou met jou verneuk. Julle staan dus agter die deur. Ek bid vir julle en hoop regtig dat julle nogsteeds ‘n happing ending het.

  • Karlien

    Amor en Joost,

    Gaan sien vir Gretha en Francois Wiid…hulle is mense wat julle sal kan help met God se genade.
    Hulle is self deur soortgelyke goed.
    Niemand kan se wat jy moet doen en wat jy moet dink.
    Ek is self deur soortgelyke situasie en jy kan vir niemand die seer verduidelik nie.
    Maar as jy wil verander en as jy daaraan wil werk ( altwee)kan dit werk.
    Op die ou end van die dag is dit julle self wat in julle harte gaan weet wat om te doen.

    BAIE sterkte!!!

  • Ani

    Ek is seker Gretha Wiid gaan kan raad gee as jou hoop dalk opgeraak het….

  • Ronel

    Niemand van ons is volmaak nie.Niemand kan vir Joost en Amor se wat om te doen nie. Julle twee moet alleen hierdie dinge uitwerk. Julle bly ‘n stunning paartjie, vergeet van wat mense se. Niemand is volmaak nie.

  • Ina du Plooy

    Amor, jy en julle kinders is die ware slagoffers in die hele drama.
    Jy het die hele jaar jou waardigheid behou. Jy alleen kan die besluite oor jou toekoms neem maar moenie oorhaastig wees nie. Jy is ‘n voorbeeld vir baie mense. Almal maak foute, party mense s’n is ongelukkig net meer in die publieke oog. Baie mense wat julle nou veroordeel staan self agter die deur.
    God hou nie ons foute teen ons nie. Hy vergewe en het alrreds daarvan vergeet. Baie sterkte.

  • Michelle Greyvenstein

    Genade….ek lees almal se "eiertjie gele". Klomp van ons is al deur hierdie vuurdoop en het half verskroeid, met plat gehoeste longe vol rook en ook besmeer van die roet aan die "other side" uitgedop. Mens wil jou instinktief raad gee, maar nie een van ons het jou agtergrond, jou ondervinding of jou pad gestap. Net jy en jy alleen weet wat die beste vir jou en jou kids sal wees. Maak jou ore toe vir als en almal behalwe die wyse leiding van die Heilige Gees en die insig en kennis wat Vader reeds voor die grondlegging in jou geplant het en waarvan elke sel in jou liggaam deurdrenk is. Genade op genade wens ek jou toe. Sal dalk goed wees as niemand verder krap in jou sake behalwe jy en joune. Dames (en here)…dis ‘n goeie tyd om wagte voor die monde te sit en te bid dat Vader sy goedheid en Sy oorvloedige genade kan bewys deur die lewens van hierdie mense. Nie een van ons kan in Joost se hart sien en nie een van ons ken hom…dus…stilbly is die veiliger opsie. Die een wie geen sonde gepleeg het…tel gerus die eerste klip op en gooi…. Die vreugde wat vergifnis bring (al besluit julle om verskillende paaie te stap) is iets wat geen woorde kan beskryf. Ek wens dit vir jou en joune toe. You are in my thoughts.

  • Linda

    Hoe voel die seer Amor? Wat jy aan Joost se eerste vrou gedoen het kom spook nou by jou. Ek dink dis tyd om ophou die victim te speel en op julle kniee te gaan en vergifnis vra. Hou op geld maak uit mense met julle stories. Hoekom gee julle nie die geld vir mense wat regtig honger ly nie?

  • Anna

    Amor, Ek het dieselfde deurgemaak, was die minste, het ter wille van die kinders weereens my ander wang gedraai! Toe sy planne nie werk nie toe is ek weereens nader gesleep en soos n christen betaam alles in die hande van ons Vader oorgegee. Vandag kan ek in alle eerlikheid se dit werk nie, nie ter wille van die kinders, nie ter wille van christenskap nie, NIKS nie.
    Later hanteer hy jou maar weer soos nou. Besin en draai om. Jy kan weer n lewe maak. Die kinders sal aanpas soos soveel ander kinders in ons land!!! Dis maklik om te se vergewe my maar bedoel hy dit werklik opreg! Nee hy se te maklik, maar hy jok nog steeds! Kyk jouself in die spieel jy is dood en so sal jy wees solank jy saam hom is – emosieloos.

  • anoniem

    Amor: jy is nie die slagoffer nie!

  • Letitia Wolmarans

    Die antwoord oor wat die beste is vir jou net tyd sal leer. Ek het vir 5 jaar probeer vergewe en vergeet en was konstant waasinnig oor waar is hy, by wie is hy en in die proses myselfvertrou en respek as mens, mamma en vrou verloor.

    My inspirasie: "I will defy the dragon, I will defy fear because the might of God holds me" –

  • Minda Ferreira

    Die Here sit net iets op ons pad as hy weet ons kan dit hanteer. Sterkte aan julle vier. Joost jy bly steeds een van die aantreklikste Blou Bulle en Amor ons vrek steeds oor jou musiek. Van my en my familie se kant sal ons julle ondersteuners bly. Mag die liewe Heer julle dra deur die hele ding en net sterker en liewer vir mekaar aan die anderkant uitbring.

  • Ester

    Amor

    Bid en op die regte tyd sal die Here vir jou ‘n antwoord gee. Sy genade is vir my genoeg – hou vas aan hierdie vers. Sterkte.

  • Rita

    Rita het gese:
    My Hart gaan uit na julle toe, Amor jy moet die saak op jou kniee met ons Hemelse Vader uitpraat, en gebruik jou tyd moenie ‘n besluit neem terwyl jy so hartseer en ongelukkig is nie, want dan gaan jy net die verkeerde besluit neem. vir Anita wil ek se: mense dra maskers!
    Joost jy sal ook hierdie saak baie ernstig op jou kniee moet uitmaak. Hierdie saak is tussen jou Amor en die Here! maar ek wil ook vir al die los vroue se: moenie julle speel met vuur! ons almal kan maar net bid en die Here vra om ons teen sulke dinge te beskerm want dit kan met einge iemand gebeur niemand is gevrywaar teen so iets nie.

  • Charmaine

    Aan al julle klipgooiers…. is julle sonder sonde?? Ek kon nie glo wat ek lees nie. Veral Anita wat te veel te sê het. Hoeveel geraamtes is in julle kaste??

    Amor moenie doen wat die mense vir jou sê om te doen nie. Volg jou eie hart aan die einde is dit tog wat vir jou en jou kinders belangrik is, en nie wat die publiek te sê het nie.

    Vir my was en is jy steeds ‘n pragtige mens. Ongelukkig sal die meeste Suid-Afrikaners jou nog skop terwyl jy lê.

    Tel jou kop op, kyk die wêreld in die oë en gaan aan met jou lewe!! Moenie dat hulle woede en frustrasies jou lewens ideale negatief beinvloed nie.

    Baie sterkte, vergewe vir Joost en gaan aan met jou huwelik.

  • m

    as ek in amor se plek is, en dan skei ek hom klaar. dit help nie om self vir jooste te bejammer nie. ek is goeie vrou soos amor.

  • christine cobb

    Amor – hierdie man is nie goed vir jou groei as vrou nie. Jy sal hom nooit weer vorentoe kan vertrou nie. Wys hom die deur!

  • Antoinette

    Amor
    Ek sal nie somemr vir ‘n vrou kan sê vergewe en vergeef en gaan aan asof niks gebeur het nie want hierdie is die vernietegendste vernedering wat een mens ‘n ander kan aandoen. Dan weet ons mos ook ‘n man verander nie sommer nie – nes ‘n luipert nie van kolle kan verander nie. Tog, weet jy, het ek Woensdagaand op Kwêla in Joost ‘n diepe berou en ‘n seer seer gesien, dit wat ‘n mens kry van vêr en hard val. In teenstelling met meeste mans wat hul vrouens hierdeur gesit het, het ek karakter en integriteit gelees in daardie man. Wat hy moes sê en bely het werklik ‘n MAN op ‘n perd gekos. Dis vir hom, vir ‘n MAN soos Joost wat ‘n vrou haar hart en haar wese op die spel durf plaas. Jou man het integriteit (gekry) en hy het karakter (gekry). As jy steeds lief is vir Joost, wil jy nie vir hom nog een laaste kans gee nie? – ek sou nogal hoor!

  • Mia

    Dankie Sarie, ons het lanklaas so lekker vir ‘n artikel gelag!!! Om van die fotos nie eens te praat nie!

  • LIZETTE

    AMOR MOET GEEN IMPULSIEWE BESLUITE NEEM NIE.DIS OOK NET JY EN NET JY WAT KAN BESLUIT WAT JY WIL DOEN.LUISTER NA NIEMAND.DIT WAS NIE N VERHOUDING NIE.DIT KAN BAIE MEER AFBREKEND WEES.HY KAN NIE ONDER DIESELFDE KAM AS STEVE GESKEER WORD NIE.MENS MAAK FOUTE.MANS DINK ANDERS AS ONS.DOEN ANDERS AS ONS.DIE LEWE GAAN AAN EN JY VERTROU TOG WEER.AL KLINK DIT HEELTEMAL VERKEERD DIT IS SO.EK HOU DUIME VAS VIR JOU.BLY DIE DAME WAT JY IS MET JOU KOP HOOG.JY GAAN AAN EN BE DAMN MET DIE PERS.MOENIE UITGELOK WORD OM JOU HARTSEER TE MAKLIK TE WYS NIE.JY IS STERK EN N DAME EN KINDERS WAT MOET TROTS WEES OP JOU.KRY BIETJIE HULP BY N SIELKUNDIGE DAAR KAN JY OOPMAAK KWAAD WORD HUIL EN ALLES DOEN.ASB HULLE MAAK WEER HEEL MET DIE HULP VAN BO.

  • C. bloemfontein

    Om raad te gee, hulle sleg te sê, die media te blameer ens. gaan niks aan die situasie verander nie. Amor en Joost wou in die kollig lewe, wie staan onderhoude toe teen hulle wil, alles lyk net baie suspicious op die oomblik, want dis soos `n voltooide legkaart. Eers die bespiegelinge, toe die artikel in Rapport en Heat, Joost wat alles ontken, Amor staan by haar man en nou die laaste legkaart gedeelte – die boek, Amor se gehuilery en Joost op Kwela, is dit nie vir julle ook snaaks nie en dan nog die gissings oor hule finansiële posisie dan sal die boek se verkope en hulle skouspelagtige toneelspel net tot voordeel vir hulle wees. Hulle speel ons die publiek soos marionette.

  • Johlene Agenbag

    Amor en Joost, ons hele huisgesin bid vir julle. Die enigste resep/oplossing is: gaan op julle kniee en praat met ons Hemelse Vader. Moenie na mense luister nie. Ek dink aan die vers in Psalms en gee dit graag vir julle:
    Psalm 13 vers 6 – "Ek hou vas aan U troue Liefde Here, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart" Die Here is getrou en regverdig en Sy vergifnis is Groot en Sy Liefde Alles. Mag julle hierdeur kom met die liefde van Jesus en ons sing saam met julle lofliedere oor Sy goedheid. Baie sterkte vir albei van julle!

  • Edna

    Om mekaar en ander met klippe te gooi help nie, dis die pad vorentoe wat saak maak en hoe jy dit hanteer met God as deel van jou piramide lewe, met Sy genade kan enige iets deurgemaak en deurgestaan word.

  • Marie

    Amor dit is reg soos jy sê dit sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek praat uit ondervinding al probeer jy so hard om hom te vertrou dit is nie so maklik nie. Net jy kan nou besluit wat om te doen. Dit kan nie oornag verander nie. Ek kry Joost nie jammer nie hy het geweet wat hy doen.

  • Lee anne

    Ek kan nie glo ons moet alweer na Joost en Amor se stories luister nie, die man het rondgeloop terwyl hy n pragtige vrou het,en gelieg daaroor, nou probeer sy al klaar weer vir hom skerm hy lyk dood en bedwelm, ja want hy was bedwelm en in die bed met n ander vrou, hy het presies geweet wat hy doen, wat van Charmaine Weavers was hy daar ook dood, get n life girl. Nou is die spulletjie op die radio, op die televisie, in al ons tydskrifte. Nou is die media nie meer sleg nie, dis om van naar te word.

  • Max

    Ek moet saamstem met JM Coetzee – die wiel het ‘n nare manier om te draai. Wie het destyds vir Marlene jammer gekry toe Amor haar man afgevry en sodoende die einde van haar huwelik veroorsaak het? Het Amor nie dalk ook al voor Joost met ander getroude mans ‘n vryery aangehad nie? Jesus het vir Peter gesê, "he who lives by the sword shall die by the sword". Ons weet almal – moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Dis maar net nou jou beurt om ook dieselfde emosies en hartseer as Marlene te ervaar.

  • Des

    What comes around – goes around.

  • MARLENE

    AMOR,JY IS REG.DINGE SAL NOOIT OOIT WEER DIESELFDE WEES NIE.JY MOET BESLUIT WAT DIE BESTE VIR JOU AS VROU IS,EN HOU DAARBY.JY STUNNING,EN KAN AANGAAN SONDER JOOST,HY VERDIEN NIE OM SO SEER TE MAAK NIE.MAAR DALK HET HY UNTOUCHABLE GERAAK,EN NOU SY EINDE GEKRY,WAT SOU HY DOEN AS JY DIT AAN HOM GEDOEN HET??????MOOI DINK,WANT JY MOET DAARMEE SAAM LEWE EN HY SAL NOOIT WEER DIE HELD IN JOU OE WEES NIE.RATHER MOVE ON GIRL,WITHOUT HIM.

  • Manda

    Wat vir my net so wonderlik is van die hele storie is dat Rapport ‘n dag voor die boek verskyn op sy voorblad aankondig dat Joost nou erken en daarna die hele week lank is hy op Kwela, Noeleen show ensovoorts. Amor is op die radio, klink iets nie vir julle baie snaaks nie? Hierdie twee probeer nou soveel moontlik geld maak uit onderhoude en al die tydskrifte en koerante val daarvoor. Ek ontvang vandag my Sarie en Huisgenoot en op altwee voorblaaie is die twee se storie!! Ag kom nou, as ek in sak en as is oor my man se kaskenades gaan ek definitief nie onderhoude toestaan nie. "Arme" Joost het sy onderhoude met Coenie so mooi agtermekaar gehad, al wie hom genail het is Noeleen. Maar as hy nie weet wat om vir Noeleen te antwoord nie, verwys hy na "lees my boek" of die vergifnis van sy vrou. Hy is so ‘n manipuleerder! Kan nie glo mense val vir sy stories nie.

  • Aletta

    Geen wonder die wereld is in so ‘n groot gemors nie?! Die kommentaar wat gegee word, smalende opmerkings wat gemaak word en die verlustigig in ander se hartseer, is om van naar te word. Ons het nie die reg om te oordeel of te veroordeel nie, niemand van ons is sondeloos nie. Indien enige iemand dink daar is klein en groot sondes, wys dit net die tekort aan insig, en dui dit waarskynlik ook op ‘n BAIE lae IK!! Ek is groot gemaak om nie aan ander te doen, wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie, maar nog belangriker, indien jy nie iets goeds van ander kan se nie, BLY LIEWER STIL!!!!

  • Wilmari

    Eerstens, dit wat tussen Joost en Amor nou gebeur is privaat;ek persoonlik dink nie die publiek en media moet inmeng nie. Ja, hulle gebruik die media om duidelikheid te gee vir die publiek want die media kan jou woorde teen jou draai dat dit vekeerd uit kom.
    Amor, die video is n toets in julle huwelik om te sien of julle deur dit kan kom. Dit het met n doel gebeur om Joost ‘n beter mens te maak en te besef dat hy of enige ander persoon nie foutloos is nie. Dit sal nie dieselfde wees nie maar jy moet begin bietjie vir bietjie weer vertrou en vergewe.
    Elke persoon hanteer seer anders, party kry woede buie en ander depressie.
    Amor en Joost, ek weet julle het die tipe huweliks materiaal(God) in julle lewe dat julle deur dit sal kom.
    Sterkte en mag God julle seen met die pad wat voorle.

  • Kobus

    Ek wil graag kommentaar lewer oor die bogenoemde onderwerp. Ek as man was self skuldig aan egbreuk in my huwelik. Ek was getroud met ‘n baie mooi vrou van binne en van buite. Sy was nie mooi nie, sy was beeldskoon en ek het haar, jammer vir die woord deur my g*t getrek. Ek kan net dink as sy van Steve se streke lees en nou hierdie storie van Jooste dat sy ook nou weer deur die hel gaan waardeur Amor gaan. "Jammer my verlore Vrou".

    Ek wil nie nou in detail gaan oor my dinge nie, maar ek het net soos Steve en Joost vir my vrou gelieg en bedrieg om elke hoek en draai, inteendeel het ek nog ‘n groot dobbel probleem ook gehad. Ek is seker as ek ‘n bekende persoon was, sou dit ook in elke tydskrif en koerant gewees het. My wonderlike vrou het my vergewe vir alles en sy wou probeer dat ons dinge uitwerk. Maar, ek was nie bereid om my slegte gewoontes te laat gaan nie. Ek het aangehou en aangehou totdat sy genoeg gehad het. Vandag is ons geskei en ek kan my hare uit my kop uittrek aangesien ek ‘n mooi mens verloor het. Spyt kom te laat se hulle. Sy het my vergewe en ek het my dinge ook met die HERE reggemaak. Die skade is daar en ons sal die pad voorentoe as vriende aanpak. Al raad wat ek Joost kan gee, sorry Steve maar raad help nie meer vir jou nie. Is dat jy jou vrou nou moet bystaan met alles. Kom nou voorentoe met al die leuns en ander vrouens en enige ander slegte dinge wat jy tydens jou huwelik gedoen het, want alles gaan nou uitkom. Moenie verder lieg nie, praat die waarheid gooi al jou kaarte op die tafel. Miskien moet jy en Amor "Fire Proof" gaan kyk. Ek het dit saam met my ex-vrou gekyk en ek was in trane, omdat ek so ‘n idioot was. Ek wou nie baklei vir my huwelik nie.

    Amor / Joost sterkte vir julle. Ek weet waardeur julle gaan.

    MY eks vrou – EK salueer jou. Sterkte

  • L van PMB

    Amor, jy is ‘n stunning persoon binne en buite. Wat jy nou deur gaan is vreeslik en almal staan by jou. Sterkte!

  • Ano

    Wat word mens betaal om op die radio, TV en tydskrifte te gaan huil? Ek wil ook ryk word.

  • Pamela

    Amor, ja dit sal nooit weer dieselfde wees nie. Jy het klaar nie meer respek vir hom nie, net bejammering. Jy gaan oor n jaar na hom kyk met veragting en dink hoe kon hy dit aan my (die goeie vrou) doen, self toe jy swanger was, ek is jammer, daarvoor is daar geen vergifnis, dit is net so goed hy het jou in jou maag geskop terwyl jy swanger was, geen verskil nie hoor. Ek het al die seer gehad en kon nie glo hoe jy op sommige fotos posseer nie, dit maak nie vir my sin nie, ek het soveel seer gehad, die LAASTE ding wat ek wou doen is om dit met my familie, wat nog te se vriende en buitestaanders te bespreek. Hou op om vir hom verskoning te maak deur te wonder of die drankie gedokter was. Sulke mans gee nie om vir die Juweel & kinders tuis nie, ek glo hy het jul lief en daarom is die bekentenis vir hom so seer, myne het tot op sy einde dit nie erken nie, kan jy nou dit oorvertel. Hoe gaan jy nou voel as Joost soos n skoothondjie gaan optree in die toekoms, want dit is wat hy gaan doen, sodat jy elke oomblik van die dag moet weet wat hy doen en waar hy is, DIT is pateties.

  • kosie kouevleis

    Amor, joost is common. los hom!

  • Wally

    Joost en Amor – Moet tog net nie hierdie eskapade gebruik om geld te maak nie. Bly tog weg van die media – dit is jul persoonlike probleem en nie die hele Suid-Afrika s’n nie!!!

  • Vir 2 mense wat volgens die publiek uitgelos moet word is hulle darem baie besig.Rapport se voorblad,onderhoude op radio,Kwêla,3 Talk,Sarie,’n boek.Alles in EEN week!!!Watse foefies gaan die 2 nog uitdink om in die kollig te bly.Wag,ek weet,’n Paar weke stilte,dan ‘n opvolgboek om sy ander sondes te bely,stilte,Amor stel haar askies -dat -ek -lewe boek bekend,stilte,ens,ens…Dis om van naar te word.

  • johanna porkaloi

    wie se Joost praat nou die waarheid? Leuens het deur die jare altyd maklik en vinnig uit sy mond gekom. Wonder maar net

  • Catherine

    Geen een van ons kan oordeel oor wat hier aan die gang is nie en ek glo Joost en Amor moet dit self uitwerk. Wat ek wel weet is dat Amor ook aarde toe geruk is – Amor jy het gedink jy is beter as die gewone mense, bietjie verhewe jy weet, net om agter te kom jy sit met dieselfde probleme as al die gewone mense – leer hier uit. Jy en Joost kom uit gewone Afrikaanse families en met jou huisgesin is julle soos duisende ander, met een verskil julle laat die hele land weet hoe goed en hoe sleg dit met julle gaan, ag nee wat kom nou bietjie uit die pers uit en hou op onderhoude toestaan of is dit vir julle lekker dat almal presies weet wat in julle huis aangaan. Onthou julle kan 90% van die kere besluit wat in die media moet wees en wat nie.Sterkte met julle huwelik – dit is hel, ek weet.

  • Mariaan du Plooy

    Amor, al wat ek vir jou kan se as iemand met wie dit ook gebeur het, na 28 jaar van getroude lewe, daar is lewe na die dood, ons is ook terug bymekaar maar soos jy se: "dit sal nooit weer dieselfde wees nie". Daarvan kan ek getuig, dit kan nie dieselfde wees nie, jou hart is uit jou lyf geruk, jy voel verneder, jy voel jy sal hom nooit weer kan vertrou nie, dis alles waar. Sou jy Joost terugneem moet jy weet jy sal hom altyd wantrou, jy sal altyd wonder hoekom. As Christen moet ons vergewe maar jy kan nie daardie stukke geheue laat uitsny of ‘n pilletjie drink om dit uit te wis nie. Jy is iemand met die perfekte lyf, gesig, skoonheid, steeds het hy dit aan jou gedoen. In my geval nou ja, ek was 53, ‘n vrou wat miskien nooit weer geluk sou vind nie, maar jy kan…. Jy sal moet besluit of jy kans sien om vir die res van jou lewe met hierdie verwyte saam te leef. EK MOES JY HOEF NIE. Sterkte met jou uiters moeilik besluite.

  • Liesl Hugo

    Ek ken nie vir Joost of Amor nie…so oor hulle gaan ek niks se nie. Maar ek gaan opkom vir my vriendin SARIE wat nie veroordeel moet word oor sy iemand se siening wil deel nie. SARIE jy is altyd daar vir my as ek jou nodig het, so my vriendin jy is eerste op my inkopielys.

  • Ria

    Amor ek voel jammer vir jou! As Joost nie uitgevang was nie sou hy dit vandag nog gedoen het, glo my. Hoekom wil hy nou regmaak en verskoning vra hoekom nie sy gesonde verstand wat die Here hom gegee het gebruik en besef hy doen verkeerd nie…. nee want dit het sy ego gestreel. Was dit jy wat hierdie tipe fout gemaak het sou hy jou baie beslis gelos het glo my. En dit is nie die 1ste of laaste keer nie – hoekom is die video dan gemaak as dit dan kwansuis die 1ste keer was….?

  • Charles

    Joost en Amor
    Ek hou nie van Joost nie maar ek kan nie verstaan hoekom die ander so ‘n bohaai moet opskop nie. Die een (getroude man) wat nie sulke geraamtes in hul kaste het nie moet die eerste klip gooi. ou Joost ek wil net vir jou sê jy het ‘n fout gemaak om skuld te erken sien jy nie wat met Hansie gebeur het nie. Die mense wat jy nou die nodigste het is jou familie so beweeg nader aan hulle, ek weet net nie van jou vrou dis iets waaroor sy maar self moet besluit. onthou net tyd genees.

  • Liesl

    Ek kry skaam om party mense se kommentaar te lees, dit is jou eie keuse of jy die artikel wil lees of nie. Amor, ek het n seuntjie met outisme en ek kan jou verseker dat ek al deur hel is met mense se opmerkings en aanmerkings, mense veroordeel so maklik. Die artikel is nie vuil wasgoed nie maar realiteit, laat ons elkeen n les daaruit leer. Mag God jou en Joost en jou pragtige kinders seen en weet dat HY julle dra al voel dit nie so nie, moenie moedeloos raak nie!

  • Heleen

    Amor en Joost. Vertrou net op die Here. Dit wat met julle gebeur het gebeur elke dag in baie mense se huise. Ek wil sover gaan om te se dit gebeur in elke huis. Partysin kom uit en party sin nooit. Jy is ‘n opregte mens en soos ek verstaan het julle altwee besluit om jullehartevirdieHere te gee en glo my dit is dan wanneer die duiwel toeslaan. staan sterk in julle verhouding en vertrou op God om die Heerser van julle lewe te wees. Ek weet waarvan ek praat want ek was ook al in dieselfde bootjie maar glo my die Here sorg. Joost vir jou hoop ek jy is opreg jammer en dat jy nou die huispriester sal wees in julle huis sodat Amor en jou kinders kan sien dat God regtig in jou woon. Amorvir jou kan ek net se die pad vorentoe is nie maklik nie maar vertrou op die Here. Ek bid vir julle en die mense wat so snydig is gaan kyk maar bietjie diep binne in julle verhoudings en kyk of dit ook so standvastig is. Ekglo natuurlikin vandag se lewe is 99.9% se mans ontrou aan hulle partners eenof ander tyd. Staan sterk Amor en jy is in my gebede.

  • Chanya Jooste

    My seun het eenmaal vir my die gediggie gestuur wat hy erens gevind het en dus tog so waar.

    The Will of God will never take you
    Where the Grace of God cannot keep you
    Where the Arms of God cannot support you
    Where the Riches of God cannot support your needs
    Where the Power of God cannot endow you.
    The Will of God will never take you
    Where the Spirit of God cannot work through you
    Where the Wisdom of God cannot teach you
    Where the Army of God cannot protect you
    Where the Hands of God cannot mold you.
    The Will of God will never take you
    Where the Love of God cannot enfold you
    Where the Mercies of God cannot sustain you
    Where the Peace of God cannot calm your fears
    Where the Authority of God cannot overrule you.
    The Will of God will never take you
    Where the Comfort of God cannot dry your tears
    Where the Word of God cannot feed you
    Where the Miracles of God cannot be done for you
    Where the omnipresence of God cannot find you.
    ~ author unknown ~

    Alles in die lewe gebeur met ‘n doel; ons mag dalk nie die wysheid daarin nou sien nie maar glo en vertrou die Hemelse Vader sal jou wys wat die regte weg is mense is maklik om met klippe te gooi terwyl hul self in glashuise bly. Almal maak foute ek het 20 jaar gelede ook uitgevind my man het ‘n affair en besluit om ons huwelik ‘n kans te gee ek kan jou nie vertel hoe gelukkig ons die laaste jare saam was en kort voor hy laas jaar oorlede is het hy nog steeds vir my onvergifnis gevra, ons kan nie verwag ons sondes moet vergewe word as ons nie self kan vergewe nie. Mens leer om weer te vertrou onthou ‘n man is ‘n swakling en word maklik verlei want hulle dink nie soos ons.

  • Annette

    IN VADERSNAAM – MENSE HOU OP KLIPPE GOOI. Ja Joost heg gesondig, mag hy ‘n dure les geleer het -dat jou huwelik en kinders nr 1 in jou lewe moet wees – kom ons GLO en HOOP dat Joost sy les geleer het, dat hy WIL verander en van nou aan op sy knieë sal bly en sy huwelik respekteer – ja kyk is vry, maar jy het nou maar eenmaal vir Amore gekies – onthou met AIDS in die rondte moet ‘n mens versigtig wees. Mens se sondes haal jou een of ander tyd in – Kom ons bid opreg vir hulle gesin en familie, dat daar 70×7 vergewe moet word.

  • Anschen

    Amor en Joost, ek kan nie verhelp om aan die eerste liefde in Joost se lewe te dink nie. Sy moes nes jy gevoel het, maar wanneer jy en Joost na die Here gaan vir vergifnis vir ALLES, Hy is getrou en regverdig en Hy vergewe. Dan moet jy en Joost na mekaar kyk vir vergifnis. Soos een van die ondersteuners gese het, daar is nie groot en klein sondes nie, maar wel sondes wat vergifnis gevra word voor en wat God vergewe, en dan MAG ons nie weer daarna terugkyk nie. Kies jul lewe saam met vertroue en lewe baie naby aan God en aan Sy Woord. Sterkte met jul besluite en ons hoop om jul nog baie in die tydskrifte te sien terwyl julle saam ouer word.

  • Gollie

    Verslawing hetsy aan roem,drank, seks,dobbel of dwelms dui op ‘n afhanklikheid en ‘n poging om ‘n dieperliggende behoefte aan liefde, sekuriteit en aanvaarding te vervul.Twee halwes kan nooit ‘n hele maak nie.Sportprestasie as voorwaarde vir aanvaarding en liefde tydens jou kinderjare skep die Joosts, James’e , Hansies en Herschelles.Doen so voort
    al die kinderprestasieverslaafde pa’s en ma’s!!

  • MARIA

    Moenie dat ander mense vir julle vertel wat om te doen nie. HIERDIE IS PRIVAAT.Net julle kan besluit. met baie harde werk en en GELOOF kan julle weer heel ander kant uitkom. Dit sal nooit weer dieselfde wees nie, maar julle kan weer begin. Dit bly julle besluit. Verdwyn vir ‘n tyd lank en wees net saam – julle as gesin. Praat en BID. dAN LUG JULLE , JULLE KOPPE OP EN KYK ALMAL IN DIE GESIG EN VERTEL DUIDELIK VIR HULLE DIT IS VERBY. JULLE IS SAAM GESIT DEUR DIE HERE , MOENIE DAT DIE MENS JULLE UIT MEKAAR DRYF. JOOST AS AMOUR JOU NOG ‘N KANS GEE , GAAN DIT DIE HARDSTE WERK WEES WAT JY NOG IN JOU LEWE GEDOEN HET, WANT OM WEER IEMAND SE RESPEK TE WEN IS WERK, WERK WERK DAG EN NAG……. DOEN DIT JY KAN , MAAK REG EN GAAN AAN.

  • Muret

    Wat het dit met Suid Afrika te doen wat met Joost gebeur het? Hoe selfsugtig is die media om die stituasie uit te buit en geld uit ‘n mens se persoonlike sake te verdien. Ek koop al lank nie meer die Huisegenoot, People of Heat nie omdat hulle bekendes so uitbuit! Ek het Robbie Williams se boek Feel gelees en het besef hoe moeilik die lewe vir hom is met kameras was sy elke beweging agtervolg. Hy verlaat minimaal sy huis as gevolg hiervan. En die kamstige steel fotos wat op sulke tydskrifte is, is nooit eens die waarheid nie. Robbie het self ‘n paar fotos om sy swembad van hom en ‘n vriendin geneem vir die grap en toe koop US weekly dit en se dit was by ‘n ekslusiewe hotel geneem met almal wat hul aankyk! Amore ek voel vir jou want die hele Suid Afrika weet wat in jou slaapkamer aangaan! Jy het geen privaatheid om jou probleme self uit te werk nie. Ek wil graag sien hoe die mense wat so sensasie soek dit gaan hanteer as hul mans die hele internet vol is met ‘n slet! Die meisie saam met hom is net so skuldig maar niemand blameer haar nie want sy is mos nie bekend nie. Sy is die skuldige een en ek hoop Joost dagvaar haar want dis teen die wet om sulke videos te maak en dan te versprei sonder dat die ander persoon weet. Joost was baie slim om ‘n boek te skryf! Dis reg dat hy al die ou tannies wat so wil skinder uit buit en dan help die madia hom ook nog. Onthou net om vir Amore is moois te koop met die wins 😉

  • Amanda

    Amor, dit is die seerste seer wat jy kan deurmaak, glo my, maar het jy die Here se seen op jou huwelik gehad? Ek het na n huwelik van 23 jaar dieselfde deurgemaak, soveel skade opgedoen dat ek geen man kan vertrou nie, my kind alleen verder groot gemaak sonder sy hulp en sy het n "stunning" kind uitgedraai, ongelukkig vertrou sy ook nie maklik nie, haar pa het haar ook teleurgestel en verneuk, daarom glo ek die tien gebooie, jy mag nie egbreuk nie, dit verwoes alles, jou vertroue, menswees etc. Liewer alleen as met nog sonde en vernedering. Nee wat, vra die Here om vergifnis, en gaan alleen aan met jou lewe, die HERE is nou my man en Hy sorg vir ons, jy kan nie vir n beter "deal" vra nie. Sterkte.

  • Mag ons Hemelse Vader julle as gesin styf in sy arms toevou, al jul tekortkominge vergewe en mag jul altyd onthou dat Sy genade groot is. Ek het 7 weke terug my man deur die dood verloor. Ons 37 jr saam was wonderlik. My gebed is dat alles vir julle mooi sal uitwerk. Bly net op jul kniee. Julle is pragtig!

  • Hugo Geldenhuys

    Joost het gedoen wat meeste mans en vroue had. Ek ook. Aaanvanklik het ek gejok omdat ek sleg was en later omdat ek my huwelik wou red. Dinge het nie gewerk nie en ons is geskei. Ek is jare later weer getroud, met ‘n wonderlike vrou. Ek bly oneindig jammer vir die pyn wat ek my eks en kinders berokken het. Die nuwe vrou is nie die skelmpie nie. Ons het nou ‘n baba en ek is bly vir die tweede kans wat my kinders en my nuwe vroutjie my bied – sy ken my verlede en vertrou my ten volle. Ek het nie die foute van die verlede herhaal nie en sal ook nie. Oor die gemeenskap kan ek beweer dat hulle my verguis het. Vriende ook en selfs die wat ek weet dieselfde fout gemaak het. Aanvanklik het ek gepoog om myself te verdedig. Uiteindelik, toe ek, die rewolwer en bottel brandewyn alleen was, het ek besluit om die musiek aan te hoor en vir die wereld te se ek skuld jul niks. Ek is niks slegter as julle nie. Vir Amor wil ek vra om Joost opreg te vergewe, want hy kan en sal verander – het waarskynlik reeds. Vergewe Amor en vergeet.

  • Amanda

    Ek wil net die Joost Egpaar geluk wens met hul fondsinsamelings veldtog. Na al die publikasies in tydskrifte, koerante en tv behoort hulle nou genoeg geld te hê om aan te gaan. Miskien moet Amor ook nog hul geldsake ‘n hupstoot gee deur ook ‘n boek te skryf. Vir ‘n vrou wie se hart stukkend is, is sy darem baie in die nuus en baie vrolik by die feeste. As ‘n vrou regtig seergekry het reageer mens nie so nie. Jammer! Hul bemarking is een van die beste wat ek nog gesien het.

  • Piet

    Lyk my al die tannies wat hier so raadgee het ondervinding van dieselfde ding. Amore hou maar ou Joost, mans is maar skaars deesdae en mooi vrouens volop.

  • Gerdie

    Lees Amor ooit hierdie briewe? Indien wel, ek dink Joost het dringend professionele hulp nodig, anders sal dieselfde maar weer gebeur. Julle gesin is deur diep waters en dit kan dalk nog erger word. Kry hulp en gebruik jou gesonde verstand om besluite te neem, eerder as jou gevoelens en emosies. Sterkte.

  • Lucia Coetzee

    Amor partymaal gebeur dinge in ons lewens en ons weet nie hoekom nie. Ons mag ook nie vir God vra "hoekom nie". Vertrou op die Here dat daar `n doel is met alles wat gebeur, ons as mense kan vinnig oordeel, maar ek se jou By Jesus is niks onmoontlik nie. Jy is `n fantastiese mens, en Joost ook al het hy soveel foute gemaak. Ek glo met die Here se hulp sal alles wel oorwaai met tyd. Joost het dit gedoen, het nie dadelik alles erken nie, en het omverskoning gevra. Ek weet dis moeilik, maar met God aan jou hand kan jy hom vergewe. Moenie die media hul sin gee nie, werk aan dit wat vir julle saak maak, jul gesin en verhouding. Jul is die mooiste 2x mense wat aan mekaar behoort en die duiwel soek nie soveel geluk nie dis hoekom die dinge gebeur. Moet nie die duiwel en sy trawante hul sin gee nie. Vra God om jul te lei deur die ding. Baie sterkte vir julle, Jesus liefde.

  • Jolene Simon

    Amor al wat ek vir jou as ‘n vrou kan se is dat jy regtig pragtig is en jou "pragtig" is nie net van buite nie, maar kom ook van binne. Hou jou kop hoog en moenie jou man vir enige ander vrou afstaan nie, baklei vir dit wat jy het. Die seer sal wel weggaan en die vertroue sal terug kom. Ek is seker die hele Suid Afrika staan agter jou.

  • wendalls

    al wat ek nou wil se joost en amore is smiling one way to the bank….amore as jy so n gebroke vrou is jy weet al 3 maande die waarheid..jy gaan op radio huil krokedil trane,,,,en dan se jy jy gee 110persent aan die verhouding wat wil jy he ,,,,jy pose vir hierdie tydskrif of jy nie n probleem op aarde het nie jy speel op die publiek se gevoelens en soek sensasie hoe kan joost n boek oordra na sy kinders as hy herken hy het n verhouding ggehad met n vrou en dwelms gebruik ,,sies man daai arme kinders ek sal te skaam wees om kinders so n boek te laat lees hulle gaan groot word en vir hulself dink die twee is so commin en sarie hou op om hierdie snert in julle tydskrif te plaas amore hulle kla oor die media maar wat doen hulle sy het vir you ge bad mouth maar hulle was goed genoeg [you]om troue ,,,geboortes,,,partytjies afteneem …toe kontak sy vir sarie vir iemand wat so hartseer is en huil het sy lekker gepose vir die foto sessie en gisteraand huil joost op carte blanch wat gaan aan met hierdie mense dink liewer aan julle kinders en toekoms amore gaan luister liewer vir natasha sutherland n lady n duisend sy het nie klomp snert verkoop soos julle nie get a life of is jy bang jy gaan vergeet word bla bla bla ,,,,

  • Sylvia

    Amor, dit was ook my eerste reaksie toe ek fotos van die video gesien het – "Joost lyk dan soos iemand wat dood is." Het dieselfde gedink as jy. Was hy nie met ‘n slap riem gevang nie? Vir Joost om te erken dat hy gefouteer het, was ‘n reuse stap in die regte rigting en moes baie "guts" gekos het. Amor, jy is nou by ‘n kruispad en moet ‘n keuse maak: "Moet ek aangaan en my huwelik probeer red, of moet ek soos so baie ander vrouens, die pad vat, ‘n boek skryf en vir die res van my lewe op die mense se simpatie leef?" Dink mooi! Moenie dat mense jou beinvloed nie. Ek weet wat dit aan my dogter gedoen het om sonder ‘n vaderfiguur groot te word. Almal besef jy het baie seer, maar wat moet Joost méér doen om om vergifnis te vra? Hy het ook seer. Net soos wat Joost ‘n openbare figuur is, is jy ook een. Onthou, niemand is onaantasbaar nie. Niemand van ons weet wat in die toekoms met ons kan gebeur nie? Indien met jou, gaan jy ook God en die mense vra om vergifnis. Onthou daar is nie iets soos ‘n klein of ‘n groot sonde nie, SONDE BLY SONDE! Nie vriende, ouers, predikante, raadgewers of wie ook al, kan vir jou besluit nie. Net jy alleen! Ek hoop en bid dat jy besluit om jou huwelik ‘n kans te gee! Sterkte vir jou en Joost en jul kinders.

  • Ertie

    Amor jy is een van die mooiste vrouens in die land. Ek kan nie glo wat die vark besiel het om so iets aan jou te doen. Jy lyk pragtig op die fotos.

  • Anoniem

    Dis ‘n joke! Ek koop ook nie hierdie uitgawe van Sarie nie.

  • Dis erg en seer genoeg dat Joost sy vrou met so min respek behandel het. Die man het dwelms gesnuif mense!! Watse voorbeeld is dit nie?! Ongelukkig het hulle die lewe in die kollig gekies en moet tog weet dat hulle onder ‘n vergrootglas geplaas sou word. Hoe "stupid" kan een mens wees. (of 2 as jy vir Steve bytel) Lyk my daar is iets in die drinkwater!

  • Riana

    Hoe verskriklik dat ons mans in vandag se tye sulke swakkelinge is. En die ergste is dat hulle glo dis hulle goeie reg om die kat in die donker te knyp. Dis maklik genoeg om ongetroud te bly as jy weet dat jy nie jou beloftes kan nakom nie.Ek ken’n piepklein handjievol mans wat werk maak daarvan om getrou te bly aan hulle vrouens, wat wegdraai (met moeite want hulle is ook maar mense) as die verleiding opduik, maar die oorgrote meerderheid neem maar te gretig wat op ‘n skinkbord vir hulle aangebied word. En dan vind hulle ALTYD regverdiging vir hulle rugraatloosheid.Die ander kant van die storie is net so erg. Vroue wat so min van hulleself dink dat hulle daarop uit is om getroude mans te verlei, sonder om om te gee hoeveel mense in die proses vergruis word. G’n wonder ons kinders weet nie meer wat reg of verkeerd is nie. Daar is meer as genoeg slegte voorbeelde in ons wereld en as mense soos Joost en Amor wat kinders se helde is, so tekere gaan, maak ons doodseker die verkeerde boodskap word oorgedra…..

  • Ek kry vir Amor en Joost jammer. Maar daar is DUISENDE vrouens wat ELKE DAG deur hulle mans verneuk word! Ek is na 28 jaar en 4 pragtige kinders daardeur. Die "Poppie" was helfte sy ouderdom – dit was SEER!!! Vandag is ek "sassy, single and satisfied" – "Poppie" DINK sy gaan sy geld erf. EK dink sy gaan hom in sy rolstoel rondstoot en sy kwylende mond afvee. Onthou: vir elke "STUPID", ARROGANTE man, is daar n dowwe platvloerse mansjagter. Julle onderskat ons vrouens. Sterkte Amor!!

  • Ek kry vir Amor en Joost jammer. Maar daar is DUISENDE vrouens wat ELKE DAG deur hulle mans verneuk word! Ek is na 28 jaar en 4 pragtige kinders daardeur. Die "Poppie" was helfte sy ouderdom – dit was SEER!!! Vandag is ek "sassy, single and satisfied" – "Poppie" DINK sy gaan sy geld erf. EK dink sy gaan hom in sy rolstoel rondstoot en sy kwylende mond afvee. Onthou: vir elke "STUPID", ARROGANTE man, is daar n dowwe platvloerse mansjagter. Julle onderskat ons vrouens. Sterkte Amor!!

  • DC

    Amor

    JOOST KAN BAIE BETER DOEN. AL WAT JULLE IN GEMEEN HET IS JULLE LIEFDE VIR GELD.

    MENSE VERGEET GOU JY WAS DIE REDE VIR SY EERSTE HUWELIK FLOP.

    DIE WIEL DRAAI…..

  • Lucille

    Dit is die skade as jy beroemd is. Almal gaan hulle menings gee. Ek voel baie jammer vir Amor en haar kinders want hulle is die mense wat die seerste kry. Ek sal nie vir Joost nog meer in die afgrond stuur nie. Hy moet gaan reg maak met die Here en sy familie. Niemand van ons kan n klip gooi aan enige mens nie want nie een van ons is blamless nie. Bid liewers dat dit nooit met jou gebeur nie want die seer is iets wat lank gaan vat om deur te werk.

    In die verlede het ek nooit van Joost gehou nie. Hy was baie stuck up, sommige kere het ek gedink hy tree rasisties op, baie manupulative. Toe ontmoet hy iemand wat hom kompliment, wat hom terug aarde toe sal bring. Weet jy Joost as jy dit nou nog nie besef dat jy met n juweel getrou het nie dan is jy verskriklik onnosel. Maak reg wat jy verbrou het maar moet nooit expect dieselfde liefde wat jy eers gekry het nie nog minder dieselfde vertroue nie. Amor hou jou kop hoog want jy het niks verkeerd gedoen nie. Joost- jy hoef nie die hele wereld verskoning te se nie, dit het niks met niemand uit te waai nie. Jy moet verskoning vra vir die mense wat jy seer gemaak het. Verspoed en take one day at a time…..

  • Anna-Marie

    Ek voel regtig vere vir Amor en Joost. Hulle stories maak my siek. Ek kan nie glo Sarie sit alweer vir Amor op hul voorblad nie. Koop hierdie maand maar liewer ‘n tuin tydskrif!

  • Hugo Geldenhuys

    Bloggerbaas: Ek wonder nou net: wat beteken "jou kommentaar word gemodereer" in die konteks?

  • Kobus

    Ek as man was self skuldig aan egbreuk ek het my vrou verneuk vir 19jaar en dit het my 26 jaar gevat om vir haar die waarheid te gee, sy is vandag verpletterd met geen self beeld nie. Sy is vandag nog die mooiste vrou wat ek ooit geken het,net jammer ek het dit nooit raak gesien nie. Ons probeer die stukke op tel die hoop is maar min maar ek glo en vertrou in die HERE dat alles help uit werk. Joost net opregte berou uit jou hart sal die sake verander speel oop kaarte met Amore en jy sal die frugte pluk. Joost dit is die moeilikste pad wat voor le glo vir my voor Amor jou weer gaan vertrou. Jy sal baie moet bid vir haar, niemant kan julle help nie, net julle twee kan dit uit werk,om te skei is maklik maar daar na sal julle altwee steed wonder as ons maar net daar aan gewerk het.Vergeet die boek die mense, hou vas aan Die Here en julle sal bo uit kom. Geen geld kan liefde koop nie.

  • Mariana

    Ek en my vriendinne sal ook nie die Sarie koop nie!Sies Amor en Joost, julle dink GLAD nie aan julle kinders nie. Mense sê "los hulle uit, gee hulle privaatheid", maar hulle wil nie privaatheid hê nie. Hulle wil juis hulle vuil wasgoed in die publiek was. Hulle kry mos geld daarvoor en meer publisiteit. Dit sal nie lank wees voor Amor se boek die rakke tref nie!

  • Astrid

    Jou stryd is nog lank nie verby nie, maar glo en vertrou op God. Dit wat jou nie breek nie maak jou sterker!

  • Elga

    Ek voel bitter jammer vir Amor en hulle kinders. Sy is die een wat weer almal in die oe moet kyk en sy is die een wat altyd sal wonder "hoekom". Joost het sy bedjie gemaak, hy moet maar op hom slaap. Niemand kan vir Amor kwalik neem vir enige van haar besluite nie, sy is die een wat weer langs hom in die bed moet klim. Ek is jammer, sy is ‘n baie beter mens as ek, want daar bestaan nie ‘n manier dat ek hom ooit weer sal kan vertrou nie. Amor, jy en die kinders is in ons gebede. Net ons Hemelse Vader kan jou deur so ‘n krisis in jou lewe dra.

  • Marge

    Amor, niemand kan namens jou besluit nie. Weet net EEN ding. Jy moet na die Here gaan vir hulp en raad. Bid daaroor. Vra vir wysheid en bystand. Maak seker dat die besluit wat jy neem, die wil van die Here is. Sonder die Here se hulp en raad kan jy nie ‘n besluit neem nie. Die mens is feilbaar, maar God nie.
    Sterkte.

  • Anoniem

    Vir almal wat so klippe gooi, onthou daardie klippe kom eendag onverwags terug na jou wanneer jy dit die minste verwag. God slaap nie. Eendag moet julle voor God verskyn en regmaak. Lees die Bybel en julle sal verstaan. Aan Amor, Sterkte vrou, dit is moeilik om weer te vertrou!

  • Anelle

    Ek wil net my stem voeg by diegene wat teleurgesteld is in die SA Media wat "inkoop" in hierdie paartjie se bemarkingsfoefies. Ek het nog altyd gekies om tydskrifte soos Sarie te koop, omdat dit nie die "Huisgenoot" of "Heat" tipe tydskrif is wat bloot sensasie verkoop nie. En nou lyk dit my Sarie is besig om dieselfde oppervlakkige paadjie te loop. Beide die media en die paartjie is besig om heerlik geld te maak uit die "seerkry" ervaring en ek is bitter teleurgesteld dat Sarie by die sirkus aangesluit het. Ek koop al vir meer as 10 jaar elke maand die Sarie getrou, maar die tydskrif sal beslis nie weer in my inkopie mandjie beland nie.

  • Johanna

    Amor en Joost sterkte vir julle altwee. Hoop julle maak die regte besluite vorentoe en is regtig opreg oor julle christenskap, want mens maak nie misbruik van ons BAAS daar bo nie.

    Daar is soveel families wat dieselfde as julle deurgaan maar dit kom net nie op die lappe nie, maak julle twee net die regte besluit terwille van die twee pragtige kinders wat julle het want hulle is die wat die seerste gaan kry.

  • Grace

    Belydenis word nie halfhartig gedoen nie. Om vry te kom bely jou sonde soos dit is.

  • surel

    Weet julle, dit is nogal snaaks dat iemand huil oor die radio en pose vir Sarie. Hoe hartseer is ‘n mens dan?

  • Francois G Pienaar

    Die Bybel sê wat jy saai sal jy maai, Amore haarself het ‘n verhouding met Joost gehad terwyl hy nog getroud was so Amore " Cowboys Dont Cry ", geen maar geen simpatie vir jou nie, in jou geval het die wiel maar net gedraai.

  • Magda

    My mening is net dit dat Joost hierdie dinge soos die video 3 jaar gelede al gedoen het, hy het intussen tot bekering gekom as ek reg lees en dit verander die hele prentjie – hy wil dit nie meer wegsteek nie, hy kan nie – hy wil oor begin en ja hy is skoon gewas, vergewe en hulle sal krag kry om hul lewens weer op te tel en aan te gaan. Alles wat gebeur het is verby en ek gun hulle geluk – onvoorwaardelik, want by Christus is alles moontlik!

  • Madelein

    Hi Amor, ek dink so baie aan jou deur hierdie moeilike tyd. Jy is ‘n kwaliteit mens, en was nog altyd!!! Dis so onnodig vir jou om deur hierdie smart te gaan, dis onregverdig. Staan sterk! Ek sal vir jou bid. En onthou: "Somewhere over the rainbow" Moenie jouself deur hierdie ding verloor nie. Baie liefde Madelein L neeD

  • Ruehan

    Gatvol vir Joost en Amor se vuil wasgoed —- hulle altwee ry nou maar net die "geldbootjie" —- dit is al waaroor al die openbare onthullings en kommentaar ens. gaan. Bly by die huis en sorteer julle lewens uit *

  • Myra

    Ek ken hierdie hele scenario…. was meer dan een keer daardeur. Hulle verander nie en sal enige geleentheid aangryp wat hulle kan kry en die ander vrou is altyd die skuldige. Ouderdom maak glad nie saak nie. Moes die man lankal gelos het maar die jare het aangestap… kinders groot en gaan aan met hul lewens en het lesse daardeur geleer, al het hulle en die familie my gesoebat dat ek hom moet los. Ja, liefde kan mens nie net aan en af skakel nie. Maar dit is eenvoudig op die lange duur nie die moeite werd nie. Mens verloor jou selfrespek en binne in jou is daar nie meer gevoel nie, jy gaan maar net aan… dag vir dag. Jy wonder altyd wat jy verkeerd gedoen het al sloof jy jouself af vir hom om net erkenning te kry. Jy is jonk en selfversorgend en kan na jouself omsien. Dink 2 keer voordat jy voortgaan. As buitestander lyk dit vir my hy knyp nog die kat in die donker want julle 2 het aparte lewens, danksy jou sangloobaan en hy rits die land vol om dit of dat ? te doen. Solank hy drank of dwelms gebruik sal verneukery altyd daar wees want dan kan hulle kwansuis nie onthou nie en gee die drank die skuld. Nee wat ek weet jy gaan nie lees nie maar dit voel goed om daaroor te skryf en miskien maak dit sin vir iemand in dieselfde posisie.
    Sterkte in elk geval aan almal wat deur dieselfde gaan!

  • Andrea

    As my man ooit so iets verskriklik aan my moet doen sal ek net daar omdraai, ek sal terug gaan na die mense wie ek weet is lief vir my en wie ek 100% kan vertrou! Die beeld gaan nou uit vir die mans in Suid Afrika dat cheat, sê jammer vir jou familie want die vrouens vergewe altyd! Ek dink Amore is `n stunnig mens en niemand moet ooit so iets deurgaan soos sy nie, maar sy laat ons as vrouens sleg lyk, asof ons nerens kan klaar kom sonder ons mans nie asof hulle kan doen wat hulle wil en nooit verkeerd sal wees nie. Sy kan ook seker nie teerg kla oor wat gebeur het nie want sy het die selfde gedoen aan Marlene.

  • Dirk

    1 Kor 13
    Alles kan weer ten volle herstel

    Goeie nuus ne

    Groete
    Dirk

  • Kallie de Beer

    Wie is julle as mens om te oordeel. Amor en Joost sterkte vir julle twee GOD sal voorsien.

  • Marina Smalberger

    Amor, dit is nie vir ander om vir jou te besluit nie, maar ek weet waardeur my skoonsuster met my broer gegaan het – hy het dieselfde probleem as Joost en Steve gehad, ‘n onblusbare lus. Hulle breek hul gesinne en familie op en gee niks werklik om nie. Die ontrouheid gebeur een keer en dan twee keer en glo my dit hou nie op nie. Ek kan nie die onbeskryflike seer wat dit vir my familie gebring het verduidelik nie en sulke mans se koppe bly uitgehaak en glo wat ek vir jou sê vandag – maak jou eie besluit, maar sulke mans verander NOOIT nie, hulle hou aan met dit waarmee hul besig is, want hulle het ‘n siekte wat hulle nie genees wil hê nie. Hulle het ‘n groot ego, hulle vergeet dat hulle lewe vinnig in ‘n oogwink kan verby wees dat hulle lewens drasties kan verander en alles wat hulle eens op ‘n tyd gehad het kan hulle alles verloor. Begin oor en gaan aan met jou lewe is my raad aan baie vrouens daar buite en glo my daar is hordes slegte vrouens daar buite wat nie ‘n oog knip om ander vrouens se huwelike op te breek en gesinne te verwoes nie. Beweeg aan en moet nie jou energie mors op sulke nikswerd mans nie – gelukkig is dit nie alle mans wat so is nie, jy kry die uitsonderinge en daar is wel van hulle al is dit min. Die lewe is kort – spandeer dit op die positiewe – laat daardie tipe mans agter en vergeet van hulle – dis my raad.

  • ANDRE

    AS JOOST SE BOEK UITVERKOOP IS, DAN SAL AMOR SE BOEK SEKER OP DIE RAKKE VERSKYN! WIL IEMAND WED?

  • Angel

    Almal van ons het al in ons lewe n fout gemaak, en berou daaroor. Dis menslik. Meeste van die mense maak vir Joost sleg – then again – ekke is ook daar deur. En weet jy die fout le nie net altyd by die man nie. As jy jou man gelukkig hou by die huis, gelukkig hou op ALLE GEBIEDE sal dit nie gebeur nie.

  • Alfred

    Die sage verstom my.
    Waar het alles begin? Het Amor geweet waartoe Joost alles in staat was terwyl hy getroud is? Hoe het Joost se vorige vrou gevoel toe Amor haar verskyning destyds gemaak het? Miskien is sy(vorige vrou) nou bly al hierdie probleme is haar gespaar! Wie lieg vir wie?
    Oor een ding is Joost egter eerlik en dit is dat hy arrogant en vol van homself is of was. Geluk Joost, daarmee praat jy die waarheid. Jy is egter nou nog steeds so vol van jouself en nog steeds so arrogant soos altyd!!
    Met al sy gebiegery laat hy darem almal goed verstaan, Joost se naam verkoop koerante, Joost se naam verkoop tydskrifte en almal wil Joost se naam gebruik vir eie gewin. Bly maar windgat al het sy babbel gebars.
    Joos as jy wil afkom aarde toe doen dit ordentlik asb. Ek stenig jou nie oor jou sondes nie, dit is jou probleem. Los net jou arrogansie en word nederig. (Julle hoef nie altyd vir almal te wys hoe julle kinders verjaar ens nie)
    Sterkte vir jou en Amor. Dit sal ‘n wonderwerk kos om julle bymekaar te hou.

  • lilla

    JOOST- ag nee. nog een? in P.E? ‘n Maand Terug???? ek hoop regtig dit is nie waar nie…………………

  • Linda

    Amor onthou jy het jou geluk op Marlene se ongeluk gebou. Dis hoe Marlene gevoel het.

  • Zelda Eigenhuis

    Amor, jy is pragtig. Ek kan net een ding se…ek wens jy was my pel. Ek het iemand soos jy in my lewe nodig! Baie sterkte, hou jou kop hoog en weet net dat jy nog altyd ‘n sonstraal was en is…jy het NIKS om oor skaam te wees nie. Druk jou kinders vas…mens put nogal oneindige krag uit hulle onvoorwaardelike liefde.

  • Ness

    This whole story is stale and boring, after all,all Joost and Amor wanted was to be the Posh and Becks and live in glamour and glitz.
    From the beginning I thought they were a couple of false money hungry
    people. Joost will never change his spots, The temptation to pop into a teaszers or any dive with strippers will be great especially if it comes with some extra excitement. Amor i would suggest you join the Amish in USA and live life without the frills and glamour and do what you say you have been doing Praise the Lord. as for Joost he can apply for a part in these new pawn movies that they are making in SA or work for Loslappies
    Pawn Studio. Ha Ha

  • Anja Jones

    Ek kan nie meer saamstem met Anita nie, hierdie is so ‘n siek spul en as my man my so verneuk het soos wat Joost gedoen het sal ek hom nooit in my lewe weer vertrou nie. Het nog nooit eintlik van een van julle gehou nie nou word julle behoorlik in die hele wêreld se kele afgedwing!!!Julle is altwee sensasie soekers. Amor het jy vergeet dat Joost sy eerste vrou ook verkul het…..dit met jou nogal. Dan behoort jy mos te weet hy sal dit weer en weer doen. SARIE ek is ook bitter teleurgesteld in die Artikel, dis genoeg dat Huisgenoot ‘n ophef van dit maak, julle is ‘n gesins tydskrif nie ‘n sensasie-skinder tydskrif nie. Ek wonder hoeveel geld het Amor vir dit gekry??? AMOR EN JOOST "GET A LIFE" Ons is moeg om in julle gesigte vastekyk PLEASE!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Danie C V

    Oordeel sal ek julle nie,gaan op julle kniee en dank die Hemelse Vader dat julle nie die "straf van die Eeu" opgele word nie. Het julle al aan die moontlikheid van "VIGS" gedink? My raad aan julle is "Think before you Ink"

  • nikki

    Amor ek voel vir jou en ek bid vir jou – ek is deur dieselfde bootjie 10 jaar terug – ek was net nie n celeb nie – dit is seker nog erger . Die vernedering, die skok. die seer die hoekom ek en waarom ? Slapelose nagte ek ken dit – Maar fokus nou op die lesse wat jy hier uit leer en daar is , fokus op jouself en jou en jou kinders se toekoms . Ek weet dit is moeilik want tussen alles deur is jy nog lief vir hom – maar daai besluit le by jou . En om te bly vir jou kinders glo my is nie die antwoord nie . Jy sal die stryd wen en geluk en vrede vind .

  • Jacky

    Dis nou net Amor en Joost. Amor en Joost. Wat van die ander vroue. Kan die vroue in ons samelewing nie "nee" se vir getroude mans nie? Vroue moet leer om andere se huwelike en verhoudings te respekteer, dan sal die dinge nie gebeur nie. Het hulle geen skaamte nie?
    Ons moet eerder vir die ander vroue "bid" wat so inmeng.

  • Wilna

    Amor – as ek so na die foto’s kyk is jy als behalwe "gebroke" … Jy en Joosie verdien albei n OSCAR !!!

  • Minette du Toit

    Ons is almal mense van vlees en bloed deur God geskape. God het vir ons keuses gegee in ons lewe, en, ongelukkig as jy die verkeerde keuse maak, moet jy bereid wees om saam met daardie keuse te lewe en die gevolge daarvan te dra. Sonde spoeg jou uit en los jou alleen. "It takes 2 to tango", maar tog dink ek dis ‘n klap in Amor se gesig, want sy het alles. Die gesig, die lyf, die persoonlikheid, pragtige stem, ens. Wat op dees aarde gaan soek Joost buitekant sy huis? En ja die hoogste bome vang die meeste wind. Hulle is bekendes en ons publiek verwag tog dat hulle ‘n beter voorbeeld sal stel. Wat my die meeste van als verstom is die tydskrif/media onderhoude waarin hulle ‘n paar maande terug vertel het hoe gelukkig hul is. En dan kry ons sulke verrassings!

  • Daleen

    Sowat van "commin" het ek lanklaas van gehoor. Ek dink die bankrotskap hang reeds in die deur en iewers moet die geld vandaan kom en hier help die media met graagte uit. Hoekom maak julle nie eerder die bedrag bekend wat julle betaal is vir die onderhoude nie? Dalk kan Mike Bolhuis dan sy R700 000.00 terugkry wat Joost hom skuld.

  • Heila van Zyl

    Hoe kan ‘n mens enige iets ooit weer glo wat Joost kwytraak na soveel leuens? Nee wat, as ek Amor was, het ek hom in sy peetjie gestuur. Maar dis haar keuse en ek hoop sy maak ‘n wyse besluit.
    Ek glo as jy so baie keer iemand verneuk het, jy dit beslis weer sal doen met leuens en al !! Dis dan jou natuur.

  • fran

    Kyk, ek kan nie help om te wonder oor hierdie hele sage nie…. kyk beide hulle is mos goeie akteurs. Ek het ‘n Rugby vriend wat my vertel het, die is al ou ding van Joost. (Gaan hy verander) ….. Maar dan het ek ook weer gehoor julle twee het reeling met mekaar, as julle toer is julle los. So ek moet eerlik se, ek weet nie meer wat om te dink of te glo nie. moet ek jammer kry of nie.

    Ook het jy vir Joost by sy vorige vrou afgevry, jy kan hom seker nie kwalik neem as dit weer gebeur nie….

    Sterkte inelkgeval.

  • Dobby

    Eish, jammer maar die fotos lyk nie lekker nie…

  • Adele

    Baie baie sterkte aan altwee van julle. Julle is altwee pragtige mense. Wees sterk en vertou op God.

  • Sonja

    Ek stem saam. Hou op om julle vuil wasgoed in die publiek te was. Ons gee nie om wat julle maak nie. Bly of skei dit is julle lewens. Gee ons iets anders om oor te chat!

  • Marieta

    Kon ons los hierdie mense met hul probleme – wie van ons kan ‘n vinger wys
    dalk gebeur so-iets met een van ons wat nou so vinnig is om raad uit te deel. Amore onthou net die Liefde oorwin alles – en daar is net een pad vir ons almal Bid oor die saak en ek gll jy sal die regte antwoorde kry.

  • Sean

    Hoeveel episodes gaan ons nog kry van hierdie goedkoop, swak, onsmaaklike sepie?
    Huise van glas,probeer weer,wees sterk,oorwin ag watse klomp k*k!!!!

  • Amor..eus

    Joost speel nou die bybel kaart.Met jou leuens het jy jou familie verneder,jouself verneder,mense onnodig betrek met julle lagwekkende "ondersoek" en jou naam internasionaal weggegooi.
    Nou word die sepie oor en oor holrug gery en die boek sal seker nog so paar rand inbring,dis laakbaar. Die wiel draai toe net soos die Lotto wiel…

  • Marie

    Amore; kyk na jouself en jou pragtige kinders, Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie, vra my. Ek het 34 jaar gelede uit so iets ontsnap, Ons hethoog geleef en baie vriende gehad, Hy my ex het dit weer en weer gedoen, Dit raak net erger, dit is soos ‘n ongeneeslike siekte. Ek het met bloed sweet en trane my eie kind groot gemaak en op die ou end is "hy-ex" dood soos ‘n hond alleen sonder vriende of enige een by hom. Ek haat hom nie, maar ek haat wat hy aan my kind gedoen het, so alleen met net ‘n moeder se liefde, God slaap nie, Hy klink nou so vol verskoonings, maar dit is iets waarmee hy jare mee leef, hulle probeer een leun met ‘n anderverdedig. Jy is te pragtig om hom ‘n "tweede?????" kans te gee. Ons is lief vir jou en bid vir jou en jou kinders.

  • DOROTHEA

    KAN ALMAL NIE MAAR NET VIR JOOST EN AMOR UITLOS NIE EN LAAT HULLE DINGE SELF UITWERK.AMOR AS JY IN JOU HARD VOEL DAT JY NOG LIEF IS VIR JOOST, VERGEWE HOM EN GAAN AAN MET JULLE LEWE.MOENIE LUISTER NA ANDER MENSE NIE, DOEN NET JULLE DING TER WILLE VAN DIE KINDERS. STERKTE VOORENTOE

  • lily

    Ja nee daar is darem baie meer belangrike dinge as JOOST en Amor
    Wonder maar net of sy nou al die kommentare gaan lees!!!???
    Kry liewer artikels wat vir die mense meer opvoedkundig kan wees.
    Ander mense se bedsake gaan my in elke val nie aan nie!!!

  • Pierre

    Amor Amor Amor !!!

    Wanneer gaan jy wakker skrik ?

    Jy weet baie goed daar was nie net een meisie nie, luister na daai stemmetjie, jy weet baie goed hy lieg alweer vir jou en die hele Suid-Afrika, pateties….

    Skrik wakker !!!!!!!!!!!

  • Marie

    Ek het meer dinge om voor te bid as vir Joost en Amore. Ek voel niks vir hulle.

  • Cornelia

    Ja dis reg, ons mag nie oordeel nie. Maar Joost en Steve,julle is rolmodelle vir hoeveel jong mense. En wat julle nou eintlik doen is, om vir jong mense te wys, dat al het n man trou aan sy vrou beloof kan hy steeds rond h. Ag en dan maak n mens dit sommer gou-gou reg met n boek of twee, en boonop kry n man geld vir dit wat hy verkeerd gedoen het. En dan praat ons nie eens van jul eie kinders nie. Watse lieg storie word aan hulle vertel? As ek jy was Joost, sou ek maar laag gelê het, as om so pateties in die openbaar te wees. Amor ek is ook hierdeur, en weet waarvan ek praat. Mans wat rond h…,hou nooit op nie. Joost is maar nou net uitgevang. Ek hoop die geld wat julle vir die boekies en onderhoude ontvang maak alles weer reg.

  • Ziska de Jager

    Wee julle wat? Dis baie makliker om negatief te wees en onvergewensgesind en die maklike pad uit te kies. ELKE liewe situasie in hierdie wêreld kan uitgesorteer word m.b.v ‘n positiewe gesindheid, ‘n tikkie uithouvermoe, ‘n bietjie tyd. Het ons nie genoeg nou al van hartseer, pyn, egskeidings en al hierdie dinge wat elke mens op dieselfde manier as die ander doen nie. Gee haar bietjie krediet dat sy haar HUWELIK, die belofte wat sy voor God gemaak het wil nakom. Sy spreek van onselfsugtigheid met haar optrede. Sy sit haar emosies, ens. so bietjie opsy om na die grooter prentjie te kyk. Genade, wat het geword van "VAT ‘N KANS". Wanneer ons in negatiewe situasies is wil ons vinnig na inspirerende boeke toe hardloop en onsself gaan troos dat ons die "victims" is en die wereld skuld ons iets. Die lewe, die liefde is tuff daar buite. Hier is ‘n vrou wat ten minste opstaan vir wat sy in glo en sy sit aksie by haar woorde. Die inspirende beeld wat sy na die wereld uitdra. Hierdie is net haar ultimate toets. En Mr V/D Westhuizen weet dit goed en sal baie dwaas wees om haar ooit weer, nie eers vir ‘n sekonde lank, as van selfsprekend te neem nie. Veral ons vrouens.. laat ons by haar leer en haar ondersteun. Môre oormôre sit jy in daai situasie en dan… wil jy deel van ‘n statestiek wees of wil jy deel van ‘n oplossing wees.

  • Hoender

    Amor, jy is ook ‘n rolmodel vir baie vrouens… watter voorbeeld stel jy om jou man wat jou verneuk het terug te neem… Jy sê dan dis ok dat mans met ons vrouens maak wat hulle wil, ons moet dit maar opvreet en aangaan!!!
    A-nee-a! Die kinders gaan seerder kry as julle so aangaan. Vra my, ek was ‘n kind in so ‘n huwelik!

  • Loraine

    Amor hou van geld. Dis waarom sy gereeld in tydskrifte simpatie soek. Ons wat Joost nie ken nie het geweet hy is skuldig en in die video. Hoe kon sy – wat veronderstel is om hom goed te ken- nie dit glo nie. Veral as hy haar met meer as een vrou verneuk het. Waar daar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie. As sy nie uit ‘n tydskrif kan geld maak nie, sal sy iemand soek om te dagvaar – soos Yolanda Barnard – en dit terwyl Yolanda maar net die waarheid gepubliseer het. Amor het self op ‘n tv-program vertel van haar winderigheid wanneer sy senuweeagtig is. Ek hoop maar sy was nie senuweeagtig tydens die "photo shoot" nie.

  • Kiwi

    Amor, jy is pragtig! En hy verdien nie so ‘n goeie vrou soos jy nie! Doen wat beste is vir jou en jou kinders!! Sterkte met die toekoms!! Groete van uit New Zealand!

  • Suzette Laten

    Wat moet ‘n mens nog sê…….almal het al alles moontlik hierbo gesê. Julle bed is gemaak maar nou moet die kinders ook ongelukkig daarop slaap.

  • Petronella

    Ek sit en lees al die kommentaar wat gelewer word, en ek besluit om iets te se wat ek nooit doen nie, maar voel ek moet. Dieselfde het met my gebeur n paar jaar gelede en ek is al n bietjie gevorderd in die jare, en praat uit ondervinding. As iemand n fout gemaak het en ware berou het wat uit die hart kom, en jy as opregte kind van die Here moet n keuse maak,en dan praat ek van iemand wat die Here ken in Gees en waarheid en nie net van weet, dan sal jy dit n gebed saak maak en met die Here se genade vergewe, wat glad nie maklik is nie, want dit is n wroeging wat jy vir niemand kan beskryf nie, want jy gaan deur verskillende fases van vernedering, verwerping, woede en onvergewensgesindheid. Net gebed en Godsgenade kan jou deurdra,maar dan moet jy in n daaglikse verhouding met Hom wat ons Vader is wees en moet ook n getroue vriendin/e he wat saam met jou kan bid. Die Woord van die Here leer ons waar twee of drie in My Naam vergader,daar is ek in julle midde. As daar ooreengekom word om gesamentlik aan die huwelik se herstelling te werk, dan moet albei partye saam na n Geestelike Berader gaan. In hierdie geval het Joost gaan hulp kry en sy lewe met sy Here reggemaak omdat hy amper te laat besef het wat sy huwelik, vrou en kinders werklik vir hom beteken het. Al wat hy moet doen is om net opreg te wees in sy besluit en daaraan te werk sodat sy vrou weer haar vertroue in hom kan terug kry,en natuurlik is dit makliker gese as gedaan. Maar met die Here se hulp kan ons dit regkry as ons dit bedoel. As daar kinders betrokke is moet die ouers besef dat dit n trauma vir hulle is en kan n sielkundige uitwerking op hul he wat hulle lewe heeltemal omver kan gooi. Perslot van rekening bewerkstellig sonde die dood,want dit is niks om in versoeking te kom nie,maar die oomblik as jy daaraan toegee dan baar dit sonde. Ons moet net weet dat alles wat ons padlangs kom daar n doel mee is. Dit wat in die duisternis gedoen word moet een of ander tyd in die lig gebring word sodat daar verlossing kan kom. As jou lewe nie welbehaaglik voor die Here is nie sal Hy n situasie skep om dit in openbaring te bring, en jy sal die gevolge dra en daarvan kan Koning Dawid in die Bybel getuig. Joost se lewe is kosbaar in die Here se oog,want dit is hoekom Jesus gesterf het aan die kruis van Golgota. Want so lief het God die wereld gehad dat Hy sy enigste seun gegee het,sodat niemand verlore mag gaan nie.Kom ons bid werklik vir hierdie huwelik sodat God se wil kan geskied,want die huwelik is n heilige instelling en dit is bitter min mense wat so daarna kyk en as daar egbreuk gepleeg word kan ons net soos Jesus gebid het aan die kruis"Vader vergeef hulle want hul weet nie wat hul doen nie". Daar is n ewige lewe wat ons moet aan dink,en die Woord se dat geen ongehoorsaamheid en onreinheid sy Koninkryk sal ingaan nie.

  • Al

    Amor en Joost is lae-klas. SOORT SOEK SOORT en nou speel hulle ‘n heerlike speletjie met die media en almal om hulle…..

  • Magriet

    Almal het ‘n eiertjie te lê los hulle uit dat hulle self hulle probleme oplos soos dit is is dit nie maklik nie en met almal se hulp gaan dit ook nie makliker word nie.

  • Soekie

    Ons sal hulle uitlos as hulle vervlaks uit die media bly, vroue gaan daagliks deur die selfde storie en moet self daardeur worsel.

  • Amanda

    Ek kyk na die hoofletter briewe. Amor is ‘n mooi vrou en sy het dit!! Weet die hoofletter briewe dat daar baie maskers is.Sy steek dit goed weg!!

    Ongelukkig sal die fotosessie nie ‘n sukses gewees het as Amor met ‘n box snesies en ‘n rooi neus poseer het nie.

    Los vir Amor en Joost uit. Die enigste fout wat Amor maak is sy sing mooi is lewendig en het nie verval in ellende. Hoekom?? Sy is eerstens ‘n vrou en ook ‘n ma. Joost het ook een ou foutjie gemaak en dit was die feit dat hy te goed rugby gespeel het en toe word hy op ‘n "pedstal" gesit.

    Almal wou ‘n deel hê!! Ek ken Joost oe hy sê so en so. Dit presies dieselfde met Steve (my vriend) want hy sal berge versit om mense te help maar kom jy aan sy verkeerde kan dan looi hy vir jou!! Steve het ook net een ou foutjie. Hy is lekker op die oog en vroumense vrek oor hom.
    So wat het gebeur hy het ook die "volk" se besitting geword en toe hy verkeerd trap want ‘n man kan mos nou net soveel landmyne mis dan het jy ‘n groot helse ontploffing… Ek wil niks van Steve of Joost of Amor verkeerd hoor.
    Oordeel en sleg sê nee wat ek is ‘n groot ou sondaar wat elke dag YAHWEH se vergifnis en genade in my lewe nodig het!!
    Amor het vir my die wonderlikste ding gedoen my kind aangemoedig om te sing om haar droom waar te maak. Amor is mens en niemand is volmaak. Los die "sterre" uit!!
    Ek wonder oor die doem profete is julle so skoon en wit soos sneeu?? Moenie ‘n vinger wys die ander wys terug in jou rigting.

  • ELMARIE

    Amor
    Ek is deur 3 jaar se verskriklike hartseer en woede a.g.v my dogter en kon nie vrede in my hart en lewe kry nie. Ek het antwoorde gesoek en nie gevind nie tot hier een middag iemand die volgende aan my vertel het: ‘n man wat altyd nadie Here gebid het, en gedurig aan hom gevra het om die mense wat hom te na kom en seermaak te verander. Eendag egter het God die man gevra wanneer gaan hy, die man HOM(GOD) vra om hom(die man)te verander? ‘n Week of twee later het iemand vir my gebid en ek kon steeds nie die mense vergewe wat my so verskriklik seergemaak het nie, maar ek kan se dat die enigste manier wat ek aan daardie mense weer sal kan dink sonder hierdie verskriklike wrok was en is om te se: God sal MY moet verander!!!!!! Al is dinge nog glad nie uitgesorteer nie, is ek ‘n baie rustiger mens as die een agt maande terug, en al sal ek en my kind se verhouding NOOIT weer wees soos voorheen nie, kan ek jou se dat met baie klein treetjies word daar darem vorentoe beweeg al is dit ‘n millimeter op ‘n slag. Wat ek dus vir jou se is dat jy God mag vra om jou te dra of te verander dat jy kan aangaan met jou lewe en jou man al is dit hoe moeilik. Moet ook nie na mense luister wat se Joost sal nie verander nie. God het afterall alles gemaak en niks is by hom onmoontlik nie. Doen jouself ook ‘n guns en kry die boek "Jou beste lewe nou" van Joel Osteen en lees dit. Luister ook na Joyce Meyer op internet en Sondag oggende om half nege op die Rhema Kerk kanaal. Joel is ook op die internet en op TBN kerk kanaal vyfuur Sondae middae op dstv. Hulle is fantastiese mense en het my baie dinge kom leer.
    Jy is ‘n pragtige mens en jy moet jouself nie verwyt nie. Jy het niks verkeerd gedoen nie. Vroue soos die twee wat in die openbaar hulle persoonlike dinge so oopgooi spreek vanself hoe goedkoop hulle werklik is, en wat hulle dink ‘n heldedaad is wat ander se goedkeuring verdien is niks anders as aandag soek nie. Glo my as ek se dat ek nie dink ander vroue will hulle tipes mee bevriend wees nie, en ons weet tog wat baie mans na dese van hulle dink…. Vinnige goedkoop genot. Mans soek nie daardie tipe vir hul lewensmaats nie. hulle soek ordentlike meisies. Verder wys dit regtig van watter tipe stoffasie hulle gemaak is om jou klein mensies te wil blootstel aan sulke hartseer dinge. Geen ordentlike mens sal ‘n kind tog aspris wil seermaak of skade aanrig nie. Regtig Amor, glo en vertrou dat God sal waak oor jou gesin en moenie die skuim verder kans gee om jou lewe te reel en regeer nie. Begin oor en bou ander nuwe versterkte verhoudings met jou man en kinders. Vergeet van die media en leef vir jouself en jou gesin. Mense se goedkeuring is nie belangrik nie, God s’n is. Jy kan nie almal "please" nie. Jy kan mos hier sien ook hoeveel briewe hier is……. Kyk hoeveel van ons staan net hier agter jou en jou gesin. Hoeveel meer daar buite. Jy het ‘n ontsettende sterk support sisteem in plek. Jy is omring deur liefde. Die drie dinge wat my dra as ek baie mismoedig of hartseer is, is die gedig van die voetspore en Psalm 23 asook Psalm 121. Ontjou jy is NIE ALLEEN NIE.

  • Riana Campher

    Arme Amor en Joost! Ek wens dat elke liewe mens wat enige oordeel kon uit spreek ASB net wil verdwyn! Wat sou jul almal gese het as so iets met jul of jul familie gebeur het? Hemel – elke mens wil sy privaatheid he en ondersteun en getroos word deur opregte vriende en familie in hul eie warm kringe! Amor en Joost – almal het altyd iets te sê – MAAR gaan dink mooi hoekom als gebeur het – dalk het dit gebeur om juis voor alles verlore was jul oë oop te maak en reg te maak! Sterkte met n lang pad wat voor lê – maar onthou: nie 1 van al die raad gewende mense gaan of kan di geluk en liefde in jul 2 en jul kinders se oë terug sit as jul 2 self ni!!! Jul bly stunning xxx

  • cSuLoz bmuwiyhiujno, [url=http://nfkvoesjmqae.com/]nfkvoesjmqae[/url], [link=http://ceqyfuxphgxq.com/]ceqyfuxphgxq[/link], http://wdeflmjaphau.com/

  • waka

    ha-ha-ha-ha-ha!!!!!

  • Ninnie

    Amor, niks is by God onmoontlik nie. HY kan van `n misrabele verhouding iets wonderlik maak.Onthou God haat egskeiding.Julle moet altwee mekaar vergewe en terwille van julself aangaan. Julle kindertjies het hul pappa net so nodig. Geen man kan ooit vir hulle so lief wees as hulle eie pappa nie.Besluit om God te dien in Gees en in Waarheid en Hy sal vir julle sorg
    Ons is deur Sy genade al 40jaar getroud.HY maak alles nuut vra Hom net. Lovies

  • F5kEgw ovkggiugzofl, [url=http://zfpygbnkukgg.com/]zfpygbnkukgg[/url], [link=http://czzmuesmtons.com/]czzmuesmtons[/link], http://aeynwduxywyt.com/

  • Lee

    God kan alleen oordeel so hou op God speel en Amor mens kan verander dit was al keer op keer bewys. Sterkte vorentoe!

  • wonder maar net

    Ek lees die nuutste artikel vandag oor Amor wat spyt is sy het na Joost se siekte soveel vrae gevra. Ek wonder of sy besef hoe ongelooflik vals sy voorkom? Sy posseer met ‘n aangeplakte glimlag en ‘n ‘ek soek aandag – kyk vir my – ek doen enige iets vir die kollig’ houding. Dit is werklik jammer. Want ek lees haar onderhoud waar sy so ‘spyt is ens…’ en kyk na wat ek sien in haar liggaamshouding, en dit maak net nie sin nie. Ek wonder of Amor nie heimlik die ekstra aandag geniet nie. As daar nou een oomblik was wat Amor haarself opreg kon bewys sou dit nou wees, maar sy miss weereens die boot! Jammer maar ek het nog nooit baie van Amor gehou nie, maar nou is ek seker, ek hou regtig niks van haar nie! Dit is jammer dat Sarie gekies het om haar op hul voorblad te sit, want dit spreek redelik boekdele wat hulle as ‘rolmodelle’ beskou.

  • fanoasydropay

    LCRiiBhb gucci bags GFXenQvp http://guccihandbagsoutlet.webeden.net/

  • fanoasydropay

    VSOirEop louis vuitton bags UMWfuBna http://cheaplouisvuittonhandbags.webeden.net/

  • fanoasydropay

    XNGqzZlb tods outlet FUDazZdz http://todsshoes.webeden.net/

  • Mahmoud

    Dec02Dinkey VaLenTe Ik ben trots dat HipHop is wat het is! Ben trots dat ik voel wat er wordt geuit in het interview. Ik geef bij deze mijn reescpt voor de site, de artiest en zijn promotors en als laatst kan ik alleen maar zeggen dat het PUUR is.Hola @ je BoiCoTT!!!

  • Janaina

    8 grudnia 2011MartaCiekawie opasniy problem jak poradzi? sobie z czasem, ktf3ry przecieka przez palce. To moja pi?ta Achillesa, ale mo?e dzi?ki tym poradom uda mi si? wreszcie zarz?dza? czasem, a nie na odwrf3t. Pozdrawiam Marta.