Ons praat met

Amor sê dankie vir SARIE-lesers

”Baie dankie aan al die SARIE-lesers vir jul ondersteuning en liefde. Ek waardeer dit geweldig en dit beteken vir my baie. Nou die dag by SPAR in Fourways het die bestuur vir my 20 rooi rose gegee toe ek uitloop. Hulle sê toe dis om my op te beur. Hulle kon seker sien ek het nie lekker gevoel nie. Dit was vir my so stunning, ek het hulle omhels en begin huil. Ek was ook emosioneel dié dag. Daar is soveel goeie en mooi mense, en ons moet fokus op die “goed”! Dis waaroor die lewe gaan.

“Ek voel so geseënd om musiek in my lewe te hê. Sonder dit sou ek nie deur elke dag kom nie. Elke sekonde van die dag word gevul met musiek, in die ateljee, op die verhoog, lekker luister op die bank…dis regtig my terapie. As ma en vrou is dit vir my nou noodsaaklik om sterk te staan en die steunpilaar te wees, al wil ek party dae net wegkruip of weghardloop. Ek vermy enige media-stories en lees dit nie. Ek fokus op ons as familie en vertrou my hart. 

“Ek het onlangs dié aanhaling gelees, wat my baie geraak het. Dit lees: `Success is not a matter of being the best and winning the race, but a matter of handling the worst and still finishing the race…’ Ek gaan nie so gou tou opgooi nie, vir myself en my kinders se onthalwe gaan ek dit nie doen nie. Integriteit is wat belangrik is. Almal vertel my wat om te doen, en gee my advies, wat ek so waardeer. Maar diep binne-in elke vrou is daar ‘n “stem” wat praat en ek moet luister daarvoor.

“Die lewe is te kort om te wil baklei, ek wil dit nie doen nie. Baie mense het ewe skielik opinies en stories oor my of Joost. Dis vernynigheid en jaloesie wat hier saamspeel en ek gaan myself nie tot op daardie vlak laat daal nie. Elke dag is ‘n nuwe dag, met nuwe doelwitte. Ek wil lewe en dit saam met die mense doen vir wie ek omgee! “

* Amor is die voorbladgesig van SARIE se Desember-uitgawe – nou te koop!

SARIE Desember 2009

  • Liz

    Amor, jy verdien al ons ondersteuning. Jy kon maklik bitter geraak het deur alles wat met jou gebeur het, maar jy het ‘n wilsbesluit geneem om aan te hou en op die goeie te bly fokus. Jou aanhaling oor sukses het my diep geraak. Want die lewe is ‘n marathon, nie ‘n resies nie. Luister na jou binnestem en doen wat jy weet vir jou en jou gesin reg is. Niemand kan daardie besluit namens jou neem nie.

  • Anneli

    Amor, die lewe is soms snaak, ons verstaan waarom sekere dinge op ons pad kom nie. Daar is ‘n lewensles te leer uit alle situasies. Jy sal moet jou huisgesin (jou kinders en man) styf teen jou bors moet druk en hulle koester. Neem die harde tyd waardeur julle gaan saam as ‘n herinnering aan hoe gou kan die geluksbal breek. Jou privaatheid is veronderstel om privaat te wees, en as ons begin om in die publiek se oog is gaan die duiwel probeer om die sleg na ons te bring. God se Engele moet daagliks gevra word om oor jou en jou huisgesin te waak. Ten laaste wil ek graag die volgende aan jou laat: "Krag word alleen vir die een gegee wat buig om dit op te tel – Fjeodor Dostojefski" Vra God vir leiding maar jy moet bereid wees om op jou kniee te gaan om die KRAG van BO te ontvang.

  • Catherina

    Amor, ons Here het die moordenaar langs Hom aan die kruis vergewe – dis wat saak maak in ons lewens – God se liefde. Nie die Hollywood " I want you because I love me"-liefde nie! Staan sterk vir jou en jou gesin! Go girl! Groete Catrien

  • Judy

    Amor, luister na jou hart, die lewe is kort, as Ons Vader daar Bo kan vergewe, hoekom nie ons ook nie? Lewe voluit, soos jy sing, ons bid vir jou.

  • Elize

    Amor,

    Jy is ‘n wenner – moenie na stories luister nie – mense is wreed! Niemand is perfek nie!

    Hoop, bid en vertrou dat alles ten goede sal uitwerk vir julle.

    Julle is geen verskonings, ens verskuldig aan enige iemand/mens nie!

  • Naomi

    Amor, jy is pragtig. Baie sterkte vir julle, onthou net, daar is niemand van ons wat sonder sonde is nie.

    Baie liefde

  • Christine

    AMOR! Jy’s pragtig, binne en buite! En ek weet sommer, God se engel. Hy het spesiale planne vir jou. Sterk staan, girl! Baie liefde en seen vir jou. Christine

  • Wilna

    Amor, ek is deur ‘n soortgelyke ondervinding. Die verskil is net, dat ek die voorreg van privaatheid gehad het om deur my pyn te werk, wat jy nie het nie, en daarvoor het ek ongelooflik baie empatie met jou, want as ek terugdink, dan wou ek niemand sien of met niemand praat nie, net deur dit werk en rustig besluite neem. Ek weet, baie mense gee mens raad, en dit is soms ‘n bietjie irriterend want dit is asof dit nog goed is om te verwerk. Ek wil nie vir jou raad gee nie, net vir jou se dat ek vir jou bid, dat die Hemelse Vader vir jou die wysheid en krag sal gee om die regte ding te doen. Dit is waar dat Skriftuurlik, mag ons van ons mans skei wanneer hulle ontrou is, maar jy kan ook die instrument wees wat die Hemelse Vader kan gebruik om juis by jou man se hart uit te kom en werklik met jou man bemoeienis maak. Wat ek uit my ervaring geleer het is dat die Kruisboodskap, wat ‘n Liefdesboodskap is, beteken dat hierdie soort ‘Genade Liefde’ met baie baie pyn kom. Liefde sonder pyn, is eintlik self-liefde. Liefde vir my man, het eers vir my iets begin beteken nadat ek hierdeur gekom het. Ek en my man kon nie kinders he nie, en die dokters het gese dat dit nie behandelbaar is nie. My man het my totaal verwerp. Ek het voorgestel ons skei en hy trou met ‘n vrou wat kon kinders he. Hoekom ek dit nou noem is, ek het in my tyd van pyn nadat ek uitgevind het hy het ook in bordele rondgekuier en jy ken die storie, vir hom begin bid, sodat Vader sy hart se begeertes sal raaksien. Die uiteinde van die storie, net toe ons dink dit is maar beter om te skei, die skade is te veel, vind ons uit ek is swanger. Ons is geseen met die pragtigste seuntjie. Toe hy ses maande was, en die huwelik al biejtie genees is, loop ek in die Brooklyn Mall om vir my man ‘n verjaardaggeskenk te soek. Ek bid en vra vir Vader om vir my te wys wat regtig vir my man sal saakmaak, want hy is nou PA! Ek hoor duidelik in my gees, "Doen ‘n swangerskap-toets". Die pragtigste dogtertjie is agt maande later gebore. En geen dokter het iets met een van die swangerskappe te doen gehad nie. In kort, as dit jou doel is dat Vader jou gebruik om die mure om jou man se hart af te breek, is die "reward" so ongelooflik. Die pragtige familie wat ek nou het, met die selfde man wat my verneuk en verneder het, en ek moet eerlik vir jou se, ek is baie liewer vir hom nou as ooit. Hy is ‘n wonderlike pa, en nou kan ons met mekaar praat en ek bedoel, dat as daar iets diep in sy hart is wat hom pla kan hy met my praat, en nie na drank of goedkoop vrouens wend nie. Wat ek geleer het, is om nie my man as perfek te sien nie, want soms dink ons ons het hierdie volmaakte man, alles wat ek wou he, en dit veroorsaak dat hy nie ruimte het om foute te maak nie, en dan, wanneer hy uitmekaar val omdat hy nie die druk kan hanteer nie, dan gaan doen hy dit in die "asblikke". Ek bid vir jou en vertrou dat Vader met julle werk, en julle familie sal troos en krag gee om deur hierdie tyd te kom.

  • Amor, jy is n wonderlike voorbeeld vir so veel mense … Hou vas aan God se woord en aan jou ‘inner voice’ Ons almal het foute en struikel .. niemand van ons kan vinger wys na jou of Joost al het hy gestruikel .. God tel hom op en sit weer die ‘Ou Joost’ reg aan mekaar en God is besig om jou te ‘mould’ staan by hom … dit maak net van jou nog een duisend vrou !! Sterkte en ek bid vir julle … don’t give up girl.

  • René Espach

    Liewe Amor,
    Ons was nog altyd mal oor jou, maar nadat jy in April by ons skool kom optree het, is jy ons Liefling!
    Ons is baie lief vir jou! Soos ek jou daardie aand gesê het, is ons honderde vroue wat vir jou bid.
    Jy is ‘n voorbeeld vir ons! Staan sterk in die wete dat God steeds ‘n plan met jou lewe het en oneindig lief is vir jou!
    Baie liefde
    Steur jou nie aan mense nie – eendag moet hulle ook antwoord.

  • petro

    Amor, hy sal dit weer en weer doen, as Joost ‘n vrou "stunning vrou" verneuk met ‘n danser/prostituut, is die probleem syne, nie joune nie.
    Hy vertel seker nou vir jou hy ego probleme ondervind, je het hom afgeskeep ens ens…….ek was daar en het die t-hemp!

    Skei hou, en begin voor met eerlik lewe en wees goed vir jou kinders.

  • Heather

    Amor jy is stunning van binne en buite, jou hart sal jou lui, jou kinders jou musiek en as jy kan vergewe dan sal dit wonderlik wees, almal is nie so innocent soos wat hulle uit maak nie, daar is baie rond lopers wat net nie gevang word nie, en omdat jy ‘n dame is sal jy die brug oor kom, ons vrouens staan vas agter jou

  • Petro

    Gaan voluit soos jou CD . Julle as huisgesin sal altyd in my hart wees.Doen wat jou hart begeer dit kom jou toe. Sterkte en baie baie liefde Petro

  • Hannelie

    Wie is ons om te oordeel! Amor, jy en Joost is pragtige mense ! Gaan met jou " inside feelings" en onthou ons bly lief vir julle!

  • Franny

    Amor, jy is pragtig, bly sterk vir jou en jou kinders. Dit is nie maklik om so iets te vergeet nie maar vergewe ter wille van jou en jou kinders. Dit is so maklik om vinger te wys maar hoeveel wat vinger wys het self geraamtes in die kas
    Julle is ‘n pragtige gesin

  • TAZZ

    Joost en Amor is voëls van eenderse vere, gebruik die media vir selfveryking, die storie is nou al regtig hol rug gery. Lyk my Sarie vry na die publisiteits regte vir die egskeidings storie.

  • Chrisma

    Amor

    Dit is nie maklik nie, wat Joost gedoen het, is nie reg nie, maar Jesus se vir ons in Sy Woord, dat die een wat sonder sonde is, die eerste klip optel en gooi. As hierdie openbaring tot die redding van sy siel gekom het, sal Jesus jul bymekaar hou. Hy moet net besef om die "Jesus kaart" te speel vir eie gewin, kan jy mense bluf, maar nie ons Skepper nie. Sterkte

  • gerd

    wat n grap.sy is die een wat hom afgefat het van sy vorige vrou .maar nee,dis mos altyt die man se skul.N vrou wat by n getroude man kuier,weet wat gaan gebeer.Stop om altyt so onskuldig te wees.

  • J

    Amor, alweer in die media! Dit hou net nie op nie.

  • Susan van Rooyen

    Amor, al wat my deurgedra het deur my emosionele dae was jou CD’s se liedjies se woorde. Mag jou eie liedjies se woorde jou ook help om positief te bly.

  • Nina

    Amor, jy het vergeet om te se dankie dat julle alles vir soetkoek op eet en dat Joost se boek so goed verkoop as gevolg van ons slenter met die publiek.

  • Maryna

    Amor, julle is so ‘n pragtige gesin, moenie dat satan ‘n houvas op julle kry nie. Ek bid vir julle dat die Liewe Vader julle sal beskerm en seën.
    Julle verdien om gelukkig te wees. Dink aan Jordan en Kylie. Liefdetjies

  • M

    Hi Amor,

    Ja dis nie ‘n lekker gevoel as jy uitvind nie, jy weet nie of jy moet kwaad wees of net in trane uitbars nie, en baie vrae wat deur jou kop gaan hoekom is daar iets verkeerd met my of was daar ‘n tekort in ons huwelik dat so iets gebeur het, en ek is nie daar om te oordeel nie, maar hoe dink jy het Marlene gevoel toe jy en Joost ‘n verhouding aangehad het terwyl hulle nog getroud was.

    Vergewe en gaan aan terwille van julle kinders

  • SteveD

    Net toe ons begin vergeet van ou Joost se leuens.dit raak nou dik vir ‘n daaler!!

  • sophy

    ag alweer Amore! gaap gaap

  • TJ

    Amor, ek hoop regtig dit is jou ‘eie woorde’ en gevoelens wat in hierdie artikel staan. Indien wel, GREAT. Ek hoop en bid dat jou, Joost en julle gesin se pad vorentoe saam geseen sal wees en dat julle saam die dinge sal deurwerk, vir jul kinders asook ter wille van julself.

    Baie sterkte en weereens, gebaseer op bg. artikel is ek beindruk met die wyse waarop jy die situasie benader.

  • Maggie

    Ja, J, dis beslis nie die laaste sien van Amor nie, want sien, sy is media-verslaaf. Amor, wil jy nie asb ‘n bladsy uit Karen Zoid se boek neem nie? Sy weier om haar kind te laat afneem, en sy en Don (wie ek ken) het hulle huweliksprobleme privaat opgelos en deurgewerk. Dis tyd dat jy en Joost die deure van julle huis toetrek en erns met julle huwelik maak.

  • Chris Liebenberg

    Amore,ek het ook my vrou verneuk so +- 8jr terug en 3 jaar terug het sy dit aan my gedoen,so ek moet se ek weet nou presies hoe jy voel en ek weet ook hoe my vrou 8jr terug gevoel het.Benewens als het ek nooit God se hand gelos nie en deur God se genade is ons weer terug bymekaar en baie gelukkig vandag.Ons het twee pragtige talentvolle seuns en ons lewe voluit vir hulle!!!Ek is n baie groot fan van Joost en ek weet jy sal hom vergewe en glo my hy het sy les geleer.Somtyds moet hierdie dinge in ons lewe gebeur sodat ons kan besef wat ons het en wie ons seermaak.God is in beheer en onthou klou vas aan Hom en sy woord en jy sal deur hierdie hele ding n beter mens kom.Liefde aan jou, Joost en jou pragtige kinders.

  • AI TOG AS JY EN JOOST NIE `N SLAG AAN JULLE KINDERS KAN DINK EN WAT HIERDIE MEDIA STORIES AAN HULLE DOEN NIE KOM MY VERSTAND TE BOWE SOOS TJ HOOP EK OOK DIT IS JOU EIE WOORDE VAN DIE HART EK SE OOK GOD HET 70X70 KEER VERGEWE HOEKOM KAN ONS NIE OOK NIE SLUIT NOU JUL DEURE EN GAAN AAN MET JUL LEWE JOOST HET ALREEDS SO BAIE VERLOOR ONS MIS DAAI GESIG OP SUPERSPORT (EK HOOP NET DIE BETROKKE VROUE ) SAL HUL DAE KRY WANT GOD SIEN ALS RAAK STERKTE BLY VOLUIT LEWE

  • Roenel

    Maggie as Karen en Don dit gedoen het, hoe weet jy dan daarvan, hmmm????

    Sophy gaan slaap, jy klink baie moeg.

    Amor, kyk op en staan sterk, jy gaan nog baie advies en ondersteuning kry van jou fans af. Jy is waar God wil he jy moet wees, jy het n kursus wat jy moet slaag, sterkte.

  • Almal van ons het sonde…daar is nie groot sonde of klein sonde nie…Gelukkig het meeste van ons privaatheid,en kan ons sondes wegsteek vir die wereld.Sterkte aan n pragtige vrou wat altyd haar waardigheid behou

  • C S

    En nou gaan Spar Fourways vir haar nog ‘n bos blomme stuur om dankie te se vir publisiteit. Oi Amor. Genoeg is genoeg.

  • Maggie

    Liewe Roenel, as jy mooi gelees het, sou jy gesien het ek sê ek ken vir Don. Daarom weet ek daarvan. Toe die storie in die media uitgekom het, het Karen net gesê sy hanteer nie haar persoonlike sake in die koerante nie, en dit was dit. Noudat dinge weer reg is, het sy dit aan die media bevestig toe sy weer daarom gevra is.

  • Denice

    My vriendin het die volgende vir my gestuur – He who angers you controls you – ek vind dit so waar en as dinge te veel word pas ek dit toe – dit werk vir alles!!

  • Zelda

    Amor, jy was nog altyd my rolmodel en hierdie ding waardeur jy en jou gesin is wys my net weereens hoekom ek so opkyk na jou. Ek hoop in my hart dat jy vir Joost sal vergewe en dat julle op julle gesin gaan fokus en nie die toelaat dat die publiek en pers julle verder skade doen nie. Julle verdien elke stukkie geluk wat nou na julle kant toe kom en ek glo daar is nog baie gelukkige dae wat vir julle twee voorle. Glo dit!

  • Francis Nieuwoudt

    Liewe Amor

    God gee mens daagliks krag om deur groot versoekinge te gaan. Deur hierdie tyd gee hy sy volle engele mag aan ons vir beskerming. Wanneer ons deur hierdie moeilike tye gaan moet ons altyd besef dat God ons nie
    alleen los nie en dat daar altyd ‘n engel aan ons sy staan. Wees sterk en vra God om jou daagliks te wys hoe om op te tree in jou hoogs emosionele omstandighede. Man en vrou is ook nie eners geskape nie. Die vrou is meer emosioneel en verstaan soms beter die konneksies van die lewe. Ons word baie keer so teleurgestel deur ander mense op wie ons wil vertrou. Vertrou net op God en nie op mense nie. Vergewe en spreek vry sodat God jou die begeertes van jou hart kan gee.

  • Cindy Smith

    Nie een van ons weet werklik wat in iemand anders se lewe aangaan nie. Ons kan ons opinies lig, bemoedig of selfs kritiseer. Maar tot jy in daardie persoon se skoene staan, moet jy liewer stil bly en konsentreer op jou eie lewe – die lewe vandag is moeilik genoeg! Al die hartseer, verbitterheid, geweld en, en, en… Sterkte aan almal

  • sophy

    Dit sou beter gewees het as Jomore die deur van hulle huis toegemaak het en dinge privaat uitgesorteer het voor Hom, maar hulle het albei verkies om dit aan die klok te hang. Soos die ou gesegde se as jy jouself vir toffie uitgee dan word jy gekou. Amor hoe meer jy jouself verdedig hoe meer gaan mense jou onder ‘n vergrootglas plaas. dit gebeur daagliks (en ja ook met ons – maar ons het verkies om dit privaat te hou – en ons het geleer om elkeen 200% te gee in ons huwelik). En Roenel die publiek is moeg dat die twee hulle sake nie privaat hou nie. amen

  • S

    ..en nog steeds wil Amor met die media praat…!!

  • Tertia

    S daar is media en media. Jy nog nie agtergekom nie???

  • gzowsA crdtgjugiwtp, [url=http://uzozonqprrye.com/]uzozonqprrye[/url], [link=http://sevhrvgkwdnh.com/]sevhrvgkwdnh[/link], http://wzqqcrmfkoei.com/

  • Amla43 uogxolzjweco, [url=http://eowbedcqldpk.com/]eowbedcqldpk[/url], [link=http://erptsnlhwhkb.com/]erptsnlhwhkb[/link], http://yrbduxqvlunw.com/