sr0912amor_6_
Ons praat met

Amor se onderhoud ná Joost se boek

Sy is die fyn vrou wat elektrisiteit opwek wanneer sy op die verhoog begin sing en dans. Toe ontmoet Amor Vittone die rugbyheld met die deurpriemende oë en hulle word SA se voorste glanspaar: Amor en Joost van der Westhuizen, perfekte paartjie, sprokieslewe, wat bewonderaars se verbeelding aangegryp het. Maar vroeër dié jaar kom die skok soos ‘n hou in die maag: Joost en ‘n ontkleedanseres in ‘n seksvideo. Hy het dit ontken en Amor het by hom gestaan – in tydskrifte, koerante, op TV. Tot daardie hartseer aand in hul kombuis . . .

Sy was besig om kos te maak toe Joost haar kom vertel dit ís hy in die video. Amor Vittone sê dit sonder emosie, hier waar ons in ‘n koffiewinkel naby haar huis sit. “Dit was iewers in die middel van Augustus.’n Weekdag. In die middag. Méér kan ek nie onthou nie. As ek terugdink, voel dit soos ‘n waas.

“Joost het teruggekom van ‘n afspraak met die man wat sy boek skryf. Hy was doodsbleek, maar kalm. Hy’t vertel hy het pas gehoor die skrywer het ‘n onderhoud met die vrou in die video gevoer.

“En, het hy bygevoeg, hy wat Joost is, erken in die boek dat hy die man is saam met die vrou in die video. Hy doen dit nou, want hy skryf in sy boek oor lewenslesse wat hy geleer het.

Amor Vittone

“Hy’t vir my gesê hy wil nie meer ‘n leuen lewe nie. Hy wil ‘n pa wees wat kan opstaan vir sy kinders. Die voorval in die video het drie en ‘n half jaar gelede gebeur. Hy was ‘n lafaard om dit alles te bly ontken. Hy wil nie langer so leef nie. Hy het nou sy lewe omgedraai, gewys hy is ‘n man deur die waarheid te vertel.

“Ek was so geskok, ek het aangehou kos maak. Ek het stil geword. Drie dae lank het ek niks gepraat nie. Vrae het deur my kop gemaal. Is ek nie goed genoeg nie? Wat het ek verkeerd gedoen? Ek het nie antwoorde gekry nie.

“My eerste woorde daarna aan hom was: ‘Hoekom? Hoekom het jy ons hierdeur gesit? Ek het in jou geglo.'” Dis deel van vrouwees om te wil wéét, sê sy.

“Ons het vrae. Ons wil weet wát het gebeur. Hoekom het dit gebeur? ‘n Man se houding is: ‘Dís wat gebeur het, kom ons gaan aan.’ Joost sê hy weet self nie waarom hy dit gedoen het nie. Net dat dit ‘n slegte tyd in sy lewe was. Dit het gebeur in 2006, toe hy 35 was. Ek weet nie wat was toe so sleg in sy lewe nie. Joost sê dis ‘n ego-ding. Dit was oor onsekerheid in homself. Hy sê ook hy was dronk toe dit gebeur het.”

Amor (37) vat aan haar hare wat los en krullerig op haar skouers hang. In Desember is sy en Joost sewe jaar getroud. Sy lyk vandag anders. Minder glans en borrel. Meer weerlose mens. “Kan jy nie sien ek het oud geword nie?” vra sy.

 

Dit voel vir my asof ek in die laaste jaar tien jaar ouer geword het. Of dalk het ek volwasse geword. Ek het so baie dinge geleer. Ek moes leer wie om te vertrou. Ek sien die lewe vanuit ‘n ander oogpunt. Ek is meer sinies, hoewel ek nie my vertroue en my hoop in die lewe verloor het nie. Hopelik maak dit alles van my ‘n beter mens.”

 
“Goed bly woel in my kop. Hoekom juis dáárdie meisie, weet ek nie. Hy sê hy onthou nie eens wat die dag gebeur het nie. Dat hy haar nie sal herken as hy haar in die straat sien nie.”

Nadat Joost erken het dis hy in die video, het Amor daarna gekyk.

“Dis baie dof. Ek het vir hom gesê: ‘Joost, jy lyk dan dood daarin.’ Ek weet nie of sy drankie gedokter was nie”

“Ek het nog nie Joost se boek gelees nie, maar ek weet hy vra my en sy familie daarin om vergifnis. Hy moes dit al in Februarie gedoen het, toe die video op die lappe gekom het. Hoe herwin jy vertroue in ‘n verhouding? Dit sal nooit weer wees soos dit was nie. Ek is seergemaak. My hart is gebreek.

“Ek weet nou eers ‘n mens se hart kan só seer wees dat jy nie asem kan kry nie.”

Ek het lam gevoel. Dit het gevoel asof ek dood is van binne. Dit het gevoel asof almal my in die steek gelaat het.

Nadat Joost erken het dis hy in die video, het Amor daarna gekyk. “Dis baie dof. Ek het vir hom gesê: ‘Joost, jy lyk dan dood daarin.’ Ek weet nie of sy drankie gedokter was nie. “Ek het nog nie Joost se boek gelees nie, maar ek weet hy vra my en sy familie daarin om vergifnis. Hy moes dit al in Februarie gedoen het, toe die video op die lappe gekom het. Hoe herwin jy vertroue in ‘n verhouding? Dit sal nooit weer wees soos dit was nie. Ek is seergemaak. My hart is gebreek. Ek weet nou eers ‘n mens se hart kan só seer wees dat jy nie asem kan kry nie. Ek het lam gevoel. Dit het gevoel asof ek dood is van binne. Dit het gevoel asof almal my in die steek gelaat het.

 

Daar was dae dat ek gevoel het ek wil net lê en in ‘n gat wegkruip. Dae dat ek net wou slaap. – Amor Vittone

 

“Daar was dae dat ek gevoel het ek wil net lê en in ‘n gat wegkruip. Dae dat ek net wou slaap. Ek gun myself dit steeds. Ek het baie gehuil. Al is ek hoe moeg, kan ek nie slaap nie en moet ek voorskrif-slaappilletjies drink. My gedagtes bly maal. Ek het ontstellende drome.

“Ek het besluit ek hou aan sing, ek staan op en baklei vir dit waarvoor ek gewerk het. Ek kan nie toelaat dat iemand dit alles vernietig nie. Tog, hoe tree jy op? Hoe sing jy? Ek het dikwels gehuil elke keer as ek op die verhoog die liedjie ‘Kom val hier binne my’ gesing het. Dis ‘n spirituele liedjie op my nuwe album, Glo altyd aan môre.

“Ek sing dat ons moet glo aan môre, en nou moet ek dit doen. Dit gee my hoop en geloof. Om dít te glo is vir my survival. Dis asof ek myself, my hele hart en siel, in my musiek en in my werk gegooi het.”

Sy voel seergemaak dat sy Joost so vertrou het.
“Ek was daar vir hom, ek het vir hom opgestaan, baklei. Ek het ‘n gek van myself gemaak. Toe mense vir my stories oor hom vertel het, het ek my man verdedig. Hoe kon ek anders? Ek het geen rede gehad om hom nie te vertrou nie. Ek is sy vrou. Ek het sy kinders.

“Ek’t ‘n gek van myself gemaak…”

“Ek was daar vir hom, ek het vir hom opgestaan, baklei. Ek het ‘n gek van myself gemaak. Toe mense vir my stories oor hom vertel het, het ek my man verdedig. Hoe kon ek anders?” – Amor

 

“Watter soort vrou sou ek anders gewees het om nie by my man te staan nie? Ek het belowe ek sal daar wees vir hom in goeie en in slegte tye. “Hy het my so van sy onskuld vertel dat ek hom geglo het. Hy het my in my oë gekyk en gesê: ‘Amor, dis nie ek in die video nie.'”

Einde Junie het Joost een aand by hul huis inmekaar gesak en in die hospitaal beland. “Hy het eers twaalf uur later wakker geword,” vertel Amor. “Ek het deur die nag by hom gesit. Dit was spanning wat hom siek gemaak het. Tóé het ek hom ook gevra: ‘Joost, is dit jy?’ Hy het dit ontken. Hy sê nou dis omdat hy bang was hy gaan sy gesin verloor. Hy sê hy is steeds bang daarvoor.

“Ek het baie woede in my. Maar ek voel ook jammer vir Joost. Ons almal maak foute. Ek sal nie ‘n mens wees as ek nie vir hom jammer is nie. Al is ek kwaad, kan ek nie my rug op hom draai nie. Hy is die pa van my kinders.

“Dis nie vir my om te oordeel nie. Ek wil nie lelik wees en sê hy is ‘n swak persoon nie. Tog glo ek dat hy die gevolge van sy handelinge moet dra.

“Ek is ook nog baie, baie lief vir hom. ‘n Mens kan nie jou liefde sommer net so verloor nie. As ek my hart gee, gee ek dit 120%, soos wat ek alles anders doen.

“Ons het nooit baie baklei nie. Ek kan nie lank kwaad wees nie. As hy nou in die kar klim en ‘n ongeluk maak, sal ek myself nooit vergewe as ek vir hom kwaad was nie. Ek vergewe maklik. Ek kan nie ‘n wrok bly koester nie, ek wil net altyd die positiewe in alles sien, ek dink ‘n mens moet jou probleme hanteer, besluite neem en aangaan met jou lewe.”

Die vraag bly. Wat nou?
“Wat doen ek? Sal ons by mekaar bly? Ek weet nie, maar ons werk aan ons verhouding.

“Ek is siek en sat daarvan om elke dag ál meer stories te hoor dat ons gaan skei. Dit vat soveel van my energie, wat ek meer positief kon bestee het.

“Ek is nou nader aan versoening en vergifnis as tevore, maar ek weet nog steeds nie wat my toekoms inhou nie. Ek is stadig besig om te genees en om minder woede in my te hê.

“Om gelukkig te wees is die hoogste vlak van energie. Dit help ‘n mens om positiewe dinge na jou toe aan te trek. Miskien moet ek hieruit iets leer en sterker word. Ek glo my lewensdoel is om te dien op ‘n wyse wat my gelukkig maak en dis waarop ek moet fokus.

“Ons slaap steeds in dieselfde kamer. Ek probeer om deur alles te werk. Ek moet ‘n besluit neem. Of ek dáár is of nie. Dis ‘n moeilike besluit.Om die regte een te neem moet ek luister na my binnegevoel. Ek moet ‘n keuse maak waar ek my kinders eerste plaas.

“En dan sal ek daarby moet hou, moet aanbeweeg. Ek sal die gevolge moet dra van wat die lewe vir my gee. As ek bly, sal ek weer my kop stamp? Ek weet nie wat die toekoms inhou nie.

“As die episode in die video waar is, wat is nog waar? Die media het baie dinge geskryf, en sommige daarvan is waar. Ongelukkig is onwaarhede ook aangelas om verkope te verhoog. Dis onwaar dat my ouers my aanhits om te skei. Die pers het ook beweer Joost het ‘n minnares gehad. Ek wonder daaroor. Ek vra vir Joost en hy ontken dit. Hopelik het ek nou die regte storie.

“Ek en Joost het nie ‘n oop huwelik, soos beweer is, waar elkeen toegelaat word om buite-egtelike verhoudings te hê nie. Hoe kan enige paartjie wat lief is vir mekaar en wat kinders het so iets doen? Ek het nie eens geweet wat ‘n oop verhouding is toe ek die eerste keer daarvan hoor nie, ek het gedink dis ‘n verhouding waarin daar goeie, oop kommunikasie tussen die egpaar is.

“Ek leef in die openbare oog, asof onder ‘n vergrootglas. Dis deel van my werk, maar ek dink tog die media moet onderskei tussen my professionele lewe en dinge in my private lewe wat nie in die openbare belang is nie.

 

Ek sal seker nog Joost se boek lees. Ek verwag dit gaan ‘n groot storm in die pers ontketen. Ek wens ek kan vir ‘n week of twee na ‘n eiland toe gaan om ver weg te kom van alles. Ek weet ook jy kan nie van jou probleme af weghardloop nie. Die lewe gaan aan. Ek het kinders, ek het baie werk en optredes wat my hier hou.

 

“Mense kom gee my raad. ‘Bly,’ sê hulle, of ‘get out‘. Maar ek kan nie voel wat ander mense wil hê ek moet voel nie. Ek kan my nie steur aan wat mense dink nie. Ek gaan nie die mag aan enigeen gee om my lewe en ons gesin te verwoes nie. Elke mens en situasie is uniek. Niemand kan vir my sê wat om te doen nie.

“My ouers, Dario en Delyse, het my geleer om nooit belangrike besluite te neem as ek emosioneel is nie. Ek het eers tyd nodig om te genees. Ek het healing time nodig, om kalm te word sodat ek ‘n besluit kan neem.

“My musiek, my vertonings is my terapie. My kinders dra my ook hierdeur. Om weer heel te word luister ek na musiek. Ek probeer afskakel. Genoeg slaap, sodat ek nie my stem verloor nie.

“Daar is nog baie dinge in die lewe om voor dankbaar te wees. My kinders is gesond.

“Ná alles wat gebeur het, is ek meer emosioneel. Ek was fisiek gedaan. Ek gaan nou weer gym toe. Sommige dae was ek platgeslaan. Maar daar is ‘n krag wat my optel. Ek kan nie sê wat dit is nie, maar ek kan dit voel terwyl ek hier sit.

“Ek weet ek moet sterk bly. Ek moet in die lewe bly glo. Ek moet my kinders beskerm en hulle op die hoogte hou van wat gebeur. Hulle weet as ek gelukkig of hartseer is. As hulle vra: ‘Mamma, hoekom is jou hartjie seer?’ sê ek: ‘Mense maak my seer.’ Hulle sê dan: ‘Sit hulle in die naughty corner.’ Ek sê ook: ‘Dadda het Mamma se hartjie seergemaak.’ Hulle is volwasse klein mensies.

“Ek weet ek moet bly glo in verhoudings. In die liefde. Ek bid baie, vir my God, vir Jesus. Ek vra die

“Ek’s net ‘n gewone mens”
Amor Vittone

“Ek wil nie onder ‘n vergrootglas lewe nie. Ek is net ‘n gewone mens. Ek doen gewone dinge, ek vat my kinders skool toe in slip-slops, sonder grimering, met my hare deurmekaar.” - Amor

 

aartsengele om my te beskerm. Ek weet ek het altyd engele om my.”

Amor wil vanjaar vir die eerste keer oor die Kerstyd op toer gaan.
“Ek wil ál teen ‘n kus langs optree. My kinders en Joost gaan saam. Volgende jaar wil ek sing. Ek wil ‘n goeie ma, vrou en mens wees. Ek wil doen wat reg is vir my en vir my mense. Ek wil regtig net gelukkig wees.

“Ek wil nie onder ‘n vergrootglas lewe nie. Ek is net ‘n gewone mens. Ek doen gewone dinge, ek vat my kinders skool toe in slip-slops, sonder grimering, met my hare deurmekaar. Ek het my nog nooit anders voorgehou nie en ek sal ook nooit nie. Ek dink nie ek is beter as ander mense omdat ek op ‘n verhoog optree nie.

“Ek het al gehoor dat inspirasie uit wanhoop gebore word, en ek beleef dit nou. Ek het ‘n idee en konsep aan die radiostasie Jacaranda 94.2 voorgelê en dit is goedgekeur. Ek word nou opgelei om in die nabye toekoms my eie program aan te bied en ek sien verskriklik uit daarna om deel van die radiospan te wees.

“Die lewe is vol draaie, soveel dinge wat gebeur, maar ek het besluit om my kop op te lig en sterk te staan met geloof en die wete dat elke dag steeds ‘n geskenk van Bo is.

“Wat wil ek van die lewe hê? Dit wat my gelukkig maak. Volwaardig maak.” Sy draai haar kop. Luister. “Hoor jy daardie liedjie? Dis ‘I’m Bleeding Love’ van Leona Lewis. Ek hoor dit deesdae so baie . . .”

  • Wyna

    Amor, gelukkig het alle negatiewe goed iewes ‘n vervaldatum. WEes sterk tot dan en bly glo in God, want hy hou van jou positiwe uitkyk en geloof! Sterkte

  • Annalien

    Amor, ek voel vir jou. Ek was ook al so verpletter. Een ding kan ek jou belowe. Die seer gaan oor. Almal maak foute. Vergewe Joost en werk aan julle verhouding. Jesus sal jou weer sterk maak. Dinge gebeur met ‘n doel. Ek weet dit is maklik om te praat, maar ek weet hoe voel dit.

  • Elsebe

    Amor, al die hartseer sal verbygaan. Hoe moeilik dit ookal is, bly by
    Joost. Jou kinders, wanneer hulle groter is, sal baie trots wees
    op hul ma. Hulle kry die kans om groot te word met hul eie pa en ma
    elke dag in hul lewe. Egskeiding, het sy eie probleme.

  • http://ahkeouxxjrsi.com/ pktrdifg

    9ptE9d mopmyosswple, [url=http://djemggzqqlvj.com/]djemggzqqlvj[/url], [link=http://ismqqlbpdqra.com/]ismqqlbpdqra[/link], http://hepjkvowqkmy.com/

  • Niekie

    Amor, ek voel vir jou, regtig! My ouers is self nou besig om te skei as gevolg van ‘n ander vrou met wie hy ‘n buite-egtelike verhouding het.
    Al wat ek net wonder: hoe vertrou jy so iemand weer? Gaan jy nie altyd wonder of Joost die waarheid praat as hy iets sê, soos waar hy was en saam met wie nie? Julle is dikwels in die media en die media skryf baie dinge – hoe gaan jy ooit weet of dit die waarheid is of nie? Watter waarborg het jy dat hy nie weer so iets gaan doen nie, behalwe sy woord?
    Ek wil nie sinies klink nie, maar as ‘n bok eers eenkeer draad gespring het gaan hy weer.
    Ek voel baie jammer vir jou – staan sterk en weet dat die Here jou deurdra, maak nie saak wat jy besluit nie!!

  • http://apgdcyxagstu.com/ tkpxcj

    xR5dyn oeqeaehpooym, [url=http://khwgajwgnncz.com/]khwgajwgnncz[/url], [link=http://vmkslknnkpwk.com/]vmkslknnkpwk[/link], http://dllqiyhlnutu.com/

  • Ria -

    Amore dit is a saak tussen jou en jou GOD – JESUS CHRISTUS!!! Maak met HOM die saak uit en MOENIE dat mense jou voorskryf nie!! BAIE STERKTE – EK KAN NET DINK DIT MOET HEL WEES!!

  • http://www.centerpoint-bee.co.za Maritha Steyn

    Ek voel bitter jammer vir Amor en haar kinders en Joost se ouers. Die spreek woord: "Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie" het altyd by my gespook, ‘n mens wou so graag nie die ‘slegte’ van Joost glo nie, om vele redes.

    Ons moet nou maar almal vorentoe kyk en leer uit sy foute. ‘n Saak het ook altyd twee kante en ‘n mens sou wonder hoekom hy dit nodig geag het om groener gras te gaan soek?

  • http://vednyyvurevr.com/ drotfcsz

    By7506 pwalnhnvwzww, [url=http://ccfclepfgmne.com/]ccfclepfgmne[/url], [link=http://jaydtijweyoq.com/]jaydtijweyoq[/link], http://bdxvzbhyyojy.com/

  • Carin

    Die artikel van Amor in die Rapport het my mening oor haar heeltemal verander. Sy en Joos is nog nie eers geskei nie maar sy kondig aan dat sy ‘n Italianer soek. Ag nee wat Amor ek het meer van jou verwag as dit.
    Eintlik het ek nog maar altyd gedink iewers is iets nie lekker met haar nie, sy het een aand in ‘n onderhoud op TV gese dat sy p…p voor elke vertoning , dit op televisie, toe het ek al my respek vir haar verloor. Ek dink hulle huwelik kan gered word, maar ek dink nie haar hart is daar in nie, ‘n vrou maak of breek ‘n man, sy kan ‘n huwelik heel maak. Hiermee se ek nie Joos is ongeskuldig nie en wat hy gedoen het is reg nie, maar shure hy verdien soos enige ander mens ‘n kans.
    Maar ek dink sy dink bietjie te veel van haarself en gee voor sy is die wonderlike vrou maar ek het al heelwat nie mooi goeed van haar gesien en gehoor.

    Jammer vir die kinders, ek sou bly en ek sou veg vir hulle.

    Sarie Leser

  • Sandré Viviers

    Ag nee julle nie weer sy nie, almal het foute en almal gaan daar deur dit is die lewe. Ek stel werklik nie meer in haar doen en late belang nie, maar as ek ‘n tydskrif opmaak raai oor wie word daar gepraat. Sy is nie eerlik oor alles wat sy so mildelik aan ons oordra nie, vra haar waar was sy op skool. Sy verdraai die waarheid oor so ‘n klein onbebulligheid omdat dit nie haar " prinses " beeld mag skade aandoen nie !!!!

    Los haar uit sy is of baie dom of heeltemal te " grend " om te erken sy was bewus v Joost se mannewales, want weereens lyk die feite nie so rooskleurig op papier nie.

    Wat van die Duitse Katolieke suster in die Transkei wat hemel en aarde vir ons land se mense probeer skuif sodat hulle geleer word om menswaardig te kan ontwikkel op die afgelee gedeelte van ons mooi land.

    Sarie kan beslis bietjie uit die stede ry en ordentlike artikels publiseer van " normale " mense wat eintlik iets beteken vir die samelewing. Hou op om koffiewinkel artikels te publiseer van " kuggels " wat eintlik met 10 witbrode onder die arm staan en " kla en derms ryg " oor hulle teespoed. Uiters vervelig !!!!!!!

  • ina

    Amor jy is ‘n wonderlike vrou, soveel van ons vroue wat kan op kyk na jou, die wat jy so agter jou man staan na al jou seer jy is een uit ‘n duisend en voorbeeld vir ander, staan sterk en bly positief soos jy nou doen ek sal wat wou gee om jou persoonlik te ontmoet net om met jou te kon gesels en ook raad by jou te kon kry, jou siening oor hoe jy ander se probleem kan sien en help dat daar meer van ons vroue is om dalk probleme nugtig te oordink, jy is GREAT ek hou van jou,

  • Diahs

    Wigbert Traxler sagt:„aber die konadkrete Form seiadnes Artiadkels dokuadmenadtiert auf eine sehr expliadzite Art den Zeradfallsadproadzess wisadsenadschaftadliadcher Beobadachadtung unter den Bedinadgunadgen interadnetadbaadsieradter Kommunikation.“„Aber die Empiadrie (und das schliedft die Empiadrie konadtinadgenadter Unteradscheiaddunadgen ein) zeigt, dass dieadser Ausadschluss von Konadtinadgenz mehr und mehr veradloadren geht“ (Sebasadtian bei ditnfrefeia)Eine Proadliadfeadraadtion von Gedanadkenadfiadguadren jener Bauadart scheint Dein Denadken ausadzuadmaadchen und zu orgaadniadsieadren. Immer geht es um die Behaupadtung, ein speadziadfiadscher Zeradfall, ein Nieadderadgang, ein Veradloadrenadgeadhen zeige sich, dokuadmenadtiere sich -empiadrisch beobadachtadbar. Mf6gadliadcheradweise veradschweidft mit der krypadtoaddiaddakadtiadschen Kauadtele, dies mfcsse man sich nun doch endadlich einadmal einadgeadsteadhen.Zur Veradferadtiadgung einer soladche Diaadgnose bedarf es zu alleraderst der Konadstrukadtion eines Popanz von Madfadstab (etwa „wisadsenadschaftadliadche Beobadachadtung“ wie sie einadmal war), demadgeadgenadfcber die Sachadveradhalte sich dann als rfcckadle4uadfig oder defiadziadte4r ausadweiadsen kf6nadnen (zeradfaladlend, veradloadrenadgeadhend).Daradaus wfcrde sich nun alleraddings ffcr mich die Mf6gadlichadkeit einer Gegenadbeadobadachadtung erf6ffadnen, die schlussadfoladgert, dass jener Popanz, der unentadwegt ins Feld geffchr wird, um sein Veradloadrenadgeadhen und Zeradfaladlen zu konadstaadtieadren, ste4radker denn je im Renadnena0ist.Kann es sein, dass kein andeadres Veradfahadren Konadzepadten zu soladcher Proadmiadnenz und Releadvanz veradhilft, wie das insisadtente Bestreiadten ihrer Gfcltigkeit?