andre_lowres
Ons praat met

André Schwartz – ‘n eerste in 12 jaar

Daar sal sowat 12 liedjies op wees. Almal spinternuut. “Ek het nog nie op ‘n naam besluit nie,” sê hy. Dis nog daar iewers in die universe.”

Dié CD sal die veertiende wees wat hy in sy 22 jaar lange loopbaan uitreik. Hoekom het dit so lank geduur om te doen?

“My musiekhart hou van soveel verskillende genres soos musicals en die big band. Ek wou dit eers ontgin. Maar my liefde vir Afrikaans is primêr en daarom is dit nou hoog tyd. Ek kan nie wag nie.”

Hy het reeds een van die liedjies daarvoor opgeneem en sê: “Dis die heerlikste gevoel. Dis byna asof ek huis toe gaan ná ‘n lang afwesigheid. Daar is maar net iets aan Afrikaans wat ‘n ander taal nie vir my as Afrikaner het nie. ‘n Metrum, ritme, betekenis en swier.”

André gaan sowat die helfte van die liedjies vir die album skryf en daar is ‘n paar vriende in die musiekbedryf wat die res gaan skryf.

“Dit gaan ‘n luister-CD wees,” sê hy. “Die lirieke en melodieë gaan hopelik elke keer ‘n storie vertel waarvan die luisteraar gaan hou.

“Maar die groot ding wat my dryf, is dat die klankgehalte goed moet wees.”

  • Venessa

    OOO – Ek kan nie wag nie !! Ek is `n groot aanhanger van jou talent en briljante stem!!

  • Suzette

    Ek kan ook nie wag nie, Andre is baie begaafd, het styl en hy kan maar, Andre wat van ‘n Swing-Album, musiek van die jare 50’s, ou geliefde romantiese liedjies wat mense soos Frank Sinatra gesing het en wat mens nie meer so baie hoor nie, asseblief eks soo mal oor die 50 jare, die mode en sommer alles. Andre is nie soos vandag se musikante wat van baby en nogmaals baby sing nie, hy soek liedjies met kwaliteit.

  • Elmarie

    Ek is sommer weer lief vir alles hier!!!!

  • Monica Breytenbach

    Toe ek maar ‘n ou klein dogtertjie was kon ek nie wag om elke jaar my "wit en goue" goeie wense kaartjie van Andre te ontvang nie. So kinderlik as wat dit was het ek geglo dat hy dit sommer self gestuur het. Later jare het ek hom so met reel vanm optredes leer ken en net oor en oor weer besef watse briljante en fanrtasmagoriese sanger hy werklik is en PLAT opdie aarde. Sien uit na sy nuwe album!