Ons praat met

Andriëtte Norman wys haar foto’s

Idols-naaswenner, Andriëtte Norman, se tweede CD word op 28 September bekendgestel.

“Dis ‘n lekker album met musiek vir almal. Tot ‘n Afrika-keurspel en ‘n hele paar nuwe Afrikaanse treffers. Die gewilde Tempo-liedjie is óók daarop,” sê sy.

Sy deel haar gunsteling-foto’s met sarie.com:

Ek en 2 lede van Flip-a-coin op KKNK
Hier is ek by KKNK 2009 net na die “Jukebox en
vriende”-show saam met Kurt, by twee lede
van Flip-a-coin. Ek was die enigste vrou in die show.
Saam met Thys die Bosveldklong, Ray Dylan en
Nicholis Louw.
My eerste huis!
Hier druk ek die verkoopsbordjie in voor die huis wat
ek so 5 maande terug vir myself gekoop het.
‘n Drieslaapkamerhuis in Brackenfell, Proteahoogte,
in die Kaap. Dit was een van die trotsste dae
van my lewe!
Ek, my niggie (regs) en tannie (links)
My eerste keer in Namibië, Mei 2009.
Saam met my niggie (regs) en my tannie (links).
Ek het in Outjo gaan optree.
Die omslag van my 2de album
Die voorblad van my 2de CD – dit word op 28 September
bekendgestel.
Saam met Victor Matfield by die
Rugbyspeler van die Jaar-toekennings in 2007.
Ek het verlede jaar in Johannesburg gewoon en het
het na ‘n jaar weer teruggetrek Kaap toe.
Hier is ek en my vriende vir ‘n dag in Gold Reef City.
Hier is ek een aand saam met my enigste vriendin in
Johannesburg, Lee-Anne van Reenen.
Sy het in dieselfde woonstelblok as ek in Centurion
gewoon en ons het die lekkerste tye saam gehad!
Musiekvideo van Napoleon
Hier is ‘n foto van die dag toe ek die musiekvideo
van “Napoleon” geskiet het. Steve Hofmeyr het die
liedjie vir my geskryf.
Die liedjie is nou genomineer vir ‘n Vonk-toekenning.
  • heila

    Bly altyd so n pragtige meisiekind!! Beste wense vir die toekoms…

  • Andrette

    Mal oor haar foto’s hou van die nuwe album………..

  • amanda fourie

    Jy is ‘n pragtige meisie en so ook jou musiek. Voorspoed met die 2de cd!!

  • Student

    Jy is so cool Andrette my ma was gek oor jou van dag een toe jy moes gaan op dollie!!

    Ek sing ligte klassieke musiek en harmonizze lekker saam jou!! Hoop jy verkoop miljoene cd’s

  • Riana Beukes

    Voorspoed….jy rock!

  • Elizna de Beer

    Stunning voorblad vir jou 2’de CD..Baie geluk!!

  • leeanne van renen

    ana my skat…dankie dat jy my altyd insluit…eks so lief ve jou.

  • Rika Maree

    Andriette ek is ‘n baie groot aanhanger van jou, jy sing vir my pragtig geniet jou musiek, en kan nie wag dat jy ‘n dvd uitbring nie.

    Rika Maree

  • sarel van tonder

    Andriette jy moes in algeval die Idols gewen het. My geld was op jou gewees
    Ek is ‘n pensioenaris maar jy bly my nommer een. Party van die ou meisies wat vandag sing is vals of weet nie hoe om te sing nie.

    Jy is ‘n pragtige meisie, hou jou naam hoog.

    Liefde

    Oom Sarel