Ons praat met

Anel Alexander se skoonheidsroetine

Waarna soek jy in ’n skoonheidsproduk?

As aktrise word my vel gereeld blootgestel aan uiterstes: baie grimering, skerp ligte, son, wind en weer. Dis vir my belangrik dat velprodukte nie net my vel reinig en herstel ná al die ruwe behandeling nie, maar ook voed.

Wat is ’n moet in jou skoonheidsroetine?

Die eerste is dat daar ’n roetine moet wéés. Maak nie saak hoe moeg ek is of hoe laat (of vroeg!) ek by die huis kom nie, ek was altyd my gesig. Ook belangrik vir my en my sproetgesig is sonbeskerming: Ek gaan nie uit die huis sonder ’n SBF op my gesig nie.

Wanneer voel jy mooi?

Ek doen liefdadigheidswerk vir The Beautiful Life Project, wat daarop fokus om vroue op te hef en te help om hul ware skoonheid te ontdek. Deur ons werk met vroue uit verskillende ouderdomsgroepe, klasse en rasse het ek besef daar is een basiese behoefte wat ons almal deel: Om as mooi beskou te word. Ek het geleer dat geen hoeveelheid Botoks of rome of juwele jou gaan help om mooi te voel as jy nie in jou hart oukei is met wie jy is en spesifiek met hoe jy lyk nie. Ek voel op my mooiste wanneer ek oukei is met myself, content . . . dis maar ’n proses, hoor!

Wat is jou gunsteling-edelsteen en waarom?

Hmm, ek weet nie, ek kon nog nooit regtig edelstene bekostig nie! Ek hou van ’n diamant; daar is iets geweldig suiwers en eenvoudigs maar tog  koninkliks omtrent dié steen.

* Anel verjaar op 26 November en haar geboortesteen is die geel topaas, wat lojaliteit simboliseer. Sy is een van La Mer se plaaslike ambassadeurs.

  • elsa castleman

    Mooi so Anel, ek kyk Semisoet oor en oor en sal nooit moeg raak daarvoor nie, Uitstekend!