sr1303_anel_alexander_5_
Ons praat met

Anel Alexander: Só laat ek my huwelik werk

Is jy en jou man ’n goeie span?

Ons is, ons vaardighede balanseer mekaar. Albei van ons het ’n passie vir toneelspeel, maar James sien homself meer as ’n akteur. Ek is die sakebrein en hy die ideesmens; hy is die dromer en ek die doener.

Anel en James Alexander

Hoe hou julle jul huwelik gelukkig?

Ons is nou tien jaar getroud. Ons huwelik is belangrik en ons doen wat ons kan om dit te beskerm. Reg van die begin af het ons ’n punt daarvan gemaak om met mekaar oor alles te gesels, om die klein jakkalsies uit te roei. Ons praat elke dag met mekaar oor wat gebeur het, al is dit doodgewone goed. Ons gaan stap met ons honde in die park, gaan eet uit of gesels in die bed. Wanneer ons weg van mekaar af werk, bel ons mekaar.

Terwyl ek aan Semi-Soet gewerk het, was James besig met The Wild vir M-Net. Ons het byna nie geslaap nie, net gewerk. Ons het toe besef dat ons huwelik belangriker is as enige
rolprent of sukses as akteur. Dit was ’n groot les. James sê graag hy wil eendag ’n Oscar wen, maar hy wil dan ook kan dankie sê vir sy vrou wat daar in die gehoor sit.

Het julle planne vir ’n gesin?

Ons wil beslis kinders hê, maar nie nou nie. Ek het ses jaar laas goedgeslaap, baie dankie, dit gaan ’n bietjie rof. Ek het klaar twee babas: Discreet en Semi-Soet.