FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Ons praat met

Anna-Mart van der Merwe gesels met Marita van der Vyver

Die een ons gewildste voorbladgesig, die ander ’n geliefde SARIE-rubriekskrywer. Deur die jare het aktrise en skrywer se paaie kort-kort gekruis . . .

En nou sien hulle uit na hul grootste avontuur saam: die rolprent Dis koue kos, skat, gebaseer op Marita van der Vyver se gelyknamige roman, met Anna-Mart van der Merwe in die hoofrol. 

anna-martVir die September-uitgawe van SARIE gesels Marita met Anna-Mart en hulle gesels ook oor die liefde …

Hier volg ’n kort uittreksel. Lees die volledige onderhoud in die September-uitgawe van SARIE.

 

 

Marita: Ek hoor jul troue was baie stil en privaat – nie die soort vermaaklikheidstroue waar foto’s van elke gas en elke glas in tydskrifte pryk nie – want jy’t gevoel been there, done that, got the T-shirt . . . (Of in hierdie geval seker die trourok.) Dit het my geïmponeer, hoor. Ek het self ook die tweede keer tjoepstil getrou, om dieselfde redes, maar ek is nie ’n voorbladgesig van wie die publiek nooit genoeg kan kry nie. 

Anna-Mart: George het nie geweet ek’s ’n “voorbladgesig” toe ons ontmoet het nie. Ons was bloot twee identiteitsnommers wat by mekaar uitgekom het. Soos jy en Alain ook seker?

Marita: Ja, dit was vir my soos ’n wonderwerk. Hierdie man het lief geraak vir my voordat hy ’n woord gelees het wat ek geskryf het. Hy’t nie ’n benul gehad van wie ek in Suid-Afrika is nie. Hy was stomgeslaan toe hy die eerste keer saam met my hierheen kom en besef daar’s mense wat my op straat herken.

Anna-Mart: En nou lees hy jou boeke?         

Marita: Alles wat ek skryf – sodra dit in Engels vertaal word!

Anna-Mart: George het elke toneelstuk gesien waarin ek nog gespeel het, selfs in Afrikaans, want terwyl ek repeteer, bespreek ek dit met hom sodat hy weet waaroor dit gaan. Ek waardeer sy raad. Hy’t ’n verfrissende blik juis omdat hy nie in dieselfde bedryf is nie. En as dit enigsins kan, woon hy die openingsaand by, want dit gee my moed. Jy kan so ver en so hoog vlieg soos wat jou nes sterk is, nè.

Lees verder in die September-uitgawe!            

FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens