ManSoosMyPa-721x1024
Ons praat met

Antoinette Louw gesels oor saamwerk met Sandra Prinsloo

Sean Else se flim ’n Man soos my pa het Woensdag sy eerste vertoning by die kykNET Silwerskermfees gehad.

Waaroor gaan ’n Man soos my pa?

Dit is die jaar 2015 en Juan keer die eerste keer in tien jaar terug na sy ouerhuis. Hy het die huis destyds verlaat omdat hy nie langer sy pa se drinkgewoontes kon hanteer nie. Sy ma is sterwend en sy pa het laat weet dat hy en sy vrou, Ellie, en hul seun, Matthew, moet kom afskeid neem.

Terugflitse bied ’n blik op Juan se grootwordjare, en die gebeurtenis wat tot Juan se permanente vertrek van sy ouerhuis gelei het.

Nakkie (1987 – 2005 gespeel deur Antoinette Louw, 2015 gespeel deur Sandra Prinsloo) se grootste begeerte is dat haar man en hulle seun versoen.

’n Man Soos My Pa is ’n eerlike verhaal oor die dinge wat ons vorm: ons ouerhuis, ons ouers se liefde, hulle foute, vriendskappe, skool, romanse, die buurman se dogter, die skool se boelies… Dit is ook ’n tere liefdesverhaal van arm ouers wat hul bes probeer.

Twee van Sean Else se seuns speel ook in dié film – lees meer hier

Antoinette vertel meer oor dié rol

Lees meer oor die Silwerskermfees HIER

Lees nou