eza29_011_mf_1_
Ons praat met

Armand Hofmeyr oor Steve se verlowing

Aartjie na sy vaartjie. Armand, Steve Hofmeyr se 22-jarige seun,  is nes sy pa ook ’n sanger. Hy trek nie net aandag nie, maar ook vol sale. Sy eerste CD, Foto’s en Briewe is in 2010 uitgereik.
 
Is dit nou lekker om te sing vir ’n bestaan?
Wat bedoel jy? Ek is al ’n ruk ’n sanger. Ja, dis baie lekker.
 
Wat het gebeur toe by jou kar ingebreek is?
Hulle het oor die muur gespring, die ruit uitgeslaan en my beursie gesteel.
 
Hoekom los jy jou beursie in jou kar?
Ek sê altyd daar is niks in my flat wat ek kan koop nie. So, nou los ek my beursie in my kar.
 
Ek het dit ook al gedoen. Maar miskien is die inbreker iemand wat jy ken en weet waar jy jou beursie los.
O hel, nee! Ek glo nie so nie. Ek hoop ook nie so nie.
 
Wat wil jy bereik as sanger?
Ek probeer ’n punt bewys. Kyk, ek skryf mos my eie songs. Die enigste manier hoe ek my kant van die saak kan vertel, is deur my songs.
 
Lyk jy soos jou pa of soos die Amerikaanse akteur Owen Wilson?
Ek dink ek lyk meer na myself. My pa is oud. En Owen Wilson se neus is gebreek.
 
Dis ’n kompliment om na enige een van dié twee te lyk.
Ek het nog nooit so na myself gekyk nie. Maar as ander so sê, dan aanvaar ek dit as ’n kompliment. Maar ek dink steeds nie so nie.
 
Ek neem aan jy het ’n baie goeie selfbeeld!
Wag tot ek 32 is. Dan praat ons weer oor soos wie ek lyk.
 
Hoeveel dae van die week het jy ’n konsert?
Kom ons sê eerder hoeveel keer per maand. So 13 of partykeer 17 keer.
 
Wat is jou gunsteling-dorp om in op te tree?

Kaapstad. Slanghoek. Paarl. Bloemfontein. Kimberley was great. Nelspruit. Sjoe, daar’s baie.
 
Het jy ʼn meisie?
Nee, ek is single. Yheee!

Is jy bly jou pa is nou verloof?

Ja, baie! Ek het hom nog nooit in my lewe so gelukkig gesien nie!

Janine is ‘n mooi vrou

Ja, sy is beautifull! Ek is mal oor haar!

Is sy ook gelukkig oor die verlowing?

Ja, sy is baie gelukkig.

  • Lize

    Persoonlik dink ek jy moet terug skool toe Armand. Gaan leer om behoorlike afrikaans te praat. Daar is afrikaanse woorde vir "songs" en "single" en "beautiful". Baie bly ek nog nooit een van jou "shows" gesien nie.