Ons praat met

Arno Carstens wys sy foto’s

Dit is nie enige Suid-Afrikaanse musikant wat kan sê hy het al ’n verhoog met Celine Dion, Ronan Keating en The Rolling Stones gedeel nie. Arno Carstens, ons alternatiewe rocker, kán.

Hy is behoorlik aan die naam maak in Brittanje. Soveel so dat Jay-Z, die  Amerikaanse R&B-sanger en Beyoncé se man, Arno se optrede by die Isle of Wight (in Junie vanjaar) as ’n “moet-sien” bestempel het.

Arno en sy vrou, Melanie Machattie, woon gedeeltelik in Londen waar hy onlangs sy derde solo-album, Wonderful Wild, uitgereik het. Ons ken hom ook as lid van die Springbok Nude Girls (SNG) saam met wie hy ses albums gemaak en vier SAMA’s (Suid-Afrikaanse Musiektoekennings) gewen het.

Sy eerste solo-album, Another Universe, was die grootste verkoper van Engelse rock nóg in Suid-Afrika. Dit het platinumstatus behaal en is ook met ’n SAMA vir beste rockalbum bekroon. Sy tweede solo-album, The Hello Goodbye Boys, het eweneens ’n SAMA vir beste volwasse kontemporêre album gewen.

Lees die volle onderhoud met Arno Carstens.

Arno (4). Hy het op 12 behoorlik kitaar leer speel. Arno (4). Hy het op 12 behoorlik
kitaar leer speel.
Arno as “5- of 6-jarige”.     Arno as “5-of 6-jarige”. Hy het daarvan gehou om army-army te speel.
In Berlyn verlede jaar toe Arno saam
met die Skotse rock-groep Simple
Minds getoer het.
Net voor Arno en sy band vir die Stones geopen het Net voor Arno en sy band New Porn vir die Stones geopen het, in 2007. “Ons kon hier hoor hoe hulle ’n klanktoets doen – ’n surrealistiese oomblik,” sê
Mel en Arno ontmoet Celine Dion Mel en Arno ontmoet Celine Dion in Maart 2008 in Johannesburg by ’n konsert van haar.
Saam met Ronan Keating na &aposn konsert Saam met Ronan Keating ná een van die optredes wat Arno in Junie 2008 vir hom geopen het.