lizellesokker1
Ons praat met

Bafana Bafana vanaand teen Ghana – kry jou vlag en jou vuvuzela!

Africa’s Black Stars was Afrika se groot hoop in vanjaar se Wêreldbeker om na die eindronde van die wêreld se grootste sportbyeenkoms deur te dring. Maar hul drome is verpletter toe hulle in die laaste oomblikke teen Uruguay in die kwarteindronde verloor het.

Vanaand om 20h30 speel hulle op daai einste veld, maar dié keer teen die manne van Bafana Bafana met derduisende SA-ondersteuners wat gaan opruk na Soccer City in Johannesburg vir dié kragmeting, berig www.iol.co.za

Aaron Makoena (kaptein van Bafana Bafana) beskou hierdie as ‘n “nuwe era vir die span”. “Dit is so wonderlik dat mense nog steeds praat oor hoe ons by vanjaar se Wêreldbeker gevaar het. Ons was daar, en ons het onsself bewys. Hierdie is ‘n nuwe era vir Bafana Bafana en terselfdertyd ‘n groot uitdaging. Die wêreld weet nou wat ons kan doen, en dis nou tyd om vorentoe te gaan,” het Mokoena gesê.

Die nuwe afrigter, Pitso Mosimane, het onlangs by Carlos Alberto Parreira oorgeneem.

Onthou julle die doeldans teen Mexiko?! Kyk bietjie hier