Ons praat met

‘Bakgat’ en ‘Molly en Wors’-akteur oor sy rol in splinternuwe fliek

sarie.com was agter die skerms op die Roepman-stel, klik vir foto’s

Dink jy die fliek gaan ‘n sukses wees?
Ek hoop so. Daar moet net ‘n gehoor vir drama geskep word. Mense is skepties oor drama in Afrikaans.

As dit goed is, is dit al ‘n begin. Hoekom dink jy is daar wel goeie flieks in Afrikaans, maar dit misluk by die kaartjieskantoor?
Ek haal Deon Opperman aan: “The smaller the problem, the bigger the audience.” ‘n Goeie fliek is een waarmee die meeste mense kan identifiseer.

Bakgat was ‘n groot sukses?
Dit het ‘n goeie teks gehad om mee te begin. Elkeen wat daaraan gewerk het, was passievol oor die produk.

As watter karakter herken mense jou?
In Hatfield, Pretoria, is dit Theunis van Poena is koning. In die Kaap is dit vir my teaterwerk, en by skole is dit vir Bakgat.

Jy’s nog nes die eerste keer toe ek jou ontmoet het. Dit gebeur maklik dat jong akteurs die een dag oulik is en dan word hulle terrible.
Dis maar oor hulle onseker voel oor hulself en dan kom hul ego in die pad. Ek is self soms onseker van myself. Gelukkig kom ek uit ‘n stabiele, liefdevolle gesin, en ek sal gou op my plek gesit word as ek cocky raak!

Phyllis Green was op die Roepman-stel toe Andrew van sy karakter vertel het:

Beskryf die rol van Hein:
“Hein is die baddie. Dis uitdagend om die baddie te speel, want dit gaan oor ‘n sensitiewe onderwerp. Hy kan bar voorkom, maar ek wil nie die groteskheid van die baddie weergee nie. Hein se aksies is bad, maar sy persoon hoef nie die aksies te mimiek nie. Elke persoon het goed en sleg.  Ek maak die kraan van goed oop, maar laat druppels uitval vir die slegte karakter. Elke beweging van Hein is controlled, selfs sy maniërismes. Hy weet altyd wat sy volgende stap gaan wees.”

 

  • DiAFcI apubwzfjkoom, [url=http://nzocfizngfjd.com/]nzocfizngfjd[/url], [link=http://eabghwmgtetg.com/]eabghwmgtetg[/link], http://pysgzcpmrwvx.com/