Ons praat met

Stefan Ludik speel nuwe dokter in Binneland

Wie en wat is jy in Binneland? En in wie se slaai krap jy, of gaan jy die held wees?
Gustav Kemp, ‘n dokter met ‘n lang titel, wat in noodgevalle blitsvinnig besluite kan neem. Hy is nog ‘n onbekende vir my. Ek het die karakterbeskrywing gelees en bestudeer, maar hoe die karakter gaan uitdraai, mag ek nog nie sê nie. Al wat ek kan verklap, is dat Gustav nie ‘n man is wat hom nie gaan laat geld nie, en soos in die geval met elke dokter in Binneland wag daar véle verrassings op kykers.

Jy was destyds te sien in die rol van Werner Kranz in Egoli en toe later as Roelof in 7de Laan, nou’s jy in Binneland. Wat is die lekkerste én die grootste uitdaging om in sepies te speel?
Die lekkerste is die uitdaging daarvan, aangesien dit soos ‘n worsmasjien is. Daar is nie tyd vir ginnegaap nie, hoewel almal maar ‘n tydjie maak vir ‘n grappie of twee op stel. Die grootste uitdaging is dat daar nie baie tyd is om die teks te analiseer nie, terwyl jy steeds ‘n stewige weergawe van die karakter moet gee.

Watter een van die sepiekarakters op jou kerfstok is jou gunsteling?
Elkeen het sy eie uitdagings, maar tot dusver geniet ek nogal vir Gustav, aangesien hy nog baie nuut is.

So ‘n paar jaar gelede het jy die vrouetydskrif Cleo se Bachelor of the Year-toekenning in Suid-Afrika gewen … Hoe lyk dinge nou op die liefdesfront?
Ek is maar nog steeds ‘n bachelor, en die toekenning het my nou nie veel in die sak gebring nie. Die kar het gehelp, maar dit was nie die Batmobile nie … Ek is nog altyd oop vir Kupido se pyltjies, maar hy moet net nie te lastig raak hierdie jaar nie. Ek wil graag van Gustav ‘n lekker karakter maak waarvan die kykers sommer met die intrapslag baie van sal hou.

Jou broer Hugo is nou een van die lede van die gewilde mansgroep Adam. Hoe gaan dit met jou band en jou musiekloopbaan?
Dit gaan baie goed. Die Engelse mark is ‘n nuwe rigting, maar ek gaan my musiekloopbaan vir eers op ys plaas sodat ek my volle gewig agter die karakter van Gustav kan gooi en my tyd in Binneland deeglik kan benut.

Jy doen baie liefdadigheidswerk in SA en Namibië. Waarmee is jy tans besig?
Ek is betrokke by die Stefan Ludik Youth Fund, wat fokus op die jeug van Namibië, en dit verg maar al my aandag, geld en tyd op hierdie stadium.

Wat lê nog in 2012 vir Stefan Ludik voor?
Ek het besluit om dié jaar baie van my vrye tyd te gebruik vir die skryf van liedjies, asook optredes as ek in my besige Binneland-skedule ‘n gaatjie kan vind. En om te oefen en gesond te wees. Volgens die Majas eindig die wêreld vanjaar, so ek gaan elke dag laat tel.

  • Suzette

    Asseblief, dis nou regtig die grootste wannabe op twee bene, kan julle Binnelanders nou versuur met die man se teenwoordigheid, hy’t al lles probeer en sy sangloopbaan bereik net niks noemenswaardig nie agge nee jammer maar hy laat my gril.

  • Leana Pitout

    Hy moet asseblief net sy hare weer die natuurlike kleur maak. Hy lyk soos die duiwel met daai donker hare. Pas glad nie.

  • Alida Basson

    Sjoe! Nou gaan ek eers definitief nie Binneland een aand misloop as Stefan op is nie!! Hy is vir my baie sexy!

  • ekke

    Ag dit gaan lekker wees om hom weer te sien speel, wens net die man wil weer soos ‘n man begin lyk aai tog ons sal dan behoorlik ‘n hittegolf in onsseself hê

  • Magda

    Ag nee wat, ek dink hy’t heeltamal uit die bus geval. Hy het hom heeltemal vervreem van sy Afrikaanse aanhangers met die snaakse goed waarmee hy hom deesdae besig hou. Hy was so oulike skoongesig seun aan die begin. Hy het homself heeltemal mismaak om gewild te probeer wees.Sy rondrinkink met en soenery van swart vrouens op die verhoog hier in Namibië staan my glad nie aan nie.

  • Retha Compion

    Ek kyk glad nie sepies nie. Ek voel dis n vermorsing van kosbare tyd. Ek love wel vir Stefan. Hy was fantasties by Hart van Windhoek. Hy kan entertain.

  • Jeanne de Villiers

    Los vir Stefan uit! Hy probeer ten minste die meeste wees wat hy kan wees. Vertel gou vir ons in watter Oscar benoemde fliek het jy die hoofrol nou weer gespeel?

  • Annelize

    Ek is groot aanhanger van Stefan en dink hy het ‘n wonderlike stem, sy liedjies praat met jou hart, en een van ons top akteurs Sy musiek en vertonings is van hoogstaande gehalte. Hy is ‘n persoonlike vriend van ons familie en weet dat hy sommer ‘n groot aanwins vir Binneland gaan wees. Stefan is wie hy is, geen valsheid en aangeplakte liefde vir sy medemens nie, en dit maak hom ekstra uniek.Ons Lombard’s is baie lief vir jou en staan bankvas agter alles wat jy doen. Keep It Real!!!!!!

  • Pedro Fernando

    Stefan is a multi talented artist – an example of a great and good soul on Earth – he is the nicest most down to earth artist I have had the privilege of working with .Stefan’s english album is one of the best pop albums containing the number #1 single ‘Lost In You’ ,the album has gone on to win a Moama International Award in New York as well as 2 Nama (Namibian) Music Awards – he is an artist ,achiever,humanatarian and an inspiration – sincerely PF

  • Chantelle Kieser

    Ek dink i verandering in Binneland gaan goed wees ons ken tog almal al Stephan is baie sexy Ek is bly iets nuuts gebeur kan nie wag nie. YOU GO Stephan!!

  • Petro

    Suzette, as hy jou laat gril moet jy maar ‘n ander program kyk. Baie ander kykers hou baie van hom. Ek dink hy is baie oulik. Mooi Stefan…!!!

  • Meraai

    Probeer hy dalk soos Michael Jackson lyk?

  • Sue

    Die opmerking van Suzette klink vir my bietjie baie na suur druiwe, gelukkig is die algemene publiek baie lief vir Stefan. Wat hy bereik het sit nie in elkeen se skoene nie. Ek haal my hoed vir hom af.

  • Marie – Klerksdorp

    Vir almal wat so negatief is oor Stephan Ludik
    Hy is briljant met alles wat hy aanpak.
    Sy vertoning op die MSC Sinfonia skip was fantasties.
    Go – Stephan jy is ‘n wenner