nicola_grant_2
Ons praat met

Nicola Hanekom en Grant Swanby trou

Nicola Hanekom, wat onlangs ses Kannas gewen het vir haar trilogie buitelug-toneelstukke Lot, Betésda en Babbel, is 26 Mei om 16:30 getroud met Grant Swansby. In ‘n bloekombos!

Sy hou op die verhoog háár van, maar in die “regte lewe” is sy nou Mevrou Swanby.
“Ek is altyd vir alles te vroeg en daar was groot bekommernis dat ek weer vroeg sou wees, so Grant het my laat belowe dat ek minstens tien minute laat sal wees. Ek het ‘n fantastiese strooimeisie gehad en ná al die op-dress, toe almal uit my kamer is en alles skielik stil was, het ons gesukkel met tyd verwyl. Ons ry toe maar op die dorp rond en kyk wat in Foschini se venster hang. Ek was op die ou einde goed laat ná ‘n poging wat soos ‘n marteling gevoel het.”

Die 84 gaste het toe al lank genoeg op boomstompe onder die bome gesit ná hulle ‘n glase sjerrie en fluitmusiek geniet het. Sy het net voor die laaste sonstrale agter Piketberg verdwyn gearriveer in ‘n rok wat deur ‘n pêl, ene Richard Huisamen van Hip Hop, ontwerp is.

“Ek het ‘n winterwit rok gedra en gevoel dis pret.” Sy het vir Richard gesê hy kan doen net wat hy wil, dit sal reg wees. Maar sy hét gestres oor die skoene. “Ek het vet voete en hou nét van tekkies.”

Ná haar pa haar in die kerk afgegee het, het sy net in haar man se oë bly kyk: “Ek wou nie huil nie omdat ons liefde so mooi is, ons wou eerder lag.”
En hoekom weet sy hy is die regte een en sy wil met hom oud word? “Sommer.”

Nicola Hanekom en Grant Swanby

Deel van die lekkerte was twee vriendinne, die aktrise Tinarie van Wyk-Loots en joernalis/skrywer Willemien Brümmer, wat opera gesing het. En ook die Pie Jesu in die kerk.

“Ná ‘Ja, I dohet die gaste ons met bougainvillea-blare bestrooi. Die teken van die dokumente het so lank gevoel, maar daarna was dit groot makietie. Die dans was die lekkerste van als. Wild het ek gedans, ná lekker snoek en spinasie. Die tafels was pragtig. My sussie het dit versier met pienkpers orgideë.”
Sy en Grant eet nou nog troukoek.

Nicola Hanekom en Grant Swanby

“Ons byname is Haas (ek) en hy is Kaas. So my ma het die koeke soos kase laat lyk, met sjokolade- hasies bo-op: 17 koeke. Daar was ook appelterte en roomys. Ons het min gestres, want ons het vooraf  eintlik net oor die seremonie en die musiek gedink. Op die ou einde het alles gewerk. Ek weet nie hoe nie. Ons sit nou, ná die tyd, tussen al die geskenke, onder meer ‘n erdwurmplaas, waaroor ons dol is. Ek kan my nie indink hoekom een mens so verskriklik gelukkig soos ek kan wees nie. Ek probeer om die tyd te laat stilstaan en geniet.”

* NS. Hulle hét reeds ‘n kind, ‘n skilpad.


  • Petro Doman

    Pragtig! Alle voorspoed en geluk vorentoe!

  • veralda

    wat ‘n pragtige troue, maar nog pragtiger haar kleurvolle manier van ‘gesels’

  • Rita

    Wow, sy was ‘n pragtige bruid!

  • Rene

    Wat ‘n mooi storie; baie geluk!!

  • Tess Heymans

    Pragtig, aards en opreg!

  • Elsabe Brits

    Nicola, geluk hoop julle is baie gelukkig. Jy het soveel talent en ek het ongelooflik respek daarvoor.

  • Dawn Mollison

    Pragtig en baie geluk.

    Liefde is deel van julle bestaan en ook glo ook die Liewe Vader.

    Ek en my man is al 41 jaar ssam en hy bly nog my Prins.

  • Jeane

    Wat ‘n onopgesmukte rok maar BAIE stylvol. Baie geluk met die keuse – dit is tyd dat ons begin om die dollie rokke te verruil vir die Jackie O styl wat net nooit verouder nie.

    Jare nog sal jy skaam wees vir die uitrusting nie – baie smaakvol.

  • Santa Hanekom

    Baie geluk ! Ek bid julle `n wonderlike lewe saam toe.
    Nicola, lyk my die is jou jaar.
    Jy maak ons trots Afrikaans.

  • Marie le Grange

    Pragtig! Baie geluk, ek wens jul baie en mooi jare saam toe.

  • Monica

    Beslis nie my smaak van n trourok nie!!

  • Marinda

    Jy kan sien die tema is "late 60’s as ek na die hare en rok kyk, nogal iets anders !