bert_le_clos
Ons praat met

Bert le Clos: Die trotsste pa ter wêreld

Bert se impulsiewe, matelose vreugde tydens ’n BBC-onderhoud ná Chad se dramatiese oorwinning het hom ’n gunsteling onder die skare gemaak. Die YouTube-insetsel met die onderhoud het die sosiale media laat gons. Ons hele land het in daardie oomblik gedeel, selfs afgestompte joernaliste. Bert le Clos het óns wow-oomblik geword.

Die mallemeule van emosies wat daardie wen-oomblik ontketen het, kán hy nie in woorde omsit nie.
Die vrou langs hom op die paviljoen was wildvreemd, hy het nie eens haar naam geken nie. “My seun swem nou,” het hy gesê. “Vir watter land?” “Suid-Afrika.” Toe die ongelooflike, rakelingse wen. En Bert tel haar op en gee haar ’n klapsoen.

“Ek het gehuil, ek kon nie ophou nie. Dit was ongelooflik. Soos ek vir die vrou van die BBC gesê het, ek dog ek het doodgegaan en is hemel toe!

“Ek kan dit steeds nie glo nie. Soms as ek ry, begin ek lag of huil. Jeez, as jou kind die skoolspan haal, is jy trots. Om jou kind te sien wen by die Spele …”

Dit was Bert se vyfde besoek aan Brittanje en die ervaring het sy 
siening van die Britte verander. “Ek het dit nog nooit so beleef nie. Hulle was so gaaf!”

KYK DIE VIDEO HIER: