Ons praat met

Bertha le Roux verloor nóg 4,5 kg

Bertha vertel in jou nuutste SARIE oor dié dieet wat haar laat voel dat sy vir die eerste keer in jare op die regte pad is na gesond maerder word. Deel van die dieet is ‘n “refeeding-program” wat sy tans volg ná sy haar teikengewig bereik het.

Sy het verlede Maandag (9 Maart) met dié program begin en sal vir 18 dae daarmee volhou.* Bertha het binne drie maande haar teikengewig bereik.

Die refeeding-program behels dat sy nou groter porsies kan eet en ook weer melk en brood kan geniet. “Ek kan nou een of twee meer vrugte per dag eet en my proteïenporsies stelselmatig vermeerder. Dis lekker om meer te kan eet.”

Bertha sal uiteindelik selfs weer aan koekies en sjokolade weglê – maar in mátige hoeveelhede! Ná die refeeding kry sy ‘n eetprogram wat sal help om haar gewigsverlies te onderhou.

“Ek sal moet aanhou met wat ek op die dieet geleer doen het: Ek moet drie maaltye ‘n dag eet en twee peuselhappies tussenin. Ek kry ook riglyne wat my sal help om gewig af te skud as ek dit weer sou optel.”

Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) sê:

“Ek deel ‘n aantrekkamer met Bertha en was nie net verstom met haar fisiese tranformasie nie. Soos die gewig letterlik afgeval het (enige meisie sal jaloers wees), het Bertha se hele persoonlikheid ‘n transformasie ondergaan. Sy is ‘ligter’ (van gees), trots op haarself en vol self vertroue. Sy is fabulous! You go girl!

* Bertha se refeeding-program duur 18 dae, maar dit verskil van persoon tot persoon.

 

  • Zenobia

    sjoe sy lyk fantasties ek sal graag meer inligting rondom die dieet wil he ek sukkel erg

  • FELANSIA

    Ek sukkel vreeslik my by ‘n dietplan te bly. Ekt ook nie geld om ‘n dietkundige te gaan sien nie. Ek sukkel vreeslik om gewig te verloor!!!! Ekt die planne gedownload, maar daar is niemand wat my aanspoor nie!!! Kan iemand my help???

  • Rozanne Engelbrecht

    Jy lyk pragtig!!!

  • Diame

    hi skat wil net se jy is my inspirasie en ek een van my groot drome is om net oor die telefoon met jou te praat. Die nuwe Bertha foto het ek op my yskas geplak en dit help,maar ek het nog ‘n lang pad om te gaan. Nogmaals baie geluk en ek hoop ek kan ook so lyk eendag en meskien word my droom waar dat ek met jou kan praat. Mooi bly

  • MAGDALENA CRAUKAMP

    JY LYK WONDERLIK.. KAN JY JOU DIEET PLAN MET MY DEEL… EK SUKKEL OM BY MY DIEET TE BLY, EN AS EK OP ‘N DIEET IS DAN VOEL EK ALTYD HONGER…DEEL JOU UITHOUVERMOE MET MY ASB..

  • Charmainw

    WOW – jy lyk voorwaar soos ‘n model!! Wys jou net… waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

  • Sheranie Verster

    Hi , Jy lyk ongelooflik mooi ek was ook op die dieet gewees en het 21 kg verloor maar na my rug operasie sukkel ek verskriklik baie ek het weer 10 kg opgetel. Ek moet weer gewig verloor, help asb…

  • Lelanie

    Jy lyk stunning!!
    Vertel asb meer oor die dieët waarop jy is. My gewig is soos ‘n
    klimtol, op en af.

  • mari

    hi jy lyk pragtig. maar waar het jy aan hierdie dieet gekom en hoe kan ek dit ook bekom.

  • doreen

    Jy lyk mooi en ons gister oor dit gepraat.
    Ek bly ma moedig jou soos mooi aan.
    Stuur groete vir mooi nig van die voortrekkers.
    Groete
    Doreen

  • Wendy Bezuidenhout

    Jy lyk STUNNING!!! Waar kry ‘n mens inligting oor hierdie dieet? My man en ek wil graag gewig verloor maar ons sukkel.

  • Antonette Skeates

    Jy lyk absoluut "stunning"! Baie geluk!!! Jy het my geinspireer om ook op die dieet te gaan en is vanaf 27 Maart op die dieet en ek het al lekker verloor en voel fantasties! Ek het nog ‘n lang pad om te gaan, maar ek is vasbeslote om daarby te bly, want jy is ‘n voorbeeld vir ons almal!!!

  • Salome Le Roux

    Hi Bertha, jy lyk ongelooflik. Ek sukkel nou al 2 jaar lank om van 10kg ontslae te raak, na my seuntjie se geboorte in 2007. Deel asseblief jou dieet met my.

  • MARIETTA

    JY LYK ONGELOOFLIK! SUKKEL SELF MET MY GEWIG. WAAR KRY EK MEER INLIGTING OOR DIE DIEET?

  • Yolandi

    Hi, Deel Asseblief jou dieet met ons. Jy lyk ongelooflik. Ek sukkel geweldig baie om gewig ter verloor… HELP!!!???

  • AMANDA

    JY LYK STUNNING GIRL!!! KEEP IT THERE
    EK EN MY MAN BEGIN DONDERDAG 16 APRIL MET DIE DIEET, HOOP ONS KRY OOK SULKE GOEIE RESULTATE

  • annemarie giliome

    Dit is great om te sien dat jy met jou deursettingsvermoe sukses behaal het! mooi so!! jy lyk pragtig!!!

  • Talishia

    jy lyk ongelooflik!!!
    ek gaan bietjie meer uitvind oor die dieet want ek sukkel al vir amper 3jaar om gewig te verloor maar ek tel dit so vinnig op as wat ek dit verloor!

    jy is my insperasie!!!
    thanx!

  • Talishia

    weer ek, maar waar kan ek meer informasie kry op jou dieet??

  • Alda

    Vet of maer, jy was nog altyd pragtig. Maar ek moet sê: "Jy slaan nou my asem weg!!" Jy blom soos ‘n bloedrooi papawer. Die fotograaf het alles bymekaar gebring, baie geluk aan julle albei.

  • Lynne Cokart

    Jy lyk pragtig Bertha! Jy is werlik vir my ‘n inspirasie! Ek het op 2 April met dié dieet begin en ek moet sê dit gaan sommer baie goed. Ek het daai mooi fotos van jou wat in Sarie verskyn het uitgeknip en op my yskas se deur geplak, sodat ek die hele tyd herinner word hoe suksesvol jy was op hierdie dieet! Welgedaan Bertha – jy verdien dit!!

  • Elsabe

    Jy is my inspirasie!! Baie geluk met wat jy reggekry het. Ek het ook met die dieet begin wat jy gevolg het, en ek kan ook reeds na ‘n week die verskil agterkom! Ek kan nie wag om te sien wanneer jy al daardie klere op 7deLaan afgooi nie..!

  • Linda Esterhuizen

    EK moet se, ek het nooit besef hoe mooi jy eintlik is nie! Hou so aan!

  • Stephney

    Well I must say she looks stunning. Can you please send me the diet as I am desperately overweight.

  • Lientjie

    Jy "ROCK"! Dit is inspirerend om te sien dat iemand amper 30 kg verloor en so blom. Jy het my gemotiveer!

  • Ria

    Bertha jy lyk fantasies, jy is ‘n groot insperasie vir my om gewig te verloor, sukkel ook met my gewig

  • Bianca

    Dit is fantasties wat met Bertha gebeur het, ek wil ook so lyk. Ek is baie negatief op die oomblik, ek trou in Augustus, ek het dringend hulp nodig.. kan jul my verwys na iemand om die dieet te begin volg.. ek bly in Kempton Park? Ek wil dit baie graag doen , nou!

  • Liza

    Ek het self Dr. Cohen se dieet gevolg en het 38kg in 5 maande verloor – na 7 maande is my gewig nog dieselfde en volg en net die goue reels wat daarna vir jou gegee word en dan sal jy NOOIT weer gewig optel nie. En moenie dink jy kan glad nie gewone, lekker kos eet nie, nee jy kan enigiets eet. Dit was die beste ding wat ek ooit vir myself kon doen!

  • Yolanda

    Ek is ook op Dr Cohen se dieet van Maandag 4 Mei af. Ek voel sommer alreeds beter en weet hierdie keer gaan ek suksusvol wees. Dit is ook lekker om te sien soveel van julle deel julle sukses verhale – dit inspireer my. Ek het 13 kg om te verloor en glo ek gaan dit ook binne 2 maande kan doen…

  • Janet

    Ek het ook al alles probeer – ‘starvation diets’ en al wat ‘n pil is. Om na ‘n week of 2 uit pure frustrasie tou op te gooi. Niks het natuurlik gewerk nie. Maar vandag, 7 Mei gaan ek begin met hierdie dieet. Ek het ook so om en by 15kg ekstra gewig wat ek saamsleep en wil nou finaal daarvan ontslae raak. Die helfte van die klere in my kas het ek gekoop omdat dit mooi is, maar ek kon dit nog nooit aantrek nie, omdat dit nie pas nie!!!!! Maar ek is seker oor ‘n maand of 3 gaan ek dit kan aantrek. WATCH THIS SPACE PEOPLE. sal julle op hoogte hou. Dankie Sarie en liewe Bertha vir die inspirasie

  • Dinah

    Hi Bertha.

    Jy was my insperasie. Ek sukkel ook al ‘n HELE paar jaar met my gewig wat wipplank ry. Ek self was by Weighless en het 10kg verloor, maar daarna het my liggaam net besluit genoeg is genoeg, en dis nie asof ek my "goalweight" is nie. Ek het Saterdag 16 May na ‘n praaitjie gaan luister oor die dieet en het net daar en dan aangesluit. Ek begin Donderdag 28 May met die dieet en kan nie wag om die resultate te sien nie. Jy is my insperasie en jou foto’s het ‘n spesiaale plekkie vir die dae wat die moeilik gaan. DANKIE!!!!!!!!!!!

  • Elizma

    Genugtig… hou so aan!!Jy is sprankelend en pragtig!!

  • Sonja

    Liewe Bertha
    You rock Girl!!!! Jy lyk fantasties! Ekt ook navraag gedoen oor die dieet, maar bly nog skepties. Was al op al wat ‘n dieet was, het verloor, maar weer dubbel soveel opgetel! En elke keer is dit so ‘n klomp geld, ek kon al oorsee gaan met al die geld wat ek op dieet pille en strope en inspuitings uitgegee het. Eks nou nog die vetste wat ek in jare was, en is sowat 35kg oorgewig. Ek kan eenvoudig net die die dieet bekostig nie, HELP met raad asb.!!!!!!

  • EMMA EK IS SO TROTS OP JOU EK HAAL MY HOED AF VIR JOU.EK HET AL HOEVEEL KEER PROBEER MA FAIL ALTYD.

  • Cecillia

    Hi Bertha
    Eerstens wil ek net se "Emma" was nog altyd my gusteling karakter. Dankie dat jy jou sukses verhaal met ons deel en ons aanspoor om iets aan ons self te doen. Jy lyk ongelooflik, pragtig verby.

  • Naomi Heckroodt

    Kan jy my asb sè waar ek die dieet kan bekom, of program…kontak nommer

  • fillicity

    hi bertha jy lyk asemrowend.ek sukkel al van ek jong meisie was met my gewig het al alles probeer.ek sal ook graag n paar kilo’s wil afskud maar het nie die geld om deur al die prosedures te gaan nie,wil jy my nie asb help met n eet program en al die verskillende kosse wat dit insluit nie.ek sal dit baie waardeer,baie dankie sal graag van jou so spoedig as moonlik wil hoor raak oor 2jaar veertig en wil baie graag sexy lyk op my verjaarsdag ek wil die gaste se asem wegslaan

  • Veronika Swardt

    Waar kry ek nog idees vir Bertha se eetplan. Ek benodig GROOT ASSEBLIEF spyskaart idees. Ek het Dr. Cohen se boek gekoop maar daar is net ‘n eetplan vir ‘n week in.

  • Elizabeth Smit

    Bertha jy lyk fantasies!!!
    Kan jy my asb sè waar ek die dieet kan kry, of program…kontak nommer. Is daar ‘n kliniek/dokter in die Wes Kaap? Waarheen moet ek gaan vir die bloed toetse?

  • Nadine

    Net more bel ek die kliniek in Roodepoort. Ek was vasbeslote om my babagewig hierdie winter die trekpas te gee, maar die winter is verby en ek wil groter as ooit en ongelukkig met wie ek is en hoe ek lyk. Bertha, jou foto’s is ‘n inspirasie vir my – en ek wil ook goed lyk vir my kinders, wil he hulle moet trots wees op hulle ma en nie dieselfde gewigskwessies he as ek nie

  • Jo-Nell

    Sjoe Bertha jy lyk, ongelooflik mooi, ek was ook op dieeet maar het weer gewig aan gesit. jou foto’s is ‘n inspirasie vir my. Ek wil net weet as jy klaar jou re-feed het en als, kan ‘n mens weer op jou dieeet program klim en net weer als van vooraf doen?

  • Jenny

    Bertha jy was my inspirasie vir hierdie dieet. ek is nou al op die dieet sewe weke en het 13kilo’s verloor. As ek moedeloos raak dan dink ek net aan wat jy bereik het en dat dit doenbaar is. Die foto’s van die maand is stunning. My man wil weet waar jy die klere koop sodat ek ook so kan aantrek.!!!!

  • Adri Rheeders

    Jy lyk absoluut pragtig ek wil ook by daai kliniek ghaan aansluit.

  • Ons het ‘n Dr. Cohen, support website begin.

    http://www.drcohensupport.co.za/dr-cohen-support-2/

  • Heleen

    Bertha jy lyk fantasties. Jy moenie maarder word nie hoor.

  • Suzette

    Bertha het baie van ons inspireer, ek gaan self aansluit en hierdie keer is ek baie positief oor die hele dieët ding. Ek het sowat 15 kilos om af te skud en gaan dit beslis doen. Kan nie wag om te begin nie !

  • Jacqualene

    Dr Cohen het my bitter teleur gestel. Nadat ek soveel geld betaal het en 10kg verloor het, hulle die Dr Cohen tak in Potchefstroom gesluit. Ek is baie baie teleurgestel in hulle. Die ander probleem met die dieet is, jy kry nie jou stabiliseerings dieet as jy nie weeg wat Dr Cohen as jy idiale gewig beskou nie. Ek voel 52 kg vir my is baie maer. Soos dink twee keer. Biae vroue in Potchefstroom het meer as die gewig wat hulle verloor het, weer opgetel.

  • Cornelia

    Bertha jy lyk fantasties mooi.Kan jy my asb se waar ek die dieet kan bekom, en ook asb n kontak nommer gee.Ek bly tans op die Suid-kus in Margate

  • Nezel

    Ek het nie woorde nie, wees so gaaf en stuur my jou resep. Groot ASB

  • Elverine

    hi
    Bertha kan jy asseblief vir my jou eet plan stuur sukkel om gewig te verloor is sieklik moet dringed gewig verloor dankie sal dit baie waardeur
    Elverine

  • Lynette

    Hi ek sou graag ‘n voor en na foto van Bertha wou sien op een bladsy. Dit maak dit net soveel meer rerig. Ek moet ‘n hele 55kg verloor en weet nie waar ek die moed vandaan gaan kry nie!!!! Ek is so bang vir diete want dit voel as ek ophou tel ek net weer drie dubbel op!!!

  • Rianda

    Jy lyk stunning.Het ook Dr Cohen se eetplan gevolg en dit werk soos n bom.Die wat vra dat sy haar dieet moet deel,dit gaan nie werk nie. Jy moet v bloedtoetse gaan sodat hulle spesiaal n eetplan vir jou kan uitwerk. Kyk op die internet vir die naaste kliniek.

  • Louise

    my baba is vandag 1maand oud en ek wil graag van die ekstra gewig ontslae raak,ek was eers skeptie oor die dieet maar het besluit om dit te doen so wag nou vir my eetplan, jy het my verseker finaal laat besluit om dit te doen, dankie.

  • lallie

    suk graag die dieet program asb

  • Jacqueline

    Haai, sy lyk pragtig. Stuur ook vir ons die resep. Sal dit ook graag wil probeer.

  • este nortje

    hey almal, ek het die eetplan gedun net na my seun gebore was, maar dit was te gou, emosioneel mut jy reg wees daarvoor, ek het dit jr later weer gedun, stunning ruseltate gekry, was 98 kg weeg 45kg, als afgeskud in 5mnde, geen oefeninge, eet net jou regte porsies en kosse en jy kan dit dun.my gewig is stabiel al vir 2jr en 4maande

  • Anne-marie de Rouwe

    whom Emma (Bertha) dit is fantasties. Ek moet sê ek het ook met U slim begin nadat ek jou foto gesien het in as die gesiggie van Uslim. Dit was vir my ‘n baie groot aansporing. Ek is nog nie heeltemal so op dreef nie maar ek kan definitief die plan aanbeveel. Dit voel glad nie soos ‘n dieet nie en ek sien dit ook nie as een nie. Dit is werklik net om die regte kosse saam te eet en om versigtig te wees vir dit wat jou makliker laat gewig op tel. Dankie Bertha vir die wonderlike inspirasie. Jy lyk fantasties xx

  • Anne-marie de Rouwe

    whom Emma (Bertha) dit is fantasties. Ek moet sê ek het ook met U slim begin nadat ek jou foto gesien het in as die gesiggie van Uslim. Dit was vir my ‘n baie groot aansporing. Ek is nog nie heeltemal so op dreef nie maar ek kan definitief die plan aanbeveel. Dit voel glad nie soos ‘n dieet nie en ek sien dit ook nie as een nie. Dit is werklik net om die regte kosse saam te eet en om versigtig te wees vir dit wat jou makliker laat gewig op tel. Dankie Bertha vir die wonderlike inspirasie. Jy lyk fantasties xx