Reynardt en sy meisie An-Maré Roothman. FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Binneland se Dr. Tertius praat oor sy probleem

Die druk om akteur en sanger te wees, én terselfdertyd betrokke in ’n ernstige verhouding, het byna sy tol van Binneland se Reynardt Hugo geëis.

Teen die muur by die voordeur van sy huis in Randburg pryk die woorde: If you want to stand out, be outstanding. Dís waarna Reynardt Hugo streef.

As akteur en sanger het hy dit reggekry. Saans is hy die gewilde dr. Tertius Jonker in die kykNET-sepie Binneland. Naweke, en by al wat ’n musiekfees is, maak hy knieë lam as deel van die sanggroep ADAM. Maar agter die skerms is daar iets wat aan hom geknaag het. Hom vyf jaar lank gevange gehou het. Iets wat gekeer het dat hy vir die mense na aan hom die held kon wees wat hy vir soveel aanhangers reg oor die land is …

Drank het hom byna sy gesondheid én verhouding gekos, bieg die 26-jarige waar hy langs An-Maré Roothman, sy vriendin van die afgelope vier jaar, op die rusbank in hul huis sit.

“Kyk, ek wil nie ’n etiket kry as ’n ou met ’n drankprobleem nie,” sê hy. “Ek gaan nie sê ek was so erg soos party mense in die bedryf wat ek ken nie. Maar ek het baie gedrink. Baie.”

Hy vryf met die een hand oor sy blou oë. Met die ander hou hy Anna, soos hy haar noem, se hand vas. “Dis die eerste keer dat ek hieroor praat. Maar ek is eerder nou eerlik as wat dit later in my loopbaan uitkom.”

Lees die volledige onderhoud met Reynardt Hugo in SARIE se Oktober-uitgawe – nóú op die rak!