sr1302_susters
Ons praat met

Bobby: Só het Karlien my gehelp

“Karlien is nie skaam nie. Sy is baie reguit. Sy het my gewys dis oukei om anders te wees. Dis nodig om uit die boks te dink. Ons is nie gemaak om soos almal te wees nie, maar om onsself te wees. Sy het my geleer ek moet ophou worry oor wat mense van my dink. Ek is altyd die ou wat niemand wil seermaak of aanstoot gee nie.

Karlien van Jaarsveld

Foto: Chris van Dalen (Studio 77)

“Eintlik is ek baie skaam, teruggetrokke. Ek praat nie maklik nie.Maar Karlien het my baie gehelp om uit my dop te kruip. Sy het my laat voel ek het ook ’n plek onder die son, ek moet my sê sê, want as ek dit nie doen nie, sal mense oor my loop. Ek maak myself so kwaad as ek so skaam is.

Danksy haar skryf ek eerlike musiek. Dis die sleutel tot my liedjies se sukses. Ek skryf rou goed wat ek voel, nie net lirieke wat mooi rym of wat die massas bevredig nie. Ek sal graag baie meer saam met haar wil werk. Enigiets wat ons saam aanpak, is vir my lekker. Ons dink alles is snaaks. Mense snap nie altyd ons humorsin nie, maar dis ook reg. Solank ons mekaar verstaan, kan jy ons vir weke alleen laat.

Dis nie ’n staatsgeheim dat ons ma [en bestuurder], Ronel Brink, al twee keer geskei is nie. Ek voel nie gemaklik om daaroor te praat nie. Dis in die verlede, begrawe. Maar deur alles wat gebeur het, is my en Karlien se band só sterk dat niks dit kan breek nie. Kettie en klip.

Kleintyd het ek en sy alles saam gedoen. Ons was vir seker nie soet nie. Sy het saam met my karretjies gespeel. Ek het babapoppe opgepas. Ons het boom geklim, voëltjies gered, geswem, toktokkie gespeel, op dakke geklim, álles! Ons is beste pêls, maar kon kleintyd ook regtig goed baklei. Sommer oor ’n klomp goed. Sy het altyd gekyk hoeveel swiets sy in haar mond kon druk en was dan baie kwaad as ek van myne gespaar het en agterna nog oorgehad het om te eet. Sy het gedink sy is nie mooi nie en dít het my sommer baie kwaad gemaak. In ’n stadium het ons selfs baklei omdat sy gevoel het sý moet mý beskerm. Ons was in sewe laerskole. Ek het gesê ek kan my eie man staan. Ek besef nou sy het dit goed bedoel.

Ek wou haar ook altyd teen alles beskerm, hoewel sy veertien maande ouer as ek is. Ek het nooit van haar ouens gehou nie. Op skool sou ek weier dat sy en haar kêrel(s) by die huis inkom of alleen saam mag kuier. Sy het dikwels vir my kwaad geraak en gesê ek moet ophou ‘pa’ probeer wees. Maar dis mos my suster, jy mors nie met haar nie. Ek was sommer baie kwaad as ek sien hoe mans of ou omies op ’n onsmaaklike manier na haar kyk. Ek het daai ‘oog’ geken en geweet hulle dink vir seker nie watter mooi skouers sy het nie …

Dit maak my baie seer as ek sien iemand praat lelik van of met haar. Net ék weet waardeur sy al is en baie min mense ken haar eintlik. Haar mooiste eienskap is dat sy sal veg vir die waarheid en hard sal probeer om iemand vir die Here te wen. En sy weet hoe om elkeen wat haar pad kruis – selfs die boemelaar op straat – belangrik en geliefd te laat voel.” Die grootste les wat ek by Karlien geleer het:
“Jy kan nie almal please nie.”

  • Koekoe

    AAg hulle altwee is so sweet en ordentlik vir sulke jong mense!

  • Jannet Stone

    Ek dink hulle is altwee baie liefdevolle, spesiale mense. Hulle laat ons altyd goed voel.

  • Mikki

    Mens kan sien hul is " Geseëndes van God ons Vader ". Blessings vir jul en jul families.

  • Ernestine Frick

    Dis `n mooi artikel, so uit die hart uit geskryf! Nes ek jul tweetjies opgesom het. . . dink jul kan ook maar lekker stout wees.

  • Chanell Zeelie

    WOW!!! Dis awesome, 2 great mense so naby aan mekaar lewe en met liefde teenoor mekaar optree en omgee vir mekaar! 2 Wonderlike kinders van God!! Baie groot fan van albei van jul!

  • Blompot

    Stille waters…

  • WieleVirSannie

    Ek dink ek gaan naar word.

  • Henriette Wessels

    Twee van die beste voorbeelde vir enige mens jonk en oud wat ek ken! Mag julle nog vir jare sing…almal is lief vir julle!

  • LEANDRA

    SO SO SOOOOOOO MOOI VERHAAL EK MYSELF WAS NIE SO BEVOORREG OM SO GOEIE KINDERDAE TE HE NIE,,, JULLE HET AL TWEE N AMAZING PERSOONLIKHEID EN SING ONGELOOFLIK MOOI EK PROBEER ALTYD DIE SHOWS BYWOON …MAG JULLE NOG BAIE JARE GESEEND EN VOORSPOED IN JULLE MUSIEK LOOPBAAN HE….KYK NET OP EN WEES POSITIEF …GOD BLESS XXXXXX

  • Nelie du Toit

    Is dit nie mooi om n broer so oor sy sus te hoor praat nie. god sal jul seen en op nog op die hoogste sport sit. Dis ook pragtig dat julle nie skaam is oor jul Godsdiens nie, julle is voorwaar n voorbeeld.

  • Anita

    Julle is n wonderlike voorbeeld vir alle boeties en sussies! Julle is great!

  • Elmarie

    Dis so wonderlik om te hoor hoe goed jul oor die weg kom. Jul is baie geseend en koester jul mooi verhouding. Ek is mal oor jul albei se musiek!

  • Derick Bronkhorst

    Die mooiste vir my van hulle altwee, is dat hulle bely hulle is Christene. Ek glo die Here is net so trots op hulle.

  • Isabel

    Jongmense van hulle kaliber is baie min.Ek is so bly dat hulle mekaar beskerm deur hierdie wrede ou wereld van ons.Daai 2 jongmense is enige ouer se trots.

  • Isabel

    Hierdie 2 jongmense is enige ouer se trots.

  • Chanel lamb

    Diit iiSs sOo wAar watt bObbYy °?n sYy verhAal se ,, wantt karliien iiSs n great menSs enn hulle al 2 iiSs deur baiie sOo hOekOm mOet mense hAar sleg se !! Ekk wiil mAar Ookk nett mYy kOmentAar lewer wantt ekk weet hOe diit vOel aSs mense jOu sleg se enn vlOekk .. Ekk prAat uiit Onderviindiing .. Ekk iiSs manett 15 jAar Oud enn mYy ma enn pa iiSs al 2 keer geskeii .. Enn viir OnSs aSs kiinderSs iiSs diit nii lekker nii .. Wantt jYy lOop mett al diie seer enn pYyn !! Enn diiSs niie sOo makliik Om diit uiit te prAat niie .. SOo ekk wiil nett se bObbYy jOu verhAal iiSs n meester stukk .. Enn diit mAak siin watt jYy dAar °?n se karliien verdiien nett diie beste .. Niie Omdatt sYy berOemd iiSs niie mAar Ookk Omdat sYy GOD uiiitstrAal .. SYy iiSs iiemand wAarOp jYy kann stAat mAak enn .. Baiie mense se hAar sleg Omdatt hulle jarlOerSs iiSs !! MAar lAat ekk jOu nOu iietSs vertel jYy iiSs wOnderliik karliienn .. MOeniie luiister watt mense viir jOu se niie .. JYy siing great .. Enn jYy iiSs n rOl mOedel !!* gOod luckk viir al diie diinge watt °?n jOu lewe vOor le ,, enn mAakk diie regte keusEs !!* :)

  • cornel

    2 oulike mensies……hulle mag maar sing….!!

  • Erna Britz

    Weet jy ek ken hierdie twee mensie van baie jongs af en toe was Bobby al ‘n handsome klein laaitjie, en ja jy kon altyd daai klein duiweltjies in sy oë sien, en Karlien was ‘n regte moederhen oor haar boetjie. Sy het ‘n pragtige jong mens geword en so ook Bobby waarop enige ouer trots kan wees. Geluk Ronel met die taak wat die Here voor jou deur gelê het met hierdie 2 kindertjies, in jou swaerkry dae, het jy nog steeds vir hulle die regte waardes geleer al het dit partykeer nie so lekker afgegaan nie, maar Groot is die Here se Genade en Geseënd is julle. Ek is mal oor julle.

  • Lien

    Al wat my altyd pla is, sodra daar in die media oor Christenskap of ‘n gelukkige huwelik gepubliseer word……………..Dan is dit nie lank daarna nie dan bars daar iewers ‘n bom. Kyk maar vir Joost en Amor, Steve en Natsha, Jannie Moolmanen wat was sy vrou se naam? en vele meer. Hou by wat julle glo en LEEF dit sodat mense dit SIEN. Dis hoe n Christen moet wees.

  • Cecelia

    Hi julle twee ek het julle al baie by Elijah kampe gesien vir my is julle
    2 opregte mense wat onbeskaamd julle geloof uitlewe en rerig vir ons tieners
    n voorbeeld stel.Ek dink jy het n wonderlike skoonma was by die Elijah 1 kamp
    saam met haar.Hou aan met wat julle doen als se wie wat niemand is "perfect"

  • Sarnie

    Ai ek is mal oor julle en die artikel laat my smag na so verhouding met my eie broer!!! Julle is ‘n groot rolmodel vir ons (**,)

  • Jo-Merie

    hehe>>>awww julle 2 was mal cute!!!! Julle is rgtg idols na wi di res va ons kan opkyk!!! Luv julle ouQs!!! :)