bobby_rz
Ons praat met

Bobby van Jaarsveld bly kalm tydens kaping. Hy vertel self.

“Dit was eintlik bietjie van ‘n adrenalien rush, glad nie so ‘n bad experience nie.”

“Ek was in my swart Range Rover op die N1, op pad na Pretoria. ‘n Silwer BMW met vyf mans het volspoed in my vasgery. My kar het gehop, ek het beheer verloor en dit het oor die snelweg begin slinger. . .”

Bobby kon nie verstaan wat aan die gang was nie en dog eers dis ‘n gewone ongeluk. Hy wou stop, kyk wat die skade was, maar toe probeer hulle hom uit die pad druk. Die vyf manne wou uitklim “Ek het besef dis ‘n kaping. Húl motor se neus het so seer gekry, dat hulle nie eens verder kon ry nie.”

Bobby gee toe daar was ‘n stadium op die snelweg wat hy húl motor wou terugstamp. “Soos in die flieks. Maar toe besef ek dat ek nie regtig in Hollywood is nie. Ek moet chill. Ek glo jou tyd is jou tyd, maar sekere mense gaan soek hulle eie tyd.”

Bobby, wat later gesien het sy motor het net ‘n paar skrape, het vinnig weggejaag.

“Ek is twee jaar gelede amper gekaap naby Sodwana-baai . . . Dis aanvanklik ‘n skok. Maar die Here het my nou so kalm gemaak. Ek bid die heeltyd. Jy moet net let go. Dis verbasend hoe jou gedagtes werk.

Jy dink wat kán gebeur. Moet ek nou gereed maak om my kar oor te gee? Ek het net besef ek moet chill. Dit het gewerk.”

Bobby is ná die amper-kapery glad nie bang om nou weer laataand te bestuur nie.

“Dis ons werk. Ons ry maar dikwels laataand in dodgy areas. Mens moet net geloof hê.”

  • Elsa De Kramer

    Mooi gedoen daar Bobby!
    Ek sê altyd dat God ons nie van gevaar kan beskerm nie, maar wel IN gevaar!
    Ons dank die Vader daarvoor!

  • Maritza

    Bobby, ek is so dankbaar jy is veilig! Jy het ongelooflik baie wysheid vir jou ouderdom! Jy is n groot inspirasie vir my! Be blessed!

  • Karina

    Jou geloof het jou daardeur gedra.

  • Eroca

    Weereens het jy bewys God is Groot!!! Hy beskerm sy kinders!! Bly jy is veilig en gespaar vir almal van ons wat jou bewonderaars is en nog steeds jou stem kan hoor!!

  • Hannelie

    Bobby so bly jy is veilig, dat God heeltyd by jou was.

  • jenny

    Ag foeitog. afgesaagde storie by die tyd!

  • Karin

    @ Jenny – nou hoekom lees jy die afgesaagde storie en lewer dan nog kommentaar daarop ook? Die stories was reeds gisteroggend op Sarie se site – terwyl dit nog vars was.

  • NE

    Cool.

  • Elmarie Kemp

    "glad nie so ‘n bad experience nie"?????????????

  • Anita Harmse

    Jenny, jy’s bietjie vinnig met die mond, wat as dit met jou of een van jou geliefdes gebeur?

    Slegte dinge gebeur ook met goeie mense, jy het wel ‘n keuse hoe jy daarop REAGEER. Mooi so Bobby.

  • Johan

    "Ons ry maar dikwels laataand in dodgy areas"

    Bobby, ek bly in daai dodgy area wat jy van praat en moet darm ook net vir jou vra, dis daai "dodgy areas" wat jou betaal nie waar nie? Nie baie gelukig met jou uitlaatings nie.

  • Lisa-Marie

    Jenny bly jy liewers net stil jy het nie n idee waarvan jy praat nie.

  • J Bones

    Dalk nie ‘n kaping nie, hulle wou hom dalk net takel oor sy swak Afrikaans

  • MM

    My flip mense moenie so liggeraak wees nie! ‘n Mens moenie elke liewe woord wat gese word persoonlik opneem nie.. @Johan: as ‘n area "dodgy" is, is dit "dodgy" of jy nou daar woon of nie. Daar is dele wat in die dag heel fine is om te ry, maar in die nag voel daardie selfde areas maar onveilig en so dan "dodgy"!
    SO… Al wat tel is God het weereens gewys Hy kyk en sorg vir Sy kinders!

  • Gerhard

    Ek wil net vir Johan se jys kommin om so af te gaan oor wat Bobby gese het van doddgy plekke hy bedoel daar is sulke plekke lou aap jy redeneer soos die anc jou ass

  • Annelie

    Enige plek of tyd DAG of NAG is nou dodgi. Bobby ek is nie ‘n Sarie leser nie. Dank net die Here dat HY hou beskerm het vir jou en jou gesin.

  • Michell Viviers

    Wat kry mede Suid-Afrikaners daaruit om ander aan te val op hierdie kommentaar dialoog? Jinne, wat het geword van ”ons is lief vir ons mede-mens en wil die beste he vir hulle”? Pleks kyk julle na die groter prentjie…

  • Ockert se oom van Ellisras

    Wanneer jy weer in die geweste is, kom maak ‘n draai. Dis nog nie so dodgy hier nie.

  • Susan Forret

    Ek stem saam- hierdie mense kom van ‘n ander plek en dan geen dit ‘n area ‘n slegte naam. Maar ek was self in sulke onstandighede met 3 gewapendes. Ek is uit my kar gepluk en die en ou her 3 keer na my toe gekom en sy vuurwapen in my gesig gedruk. ek is net bly hulle het nie met my in die kar weg gery nie!!!!!

  • annerika van zyl.

    sjoe bobby jy was seker baie moeg

  • Hester Heuschen

    Baie dankie Here dat hierdie goeie en pragtige man behoed en bewaar het! Ek hou sommer baie van hom en sus Karlien. Hulle is goeie jongmense – wens daar was meer sulke jongmense dan sou SA ‘n beter plek gewees het.

    Hou op om mekaar aan te vat – dank die Here dat Hy so groot is!!