Ons praat met

Bobby van Jaarsveld wen groot by die Ghoemas

Dit was gisteraand weer die Ghoema-musiektoekennings waar die gewildste Afrikaanse kunstenaars van die afgelope jaar gevier word. 

En oudergewoonte was dit weer ’n glansgeleentheid. Bobby van Jaarsveld het met 3 van die groot pryse weggestap – Album van die Jaar (Maak ’n wens), Manlike Kunstenaar van die Jaar en Beste Popalbum deur ’n Manlike Kunstenaar (Maak ’n wens).

bobby van jaarsveld

Bobby in ons Desember 2014-uitgawe FOTO: Leana Clunies-Ross

Riana Nel het met 4 pryse weggestap – Vroulike Kunstenaar van die Jaar, Beste Popalbum deur ’n Vroulike Kunstenaar (Die Regte Tyd) Beste Verkoper ​én Beste Liedjieskrywer.

Blaai deur ons album vir foto’s van die geleentheid:

Karlien van Jaarsveld saam met die ontwerper Anél Botha

FOTO: Instagram

Kurt en Dunay van Heerden

FOTO: Instagram

Dunay het ook 'n rok van Anél Botha gekies

FOTO: Instagram

Lianie May se rooi rok is ook deur Anél Botha

FOTO: Twitter

Heinz en Aletté Winckler

FOTO: Twitter

Jay, sy vrou Mia (ook in Anél Botha), Cornel de Beer en Riana Nel

FOTO: Twitter

Elma Smit en Karlien van Jaarsveld

FOTO: Twitter

Riana Nel

FOTO: Twitter

Bobby van Jaarsveld en Riana Nel deel 'n ligte oomblik

FOTO: Twitter

Willem Botha, Lea en Karlien

FOTO: Twitter

Lea, moniQue, Charné Marwick en Willem Botha

FOTO: Twitter

Bobby en sy vrou, Annatjie

Bobby het dié mooi boodskap by dié foto geskryf: "En aan my Beeldskone Vroutjie @annarhd . Baie lief vir jou en jy het so mooi gelyk. #sysmyne "
FOTO: Twitter

Die wenners by die Ghoema 2015-toekennings

ALBUM VAN DIE JAAR
Bobby van Jaarsveld – Maak ‘n wens

MANLIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR
Bobby van Jaarsveld

VROULIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR
Riana Nel

GROEP VAN DIE JAAR
ADAM

BESTE LIEDJIE VAN DIE JAAR
Hugo Ludik/Joe Foster/Johan C Venter – Sal oorlog vir jou maak (opgeneem deur ADAM)

NUWELING VAN DIE JAAR
Vegas

BESTE POP-ALBUM DEUR ‘N MANLIKE KUNSTENAAR
Bobby van Jaarsveld – Maak ‘n wens

BESTE POP-ALBUM DEUR ‘N VROULIKE KUNSTENAAR
Riana Nel – Die Regte Tyd

BESTE KONTEMPORERE ALBUM DEUR ‘N MANLIKE KUNSTENAAR
Steve Hofmeyr – Toeka 3

BESTE KONTEMPORERE ALBUM DEUR ‘N VROULIKE KUNSTENAAR
Laurika Rauch – Wals, wals Willemien

BESTE ALBUM DEUR ‘N DUO OF GROEP (POP/KONTEMPORER)
EDEN – Nooit oud raak nie

BESTE GEESTELIKE ALBUM
Hennie Maritz & KrissTel – Duis:Lig 2

BESTE KINDER-ALBUM OF -DVD
Hanna Grobler en Hendri Myburgh – Buster die Brak – Almal het ‘n gawe (DVD)

Die MK Toekenning vir BESTE ALTERNATIEWE ALBUM
Die Heuwels Fantasties – Ja.Nee.Lekker

BESTE BOEREMUSIEK-ALBUM
Die Penkoppe – Lekker man lekker

BESTE HUMOR ALBUM
Wicus van der Merwe – Popster

BESTE INSTRUMENTALE ALBUM
CH2 Guitar Duo – Soos in die ou dae

BESTE MUSIEKVIDEO
Steve Hofmeyr – Sit die ligte aan

BESTE LIEDJIESKRYWER
Riana Nel

BESTE VERVAARDIGER
Juan “Floors” Oosthuizen

Lees nóg oor die Ghoemas HIER.