FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Bobby van Jaarsveld se sakebesluit + sy vyf fiksheidswenke

Bobby van Jaarsveld is deesdae ’n besige man. Nie net speel hy in die musiekblyspel Droomkind nie, hy is ook ’n sakeman.

Nie net is Bobby tans in die staatsteater in die verhoogproduksie Droomkind te sien, hy ontwikkel ook die sake-kant van sy persoonlikheid!

Droomkind vertel die Bybelse verhaal van Josef, maar soos wat dit in die 1950′s sou plaasvind. “Ek love dit! En ek is trots om deel van só ’n musiekblyspel te wees,” sê hy. Soos Josef, is Bobby ook nog nie klaar gedroom nie ….

Bobby pas Karlien se tweeling op

Só oefen hy sy woorde vir die musiekblyspel Droomkind FOTO: Twitter

Só oefen hy sy woorde vir die musiekblyspel Droomkind
FOTO: Twitter

“Een van my groot drome is om nog eendag self ’n verhoogstuk te skryf, maar ek is nog nie seker waaroor nie.”

Juanita du Plessis se seun saam met Bobby op die verhoog

Nou werk hy eers aan sy droom om ’n suksesvolle sakeman te wees.

“Ek weet self nie waar ek die tyd kry nie! Ek maak maar tyd daarvoor, want ek voel dis vir my belangrik om die besigheidskant van my persoonlikheid ook te ontwikkel,” vertel hy.

Hy besit aandele in Sportsmax, ’n organisasie wat aanvullings verkoop. Dit is onder meer produkte wat jou help om energie te bou, vinniger van beserings te herstel, vet te verbrand en spiere te bou.

Dit lyk of die hele gesin hom help om dié produkte te bemark – kyk net hoe staan hy én Karlien met dié produkte.

Bobby is self baie gesteld op ’n gesonde leefstyl en om hard te oefen. Hy het selfs die Argus padfietsren vanjaar voltooi! Dié dat hy so passievol voel oor sy eie sakebelange, wat ’n aktiewe leefstyl bevorder.

Bobby se top-vyf fiksheidswenke

  • Drink baie water
  • Eet genoeg vars groente en vrugte
  • Gebruik die regte aanvullings
  • Verander jou oefenroetine gereeld
  • Eet gebalanseerd en maak seker jy weet wat jy kan eet en wat jy eerder moet vermy