Ons praat met

Boer Soek ‘n Vrou 2 – FOTO’S

As sy weer aan ’n werklikheidsreeks moet deelneem, sal sy. “Maar nie as die prys oor emosies gaan nie. Slegs as ’n mens geld kan wen,” sê Lynda Smuts, die mooi boetiek-eienaar van Malmesbury wat heelwat aandag getrek het in Boer soek ‘n vrou 2.

Pieter Hanekom, die wynboer van Franschhoek, moes in die laaste weke tussen Lynda en Ashley Pugh (37) van Hartbeespoortdam kies. Ashley het “gewen“, maar nie voordat die hare gewaai het op die plaas Akkerdal nie. Daar was soms harde woorde tussen die vroue en Pieter moes dit self ‘n paar keer ontgeld.

Sy het nie besef hóé moeilik dit is om jou gevoelens voor die hele volk bloot te lê nie, vertel Lynda in die November-uitgawe van die tydskrif SARIE. Nou moet sy boonop met die nagevolge van roem saamleef.

Sy kan nie meer kafee toe gaan om melk te koop sonder dat mense haar voorkeer nie. Party wil selfs haar handtekening hê of saam met haar afgeneem word. “Dis weird. Dis asof ek deesdae ’n sonbril moet opsit en almal moet ignoreer, en dít wil ’n mens ook nie doen nie. Ek het glad nie meer privaatheid nie,” sê Lynda.

Vreemde mans sal vir haar sê: “Ek het nie ’n plaas nie, maar ek het ’n mooi kar/persoonlikheid.” En sy kry daagliks uitnodigings van “nuwe vriende” op Facebook. Dié aandag is vir haar vreemd.

Sy het selfs al ’n paar uitnodigings vir afsprake en huweliksaansoeke op Facebook gekry. Nou die dag het ’n man vir haar vliegtuigkaartjies aangebied om vir hom te kom kuier. Maar sy is versigtig. Sy sal nie sommer op ’n Facebook-afspraakgaan nie.

“Dis net nie so maklik vir ’n enkellopende meisie om geholpe te raak op ’n plekkie soos Malmesbury nie. Die ouens trou jonk en dié wat geskei is, het kinders. Dit help ook nie as ’n mens mooi is nie, want dit lyk my dan is hulle te bang om jou uit te vra. Ek dink regtig nie daar is iets fout om aan só ’n reeks deel te neem nie.”

Lynda het besef Pieter is nie die man vir haar nie. “Maar iemand soos Ashley het dit beskou as ’n spel. Sy wou bloot wen. Vir my het dit gegaan oor moontlike liefde. Dit het nie oor sy geld, sy looks of selfs die wen gegaan nie. Ek wou aan myself bewys dat ek liefde kon vind.”

* Lees die volledige artikel in die November-uitgawe van SARIE wat van Maandag, 12 Oktober, te koop is.

 

Kyk bietjie na die foto’s van die Boere en die meisies wat die laaste paar dae op die plase geneem is.

Gaan na die Boer Soek ‘n Vrou-webtuiste en leer meer oor Johann se nuwe meisie. Speel Pieter met Lynda se hart? Kyk na haar video-onderhoud.

+ Slaap Pieter met of sonder pajamas…

Kyk ook na Tickey en Selma-Louise se wittebroodsfoto’s

  • Ek dink persoonlik Johann en Stella pas uitstekend bymekaar asook Francois en Samantha. Ludwig is ons gunsteling en hy en Alna pas ook perfek bymekaar. Pieter en Ashley pas mooi bymekaar , altwee is ewe Commin.

  • Anita van Rensburg

    Ek dink persoonlik, dat Boer Soek ‘n Vrou 2 glad nie ‘n sukses was nie, in die vorige een het boere regtig ‘n vrou gesoek,die keer het als gegaan oor sensasie. Die 2 wat vir my uitstaan en in die hele ding was vir ‘n vrou is definitief Johann, hy het ‘n hart van goud, en dan Francois. Oor PieterH wil ek nie eers Kommêntaar lewer nie. En Ludwig???

  • Willem

    Ek dink Ludwig is effens mal.

  • Christelle van Staden

    Kyk – dit was nou ‘n storie – hierdie reeks van Boer soek ‘n vrou!

    Johann en Stella – ‘n match made in heaven – Sterkte.
    Franz & Sam – nie seker nie. En ek dink hulle gesigte wys ook die onsekerheid.
    Ludwig – ag arme Alna.
    Pieter & Ashley – daar is beslis verskuilde agendas, maar ten minste het hy nie vir Lynda (o toggie) gekies nie.

    Indien daar ‘n Boer soek ‘n vrou 3 is sal die proses beslis hersien moet word – dit het NIE gewerk nie.

  • Ester

    Johann en Stella n match made in heaven. Francois en Sam nie seker nie. Ludwig?????????Pieter en Ashley verdien mekaar want hul is ewe common. Ek kan nie glo dat Ashley haar so ewe onskuldig in die hele storie wou hou nie. Soort soek soort. Boer soek ‘n vrou 2 was baie teleurstellend.

  • Liza

    Johann en Stella – n pragtige paartjie, alle geluk vir die toekoms- Franz & Sam – wil nou nie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie, maar Sam is hopeloos te "nors" vir Francois – miskien bewys sy ons verkeerd ?. En Ludwig – die ou is heeltemal van lootjie getik, hy hou vir Alma al weet die hele land hy soek eintlik die ander meisie – Alma vat die pad so gou as moontlik hierdie ou is nie vir jou. Pieter & Ashley – ja nee, daar is n ou ou spreekwoord wat sê soort soek soort….. Pieter ek dink hy gee voor wat hy nie is nie, Ashley was ten minste baie eerlik toe sy hom die eerste aand n goeie naam genoem het, sy was nie skynheilig nie en sê n ding soos sy hom sien. Lynda – wat n bedorwe brokkie, sy het werklik haar ware kleure gewys, sy is nog baie kinderagtig en n mens is eintlik bly Pieter se oë het uiteindelik oopgegaan. Sy is n regte "brat" en het almal n rat voor die oë gedraai. Mag sy eendag n man kry wat al haar giere en streke sal waardeer. Wel ek moet net sê hierdie reeks was baie teleurstellend! Hoekom neem mense deel as hulle klaar iemand anders ontmoed het (die mans) of as hulle (die vrouens) nie bereid is om op n plaas te gaan bly en werk nie? Ek glo die vervaardigers moet hulle huiswerk beter doen en sorg dat die regte deelnemers gekies word en nie noodwendig die met die meeste briewe nie. Laat die publiek dan eerder stem wie hulle graag in die top 5 wil sien? Oom Flip jy is n engel en het nie verdien om so behandel te word nie, ek het baie respek vir jou, veral hoe jy die hele onsmaaklike afêre hanteer het. Daar het jy weer gewys watse goeie maniere jy het, want daardie twee skinderbekke was glad nie die regte vroue vir jou nie. Baie sterke en alle geluk vir die toekoms.

  • Evette

    Ek dink BSV-2 was n reuse flop! Om net die minste daarvan te se. Die vorige een was n sukses want al die deelnemers het by die reels gehou. In BSV-2 was die reels gebreek en daarom is dit so n gemors. Persoonlik dink ek dat die kwessie van "buite vroue" die rede is waarom dit so n swak smaak reeks was. Hoe kan jy vra dat vrouens vir jou skryf en in die tussentyd het jy iemand anders ontmoet. Ek dink iemand wat onseker is van hulself los n "agter-deur" oop, indien iemand my nie kies nie, het ek die publisiteit gekry en het iets om op terug te val. Die taalgebruik van BSV-2 laat veel te wense, dis in "family viewing time". Lynda en Ashley pas soos n handskoen by Pieter H. Hulle moes al 3 op die plaas gebly het. En Ludwig, hy soek net n lekker tydjie saammet "enige vrou," for that matter en daar is net plek vir sy ego op daardie plaas! Boer soek n vrou 1 was great!

  • Hallo!!!!!!!!!!haha

  • Carina

    Ek dink ook Johan en Stella is vir mekaar bedoel…maar ek voel die program moet bietjie hulle reels versterk. Daar is so baie wat uigeval het of uitgeloop het dat dit aan die einde van die dag nie eers meer nodig was om aan te gaan met die program nie… Alles of niks!

  • Sandy

    Ek stem saam, die twee reeks was ‘n groot flop – maar dit is grootliks te danke aan die onervare aanbiedster – Elma! Sy het GEEN ervaring in die gebied nie en is regtig te hard opsoek na ‘n man – haar kleredrag , hare en houding verander soos dag by nag by sekere boere – Glad nie gepas nie! Verander haar en die hele atmosfeer en tipe kaliber mense wat gekies gaan word sal verbeter!

  • Hyla

    Die hele BoerSoek’nVrou-saga was n flop! Elma en haar span moet beslis die reels hersien en ja, laat die kykers stem vir die top boere wat op die program moet verskyn. Pieter H en sy ‘keuse’ is waarlik n kommin paartjie, so ook die ‘madam’ wat hy huistoe gestuur het – sy is ook nie lekker nie! Daardie soene tussen die twee het my so naar gehad dis net nie waar nie….

  • Jannie

    Ludwig sal seniel wees voordat hy volwasse is!Hy was deurgaans ‘n verleentheid omdat hy so ego-sentries is en vir die hele land sy issues uitstal. Pieter het m. i. ook die kykers ongemaklik gemaak.
    Het Lynda toe die verloofring gekoop?!
    Ek dink keuring van die mans sal strenger moet wees:publisiteis- en plesiersoekers ontwrig die program.As deelnemers die reels verbreek,moet hulle verdere deelname verbeur. Die volgende boer ,volgens getal briewe,kan selfs ge-fast track word in sulke deelnemers se plek.
    Elma kan nie die blaam kry nie – sy voer die beleid uit.

  • Tanya

    Sjoe, ek moet erken ek het glad nie die eerste reeks gevolg nie, so het niks om te vergelyk mee nie, maar wat ‘n fees om na Boer soek ‘n vrou te kyk. Ek het elke episode gevolg, ‘n paar was bietjie telleurstellend, want daar "chicken" die tannies uit, of hier is ‘n meisie op die kant. En ek moet erken, Ashley, Lynda en Pieter het vir die meeste vermaak gesorg. Wyn en ‘n klomp egos in een vertrek! Kan net ‘n fees wees. Ja, ek moet erken, ek het gekyk vir die sensasie, en ek wil ook graag dat almal liefde vind, maar is daar regtig enige reëls as dit by ware liefde kom. Wat my baie hartseer gemaak het was Ludwig en Alna. Sy is ‘n ster duisend en het hom darem maar goed opgesom.

    Ek hoop van harte daar is weer ‘n reeks! Bachelor – EAT YOUR HEART OUT, hier om Boer Soek ‘n Vrou!

  • Andrea

    Flip en ou Wenda pas bymekaar – voels van eenderse vere.
    Jammer, maar Stella is net te aansitterig.. Sy pas goed by Johann: daai sagte-tipe meisie wat hy en kan domineer en wat aan sy lippe hang.

    En ja.. Al rede waarom Pieter vir Ashley gekies het, is om sy eie naam (bas) te gered het.. Ashley het sy naam met ‘n plank geslaan toe sy hom die Leviete voorgeskryf het aan tafel! Pieter lieg as hy noem dat hy ‘n ‘girlfriend’ het. Die man kan darem speletjies speel: dink hy nou regtig die kykers is so onnosel.

    Ludwig sal nooit tevrede wees met net een vrou nie – ek dink hy het ‘n dwalende oog vir daai WOW vrou ..

    Francois – besluiteloos soos ‘n pop! Moet nog eers klaar popspeel, dan is jy reg vir die grootmens lewe.

  • Sharon

    Al het die klomp boere nou nie die meisie van hulle drome deur die program en die reëls gekry nie, was dit nog steeds lekker vermaak. Ek het die eerste reeks mis geloop omdat ek nie sommer sulke programme kyk nie. Dit is jammer dat die ouens reeds verlief geraak het voordat die dames op die plaas kom kuier het. As my seuns so bietjie ouer was, dan ek gewis een van die pragtige meisies gekies. Dames, behalwe vir Pieterjie H se harem was die res van julle baie pragtig.

  • Hentie

    Boer soek ‘n vrou 2 wat ‘n groot teleurstelling wat die Dros se kos darem nog nooit was nie!!! Francois, Ludwig en PieterH weet nie hoe om hul eie gevoelens te interpreteer en hanteer nie en was ‘n groot teleurstelling, as hulle trou … eendag … as die WOW vrou opgedaag het (hoop ek net hulle kan WOW mans wees dalk daarom dat die WOW vrou ook nie opdaag nie) … ruggraatlose mans die 3!!!! Johan my darling alle liefde jy en Stella is ‘n match made in heaven!! Shame siestog vir die ou oom en tannie!!!! Liefde is blind en trou is die bril julle!!!

  • Hettie

    Wat ‘n klug was BSV2 nie! Die reëls is net gebreek soos wat dit die deelnemers pas!!!!!!!!!!! Die eerste reeks was tops………met regte boere wat boer en nie heeldag op die bankie lë en "pose" nie!

  • Lucia

    Ai, ai, ek was ook teleurgesteld in die 2de reeks van Boer soek n vrou. Ek dink ook die "boere" het verskuilde agenda’s gehad. Johan & Stella, soos Pieter H sou se, JA. Hulle is oulik, maar ons hoop maar dit hou. Dan is ek ook regtig bekommerd oor Pieter H se drink gewoontes. Dit kan eenvoudig nie normaal wees om saam met elke liewe ete n wyntjie of champanje te geniet nie. So nou en dan saam met ontbyt miskien, maar nie by elke liewe ete nie. Ek sou my doodverveel het as ek Linda of Ashley was. Al waaroor hy sinvol kan praat is wyn,wyn,wyn. Ek sien Linda het nou baie te se oor Pieter H maar dit het haar ook darem nie gekeer om op tv n vrytjie te vang nie. Jammer van Francois & Sam. Ek dink nog steeds Ludwig en Clarina pas bymekaar, sy sal dalk nie sy dwalende oog duld nie. Sal maar wag vir die volgende reeks wat hopelik beter sal wees. Of miskien moet ou Ludwig maar vir Elma vat en klaarkry. Lekker dag vir al die lesers.

  • Hana

    Ons het gedurende Maart vanjaar in Australie gekuier waar die tweede reeks van "Farmer wants a wife" toe gebeeldsaai is. Dit was strate beter as die tweede reeks van ons eie "Boer soek ‘n vrou", en die hele Australie het met spanning uitgesien na die ontknoping van die intriges in die volgende episonde. Dit was spannend (met een boervrou wat ‘n man gesoek het), met heelwat kinkels en mense wat omgegee het. Die boere was nie een die karikature wat ons op ons eie program gesien het nie. Trouens, ons eie "hoofspelers" is almal (op een uitsondering na) eendimensionele karakters. Die vervaardigers van ons reeks moet die verantwoordelikheid dra dat hulle swak seleksie toegepas het met hul aanvanklike keuse van boere wat vrouens gesoek het. BSV2 faal hopeloos.

  • Belinda Rademan

    Hierdie tweede reeks was vir my glad nie so interessant soos die eerste een. Van die begin toe Ludwig nie wou dans nie het ek geweet dat kykers minder en minder van hom gaan hou. Nou sien ons hoekom hy nie getroud is nie. Kan nie glo hy het die meeste briewe ontvang. Sy ‘real colours’ het definitief ‘geshow’. Francois was vir my bietjie te sag. Miskien is dit goed maar glad nie interessant vir die kykers. Dink nie hy weet wat hy wil he nie. Johann het sy keuse lankal gemaak en hulle moes hom nie verder laat gaan met die reeks. Stella is pragtig en baie oulik maar hulle kon vir een van die ander boere n kans gegee het. Flip het iemand gevind. Tog was sy nie van die ‘show’ nie. Maar dit was glad nie sy skuld. Daai twee vrouens wat op sy plaas was, wou eintlik n boer he wat baie ryk is en waar hulle nie hulle hande sou vuil gekry het nie. Wanda sal goed vir hom wees. Pieter kan ek nog nie reg opsom nie. Is hy rerig so sleg as wat hy voorgegee het of is hy eintlik baie skaam en ons het nie die beste kant van hom gesien. Weet regtig nie. "Jury is still out on that one". Ashley dink ek het net die ‘limelight’ gesoek en Lynda het definitief ook die limelight gesoek maar sy was net honderd keer meer van n ‘drama queen’ met n baie b@$#%y ‘attitude’. Sy het glad nie voorgekom as n ‘nice’ mens nie Ek weet net een ding dat Elma definitief die volgende reeks moet doen. Sy is die ‘star’ van die ‘show’. Dit sal ook lekker gewees het as ons Zaza kon gesien met drie mans op haar plaas. Asseblief kies een boervrou volgende keer. Wil so graag sien wat dan gebeur. Tot reeks nommer drie.

  • Magda

    Die enigste ou wat die moeite werd was is Johan. En ek dink ook die 2de reeks was net daar om "show" te vang. En ek stem saam ons moet nou "ELMA SOEK ‘N MAN" loods. Sy het ‘n borrelende persoonlikheid en is ‘n skande dat so ‘n meisie alleen in die lewe rondloop. Ek het al gewonder of dit nie dalk Ludwig se WOW meisie is nie. Hy is hoeka danig om haar te soengroet en drukkies uit te deel.

  • Vicki

    Ek’s mal oor BSV2. BAie aksie en humor eintlik. En Elma daar is niks fout met jou nie jy’s in my oë die perfekte aanbieder. Lynda en Ashley sit te veel aan! Francois was die oulikste van die klomp gewees, opreg. Kan nie wag vir die volgende Bower soek ‘n vrou nie!! Hoop dis gou!!

  • Lannah

    Ek dink BSV 2 was ‘n reuse "flop" die deeelnemers het sommer hul eie reels gemaak.Pieter lyk na ‘n nice ou, maar hy is maar dom met vroumense, hy het twee "common" vrouens gekies, moes albei huistoe gestuur het! Ludwig weet nie wat hy wil he nie, "wow" werk nie altyd nie. Francois is net vol nonsens, Johan baie oulik.

  • Antoinette

    Boer soek ‘n vrou 2 was regtig vreeslik boring. Die girls vote hulle self uit sodra dit op die push kom, die reel moet hulle verander, en dan sit die ouens eintlik met die girls wat hulle nie wou gehad het nie. Pieter H is tragies, daar gaan niks op sy plaas aan nie, die girls was seker vrek verveeld gewees. Johan het reeds sy girl gepick, hy moes van die begin af nie in gewees het nie. Ludwig is so ego-sentries en hy ly aan ‘n minderwaardigheidskompleks, so ‘n spoilt brat – as dinge nie sy way gaan nie dan gooi hy sy toys uit die kot, siestog – behoede die vrou wat mal genoeg is om die perd op te saal. Francois was maar so so gewees. oom Flip kon ten minste vir kos gesorg het – die 2 tamaties vir 4 mense het nou nie die ding gedoen nie. Die reeks was teleurstellend, almal was te bang om emosie te wys en ooo tog te vredeliewend en sag en en en (braak)-BOER die boere nie meer nie – sit heeldag en vreet en gaan op uitstappies??? Ag NEE – die eerste reeks was TOPS!!

  • Anita van Rensburg

    Ek dink ‘n goeie Eg Suid Afrikaanse naam vir die Boer Soek’n vrou, soos ek nou kan aflei aan al die kômmentaar is dalk "Jerry soek ‘n Cherry"???????

  • Taschja

    Ja, dit was nie wat ons wou sien nie…almal verwag ‘n sprokie. Johan en Stella is bedoel vir mekaar al het hulle nie die regte kanale gevolg nie…dit bewys net liefde is blind!
    Ek kry Ludwig regtig jammer, hy het issues en weet nie hoe om daarmee te deel nie. Wanneer hy iemand vind wat hom daarmee kan help SAL hy ook ‘n wonderlike man kan wees! Hy het soveel om te gee, maar omdat hy nog so seer en deurmekaar in homself is weet hy nie hoe om dit te doen nie.
    Van die res kan ek net se…hulle het nie die regte redes gehad nie.
    As ek aan meisies raad kan gee….die boere soek nog ‘n plaas en as jy nie ‘n plaas girl is nie, is hulle net in vir die jol!

  • Boer soek ‘n Vrou 2 – Die grap van die jaar!!! Ha-ha. Ag nee wat probeer weer, ek dink Boswell Wilkie sirkus het beter gedoen.

  • Maryke van SARIE

    Cronje het dié volgende brief aan SARIE gestuur:
    "Aan die redakteur of wie ook wil lees en omgee 😉
    Ek was gisteraand by vriende van my en daar sê my vriendin toe ‘Jinne maar dis ‘n oulike meisie dié’ Ek lees toe die artikel rakende onder andere Lynda (weet nie of dit haar regte naam is nie) wat klaarblyklik in Malmesbury bly en vreeslik sukkel om ‘n ordentelike ou te kry. So ek wil net sê daar is heel duidelik iets verkeerd met die manne van Malmesbury. Ek en ‘n paar van my vriende is Bachelors hier in die Kaap, almal Christen ouens uit normale families met normale denke en waardes.

    Lynda lyk vir my na ‘n baie oulike meisie. Julle kan maar vir haar sê dat ek haar enige dag sal uitneem vir ete om haar beter te leer ken en bietjie te wys hoe die Malmesbury manne dit moet doen.

  • e2xzwj Hello! and generic penis growth pack and http://penis-growth-pack-fda.viviti.com generic penis growth pack and wlgja and

  • Cathy

    Wat het geword van Johann en Stella? Hulle was so ‘n pragtige paartjie – weet enigeen of hulle toe ooit getrou het of nog steeds in ‘n verhouding is?

  • pidnllr

    PsWro3 aplmkussvcqe, [url=http://xpcnumcqijup.com/]xpcnumcqijup[/url], [link=http://zfrflvvhlcpg.com/]zfrflvvhlcpg[/link], http://ptstmfshfzme.com/

  • Anton

    sagt:Also die Idee, das das Kind das Medium ist, ist nicht so unnachadvolladziehadbar. Man muss Luhadmann da eben hisadtoadrisch deuadten. In der Geselladschaft die er bcshereibt, gibt es noch kein Lebensadlanadges leradnen oder berufsadbeadgleiadtende Fortadbiladdung (von der besndeadren richadteradliadchen Rechtsadfortadbiladdung mal abgeadseadhen, aber die hat andere Grfcnde). Das Kind war der (zwinadgende weil Schuladpflicht und so) Ansatzadpunkt der Pe4dagogik.In „Schrifadten zur Pe4dadagoadgik“ finaddet sich fcbriadgens auf Seite 29 ein interadesadsanadter Hinadweis: „Codeadriert wird nur die soziale Selekadtion, und dies auf eine techadnisch so zwinadgende Weise, dass die Pe4dadagoadgik bei all ihrer MItadwiradkungaddadaadffcr nur Abneiadgung und wideadriwladlen aufadbrinadgen konnte.“Da steadcken ja zwei Hinadweise drin. Ersadtens geht es um soziale Selekadtion und zweiadtens um eine eklante Unteradschreiaddung von Selbst– und Fremdbeschreibung.Die Funkadtion der Pe4dadagoadgik ist die „Zuweiadsung von Posiadtioadnen inneradhalb und ausadseradhalb des Sysadtems.“ Ebenadfalls Seitea029.Die Pe4dadagoadgik hat es also mit dem seladben Proadblem wie die Mediadzin (Heiadlen und entadlasadsen) zu tun, sie muss ihre Kliadenadten aus ihrem Sysadtem exkluaddieadren, das ist ihra0Ziel.Die Mediadzin tut das, in dem sie ihre Kliadenadtel heilt, die Pe4dadagoadgik, in dem sie ihre Kliadenadtel den geselladschaftadliadchen Steladlen zuweist. Wenn diese Zuordadnung nicht mehr passt, wird neu selekadtiert. (der nichtadseadlekadtierte also an die Pe4dadagoadgik zurfcckfcberwiesen.)Von Begrifadfen wie Biladdung, Ausadbiladdung und weiadteradffchadrend auch Inteladliadgenz wfcrde ich mich also veradabadschieadden. (So erscheint es mir schlfcssig.)Die Funkadtion der Pe4dadagoadgik ist die Veradknfcpadfung von Posiadtion und Peradsoadnal, der Code ist: Zugewiesen/Nicht zugeadwieadsen und das Medium demadnach, wenn auch nicht mehr das Kind pauadschal, doch irgendadwie der „nichtadzuadgeadwieadsene“, selekadtiadonsadbeaddfcrfadtige Mensch.Also, ich wfcrde mich nicht zu weit von Luhadmann entadferadnen und kann auch die „klafadfende Lfccke“ nicht ganz erkenadnen. Dirk Baeckers Inteladliadgenzadbeadgriff (die ich noch nicht weiadter kenne) kommt mir schonadmal komisch vor. (Obwohl Baecker mich auch gerne fcberadrascht, wenn ich seiadner ARguadmenadtaadtion detailiert folge.)