sr1109angelique_10_shad
Ons praat met

Boer soek ‘n vrou en Angelique soek klere

Dit was nie ’n maklike besluit nie,maar die hunkering om iets anders te doen het al vir ’n ruk aan
Angelique Gerber geknaag.Vir die publiek was sy Clara-ja!, die sprankelende Roemeense meisie van 7de Laan.

Maar ná drie jaar was dit vir haar tyd om net weer Angelique te wees. “Toe neem ek die sprong en doen ’n oudisie om die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou te word,” vertel die petite rooikop. Só het dit gebeur dat sy nou die skakel is tussen die kykers en die boere en vroue wat deelneem aan dié gewilde werklikheidsprogram.

Maar voordat Angelique voor die kameras kon inskuif,moes sy eers ’n nuwe klerekas kry. Haar persoonlike styl – ’n liefde vir girly-modes soos rokke en hoëhakskoene – was nie prakties vir die plaasomgewing nie.Dié dat sy saam met ’n stilis, Maegan Joubert, op ’n sending gestuur is: Kry 30 uitrustings vir die program!

“Ek het vinnig ’n jeans-tekkies-en- T-hemp-meisie geword.Die idee was om die stylvolle girl next door te wees, baie soos Jennifer Aniston. Die nuwe uitrustings moes van só ’n aard wees dat dit nie die boere afskrik nie,maar ook nie die deelnemers oorskadu nie,” verduidelik Angelique.

Met plase om te besoek – van Worcester en Robertson in die Wes- Kaap tot Roedtan en Dwaalboom in Limpopo – was dit moeilik om die regte klere vir elke klimaat te kry.

“Sommige plase is heeldag koud, ander is soggens koud en smiddae warm. Ons moes eintlik voorsiening maak vir al die seisoene.Die eerste dag was ons van agtuur die oggend tot nege-uur die aand in die winkels. Die laaste winkel wat ons besoek het, was al besig om die ligte af te sit, toe is ek nog in die aanpaskamer besig!”

Die inkopietog het uiteindelik 2 dae geduur. En hier wys Angelique die resultaat:

Haar 16 gunstelinguitrustings wat bestaan uit verskeie items wat sy op verskillende maniere dra:

 Angelique Gerber

1. “Ek is mal oor kakie. Die kleur pas by my vel, oë én hare. Die top laat my toe om my wintervetjies bietjie weg te steek, en die spanbroek wys my bene se vorm en hou dit terselfdertyd warm. Ek dink die hoedjie gee die uitrusting ’n edge.”

 Angelique Gerber 2. “Dis die kleure wat ek gewoonlik dra. Die koraal en lila is baie girly. Ek sal so ‘n uitrusting ook self dra.”
 Angelique Gerber 3. “Dis die goue detail wat dié uitrusting so glansryk maak. Ek hou van die verskillende teksture en ek dink die kakie en die country-gevoel pas goed by die boere.”
 Angelique Gerber 4. “Turkoois is een van my gunsteling-kleure. Die titsel daarvan in die serp is net genoeg om die prentjie ’n bietjie kleur te gee.”
 Angelique Gerber 5. “Ek is gaande oor die gehekelde trui, wat ek in ’n serp omskep het en hierby dra. Dit gee tekstuur aan
die hele voorkoms.
Beige is een van my
gunstelinge.”
 Angelique Gerber 6. “Die broek laat my dink aan my verloofde, Ben-G [van Niekerk]. Hy is mal oor cargobroeke met baie sakke.
Ek sal nie sommer so ’n broek dra nie, maar dis beslis gemaklik.”
 Angelique Gerber

7. “Die baadjie sit vir my verskriklik mooi. Dis vroulik, daarom gee dit so ’n mooi vorm aan jou lyf.”

 Angelique Gerber 8. “Dié kombinasie kleure werk. Ek is mal hieroor!
 Angelique Gerber 9. “Ek voel sexy maar steeds gemaklik hierin. Alles van die uitrusting sit net reg aan my lyf.”
 Angelique Gerber 10. “My gunsteling-deel van dié uitrusting is beslis die belt. Dit doen net iets en bring alles bymekaar.”
  11. “Ek love mos ‘n rokkie! Ek het besluit dit kan maar hoe koud wees, dié rokkie sal ek dra.”
 Angelique Gerber 12. “Dié is nou ‘n pragtige country-meisievoorkoms. Die kleure lyk net so mooi saam met die ligte jeans. Dis vir my speels.”
 Angelique Gerber 13. “Seker my gunsteling-jas. Jy kan dit op soveel verskillende maniere dra! Die styl en die grys is baie veelsydig.”
 Angelique Gerber 14. “Ek is bang vir dié uitrusting, want die ligte kleur en die wye moue kan my dalk groter laat lyk as wat ek is. Maar ek dink tog die belt kan dit voorkom.”
 Angelique Gerber 15. “Hierdie is een van die gemaklikste uitrustings. Die pers lyk mooi in kontras met die plaasomgewing.”
 Angelique Gerber 16. “Dis ék! Ek kan op ‘n trekker klim en steeds sexy lyk. Moenie skaam wees om kortbroeke in die winter te dra nie. Jy hoef nie jou bene in langbroeke weg te steek nie!”

Boer soek ’n vrou begin vandag, 1 September om 19:30 op kykNET.

  • Elize

    11 en 1!

  • Yande Lombard

    NR 11, Dis baie nice.

  • ELISE

    die nuwe sarie

  • Freda

    No 6 en no8

  • corne

    nr 8, Almal ewe treffend en die kortbroek werk ook goed met die kouse onder. Ek sal net se die kortbroek alleen was ‘n bietjie "ongewoon en nie heeltemal van pas" vir die tv uitsending. Meer subtiele klere sal werk maar sy bring definitief ‘n sprankel na die program. Haar kleredrag moet nou net nie so sexy wees dat dit die dames gaan oorstuur nie.

  • suzette

    Ek hou van 2,3,8,11,12,13,en 15. Ek pes die dik serpe wat hulle by Somersklere dra, en die mussie wat sy op het, defnitiewe nee, en no 16 se kort broek, ook defnitiewe nee, veral as jy alleen saam met die boere is, nee jammer met Jean kan sy ook op trekker ry, jammer maar sy het pragtige bene en met stywe tights beklemtoon sy dit genoeg netso ook met ‘n stywe jean, verder die Country look is sweet, hou net nie van die gekartelde hare nie haar hare moes styl gewees het almal een lengte, dan so sy perfek gelyk het, ek verkies natuurlik vir Elma Postma sy’s vir my baie mooier en baie meer stylvol.

  • alta

    Die klere wat hier vertoon word lyk darm baaaaieee beter as wat sy gisteraand op die eerste episode aangehad het. Nie een van die uitrustings is hier vertoon nie.

  • Beate

    Hoop sy maak dit maar myns insiens is sy effe te vol van haarself. Elma Postma is ‘n dame deur en deur en was ‘n aanwins vir die program. Oor die algemeen is die klere mooi maar die meeste is beslis nie geskik vir die plaas nie VERAL nie ‘n kortbroek nie. Geen boer wat sy sout werd is sal sy vrou op ‘n trekker laat klim (ten aanskoue van al die werkers) in ‘n kortbroek nie.

  • Pauljay

    Ai Beate, ten minste het ons nou iemand met ‘n bietjie ‘pizaz’ nie die ou koekerige Elma nie…

  • Anet

    Die somer rokke was soos ‘n vars briesie gewees in plaas van die alewige "Jeans" maar ek stem saam die kort broeke pas nie op TV nie en daar is ‘n verskil van smaak wanneer dit by mooi bene kom……..

  • NEELS

    DIE GIRL HET DIT, MAAK NIE SAAK WAT SY AANTREK NIE!!!!

  • Jasper

    Man ek laaik dai kortbroek van gisteraand!!!

  • Linda Kloppers

    Sy is pragtig in al die klere! Jonk, sprankelend en baie oulik! Sy is spontaan en sal enige boer en sy meisie op hulle gemak laat voel al dra sy ‘n sak! Vars nuwe briesie vir die program! Sy groei op mens.

  • Annetjie Nel

    Commen soos nog iets, nie die klere nie die program…"boer soek ‘n hoer".Sy moes liewer Clara gebly het, tenminste werk oom Oubaas self sy lyne in!

  • Blackpoison

    Wonder hoe lyk sy in ‘n bikini…….in ‘n plaasdam…….mmmmmm

  • Celine

    Ek is mal oor Angelique! Sy is beeldskoon en perfek vir die program! Al die klere is baie mooi, ek sal dit love om so iets te dra :)

  • Ilse Steenkamp

    Lyk my dis net die mans wat eerlike kommentaar kan lewer… Hoekom so snedig meisies?
    Sy is allermins nie ‘n skouperd wat beoordeel moet word nie: sy’s natuurlik en mens nes ek en jy.

  • Susan

    ek wonder net: is sy daar om vir haarself ‘n boer te vang of is sy daar om die program aan te bied? as ek na haar so kyk en luister neig dit vir my na die eersgenoemde……

  • NAOMI

    DIT IS PRAGTIG HOEKOM MOET MENSE ALTYD LELIK WEES, JALOESIE MAAK VAN N MENS BAIE LELIK. SY IS PRAGTIG VAN BINNE EN BUITE

  • NAOMI

    ANNATJIE NEL JY PRAAT VIESLIK HOOR IS JY NIE COMON EN N HOER NIE

  • Rakkertjie

    Ek kan nie anders as om te dink Angelique doen nou met Boer soek ‘n Vrou wat Casper de Vries destyds met Doen met ‘n Miljoen gemaak het, sy eis al die aandag vir haar self pleks van dit vir die deelnemers te gee. En ons weet reeds wat het toe met Doen met ‘n Miljoen gebeur. Dit het doodgeloop. Oppas dat dieselfde nie met Boer Soek ‘n Vrou gebeur nie. Ek het sover net een aflewering gekyk (weet nie eens of daar al meer as een was nie) maar teen die einde was ek so gatvol vir haar opdringerigheid en skaamtelose flirtasies met die boere dat ek gesweer het ek kyk nie weer nie. Nee wat, bring maar vir Elma Postma terug.

  • Alida van Bothaville

    Hallo Angelique

    Jy lyk pragtig in al jou uitrustings, ek is so bly ek het jou ontmoet die jaar. Jy het ‘n pragtige persoonlikheid daar is niks fout met jou nie. Mense kan so maklik oordeel en dit is die grootste fout wat mense maak in die lewe.

  • Alta Jonker

    Baie mooi en stylvol!