Ons praat met

Boer Tickey se Selme-Louise oor die lewe op Loxton

Die Van Wyks woon dolgelukkig op hul plaas op Loxton in die Karoo saam met hul jaar en ’n half oue seuntjie, George.

Tickey en Selme-Louise sê hulle is ’n doodnormale paartjie wat op ’n unieke manier ontmoet het, maar ook soos almal anders die pot aan die kook moet hou. “’n Mens kan byna nie glo dat ‘n so program kan werk nie, maar ons glo die Here het ons paaie laat kruis,” vertel Selme-Louise.

Sy was voordat sy in 2008 aan Boer soek ’n vrou deelgeneem het ’n onderwyseres in Nelspruit en dit sou onwaarskynlik wees om ’n boer van Loxton raak te loop …

“Ons is steeds mal oor Boer soek ’n vrou. Ons mis nie ’n episode nie!” bieg Selme-Louise. Sy sê sy gaan van vooraf saam met die meisies deur die emosies soos die reeks vorder.

Alhoewel die media nie meer op hulle toesak nie, vertel sy dat daar wel nog mense is wat hulle op straat herken en kom groet, maar dat dit baie minder is. “Ek dink die feit dat ons 100 km uit die dorp op ’n grondpad bly, help seker ook!” skerts sy.

Oor George sê sy: “Hy het ons lewe só verryk. Dit is vir ons ’n wonderlike voorreg om ouers te kan wees.”

Hul dae op die plaas lyk nooit dieselfde nie, veral oor klein George. Maar gewoonlik eet hulle almal saam boeremeelpap. Selme-Louise sê sy het nooit daarvan gehou nie, maar kan nou nie haar lewe daarsonder voorstel nie!

Ná ontbyt gaan Tickey veld toe. “Ek en George skei dan room af en sorg dat daar varsgebakte brood in die oond is, want die dorp is mos ver. En’n boer hou van ‘n bord gekookte kos in die middag, so tussendeur laat ek die potte prut op die stoof.

“Ek speel ook juffrou-juffrou met George, en ons speel baie opvoedkundige speletjies.”

Wanneer George in die middag slaap, doen Selme-Louise die boerdery se boeke. En as hy wakker word, gaan boer hulle saam met pappa Tickey.

In die aande is hulle flou, maar tog het dié wonderlike paartjie steeds tyd om die Loxton-boeresportdag wat net om die draai is, te reël!

  • Heleen Jansen

    Julle twee is pragtig en n mooi voorbeeld vir talle jong mense,ek wens julle alle seenwense en voorspoed toe vir die Kers tyd en vir die res van jul lewe saam as n gesin. Hou so aan,

  • Michelle

    Aaaaaawww so mooi om te lees julle is gelukkig en dat alles so mooi uitgewerk het op die einde – dit
    gee ons ander mense sommer hoop dat ons ook so gelukkig sal opeindig

  • H Lambert

    Pragtig! Julle is 3 oulike mense! Ekt daardie Boer soek ‘n vrou gemis maar kan sien julle 2 tjies pas baie mooi aan geluk en sterkte vir die toekoms!

  • Nicole Johnson

    Baie baie dankie aan sarie vir die wonderlike artikel. So bly dat alles vir julle uitgewerk het. Julle is n pragtige familie!

  • esme badenhorst

    Van al die boere is en bly julle die beste Ek was nog altyd mal oor julle. Ek hoop om meer in die toekoms van julle en George te hoor. Geseende Kerstyd vir julle!!!!

  • Linda

    het nog altyd van die twee gehou geluk en vreugde vir die res van jul lewe!

  • Marlene Van Wyk

    Julle is stunning. Jul ou seuntjie is so pragtig. n Wonderlike geskenk van God. Wanneer n mens in
    jou verhouding en huwelik vir God deelmaak daarvan, dan is baie dinge moontlik en dit kan n sukses wees. Mag julle elke dag die liefde en vrede van Jesus ondervind en Mag HY julle saam gelukkig hou op julle lewenspad vorentoe.

  • Lomine Brynard

    Dit is my fav couple! Mal oor julle en mag dit ‘n geseende tyd vir julle ook wees. Jul seuntjie is te cute.

  • Tania

    Sjoe, kan nie glo hoe die tyd gevlieg het nie! Dis ‘n wonderlike storie en dit is goed om te sien dat julle wonderlike waardes het. Alles van die beste vorentoe

  • Adelene Posthumus

    Ek is SO bly om die artikel te sien. Ek wou al skryf dat iemand hulle interview. Was so nuuskierig om die klein boertjie te sien!!! Dankie hiervoor!

  • Anna van Schalkwyk

    Gee asb ook bietjie terugvoer wat het van die vorige reeks se boere geword. Jacobus en Ina, Pieter en sy goue meisie, Vlok en die kwaaitjie, Chef Rainier en die meisie wat saam met hom was by die re-unie. Nou kan ek nie onthou wie was nommer vyf nie. Een van die boere wat nie in top vyf was nie, maar in die top 10 is ook getroud met ‘n meisie wat vir hom geskryf het en wat saam by reunie was.

  • Marianne Crowe

    Ek het nou die dag oor julle gewonder. Julle is vir my die mooiste paartjie en het nou nog die oulikste kleinding ook! Mag julle ‘n wonderlike Kerstyd hê en baie seën vir julle as gesin. Hoop om vorentoe nog artikels oor julle te kan lees.

  • Ruth

    van dag een geweet jul is vir mekaar bedoel so ‘n pragtige paartjie! ons bid jul net voorspoed en geluk toe
    George is pragtig!!!!!!!

  • Suzette

    Pragtig, pragtig en nogmaals pragtig, kyk die liewe Vader loop ompaaie met mens se lewe maar as jul beskore is vir mekaar sal jul by mekaar uitkom, dis verseker die twee is te sweet , geniet die lewe op Loxton ek gaan nog eendag daar draai maak.

  • Leonie Schmidt

    Julle is pragtig! ‘n Volmaakte gesin.. en is die outjie nie te oulik nie! Ek glo julle geniet hom vreeslik! Alles wat mooi is vir die Feesseisoen en ek hoop Kersvader bring vir daai kleinding sommer baie speelgoed! Groetnis…

  • Oom Hendrik

    Ek onthou nog Tickey se verstomde bewondering nadat jy hom ontmoet het in die eerste onderhoud! Julle sukses gee die opvolgende reekse byna iets soos ‘n bestaansreg. Voorspoedwense en geniet vir George.

  • Joan Olivier

    Ag dis lekker om julle so gelukkig te sien. Geniet die lewe saam en ook daai pragtige kleinding van julle. Ek hoop julle net die beste toe en weet julle is n voorbeeld vir baie. So bly dat julle mekaar ontmoet het en so bymekaarstaan. Alles wat mooi is vir die jare vorentoe. Julle is n stunning paartjie. Groete. Joan Olivier

  • Marlene

    Ek het ook van Boer soek ‘n Vrou gehou, maar dis al asof hierdie reeks "afgewater" is, weet nie of die manne my afsit nie … ?. Julle 2 is ‘n wonderlike voorbeeld, geloof, liefde, groot boustene van ‘n huwelik.

  • Corrie

    Wanneer die Here deel van jou lewe en huwelik is kan dit nie anders as om goed te gaan nie, prys die Here!!!! Baie seen vir julle en onthou "they that pray together, stays together"!!! ‘n Vreugdevolle Kersfees word julle toegewens en ‘n Voorspoedige 2012.

  • Susan Neethling

    Julle het vir die regte redes ingeskryf en so bymekaar uitgekom
    Julle waardes is vir julle belangrik en God jul Koning dit is hoekom julle huwelik werk!!
    Vrede en Geluk vir julle twee en klein George!!

  • blackhuff

    Baie lekker om te sien hoe dit gaan met die paartjie.
    Hulle het ‘n pragtige seun en ek hoop God sëen julle nog baie in die toekoms.

  • ELISE

    SIEN STORIE

  • Petro Wilders

    Ons mis julle op boer soek ‘n vrou!!! Mag jul huwelik altyd geseend wees en jul elke dag sakke vol geluk en liefde ervaar.

  • Francis van Zyl

    Hi Tickey en Selme julle is twee stunning mense. So mooi sien mens maar min. Hou so aan en geniet ‘n baie mooi voorbeeldige lewe saam. Julle seuntjie is pragtig. Soentjie vir hom. Baie liefdetjies

  • Alta Williams

    Julle is ‘n stunning paartjie, van die begin af het ek geweet dit gaan werk! Mag die Here julle saam wees Seen en mag jul net vreugde en voorspoed ervaar!

  • Wally Fivaz

    ‘n Pragtige foto van drie pragtige mense! PS : Ek het in die 60-tiger jare op Victoria-Wes skoolgehou – nie ver van julle af nie. Dit was die heerlikste 4 jaar van my onderwysloopbaan – pragtige Karoo met pragtige mense!! Lekker werk en bly!!

  • johan

    Ons kyk nie meer die reeks nie want julle storie was die ultimate feeverhaal
    … ons eie Notting Hill
    Dankie dat ons dit kon deel.

  • Riconette

    oulik

  • Rina Bouwer

    Ek was nog altyd nuuskierig om te weet hoe dit nou met julle gaan en nou weet ek Ag julle is twee pragtige mense en saam met julle seuntjie wens ons julle net die beste toe.

  • Beryl Schmidt

    Baie oulik! ‘n feetjie verhaal.

  • Tina

    Baie bly dat julle so gelukkig is. Dit kan geensins maklik wees om onder sulke abnormale omstandighede `n verhouding met iemand aan te knoop en boonop alles wat daarmee saamgaan te oorleef en die verhouding te laat werk nie. Dit vat baie spesiale mense met baie besonderse kwaliteite en die regte waardes. Wil net sê dat hulle nié die enigste paartjie van die reeks is wat tot trou gekom het nie, soos die berig lei nie. Daar is ook boer Flip en sy Wanda wat ook maar `n opdraende pad geloop het, maar ook dolgelukkig is. Baie geluk aan julle.

  • Wilma

    Het van die begin af gesê julle 2 was ‘n match made in heaven. Perfekte pasmaats. Geniet julle lewe saam met julle pragtige kleinding.

  • Karin

    So gewonder hoe dit met julle gaan. BLy vir julle.

  • suzette smal

    dit was die beste reeks tot nog toe. het julle baie geniet op die program. julle is `n pragtige paartjie en `n voorbeeld vir so baie. sterkte vorentoe!

  • Annetjie Merrick

    Julle is die pragtigste paartjie (wat ek dink) wat nog ooit in enige van die reekse was. Dit is asof die ander net gaan om gesien te word. Die een boer wat my laat twyfel het in die laaste reeks het my eintlik gisteraand twee keer laat dink. Ek sluk my woorde want Johan en sy metgesel pas ook bymekaar en is wat jy sien. Geen verrassings nie. Mag julle huweliksbooitjie veilig seil en pas George mooi op.

  • Ashleigh Sutherland

    Tickey Selme en klein George,,man, die liefde en vrede vir Jesus en mekaar straal sooooo uit jul hele wese dit kan nie anders as om jul net verdere seen vir jul pad vorentoe toe te wens nie…voorwaar is julle regte voorloper kandidate vir gesins geluk. Aai Selme, ek kan die reuk van tuis gebakte brood en boerekos in jou kombuis ruik,,,wens ek was daar…..Tickey. ek ruik die vars grond en voel dit tussen my tone wanneer ek jou handewerk bewonder..ek dink jy is n boer in murg en been…haai klein George,,tannie kan al sien hoe kyk jy vir mamma met jou groot ogies wanneer sy vir jou kinderliedjies sing en dalkies vir jou se 1 + 1 = 2…….

    Seenwense vir die feestyd en voorspoed en geluk vir 2012………………L0vieS….xxxxxxxxxxxxxxxx

  • Amelia

    Die absoluut volmaakste paartjie. Jul is ‘n pragtige gesin.

  • Frank

    Leuk te lezen dat "Boer zoekt Vrouw" ook in Zuid-Afrika een sukses is.

  • Reo van Schalkwyk

    Niemand sal ooit kan sê dat mense se paadjie nie deur ‘n hoë hand beplan is nie. Mag julle saam, baie wonderlike jare beleef.

  • Torrie Terblanche

    Ons almal wat na die program kyk wil graag hé dat ? boer Liefde moet vind. Julle twee het. En dit was soos ? sprokie wat waar geword het. Ek dink nie mense sal julle vergeet nie, en ons sal Baie graag meer van julle wil hoor. Geniet julle lewe saam julle, mag geluk vreugde , vrede en Liefde altyd deel van julle lewe wees.