Ons praat met

Boere maak só om ‘n vrou te kry

Hoopvolles het klaar vir hul gunsteling-boer geskryf en op 16 September skop die derde reeks af met Elma Postma wat die tien boere in die reeks se briewe gaan aflewer. Die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, kies dan elk tien vroue met wie hulle op ‘n blitsafspraak gaan. Hieruit kies elkeen vyf vroue met wie hy op ‘n langer afspraak gaan. En uiteindelik kies elke boer drie kandidate om by hom op die plaas te gaan kuier.

Die vorige reekse het sowat 500 000 kykers gelok. Kan ons weer uitsien na ‘n troue of gaan die boere, soos baie van die voriges, eers ná die reeks geluk vind?

Tiaan naudé (36) van Cradock, Boer soek ‘n vrou 1

Toe en nou: Die enigste verhouding wat hy deesdae het, is met sy Jack Russell, spot Tiaan,’n besproeiingsboer van Cradock.  Uit die briewe wat hy destyds gekry het, het hy gedink hy het in Hesmari de Ridder sy droomvrou gevind.Maar sy het toe intussen te besig geraak om aan die reeks deel te neem en onttrek.Toe Tiaan uiteindelik vyf vroue moes kies om saam met hom op ‘n afspraak te gaan, het hy begin huil en gesê hy kan nie voortgaan nie,want hy glo ná haar brief Hesmari is sy vrou.
Maar sy besluit om vroeër uit die reeks te gaan en Hesmari beter te leer ken was vergeefs, want nadat hulle twee maande uitgegaan het, het dinge doodgeloop.Tiaan wonder steeds of hulle nie vir mekaar bestem was nie.
“Ek het regtig gedink dit gaan werk.”

Raad aan die nuwe boere:“Moenie binne die eerste tien minute op ‘n meisie verlief raak nie,”sê Tiaan vandag.”Gaan deur die hele reeks en besluit aan die einde wie jy wil hê.Moet ook nie jou hart op nasionale TV uitstort nie,want baie mense vra my nou nog wat van Hesmari geword het!”
Lekker en sleg: Twee jaar ná die reeks herken mense hom steeds, vertel Tiaan.
“Ek was nou die dag in Bloemfontein om implemente vir die plaas te koop. Ek het Leon Schuster se nuwe fliek gaan kyk.’n Ma met haar twee kinders het voor my kom sit. Die seuntjie het omgekyk, sy sussie op die skouer getik en gesê: ‘Daar sit boer soek ‘n vrou.’ Toe waai ek maar vir hulle.Dít was nice,maar dan kry jy die geval waar ‘n dronk ou vir my vra of ek al ‘n meisie gekry het. Dít ignoreer ek maar.”
En as hy weer die geleentheid kon kry om in te skryf? “Sal ek dit beslis doen, want ek is nog single.Die reeks was ‘n avontuur en ek het ‘n klomp nuwe mense ontmoet.”

Tickey van Wyk (36) van Loxton, Boer soek ‘n vrou 1

TOE EN NOU: Tickey en Selme-Louise is Boer soek ‘n vrou se suksesverhaal. Hulle het onmiddellik verlief geraak, nie lank ná die reeks nie getrou en is vandag die trotse ouers van klein George (3 maande). Selme-Louise, voorheen ‘n onderwyseres, is nou ‘n boervrou en het planne om ‘n plaasskool in die omgewing te begin.

“Ek dink dit was die Here se wil dat ek liefde moes vind,”sêTickey,’n skaapboer.”Ek het deelgeneem omdat iemand my ge-dare het en ek gedink het dit gaan pret wees. Maar toe ek vir Selme-Louise leer ken, het ek vinnig gesien dis ‘n ernstige storie dié.”

RAAD AAN NUWE BOERE:

Tickey het die katterigheid tussen vroue vrygespring.Daar het nie vonke gespat tussen die vroue wat hy gekies het, soos met van die ander boere nie.

“Ek was gelukkig.Ek het verskriklike oulike meisies gehad. Al raad wat ek kan gee, is om die vroue reg te kies. Lees die briewe maar ‘n paar keer voordat jy besluit.”
LEKKER EN SLEG: “Boer soek ‘n vrou was vir my net goed,”sê Tickey.

“Dit het vir my my vrou gegee. Ongelukkig kan elke man wat deelneem, nie ‘n vrou kry nie.”

Hy en Selme-Louise bly ‘n gunsteling onder die reeks se aanhangers en hetal ‘n paar besoeke op die plaas gehad van vreemdelinge wat ongenooid daar opdaag.”Dit is oulike mense wat die reeks geniet het,”vertel Tickey. 

Ludwig oberholzer (38) van Ficksburg, Boer soek ’n vrou 2

 
TOE EN NOU: Ludwig het sommer vroeg in die reeks kykers se aandag getrek toe hy vir Clarina Linde,’n
hoërskoolvriendin van sy suster, by die onderhoude in Kaapstad raakgeloop het. Clarina,’n mediese verteenwoordiger van Pretoria, het oorspronklik vir Johann Pistorius ‘n brief geskryf,maar Ludwig
het haar gevra om saam met die ander twee vroue wat hy gekies het na sy plaas, waar hy met skaap, bees en gesaaides boer, te gaan.
Hy kon egter nie die wow-faktor waarna hy so hard in ‘n vrou soek, in sy drie kandidate vind nie.En hy bly enkellopend.
Stel hy nie dalk te veel onrealistiese eise nie? Nee, sê hy.”My siening oor verhoudings het nie verander nie.Ek soek steeds daai wow-faktor.Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie. As ek dit raaksien, sal ek weet.”

RAAD AAN DIE NUWE BOERE: Hulle moet weet wat vir hulle voorlê, sê Ludwig. Boer soek ‘n vrou is ‘n game wat jy moet speel.”Dis byna onmoontlik om jouself te wees.”