FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

Ons praat met

Bok Duane Vermeulen: ’n Reus op die veld, maar Coach se woorde roer hom

Hy is ’n verbete teenstander op die rugbyveld, wat nie gaan toelaat dat ’n nekbesering hom uit die Wêreldbeker hou nie. Maar Duane Vermeulen raak ook tranerig as Coach praat voor ’n wedstryd, en sy vrou sê hy’t ‘’n graad in melkkos’ …

Uittreksel uit die artikel “Ek háát verloor” deur Elmari Rautenbach in ons Oktober-uitgawe. 

oktober 2015 okt carlize earle voorbladgesig

’n Halfleë fontein, tuinslang eenkant. Pienk-en-geel plastiek-skopfietsie op sy sy. Van agter ’n toe voordeur die gejil van ’n kleuter, tjilpende parkiet, honde wat blaf, ’n wasmasjien wat al hoe harder begin zoei .. Durbanville op ’n weeksoggend.

Dit “ding-dong” diep binne die huis. Die voordeur swaai oop. ’n Reus van ’n man staan die deurkosyn vol, in sportbroekie en plakkies en met ’n breë glimlag, wilde boskaas en nóg wilder baard.

“Duane,” sê hy, en steek ’n hand uit so groot soos ’n ham. “Stap in. Die outjie is ’n bietjie besig vandag . ..” Duane Vermeulen, legen- dariese Bok-agsteman wie se naam vóór Schalk Burger se aanstelling as Bok-kaptein in rugbykringe genoem is as ’n moontlike opvolger vir die beseerde Jean de Villiers.

Duane en sy vrou, Ezel, en hul “besige outjie”, Anru (2).

“Thormeulen”, wat byna op sy eentjie die Slag van Ellispark einde verlede jaar in die Springbokke se guns beklink het toe hy op die laaste die bal by die All Blacks steel – dit nogal met ’n rib wat ge-“pop” het.

Die beseerde Stormers-kaptein, wat kort vóór sy span se belangrikste Super 15-wedstryd Frankryk toe vlieg, waar onthul word hy speel die volgende seisoen vir Toulon – Duane duim omhoog in die rooi trui van die Franse klub. In Suid-Afrika verloor die Stormers 19-39 in die kwarteindstryd teen die Brumbies.

Dáárdie Duane.

Lees die volledige onderhoud met Duane in ons Oktober-uitgawe PLUS nóg foto’s van hom en klein Anru.