Ons praat met

Bono met ‘n reissak deur Afrika

Bono, hoofsanger van die Ierse popgroep U2, en sy vrou, Ali Hewson is ambassadeurs vir die Louis Vuitton-handelsmerk en deel ‘n passie vir Afrika.

Dié treffende foto is onlangs by die vyfster-wildreservaat Tswalu Kalahari in die Noord-Kaap deur die wêreldbekende fotograaf Annie Leibovitz vasgevang vir die Franse modehuis Louis Vuitton se Core Values-advertensieveldtog. Hierdie foto en nog ‘n portretfoto van Ali en Bono verskyn nou as advertensies in glanstydskrifte wêreldwyd.

“Bono en Ali se visie vir Afrika is dieselfde as dié van Louis Vuitton, en deur met ons kragte saam te snoer is hul platform soveel groter,” sê Giselle Hön, skakelbestuurder van LV in Suid-Afrika.
Mense wat vir dié veldtog as modelle gebruik word, is altyd ikone op hul gebied, reis graag en is betrokke by liefdadigheid. 

Ali het onlangs saam met Louis Vuitton gewerk om ‘n reissak te ontwerp met inspirasie uit Afrika. “Ons besef daar is hope kreatiwiteit in Afrika waarvan die wêreld nie bewus is nie,” sê Giselle.

Lees die volle artikel

  • Elma

    Is hierdie Louis Vittone familie van Amor? Ek dog sy van is Vuitton…

  • Elma

    Ok, kan julle nou maar asb my comment verwyder nadat julle die spelfout reggemaak het? Aangesien dit nou nie meer sin maak nie?

  • Wilma Immelman

    Hy is Amor se broer.

  • 8xDbTb mqbgifwateei, [url=http://skkfgssipmar.com/]skkfgssipmar[/url], [link=http://tfxowyshrmxb.com/]tfxowyshrmxb[/link], http://whpuczsdeorf.com/

  • Jackie

    As ‘n groot aanhanger van Annie Leibovitz se fotografie het ek met misnoë verneem dat die beroemde foto ‘n "cut & paste" samestelling van twee fotos is. Die vliegtuig (Piper Cub) is kilometers weg by ‘n vliegveld geneem en met Photoshop in die landskap in ge-"layer". Enige verduidelikings?