brandon_on_tour
Ons praat met

Brandon October gaan nou rock – en hy wys sy foto-album

Met ‘n nuwe album wat wag en ‘n maandlange toer deur Nederland is dit sy jaar van ‘living dangerously’. Hy gesels met ons en deel sy foto-album.

Jy het reeds in 2003 jou eerste album uitgereik – Temptation - en in 2006 jou tweede – Op soek na Liefde. Wat maak die nuwe album, wat vroeg volgende jaar uitgereik word, anders?
My nuwe album gaan in ‘n ander rigting. Daar is meer van ‘n rock-invloed. Die idee was om ‘n album te skep wat ‘n ander kant van my stem en musiek wys. Ek het my fans gevra wat hulle wil hoor en die rock-tema was baie gewild.

Vertel ons meer van die album. Wanneer het jy besluit om dié projek aan te pak? Span jy enigsins kragte saam met ander kunstenaars met van die liedjies?
Dis baie moeilik om in woorde te beskryf. Ek sal wel sê dat baie mense verras gaan wees. Ek het in 2009 begin dink aan ‘n nuwe album, maar wou nie dieselfde soort album aanpak nie. Ek’s baie gelukkig oor hoe dit uitgekom het. Ek doen die duet ”Vivere” saam met Jannie Moolman wat ons in 2009 saam op toer gesing het. Dis een van my gunsteling-liedjies op die album.

Jy hou jouself besig met baie ander dinge behalwe musiek. Jy is onder meer ook fotograaf, digter en spreker. Hoe kry jy tyd om aan alles aandag te gee? Wat is jou geheim?

Ek sê altyd vir mense dat daar baie min is waarvoor ek nee sê. ‘n Mens weet nooit waarheen elke nuwe ondervinding jou kan lei nie. Dis nie regtig moeilik om dit te doen wat natuurlik is nie: Ek skryf al van kleins af gedigte, my werksagtergrond is in die reklamebedryf en ek hou van praat. Kortliks … ek is ‘n Tweeling.

Het die feit dat jy in 2002 tweede in Idols gekom het steeds vandag ‘n invloed op jou lewe? Watter rol het dit in jou loopbaan van die afgelope paar jaar gespeel? Om eerlik te wees, ek was onmiddellik bewus daarvan dat Idols net ‘n platform skep. Om regtig suksesvol te wees vat jare. Die enigste manier hoe ‘n kunstenaar ‘n lang loopbaan kan hê, is om albums uit te reik en live op te tree. Die Idols waarvan ek deel was, was so lank gelede, ek sukkel soms om alles te onthou. My filosofie van tweede kom is soos dié van Avis: ‘Avis is only No.2 in rent a cars. So we try harder.’

Watter SA dorp/stad is die lekkerste om in op te tree?
Mmm, dis ‘n moeilike een, elke stad is anders. Die kleiner dorpe is altyd lekker omdat baie min daar gebeur, so die ontvangs is altyd groot!

Wat wag nog op Brandon in 2011?
Ek het vroeg al besluit dat 2011 ‘the year of living dangerously’ gaan wees. Behalwe die album, gaan ek ook ‘n maandlange toer Nederland toe aanpak. Daar’s ook ‘n paar ander dinge, maar ek gaan dit nie nou verklap nie… Watch this space!

Brandon se gunstelinge

Kos: Soesji

Wyn: Laborie - Merlot/Cabernet, Klein DasBosch Merlot
Fliek: The Godfather,  Schlinder’s List,
Boek: The Shadow of the Wind, Q&A
Album van alle tye: U2 – Joshua Tree, AC/DC – Back in Black, Tom Waits
Vakansieplek: In Suid Africa: Franschhoek  / Oorsee: Griekeland

 

  • http://cxjxuihpxfii.com/ rgwgbhtkyij

    nEdeBY ujcgidghbimn, [url=http://utxvwbefrktn.com/]utxvwbefrktn[/url], [link=http://rgxlhesuzpci.com/]rgxlhesuzpci[/link], http://hepqdojajyaf.com/