FOTO: via  Marijke Willems

FOTO: via Marijke Willems

Ons praat met

Brümilda van Rensburg praat oor Vrouedag, sterk vroue en mishandeling

Brümilda van Rensburg, wat deesdae die suksesvolle strateeg Jana in Binnelanders speel, praat net ná Vroudag met SARIE.com oor vroueregte en die uitdagings wat SA vroue in die gesig staar.

Sien jy jouself as ’n sterk vrou?

’n Mens moet sterk wees om sekere situasies te kan hanteer en daai krag kom van God af. Ek voel ook soms maar weerloos.

Wat is die belangrikste lesse wat jou generasie aan die volgende generasie vroue moet oordra?

Ons moet steeds saamstaan teen ongelykheid soos toe ons in 1956 gesê het “genoeg is genoeg” met die destydse Paswette. Onse Eva en haar vriendinne, wat sowat die helfte van die wêreld se bevolking uitmaak, verdien gesamentlik net een tiende van die wêreld se inkomste – en besit net ’n honderdste van die wêreld se eiendom.

Wat is volgens jou die grootste probleem wat SA vroue in die gesig staar?

Mishandeling. Sekere statistieke wys daar word daagliks een uit vier vroue verkrag of mishandel. En wat van ons kinders? Van die navorsing wys dat daar verlede jaar elke 30 minute ’n kind mishandel is. Ons mag nie stilbly nie!

Waaruit put jy inspirasie?

Uit ubuntu. Mense word mense deur ander mense … met begrip, gebed en medemenslikheid maak ons ’n verskil.

Leading Lady

Vertel meer oor Magdaleen Willemse, jou karakter in Leading Lady (die nuwe SA fliek met Bok van Blerk en twee internasionale akteurs, Gill Bellows en Katie McGrath). Wat het jy by haar geleer?

Sy is ’n sterk Boervrou met twee seuns wat op ’n plaas op Brandfort [in die Vrystaat] woon. Maar sy is nog nie gereed om die dood van haar man te aanvaar en die lewe en realiteite van skuld weens droogte in die oë te kyk nie. Sy gaar op en kruip weg agter aardse dinge en steek haar gevoelens weg met oorbelle, ’n mooi strik in die hare, ’n roos op die bors, ’n blink belt, drie ringe aan haar geverfde lang naels.

Ek het geleer hoe meer gestroop sy raak en haarself aanvaar soos sy is, hoe meer kan sy weer haar hart oopmaak.

Brümilda (Magdaleen Willemse) saam met akteur Andre Stolz (Japie) op die stel van Leading Lady speel.  FOTO: met vergunning van Dark Matter Studios

Brümilda (Magdaleen Willemse) saam met akteur Andre Stolz (Japie) op die stel van Leading Lady
FOTO: met vergunning van Dark Matter Studios

Lees meer oor Leading Lady hier.

VIDEO: Internasionale akteur Gill Bellows (Ally McBeal en The Shawshank Redemption) voer ’n onderhoud met Brümilda: