burlesque_poster
Ons praat met

Fanie Cronjé vertel: Burlesque is ‘n skouspel!

Smashbox is baie hip en trendy, nes die sterre in die fliek, Cher en Christina Aguilera.

Die klankbaan is nét so opwindend en ek glo dit sal nog ‘n hele paar pryse losslaan, soos nou tydens die Golden Globes (You Haven’t Seen the Last of Me; Beste liedjie van die jaar gesing deur Cher).

 

Christina sal jou verbaas. Sy is ongetwyfeld een van die beste musiekkunstenaars in die wêreld en ja, sy kan toneel speel ook, terwyl Cher net weer bewys dat sy ʼn legende en ikoon is.

So tussendeur die donker wêreld van die burlesque-danser sal jy, danksy die Burlesque Smashbox, ook die smeulende smokey eye-grimeervoorkoms 1, 2, 3 kan regkry – presies soos Cher dit vir Christina leer doen in dié film.

Ek het die aktrise Liandie du Randt by die vertoning raakgeloop waar ons ‘n glasie geklink het op Burlesque, Woolworths en Smashbox. Liandie sê dis haar droom om ʼn rol te speel soos dié van Christina s’n.

Fanie Cronjé en Liandi du Rand by die voorskou

Burlesque begin Vrydag die 21ste in teaters landwyd.

 

  • Hannie

    Kan nie wag vir Burlesque nie!! Dis my tipe fliek. En raai wat….my man gaan saam!