Cameron van der Burgh met sy goue medalje in 2012 
FOTO Phyllis Green

Cameron van der Burgh met sy goue medalje in 2012 FOTO Phyllis Green

Ons praat met

Cameron van der Burgh se nuwe meisie

Die 25-jarige Olimpiese swemkampioen Cameron van der Burgh is ’n besige man. Nie net het hy onlangs in die swembad geseëvier nie, hy is ook vroeër vandeesweek weer as die Suid-Afrikaanse Sportman van die Jaar aangewys én sy eie realiteitsreeks, Cam you Can, word nou op televisie uitgesaai. En nou is daar ook ’n nuwe liefde aan Cameron se sy…

Cameron het Sondagaand met ’n nuwe liefde aan sy sy by die Suid-Afrikaanse sport-toekenningsaand gepronk. Hier is weer as die Sportman van die Jaar aangewys (hy het ook in 2009 dié prys gewen) en R3.7 miljoen se prysgeld ingepalm. Nefeli Valakelis is die meisie wat dié aantreklike swemmer se voete onder hom uitgeslaan het.

Nefeli is ’n kandidaat-prokureur van Pretoria. “Ons gaan nog nie baie lank uit nie, maar ek geniet haar geselskap en ons het baie pret saam,” het Cameron skamerig aan SARIE.com gesê. Die twee is nog baie geheimsinnig oor hul verhouding, maar dat hulle verlief is, is duidelik uit die foto’s op sosiale media.

Cameron vdB

Cameron en Nefeli lyk spoggerig by die Suid-Afrikaanse Sport-toekennings FOTO: Twitter

Cameron vdB meisie

Nefeli, die Griekse godin wat Cameron se voete onder hom uitgeslaan het FOTO: Twitter

Cam you Can!

Cameron is die ster van die nuwe werklikheidsreeks wat Woensdagaande op SABC 3 uitgesaai word. Hy moet in elke episode ’n uitdaging aanpak wat sy vaardighede en selfvertroue toets. Cameron moes byvoorbeeld gister met ’n krieketkolf regstaan terwyl Dale Steyn, die Protea-snelbouler, vir hom geboul het, berig Die Burger (dié episode word waarskynlik op 4 Desember uitgesaai).

Cameron & Dale

Cameron en Dale ná die uitdaging FOTO: Twitter

Vir dié reeks moes Cameron al grappe aan ’n gehoor vertel, met ’n sweefstok op ’n kabel stap en selfs kosmaak. Cam you Can! word vir die volgende 5 weke elke Woensdagaand net voor die nuus om 18:30 op SABC 3 uitgesaai.

Hier is die lusmaker van Cameron se reeks:

*Cameron en sy vorige meisie, Jana Botes, wat verlede jaar in ons Oktober-uitgawe gesels het, het vanjaar teen die einde van Mei hul verhouding verbreek.

Nóg oor Cameron op SARIE.com

Olimpiese kampioen Cameron van der Burgh wys sy foto-album

Swem het Ritalin vervang vir Olimpiese kampioen Cameron van der Burgh