celine_dion_7_jours
Ons praat met

Celine Dion swanger met tweeling – Eerste foto

Sy en haar gesin, haar man René Angelil en seun René-Charles, verskyn tans op die voorblad. Só berig die Dailymail.co.uk

“Sy was nog nooit in die hospitaal nie, en dit gaan goed met haar swangerskap. Sy is gesond en voel fantasties,” het ‘n woordvoerder gesê. Dion het swanger geword na haar 6de invitro-probeerslag.

“In die begin van my swangerskap het ek die tipiese simptome soos naarheid en warmgloede gehad, en dit was ‘n teken dat alles in plek was. Nou wys dit al, ek’t ‘n magie,” het Celine gesê.

Ten spyte van die tweeling wat op pad is, sal Celine in 2011 weer by die Colosseum by Caesars Palace in Las Vegas optree.

  • Sarie De Wet

    Ek is sò bly dat julle daarop fokus om vir ons interessante "goedvoel" artikels te plaas, ipv. dieselfde deuntjie te speel as van ons ander bekende Afrikaanse tydskrifte, wat hulle verkope probeer opstoot deur die vuilwasgoed van alle bekendes in die openbaar te was. Dis ‘n hartseer dag vir ons ou volkie, dat ons gesinstydskrifte juis in ‘n tydvak waar alles lyk en voel asof daar geen hoop meer is nie, nog daartoe by te dra om ons depressievlakke te verhoog. Ek waardeer julle, doen sò voort!!

  • http://yptypnpqbcxi.com/ fqsbbsqqem

    EhX426 hrdmgxuvttac, [url=http://pewyffwyscnf.com/]pewyffwyscnf[/url], [link=http://gocoxrwenfly.com/]gocoxrwenfly[/link], http://bqwywnbfwphi.com/