logo
Ons praat met

Charles én Fortune uit MasterChef, hy gesels

Die Kapenaar Charles Canning het geweet dit gaan hy wees nog voordat die beoordelaars sy naam gesê het.
 
Mens kon die verligting op jou gesig sien toe Fortune uitgestem is. Wat het deur jou kop gegaan toe jy hoor nog ’n deelnemer moet huis toe gaan?
Ek het besef dit gaan ek wees. Die dis wat ek gemaak het was eenvoudig nie goed genoeg nie. Ek was ongelooflik teleurgesteld, ek het skoon begin huil. Ek het soos ’n mislukking gevoel omdat ek die tweede deelnemer is wat uitgestem is. Maar ek het later besef daar was 4000 ander deelnemers wat nie so ver soos ek gekom het nie. Ek het baie goed gevaar.

Ek dink kykers besef nie onder hoeveel druk julle is wanneer julle tydens ’n uitdaging kook nie?
Terwyl jy kos maak, gaan daar soveel dinge deur jou kop: Is ek die volgende een om huis toe te gaan? Hoe vaar die ander deelnemers? Hoeveel tyd het ek nog oor? Jy besef ook jy kan nie nou ’n fout maak nie. Dis ongelooflike druk.

Charles Channing
Charles Channing

Het jy enige planne om jou kosdrome uit te leef?
Ek wil graag kos-werksessies vir tieners hou. Deesdae moet so baie ma’s en pa’s werk en hul kinders moet soms self sorg vir iets om te eet. Ek wil vir tieners wys hoe maklik dit is om voedsame kos te maak.

Wat was jou gunsteling-oomblik?
Dis nie op TV uitgesaai nie, maar Pete (een van die beoordelaars) het gesê die dis wat ek tydens die braai-uitdaging by die Cradle of Humankind gemaak het, was kunstig. Dit was ’n wonderlik om so ’n kompliment van ’n gerespekteerde sjef te kry.

Watter deelnemer moet ons dophou?  
Dis sal onregverdig wees om net een deelnemer uit te sonder. Samantha en Sue-Ann staan nogal uit. Brandon is ’n dark horse. Hy sê nie veel nie, maar wanneer hy wel iets sê kom jy agter hy is baie intelligent. Hy is een op dop te hou. Ek hou ook baie van Lungile. Sy is nie bang om te eksperimenteer met idees nie.