sr1206myselfdinge002
Ons praat met

Charlize Berg: Die fliek wat my lewe beïnvloed het

Hachiko het my hart aangeraak; ek het so gehuil en sal dit vir ewig onthou. Dit gaan oor die verhouding tussen ’n lojale hond en sy baas. Die man sterf aan ’n hartaanval en die hond gaan nege jaar lank elke dag terug en wag vir hom by die stasie.

Ek kon my so vereenselwig met die verhaal omdat ek my eie hond onbeskryflik liefhet. Ek glo daardie onvoorwaardelike liefde, respek en lojaliteit kan in enige goeie verhouding toegepas word. Dis ’n wonderlike voorbeeld van ware vriendskap.”

• Charlize, ’n Sama-finalis, se nuwe CD verskyn later vanjaar.


  • MARIETTE

    aangrypend

  • Petro Viljoen

    Onvoorwaardelike liefde – dit is hoekom ek so verskriklik lief is vir honde. Hulle bly ‘n mens se beste vriend.

  • Alida Vos

    Baie besonderse fliek.

  • antoinette

    Ons het d ook gekyk, en d was hard roerend!