Ons praat met

Charlize Theron en Sean Penn ‘n paartjie?

Die nuutste Hollywood-skinder het dit nou dat Charlize Theron (35) en Sean Penn (50) dalk ‘n paartjie is, berig Showbizspy.com

Hulle is al vir jare vriende, en is onlangs in Santa Monica gesien waar hulle saam geëet het. Glo was Penn vir Charlize ‘n skouer om op te huil terwyl sy en haar eks-kêrel Stuart Townsend opgebreek het.

‘n Bron het glo aan In Touch Weekly gesê dat Sean dink sy’s beeldskoon, en sy dink hy’s briljant!

Charlize en Stuart Townsend het sedert 2001 uitgegaan, en Penn se egskeiding met Robin Wright is onlangs gefinaliseer.

Charlize het ook onlangs die Decade of Hotness-toekenning gewen by Spike TV se 2010 Guys Choice-toekennings in Los Angeles. So berig Justjared.com

Wat sê jy? Is Sean Penn die man vir Charlize?

 

  • Karen

    Nee, glad nie!!

  • Retha

    Neeeeeeeee!!!!!

  • Annette Human

    nee glad nie. sy is te jonk en te mooi vir hom al is hy briljant. sal nie werk oor die jare nie.

  • Marioli

    Verseker!!! Dink sy het so iemand nodig!

  • Joanitha Jankowitz

    Hy is nie bekend om te goed te doen in die verhouding katagorie nie en kan net dink dat dit kan afstuur op ‘n moontlike ramp. Kom ons hoop maar vir haar onthalwe dis nie te ‘n ernstige storie nie!