Ons praat met

Hoe gaan dit met sangeres Chereé se swangerskap?

Wynand het reeds twee twee kinders uit sy vorige huwelik, maar dis hul eerste kleinding saam. Marguerite van Wyk het bietjie met die Chereé (31), wat in April met die man van haar drome getroud is, gesels.

Wat gaan die kleintjie se naam wees?
Taylor-Hope. Ek en Wynand is albei mal oor `n kitaar genaamd `n Taylor. En toe voeg hy die naam Hope daarby en dit klink net so mooi as hy dit so saam sê.

Het jy enige cravings tydens die swangerskap?
Soetgoed. Selfs mariebeskuitjies. Énige iets wat soet is.

Het jy al baie gewig aangesit?
Ek weet nie, want ek weeg my nie. Ek lyk nog oukei, hoewel ek so bietjie uitgesit het in Oktober, maar ek het besluit ek steur my nie aan wat die boeke sê nie. Ek volg my moedersinstinkte. Ek voel goed en die meeste van my klere pas my, hoewel die kleintjie eers oor twee maande kom.

Slaap jy goed?
Wonderlik, maar ek het nou `n ingeboude wekker. Ek raak elke oggend sewe-uur wakker. Seker om voor te berei vir die min slaap as die babatjie eers daar is.

Gaan jy borsvoed?
Beslis.

En natuurlik geboorte skenk?
Ek glo die Here het ons so gemaak om dit natuurlik te doen, maar die ginekoloog sê my plasenta lê `n bietjie laag, so dit gaan dalk moeilik wees.

Hoe voel Wynand oor die swangerskap?
Hy help my met alles en is baie opgewonde. Hy is só goed met kinders.

Wat het jy uit die swangerskap geleer?
Dit was die lekkerste ding toe ek hoor ek is swanger. Dis asof my prioriteite dadelik verander het. Ek het sommer dadelik gedink: nou hoekom sal ek jaag? Ek het sommer rustiger geword.

Is die babakamer al ingerig?
Die SABC2-joernaalprogram Pasella kom in November skiet hoe ons `n DIY kamer inrig by ons huis in neutrale kleure. Een van my vriendinne van Johannesburg vlieg af na ons huis in Langebaan om te kom help.

Die swanger Chereé

  • annelie

    cheri lyk beautiful. eks mal oor haar en haar musiek. sterkte met die geboorte. ek weet als sal goed afloop. geluk ook vir jy en wynand

  • Sarie De Wet

    Chereé is vir my ‘n pragtige vrou en lyk nòg mooier noudat sy swanger is. Mens kan sommer sien, sy is gelukkig en wil die baba baie graag hê. Ek is rerig lief vir haar; sy’t sommer so ongevraagd in my hart gekruip. Ek hoop alles gaan goed afloop en dat Taylor Hope wel op 17 Januarie gebore sal word, want dan verjaar ons saam.

  • Ria lourens

    Ria Lourens
    Jy is pragtig Cheree en alles goed en wel – MAAR – hoekom Taylor-Hope. Geen pragtige dogtertjie-naam nie. Dit is erger as enige opregte boerenaam waarteen julle jongmense so gekant is. Nietemin sterkte en mag alles wel gaan.

  • JV3VF2 hyrxvzbmbyex, [url=http://ndmttaelvpih.com/]ndmttaelvpih[/url], [link=http://vobgbvwgigmd.com/]vobgbvwgigmd[/link], http://yvlfzyzmgxdq.com/