Screen Shot 2016-07-21 at 1.40.33 PM
Ons praat met

Cheslin blits na die Spele saam met nefie

Het jy geweet twee van ons Olimpiese atlete is familie van mekaar? Die Blitsbok Cheslin Kolbe en die 400 m-kampioen Wayde van Niekerk maak hul mense trots! As kinders het hul saam rugby gespeel en R5 per drie verdien. Nou gaan hulle probeer om medaljes huis toe te bring. 

Min het die Kolbes en die Van Niekerks destyds gedink dat die seuntjies wat in die laerskool saam rugby gespeel het, Suid-Afrika jare later op die grootste sportverhoog sal teenwoordig.

Die twee verlangse nefies kyk nou met sterre in hul oë na die hoogtepunt van sportprestasie: ’n goue Olimpiese medalje. Vir die vinnige Wayde op die atletiekbaan en vir Cheslin op die rugbyveld as deel van die Blitsbokke.

Cheslin praat met SARIE.com net ná een van hul intensiewe oefensessies. Maar uitasem is hy nie, want sy oefenroetine is streng en hy neem dít ernstig op.

“Ons het stappe en prosesse in plek met ons oefensessies. Ons oefen op dieselfde manier vir die Olimpiese Spele as vir die ander Sewestoernooie, maar daar is nou meer stres betrokke.”

Die span verlaat SA binne die volgende paar dae vir Rio waar hulle van 9 – 11 Augustus teen 12 van die wêreld se beste spanne gaan deelneem. Maar ook hieroor is Cheslin so koel soos ’n komkommer.

“Nee, daar is nie een span wat ons maklikste óf ons taaiste kompetisie is nie. Al die spanne oefen hard en kom all guns firing vir die Spele. Almal fokus om te wen. Ons fokus net op onsself en nie op die ander spanne nie.”

Cheslin en die Blitsbokke het wel sekere doelwitte vir hulself gestel, maar die belangrikste een is om elke dag beter te raak.

Dis wat die fisieke oefening betref. Maar net so belangrik is die psigiese voorbereiding. “As speler moet jy self weet wanner die regte tyd vir jóú is om te peak, vir die span kry ons die kultuur en energie reg – soos ek nou om my kyk, het almal net smiles…”

Lees nou

Rio, hier kom SA!

Tukkie oortref SA 100m-rekord!