Ons praat met

Chris Chameleon gesels uit Nederland

 Ná omtrent 7 000 km op die pad, verskeie lofsange deur die media en ‘n benoeming vir die plaaslike Heat Hot 100-lys, het ons vinnig met hom gesels:

Jy’s vir ‘n derde jaar terug Nederland toe vir dié toer? Waarom gaan jy elke jaar terug?
Die Nederlandse toere bied vir my ‘n paar voordele: Eerstens ‘n verbreding van my mark (hou nie van daardie ‘mark’-woord as dit oor musiek gaan nie, maar dis seker nodig!), wat my dus in staat stel om die druk ‘n bietjie op my plaaslike mark te verlig. Tweedens is dit die ideale plek om nuwe dinge te probeer. Omdat hulle ‘n langer bestaande en meer gevestigde teaterkultuur het en gereeld blootstelling aan ‘n verskeidenheid kry wat ons daar doer in die suide nie altyd het nie, is die gehore hier ‘n bietjie meer gesofistikeerd en kan ‘n mens meer waaghalsig wees met die uitprobeer van nuwe dinge. Verder voel dit al na ‘n tweede huis vir my hier. Ek praat die taal vlot en begryp die kultuur goed.

Is jy alleen op die verhoog of span jy soms kragte saam met van die Nederlandse kunstenaars?
Ek doen dit alleen. Om saam met Nederlandse kunstenaars te werk is iets wat natuurlik tyd sal verg. ‘n Vertoning is nie so eenvoudig soos spring op en tokkel saam met makkers nie. Alles moet haarfyn beplan word en die standaard hier is van so ‘n aard dat jy nie ‘n improvisasie kan aanbied as ‘n vertoning nie, sulke dinge is minder tuis in ‘n teater as byvoorbeeld in ‘n kroegie. Maar ek speel hier in teaters en het nie die tyd om vooraf te werk aan ‘n vertoning nie. Nie dat dit in hierdie stadium regtig nodig is nie. Daar is baie mense wat my nog nie leer ken het nie en te oordeel aan die reaksie, is ek op my eentjie nog goed in staat om volledig te boei. Uh… was ek nou besig om te spog?

Wie toer almal saam? Of is dit ‘n solovlug?
Ek het nog altyd my bestuurder saamgeneem, maar het intussen hier genoeg van ‘n infrastruktuur opgebou om dit oor te laat aan my kontakte hier. My bestuurder werk nog harder as ek en ‘n blaaskans is handig! Die ligte, klank en CD’s, besprekings en koördinering word dus hier deur Nederlanders behartig.

Vertel meer oor die materiaal wat jy vertolk? Is dit ‘n mengsel van al jou style en liedjies?
Ja, iets van alles. Ek speel sowat 60% Afrikaans en die res Engels met dan ook ‘n Nederlandse gedig van Jan-Hendrik Leopold en ‘n Duitse gedig van Goethe wat ek getoonset het. Die samebindende verhaal is baie belangrik vir so ‘n vertoning. Ek fokus hier op die parallelle tussen die geskiedenis van ‘n land en die geskiedenis van persoonlike liefde, wat in soveel opsigte op mekaar lyk. Die soeke, die kolonisasie, die stryd, die ontwikkeling, gevoelens oor die verlede en die sukses. Deur die liedjies almal saam te bind in ‘n verhaal skep jy ‘n goue draad en ‘n geheel wat vir teater werk.

Jy toer vir sewe weke, en tree 5 keer per week op. Raak jy nie moeg nie?
Ja, maar nie so dat ek wil dood neerslaan nie. in hierdie klein landjies het ek sedert die begin van die toer (ek het 2/3 al voltooi) reeds 7 000 km gery. Verkeersknope is hier die norm en ek spandeer bv. geweldig baie tyd op die pad. Maar ek doen dit al 20 jaar en weet teen hierdie tyd presies wat my perke is. Ek is verder baie gedissiplineerd en hoef nie elke aand te drink en partytjie te hou nie. Ek kom gewoonlik 2, 3 uur in die bed en slaap dan tot 10 of 11 uur. Oefening, goed eet, baie water, deeglik opwarm en ‘n deeglike bewustheid van waar jou krag lê en tot watter mate jy op ‘n gegewe aand jy die krane kan oopdraai, is my valhelm.

Jy’s goed ontvang deur die media en die gehore. Hoe verskil ‘n Suid-Afrikaanse gehoor van die Nederlanders? Is daar style/liedjies waarvan hulle dalk eerder hou?
Soos ek gesê het, is die gehore hier om verskeie verstaanbare redes meer gesofistikeerd. By hulle is die goedvoel behoefte ook minder as tuis. Ons mense woon in ‘n wêreld waar daar dalk soveel erns is dat daar in vermaak waarskynlik ‘n groter klem gelê word op afleiding en humor, terwyl die gehore hier 90 minute se erns kan verwerk en waardeer. Natuurlik hou ek maar altyd ‘n element van humor in my werk, want dis maar wie ek is. Maar ek voel inderdaad hier minder daartoe genoop. Hulle hou baie van die Afrikaans, vir hulle is dit ‘n besondere taal en iets waaroor hulle dikwels giggel (het al gehoor dat alle Nederlandse kindertjies Afrikaans praat voor hulle leer om ordentlik Nederlands te praat..!). Ek gebruik die Engelse liedjies en die vertellings in Nederlands om hulle konsentrasie ‘n blaaskans te gee.

Watter teater daar is jou gunsteling-optreeplek?
Ek het nog nooit so iets gehad nie. Ek het ook nie ‘n gunsteling-vertoning of -lied van alle tye nie. Ek is geneig om my werk en alle aspekte daarvan oor dieselfde kam te skeer. As ‘n mens dit nie doen nie, loop jy die risiko om in so ‘n wisselende beroep in ‘n reeds wisselende wêreld van stryk gebring te word. Ek lees ook nie resensies nie, sodat ek die goeie nuus nie kop toe vat nie en die slegte nuus my nie verpletter nie. Ek lees nie terugvoering nie, omdat die lees daarvan my benadering kan beïnvloed en my kuns het geword wat dit is deur uit die hart te kom, nog voor daar terugvoering bestaan het. Elke aand kry die standaard beskrywing: ‘Another day at the office.’ Dit frustreer sommige mense wat nou regtig wil weet wat ek gedink het van die vertoning, maar ek hou maar voet by stuk. Self is ek nie van staal gemaak nie en as ek myself nie beskerm nie, kan dit baie seer maak. My gunsteling-teater is die een waar ek volgende sal speel, en my gunsteling-vertoning is die een wat ek volgende gaan speel.

Jou gunsteling-stad/dorp in Nederland?
…die stad waar ek volgende gaan optree, natuurlik!

Wanneer kom jy weer terug SA toe?
Die eerste week in Desember keer ek met ‘n lied in my hart en hunkering na die somer terug!

Hoe voel jy daaroor om no. 36 op die Heat Hot 100-lys te wees?
Ag wat, my pelle sê ek is so lelik soos die nag en my ma dink ek is die pragtigste kind op aarde, so ek glo niks meer wat enigiemand sê nie!

  • Melindie

    Ek’s mal oor Chris se musiek. Ek dink hy’s briljant.

  • Mieke M.

    Ek is seker jy geniet jou verblyf in Ndl, dan waardeer jy weer die warm sonskyn as jy eers terug is! Ek hou van jou musiek, ek is mal daaroor

  • Danie Reitmann

    Sit hier in Oz maar so trots op SAfrikaners soos jy!! Ons seuns geniet klein jakalsies al raak hulle afrikaans skraler. Groot respek vir jou eerlikheid, nederigheid en deurlopende verwysing na jou Christelike waardes.Wens jou alle sterkte en sukses toe.

  • Rich

    Chris dank je voor al je prachtige muziek.ik geniet van al je albums en veel geluk in Nederland.

  • Dick van der Klooster

    Altijd heerlijk om de liedjes van Chris in het Afrikaans te horen. Voor Nederlanders een bijzondere en kleurrijke taal.

  • Dorette Kritzinger

    ‘n Klomp van ons Suid Afrikaners hier in Groningen gaan Woensdagaand na sy show kyk – ek kan nie meer wag nie!!!! ‘n Lekker voorsmakie van Suid Afrika en alles wat ons mis voor die groot Desember terugtog terug huistoe.

  • Arinda van Tonder

    Eers niks van jou musiek gehou nie. Toe hoor ek hoe gek die meisies oor jou is en jy’s die seksie man. Almal praat van jou. Nou ja ek kyk toe bietjie langer en luister maar weer na jou liedjies en nou is ek ook "hooked".

  • Marette due Plessis – Gordonsbaai – wa die wind waai

    Het nog altyd van jou musiek gehou rok en al nou wil my dogter jou gebruik as voorbeeld by voortrekke kamp as kunstenaar, maar ek sukkel om meer van jou tehore te kom oor waar jy grootgeword het en fam en al – sal maar nog soek

  • Ankita

    sagt:Danke ffcr die ausadffchradliadche Replik.Zune4chst: der Text — das ist richadtig — war nicht als wisadsenadschaftadliadcher Text, vieladleicht sogar als betont unwisadsenadschaftadliadcher, zuminaddest als kfchadner, utoadpiadscher Spinadneradtext gaecdht. Es war schliedfadlich ein Voradtrag auf der Openadmind, wo es — nach meiadner Interadpreadtaadtion — um das mf6gadlichst frei Heradumadspinadnena0geht.Aus der wisadsenadschaftadliadchen Warte ist es also vf6ladlig nachadvolladziehadbar, dass man sich ab meiadner Holterdipolter-Baecker-Exegese stoaddfena0kann.Es kann fcbriadgens auch gut sein, dass ich Baecker da in den faladschen Hals bekomadmen habe. Leiadder hilft mir deine Replik aber auch nicht wirkadlich veradste4ndadnisadme4addfig weiadter. Ich erkle4r mal, was ich nicht verstehe:Das absadtrakte Prinadzip der Form ist ffcr mich nicht wirkadlich in eine kuladtuadrelle Praadxis ffcr das Comadpuadteradzeitadaladter fcberadsetzadbar. Wobei: auf der andeadren Seite wieadder doch: Wenn Baecker von der Einadffchadrung der „Grenzadzieadhung“ bei der Entadsteadhung der Stamadmesadgeadselladschaft durch die Spraadche spricht, dann beschreibt er doch die Form schon. Das Zieadhen von kateadgoadriaadlen Grenadzen zwiadschen den Dinadgen ist doch genau das, was die Form tut, odera0nicht?Und mit dem Comadpuadter wird sie erneut einadgeadffchrt? Wie das? Auf weladcher Ebene, in weladcher Impleadmenadtieadrung? Das wird mit bei Baeckers Stuaddien fcberadhaupt nicht klar. Und das nenne ich dann eben „unbeadfrieaddieadgend“. Aber vieladleicht kannst du mir das ja erkle4ren.Dass mein Text ein Symadptom der Krise der Buchadkuladtur sein kf6nnte, finde ich eine charadmante These. In der Tat merke seladber ich an meiadnen Denkadproadzesadsen, dass sie — allein weil sie sich im Medium des Blogs entadfaladten — sich ganz anders entadwiadckeln, als wfcrde ich von vornadheradein einen Aufadsatz, eine wisadsenadschaftadliadche Arbeit oder ein Buch projektieren. Ich kann viel expeadriadmenadteladler arbeiadten, Gedanadken roh und unferadtig rausadhauen, Theadsen ausadtesadten, Feedadback einadhoadlen, weiadteradveradaradbeiadten und eine erneute, veradbesadserte Veradsion nachadlieadfern. Das ergibt natfcradlich hin und wieadder das Midfadveradste4ndadnis, dass man meine Texte im Blog an den Kriadteadrien wisadsenadschaftadliadcher Aufadse4tze mesadsen sollte.