Ons praat met

Christi en Nico Panagio se Griekse vakansie – FOTO’s

1. Wanneer was julle oorsee en vir hoe lank?
Ons het net ná ons eerste Wêreldbeker-wedstryd, die 11de Junie by die Kaapstad-stadion, vertrek en het net voor die laaste wedstryd, die 11de Julie, teruggekom! Dus, 13 Junie tot 8 Julie. Ons het nie beplan om weg te wees vir die Wêreldbeker nie, dit het net toevallig so uitgewerk. Maar ons het seker gemaak ons is by die eerste en laaste wedstryd, en het die meeste van die wedstryde in Griekeland gekyk.
 

2. Was julle net in Griekeland, of elders ook?
Nee, net in Griekeland. In Athene, Corfu, Mykonos en Santorini.

3. Met jou en Nico se druk skedules is dit sekerlik moeilik om ‘n wegkomkans te kry?
Dit vat ‘n bietjie beplanning, maar die wintermaande is stillerig in ons bedryf so dis die perfekte tyd om te toer. Ons besige tyd is gewoonlik meer die begin en einde van die jaar, so dit werk perfek uit. Ons spandeer die somer in ons eie pragtige land en probeer die res van die wêreld sien as dit hier winter (en daar somer) is! (Julle kom seker agter dat ons albei totale son-en-somer-kinders is!)

Christi en Nico se vakansie-hoogtepunte

Mykonos was ‘n absolute hoogtepunt. Die Cycladic-eiland-styl is absoluut pragtig met alles in wit, en dan die spatsels rooi, blou en pienk oral. Elke liewe hoekie is interessant en ‘n fees vir die oog.

Mythos is die lekkerste bier ooit! Ek drink nie vreeslik bier in SA nie, maar op ‘n 44 ºC-dag is daar darem niks lekkerders as ‘n koue bier terwyl jy in die son lê en bak nie!

Die familie het ons so beïndruk en bederf met hul gasvryheid. Dit is een honderd persent soos wat jy dit in ‘My Big Fat Greek Wedding’ sal sien. Hulle vat net eenvoudig nie nee vir ‘n antwoord as dit by kos en eet kom nie! So tussen al die Mythos en gasvryheid deur het ek en Nico (needless to say) elkeen 3 kg opgetel!

Die sonsondergang in Oia, Santorini, is asemrowend. Die dorpie Oia is heel bo-op die berg en dit is tjoepstil daarbo. Dit lyk letterlik of die son in die horison insny. Daar vergader honderde mense van regoor die wêreld, en sodra die son sak, klap almal jolig hande! Definitief ‘n regmerkie op ons ‘to do list‘.
Dit was vir my baie bevrydend om te kon rondloop en net nog ‘n gesig in die massas te wees…

4 ure se rustyd op Doebai-lughawe Die uitsig oor Pontikonassi
4 ure om te spaar op Doebai-lughawe Die uitsig oor Pontikonassi
By die Venetian Fortress op Corfu Die Italiaanse argitektoniese invloed op Corfu
Die Venetian Fortress op Corfu Die Italiaanse invloed op die argitektuur van Corfu
Die &aposessence' van Griekeland Die kaart kom handig te pas
Tipies Griekeland! ‘n Kaart kom handig te pas!
In Kamari, Santorini Voor die Akropolis
In Kamari, Santorini By die Akropolis
Nico speel met sy onderwater-kamera Die hotel in Oia, Santorini
Nico speel met sy nuwe onderwater-kamera Ons hotel op Oia, Santorini
Vakansie-dieet: Mythos en Gyros Ure en ure se rondloop tussen stalletjies
Ons vakansie-dieet: Mythos-bier en Gyros Inkopietyd!
  • Landie

    Pragtige foto’s julle!!! En dit lyk SO ongelooflik lekker. Bly julle kon lekker rus, terwyl ons almal moes WERK!!!

  • Elaine

    Dit lyk wonderlik…. Wat ‘n "beautifull" paartjie..

  • Benita Brand

    Wow, wat ‘n stunning couple, kan nie wag om hul babas eendag te sien nie want met sulke gene gaan hul stunning wees.

    Mag jul altyd so gelukkig wees.

  • Dankie dat julle jul fotos met ons gedeel het. Julle is n super cool paartjie!:-)

  • Ria Blignault

    Pragtig! So bly julle is gelukkige paartjie en mag julle bootjie van geluk altyd veilig vaar! Hou ons altyd op hoogte ons geniet dit!!

  • jpfQgV ltxqqijqgfeu, [url=http://qnnghedlimpo.com/]qnnghedlimpo[/url], [link=http://kglolgtpbvty.com/]kglolgtpbvty[/link], http://uzjxvohsyzqb.com/

  • 9pJ2OX dhodxrakbaxh, [url=http://wcvxkvdmvwks.com/]wcvxkvdmvwks[/url], [link=http://kwjvwvcfpawf.com/]kwjvwvcfpawf[/link], http://niqojmqvawyk.com/