Ons praat met

Christi Panagio verklap ‘n paar geheime en wys haar foto’s

IN HAAR EIE WOORDE:

1. Oor familie:

“Ek het in Monumentpark grootgeword, en was in Centurion op skool ook. My pa, Chris, is ‘n sakeman. My ma, Babsie, het altyd gewerk, maar sy speel deesdae ouma vir my sussie, Elmien, se twee kinders.”

2. Oor akteur-word:

“Op skool was ek sportmal, het veral netbal gespeel. En ek het aan redenaarskompetisies deelgeneem.

Ek het aanvanklik B. Com (bemarking) gana studeer, maar toe oorgeslaan en twee jaar lank drama aan die Method Training Centre gaan swot. Ek het ook voorheen modelwerk gedoen, en in ‘n mate is dit baie soos om op stel te wees. ‘n Mens speel maar voor die kamera. Ek het van kleins af voor ‘n kamera ingespring. Gesigte getrek en toneel gespeel. Heeltemal anders as die res van die familie, wat nogal kamerasku is.”

3. Oor wat sy in ‘n ander lewe graag sou wou doen:

“In ‘n ander lewe sou ek graag vir Nasa wou werk! Maar meer realisties, ek sou enigiets kreatiefs wou doen, van grafiese ontwerp (soos Karien) tot in die kunsdepartement op stel. Of selfs as ‘n binneversierder. Ek is beslis ‘n regterbrein-mens.”

4. Oor slegte gewoontes:

“Ooo, ek gun myself heeltemal te veel cheat-dae in een week!” (Maar sy wei nie verder uit nie…)

5. En goeie gewoontes?

“Ek gaan slaap nóóit met grimering aan nie en drink baie water. En ek is altyd eerlik.”

6. Oor die stoutste ding wat sy op skool aangevang het:

“Ek het vreeslik baie gebunk en gemaak of ek op ‘n shoot is.”

7. Oor haar jeughelde:

“Ek het seker élke boek in die Saartjie-reeks gelees. So, toe hulle dit in ‘n TV-reeks omgeskep het, was Annie Malan as Saartjie my held. Ek en my twee maatjies het altyd Saartjie-Saartjie gespeel. Ek natuurlik as Saartjie, en hulle twee as Anna en Lina…”

8. Oor lekker kos:

“Ek is baie lief vir eet! Veral Thaise kos, pizza, Steers se tjips en spare ribs en popcorn in die fliek. Maar ek geniet ook ‘n lekker slaai. En ek hou baie van ‘n aarbei-daiquiri.”

9. Oor hoe sy ontspan:

“Ek drink rooiwyn en speel skaak. Of 30 seconds. En fliek. EK hou baie van Nicole Kidman en sal enigiets van Edward Norton kyk. Of luister musiek, enigiets van die Gypsey Kings, U2, Black Eyed Peas tot BLK Sunshine…”

10. En dít wat jy nie van haar geweet het nie:

* Ek kan maskara aansit terwyl ek bestuur.

* Ek ly aan OCB (obsessive compulsive behaviour) – tel teëls en lyne en my brein hou nie op nie.

* EK is mal oor knoffel – tot die innige spyt van my vriende.

* Ek is totaal verslaaf aan werklikheids-TV (Idols, Survivor).

* KYK NA HAAR FOTO’S IN DIE GALLERY HIERONDER.

  • Tania

    Ek het baie ingemeen met haar, dis asof sy antwoorde gee wat ek sou (nou nie almal nie). Wens ons kon vriende wees 😉 Sy is stunning. Plat op die aarde en baie mooi

  • Mariana

    sy is ‘n pragtige mense en ek hou van haar geskenk idees wat sy eendag in ‘n tydskrif gewys het

  • Ané Meyer

    Ek is mal oor jou modelwerk. Dit is my droom om soos jy te wees. Jy is ‘n pragtige vrou. Ek is nou 11 jaar oud.

    liefde Ané

  • Chamaine

    Bly altyd die opregte, eerlike mooi mens wat jy is. ‘n WARE voorbeeld!! En julle is ‘n couple "made in heaven"!!

  • Lecia

    Watter ongelooflike pragtige mens! Mal oor jou en het my verkyk aan jou foto’s. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir al ons dames stel . Bly so mooi Jesus-kind!

  • Corlene

    Julle is sowaar die mooiste paartjie in SA! En ek praat nie net van julle uiterlike skoonheid nie, julle innerlike skoonheid straal soos ‘n helder lig uit julle uit.

  • Anne

    Jy is great!!!! Jy en (George) maak ‘n goeie couple.
    Ek is mal oor jou en jy is my rolmodel.
    Baie dankie vir jou goeie voorbeeld wat jy vir my stel.

    Liefde Anne