Christia Visser en Armand Aucamp FOTO: Verskaf

Christia Visser en Armand Aucamp FOTO: Verskaf

Ons praat met

Christia Visser op 23 ’n groot ster met ’n kop op haar lyf

Christia Visser is een van ons blinkste opkomende aktrises. Sy vertel aan Delia du Toit hoe sy op selgs 23 so suksesvol is.

Op 23 is jy ongelooflik besig met produksies soos Hollywood in my huis en Last Ones Out, wat Cannes toe is, op jou kerfstok. Wat was jou deurbraak?

Ek sukkel nog self om dit te glo – dalk omdat ek nie tyd het om eens daaraan te dink nie. Ek het altyd vir myself gesê ek gee dit vyf jaar ná my studies, en as ek nie begin werk kry nie, sal ek ’n ander plan moet maak. Maar nog voor ek klaar gestudeer het by Act Cape Town, het ek ’n agent gehad en my eerste betaalde rol in ’n verhoogstuk, The Girl Child, in 2012.

Wou jy altyd ’n aktrise word?

Ek wou eintlik sing. Maar in graad 10 aan die Hoërskool Stellenbosch het ek besluit om drama as vak te neem. Dit het dadelik my hart gesteel. My ouers, Abrie en Cecile, het nog vir my gevra of ek seker is oor my besluit, want die kans om suksesvol te wees as aktrise is klein. Ek het net gesê: “Dis my plan A én my plan B, so dit móét werk.” En van daar het hulle my 100% ondersteun.

Voel jy soms jy mis uit op jou sorgelose jong jare?

Ek voel eerder bevoorreg om my drome te kan volg – min jongmense kan dit sê. Ek wonder soms of ek te veel wil doen, maar ek skuif my vrese eenkant toe. Jy moet, as jy wil hê jou drome moet waar word.

Lees ook